Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 9 JULIE
9 JULIE [boodskap #47113] Sa, 21 Julie 2001 10:08 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
9 JULIE

1839 - Boere Genl. M. Prinsloo gebore.
1890 - Prof J.C. van Rooy gebore. Johannes Cornelis van Rooy is op
Steynsburg gebore. Hy studeer aan die Teologiese Skool op
Potchefstroom, daarna aan Unisa en aan die Vrije Universiteit
van
Amsterdam. Word aangestel as lektor in Filosofie aan die
Potchefstroomse Universiteitskollege in 1919. Hy het oor
besondere
leierseienskappe beskik, maar het nooit 'n leidende rol op
politieke
gebied gespeel nie, dog sy grootste strewe was vir volkseenheid.
Hy
beywer hom in die oorlogsjare om in Pietermaritzburg 'n
CNO-Bewaarskool te bou om te verseker dat Afrikanerkinders van
daardie stad in hul eie taal onderrig ontvang. Hy is op 29
Augustus
1954 oorlede.
1915 - Oorgawe van Kol. Von Franke in Duits-Suidwes-Afrika. Groot-
Brittanje verklaar in 1914 oorlog teen Duitsland en die Unie van
Suid-Afrika word direk by die Eerste W^ereldoorlog betrek. Dit
was
die Unie-verdedigingsmag se taak om Duits-wes aan te val. Dit
is
geloods deur vier verskillende aanvalle gelyktydig te loods.
Kol
Von Franke het na Tsumeb uitgewyk. Nogtans is hy deur
knyptangbewegings van die Unie-magte vasgetrek en tot oorgawe
gedwing. Op 9 Julie 1915 aanvaar die Duitse goewerneur, dr
Seitz,
die Unie se kapitulasievoorwaardes op Khorab, naby Otavifontein.
Hiermee het die Unie-verdedigingsmag sy eerste milit^ere veldtog
gewen. 'n Veldtog wat die Unie R34 miljoen gekos het. Die
deelname
aan die oorlog het in 1914, tot die Rebellie en in 1915 tot
ernstige
politieke woelinge in die land gelei, want baie Afrikaners het
hulle
daarteen verset dat daar tot Britse voordeel teen Duitsland
opgetree
word, veral aangesien Duitsland die Afrikaners steeds goedgesind
was.
1990 - Orde Boerevolklede Veenendal, Stopfort, Rootenberg
gearresteer nav bomontploffing by Vrye Weekblad kantoor.
Re: 9 JULIE [boodskap #47125 is 'n antwoord op boodskap #47113] Sa, 21 Julie 2001 14:24 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 1990 - Orde Boerevolklede Veenendal, Stopfort, Rootenberg
> gearresteer nav bomontploffing by Vrye Weekblad kantoor.

Aaaaaa, die Slag van die Vrye Weekblad.

Gloudina
Vorige onderwerp: 7 JULIE
Volgende onderwerp: Waarheid van die dag...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:41:10 MGT 2024