Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 7 JULIE
7 JULIE [boodskap #47111] Sa, 21 Julie 2001 10:07 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
7 JULIE

1501 - Oudste *Poskantoor* in Suid-Afrika - Joas Da Nova, 'n
Portugese seevaarder op pad na Indi"e, het op hierdie dag meer
as
vier eeue gelede briewe en dokumente in 'n skoen wat aan 'n
groot
melkhoutboom naby die teenswoordige Mosselbaai gehang het,
gevind.
Die briewe is deur Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan
die
historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan
verbygaande skepe oor te dra. Bartholomeu Dias en Vasco da Gama
het
alreeds die seeweg na die Ooste vasgestel. Die melkhoutboom is
derhalwe die oudste poskantoor in Suid-Afrika. Dit staan vandag
nog
en is seker ongeveer 'n duisend jaar oud, want dit was toe reeds
'n
groot boom. Die boom word goed bewaar en 'n posbus in die vorm
van
'n skoen is daar naby opgerig. Besoekers pos briewe daar en dit
kry
'n datumstempel daarop met die woorde in die twee ou landstale,
*Ou
Poskantoorboom - Mosselbaai. Bartholomeu Dias het daar naby die
boom
'n fonteintjie met helder water gevind en dit die Baai of
Waterhaalplek van Sint Blasius genoem. Daardie omgewing van die
boom
het in 1601 die naam Mosselbaai gekry toe die Nederlandse
seevaarder,
Paulus van Gaerden, die plek besoek het en net mossels as
voedsel
aangetref het.
1973 - Stigting van AWB te Heidelberg olv Eugene Terreblanche.
Re: 7 JULIE [boodskap #47124 is 'n antwoord op boodskap #47111] Sa, 21 Julie 2001 14:10 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 7 JULIE
>
> 1501 - Oudste *Poskantoor* in Suid-Afrika - Joas Da Nova, 'n
> Portugese seevaarder op pad na Indi"e, het op hierdie dag meer
> as vier eeue gelede briewe en dokumente in 'n skoen wat aan 'n

> groot melkhoutboom naby die teenswoordige Mosselbaai gehang het,
> gevind.
> Die briewe is deur Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan
> die historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting
> aan
> verbygaande skepe oor te dra. Bartholomeu Dias en Vasco da Gama
> het alreeds die seeweg na die Ooste vasgestel. Die melkhoutboom
> is
> derhalwe die oudste poskantoor in Suid-Afrika. Dit staan vandag
> nog en is seker ongeveer 'n duisend jaar oud, want dit was toe
> reeds
> 'n groot boom. Die boom word goed bewaar en 'n posbus in die vorm
>
> van 'n skoen is daar naby opgerig. Besoekers pos briewe daar en
> dit
> kry 'n datumstempel daarop met die woorde in die twee ou
> landstale,
> Ou Poskantoorboom - Mosselbaai. Bartholomeu Dias het daar naby
> die
> boom 'n fonteintjie met helder water gevind en dit die Baai of
> Waterhaalplek van Sint Blasius genoem. Daardie omgewing van die
> boom het in 1601 die naam Mosselbaai gekry toe die Nederlandse
>
> seevaarder. Paulus van Gaerden, die plek besoek het en net mossels
> as
> voedsel aangetref het.

Dankie Frikkie. Ek pos dit vir dié mense wat Frikkie ophulle kill file gesit
het.

Gloudina
Vorige onderwerp: 19 JULIE
Volgende onderwerp: 9 JULIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:51:19 MGT 2024