|
Forum: Woordeboek
|
|
Onderwerp: vergun
|
| vergun [boodskap #150514] |
Sa., 20 Desember 2025 19:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergun
Afbreking: ver•gun
Samestelling: ver- + gun
Werkwoord: vergun
Verlede tyd: het vergun
Teenwoordige deelwoord: vergunnend, vergunnende
Verlede deelwoord: vergunde
Betekenis:
• Om iets toe te laat of iemand toestemming te gee om iets te doen.
Gebruik:
• Vergun my om 'n bietjie met met my kinders te spog.
• Die voorreg was hom nie vergun nie.
Sinoniem:
• bewillig
• gedoog
• goedkeur
• magtig
• toelaat
• toestaan
• toestem
• veroorloof
Afgelei:
• vergunbaar
• vergunning
Vertaling:
Engels: to allow, permit, grant
Nederlands: vergunnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 20 Desember 2025 19:30] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|
|
Onderwerp: skooleksamen
|
| skooleksamen [boodskap #150513] |
Sa., 20 Desember 2025 18:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skooleksamen
Afbreking: skool•ek•sa•men
Samestelling: skool + eksamen
Selfstandige naamwoord: skooleksamen
Meervoud: skooleksamens
Verkleinwoord: skooleksamentjie
Meervoud van verkleining: skooleksamentjies
Betekenis:
• 'n Eksamen (formele toets) waartydens leerders aan 'n skool se kennis en vaardighede geassesseer word.
Gebruik:
• Die matrieks skryf volgende week hulle ((hopelik laaste) skooleksamen.
Vertaling:
Engels: school examination
Nederlands: schoolexamen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 20 Desember 2025 18:30] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|
|
Onderwerp: metaalvoorwerp
|
| metaalvoorwerp [boodskap #150512] |
Sa., 20 Desember 2025 16:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
metaalvoorwerp
Afbreking: me•taal•voor•werp
Samestelling: metaal + voorwerp
Selfstandige naamwoord: metaalvoorwerp
Meervoud: metaalvoorwerpe
Betekenis:
• 'n Voorwerp wat van metaal (soos yster, staal of koper) gemaak is.
Gebruik:
• 'n Speld is 'n dun metaalvoorwerp waarmee iets aan iets anders vasgesteek word.
Sinoniem:
• metaalitem
Vertaling:
Engels: metal object
Nederlands: metaalvoorwerp
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 20 Desember 2025 16:35] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|