Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 19 JULIE
19 JULIE [boodskap #47106] Sa, 21 Julie 2001 10:05 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
19 JULIE

1921 - Baanbrekerskool op Boksburg se onderrigtaal word Afrikaans.
Onder leiding van ds. J.M. Louw, N.G. leraar van Boksburg
in 1900 se jare, het die skool sedert 1921 slegs in Afriaans sy
onderrig behartig - maar die brief met die mededeling daarin
was in Engels
1929 - Dr. W.J. Viljoen oorlede. Gebore op 5 Oktober 1869 in die
distrik Richmond. In April 1910 stel genl. J.B.M. Hertzog
dr. Viljoen aan as Direkteur van Onderwys in die OVS. Sy
beleid was deurgaans om soveel kinders moontlik in die skool
te kry en hulle so lank moontlik daar te hou. Hy word voorsitter
van die raad van die Grey-Universiteitskollege, in 1917
voorsitter van die universiteits-kommissie vir die stigting van
drie nuwe doserede universiteite, en die eerste vise-kanselier
van die Universiteit van Suid-Arika.
1965 - Ingrid Jonker oorlede - As vroe"e-Sestigerdigteres was Ingrid
Jonker, wat op 19 Septemer 1933 op Douglas gebore is, se
erkenning veral dat sy po"esie in bre"e lae genotvol gemaak het,
veral onder daardie jare se jeug.
Re: 19 JULIE [boodskap #47121 is 'n antwoord op boodskap #47106] Sa, 21 Julie 2001 13:57 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 1965 - Ingrid Jonker oorlede - As vroe"e-Sestigerdigteres was Ingrid
> Jonker, wat op 19 Septemer 1933 op Douglas gebore is, se
> erkenning veral dat sy po"esie in bre"e lae genotvol gemaak het,
> veral onder daardie jare se jeug.

Ha, ha, ha. 'n Snaakse heldin van die AWB, voorwaar.Haar pa, die skrywer
Abraham Jonker en lid van die regering,
onteien sy eie dogter in die parlement van die apartheids-diktatorskap.
Sy word uiteindelik erken as die digter van almal in SA, toe Nelson
Mandela haar gedig "Die Kind" by sy presidents-aanvaardiging
lees.

Gloudina
Vorige onderwerp: 17 JULIE
Volgende onderwerp: 7 JULIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:50:59 MGT 2024