Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: -ief
-ief [boodskap #145122] Do, 25 April 2024 16:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
-ief
Afbreking: -ief


Agtervoegsel: -ief

Betekenis:
• Vorm 'n byvoeglike naamwoord van 'n selfstandige naamwoord (om 'n eienskap aan te dui).
• Vorm 'n selfstandige naamwoord van 'n verwante selfstandige naamwoord.

Gebruik:
• Let op die agtervoegsel -ief in byvoeglike naamwoorde soos administratief, intensief, impulsief, naïef, offensief, sportief en subjektief.
• Let op die agtervoegsel -ief in selfstandige naamwoorde intensief en offensief.

Vertaling:
Engels: -ive
Nederlands: -ief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pasifisme
pasifisme [boodskap #145121] Do, 25 April 2024 16:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pasifisme
Afbreking: pa•si•fis•me
Samestelling: pasifis + -me


Selfstandige naamwoord: pasifisme
Meervoud:

Betekenis:
• Die oortuiging dat vrede (in plaas van oorlog) nagestreef moet word en dat probleme nie met geweld opgelos kan word nie.

Gebruik:
• Die party het aanvanklik 'n beleid van pasifisme gevolg, maar het hulle paaibeleid later laat vaar.

Sinoniem:
• geweldloosheid
• vredeliewenheid
• vredesluiting

Verwant:
• pasifis
• pasifisties

Vertaling:
Engels: pacifism
Nederlands: pacifisme

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 25 April 2024 16:25]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: beroemdheid
beroemdheid [boodskap #145120] Do, 25 April 2024 16:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beroemdheid
Afbreking: be•roemd•heid
Samestelling: beroemd + -heid


Selfstandige naamwoord: beroemdheid
Meervoud: beroemdhede

Betekenis:
• Die toestand van beroemd wees (om deur baie geken en bewonder te word).

Gebruik:
• Haar beroemdheid het ongelukkig na haar kop toe gegaan.

Sinoniem:
• befaamdheid
• bekendheid
• faam
• selebriteit
• vermaardheid

Hiponiem:
• wêreldberoemdheid

Vertaling:
Engels: fame
Nederlands: beroemdheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanstaltes
aanstaltes [boodskap #145119] Do, 25 April 2024 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanstaltes
Afbreking: aan•stal•tes


Selfstandige naamwoord: aanstalte
Meervoud: aanstaltes

Betekenis:
• Die handeling om aan die gang te kom; voorbereidings te tref.

Gebruik:
• Ons moet aanstaltes maak, anders gaan ons laat wees vir kerk.

Sinoniem:
• gereedmaak
• klaarmaak
• voorberei

Vertaling:
Engels: arrangements, preparations
Nederlands: aanstalten, voorbereidingen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 25 April 2024 15:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: waterski
waterski [boodskap #145118] Do, 25 April 2024 15:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterski
Afbreking: wa•ter•ski
Samestelling: water + ski


Selfstandige naamwoord: waterski
Meervoud:

Betekenis:
• Sport waar 'n persoon op ski's agter 'n boot oor die water getrek word.

Gebruik:
• Ek hou van waterski.

Afgelei:
• waterskiër
• waterskiëry

Vertaling:
Engels: waterski
Nederlands: waterski


Werkwoord: waterski
Verlede tyd: het gewaterski

Betekenis:
• Om met ski's oor die water gesleep te word.

Gebruik:
• Sy waterski grasieus oor die dam.

Vertaling:
Engels: to water ski
Nederlands: waterskiën

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 25 April 2024 16:52]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: doopsous
doopsous [boodskap #145117] Wo, 24 April 2024 15:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doopsous
Afbreking: doop•sous
Samestelling: doop + sous


Selfstandige naamwoord: doopsous
Meervoud: doopsouse
Verkleinwoord: doopsousie
Meervoud van verkleining: doopsousies

Betekenis:
• Geurige sous waarin eetgoed gedoop word.

Gebruik:
• Die koekies word saam met 'n heerlike doopsous bedien.

Sinoniem:
• pekelsous

Afgelei:
• komkommerdoopsous

Vertaling:
Engels: dip, dipping sauce
Nederlands: dipsaus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: krekker
krekker [boodskap #145116] Wo, 24 April 2024 15:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krekker
Afbreking: krek•ker


Selfstandige naamwoord: krekker
Meervoud: krekkers
Verkleinwoord: krekkertjie
Meervoud van verkleining: krekkertjies

Betekenis:
• 'n Droë soort koekie/beskuitjie wat onder die tande kraak.
• (informeel) 'n Klapper; plofstof wat 'n harde knal maak.

Gebruik:
• Druk die krakker in die doopsous voordat jy dit eet.
• Die kinders skiet krekkers in die straat.

Spreekwoord:
• So lekker soos 'n krakker. [Baie lekker.]

Wisselvorm:
• krêkker

Vertaling:
Engels: cracker; firecracker
Nederlands: cracker; knalvuurwerk, rotje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kasterolie
kasterolie [boodskap #145115] Wo, 24 April 2024 14:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kasterolie
Afbreking: kas•ter•o•lie


Selfstandige naamwoord: kasterolie
Meervoud: kasterolies

Betekenis:
• 'n Plantaardige olie wat van die sade van die kasterolieboom (Ricinus communis) gepers word.

Gebruik:
Kasterolie kan o.a. as 'n purgeermiddel gebruik word.

Sinoniem:
• wonderolie

Afgelei:
• kasterolieboom
• kasteroliepitte

Vertaling:
Engels: castor oil
Nederlands: castorolie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: illusie
illusie [boodskap #145114] Wo, 24 April 2024 14:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
illusie
Afbreking: il•lu•sie


Selfstandige naamwoord: illusie
Meervoud: illusies

Betekenis:
• Iets wat jy dink jy sien, maar nie werklik bestaan of waar is nie.

Gebruik:
• Die Matriks is 'n illusie wat geskep is om mense kalm en onkundig te hou.

Sinoniem:
• begogeling
• drogbeeld
• droombeeld
• dwaalspoor
• dwaling
• fantasmagorie
• hersenskim
• lugkasteel
• onwerklikheid
• sinsbedrog
• skim
• skynbeeld
• spook
• waan

Antoniem:
• desillusie

Afgelei:
• jeugillusie
• maanillusie

Vertaling:
Engels: illusion
Nederlands: illusie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wondermiddel
wondermiddel [boodskap #145113] Wo, 24 April 2024 13:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wondermiddel
Afbreking: won•der•mid•del
Samestelling: wonder + middel


Selfstandige naamwoord: wondermiddel
Meervoud: wondermiddels
Verkleinwoord: wondermiddeltjie
Meervoud van verkleining: wondermiddeltjies

Betekenis:
• 'n Middel met 'n kragtige werking.

Gebruik:
• Kasterolie is 'n wondermiddel wat allerhande kwale kan genees.

Sinoniem:
• almiddel
• geneesal
• towermiddel
• wonderkuur
• wonderpil
• wondermedisyne

Vertaling:
Engels: miracle cure, wonder remedy, magic bullet
Nederlands: wondermiddel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oortyd
oortyd [boodskap #145112] Wo, 24 April 2024 13:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oortyd
Afbreking: oor•tyd
Samestelling: oor + tyd


Selfstandige naamwoord: oortyd
Meervoud:

Betekenis:
• Ekstra ure wat buite werkstyd gewerk word, of die geld wat 'n mens daarvoor kry.

Gebruik:
• Ek moet oortyd werk om my inkomste aan te vul.

Sinoniem:
• oorure

Afgelei:
• oortydbetaling
• oortydgeld
• oortydure
• oortydwerk

Verwant:
• oortyds

Vertaling:
Engels: overtime
Nederlands: overwerk, overuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanvul
aanvul [boodskap #145111] Wo, 24 April 2024 13:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvul
Afbreking: aan•vul
Samestelling: aan + vul


Werkwoord: vul aan, aanvul
Verlede tyd: het aangevul
Teenwoordige deelwoord: aanvullende
Verlede deelwoord: aangevulde

Betekenis:
• Om dit wat ontbreek by te voeg.
• Om vol of volledig te maak.

Gebruik:
• Hy werk oortyd om sy inkomste aan te vul.
• Haar skoene het haar uitrusting pragtig aangevul.

Sinoniem:
• aanlas
• aanstyf
• byvoeg
• bywerk
• komplementeer
• opvul
• toevoeg
• uitbrei
• uitdy
• vergroot
• vermeerder

Afgelei:
• aanvullend
• aanvuller
• aanvulling
• aanvulsel

Vertaling:
Engels: to replenish; to supplement, augment
Nederlands: aanvullen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanvulling
aanvulling [boodskap #145110] Wo, 24 April 2024 12:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvulling
Afbreking: aan•vul•ling
Samestelling: aanvul + -ing


Selfstandige naamwoord: aanvulling
Meervoud: aanvullinge, aanvullings
Verkleinwoord: aanvullinkie
Meervoud van verkleining: aanvullinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van aanvul (om dit wat ontbreek by te voeg).

Gebruik:
• Mense met 'n ystertekort kan rosyne as 'n aanvulling eet.

Sinoniem:
• byvoeging
• byvoegsel
• supplement
• toevoeging
• toevoegsel

Hiponiem:
• dieetaanvulling

Afgelei:
• aanvullingsbegroting
• aanvullingseksamen

Vertaling:
Engels: addition, supplement, complement, replenishment
Nederlands: aanvulling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sinchroniseer
sinchroniseer [boodskap #145109] Wo, 24 April 2024 11:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sinchroniseer
Afbreking: sin•chro•ni•seer


Werkwoord: sinchroniseer
Verlede tyd: het gesinchroniseer

Betekenis:
• Om in tyd te laat saamval.

Gebruik:
• Rekenaars sinchroniseer hulle horlosies oor die internet.

Wisselvorm:
• sinkroniseer

Sinoniem:
• gelyksit
• koördineer

Afgelei:
• sinchroniseerder
• sinchronisering

Vertaling:
Engels: to synchronize
Nederlands: synchroniseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sinkroniseer
sinkroniseer [boodskap #145108] Wo, 24 April 2024 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sinkroniseer
Afbreking: sin•kro•ni•seer


Werkwoord: sinkroniseer
Verlede tyd: het gesinkroniseer

Betekenis:
• Om in tyd te laat saamval.

Gebruik:
• Rekenaars sinkroniseer hulle tyd oor die internet.

Wisselvorm:
• sinchroniseer

Sinoniem:
• gelyksit
• koördineer

Afgelei:
• sinkroniseerder
• sinkronisering

Vertaling:
Engels: to synchronize
Nederlands: synchroniseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: belanghebbende
belanghebbende [boodskap #145107] Wo, 24 April 2024 11:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belanghebbende
Afbreking: be•lang•heb•ben•de
Samestelling: belang + hebbende


Selfstandige naamwoord: belanghebbende
Meervoud: belanghebbendes

Betekenis:
• Iemand wat 'n belang by iets het.

Gebruik:
• Die omsendbrief sal aan al die belanghebbendes versprei word.

Sinoniem:
• belangstellende
• betrokkene
• geïnteresseerde

Afgelei:
• medebelanghebbende
• onderwysbelanghebbende

Vertaling:
Engels: concerned party, stakeholder
Nederlands: belanghebbende


Byvoeglike naamwoord: belanghebbend
Attributief: belanghebbende

Betekenis:
• Wat 'n belang by iets het.

Gebruik:
• Al die belanghebbende lede is na die vergadering genooi.

Vertaling:
Engels: interested
Nederlands: belanghebbend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: herbewoord
herbewoord [boodskap #145106] Wo, 24 April 2024 10:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herbewoord
Afbreking: her•be•woord
Samestelling: her- + bewoord


Werkwoord: herbewoord
Verlede tyd: het herbewoord
Teenwoordige deelwoord: herbewoorde

Betekenis:
• Om van ander woorde te voorsien.

Gebruik:
• Die paragraaf lees moeilik, ek dink jy moet dit herbewoord.

Sinoniem:
• herformuleer

Vertaling:
Engels: to reword
Nederlands: herformuleren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verrassend
verrassend [boodskap #145105] Wo, 24 April 2024 10:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verrassend
Afbreking: ver•ras•send
Samestelling: verras + -end


Byvoeglike naamwoord: verrassend
Vergrotende trap: verrassender
Oortreffende trap: verrassendste
Attributief: verrassende
Partitief: verrassends

Betekenis:
• Wat onverwag is en 'n mens verras.

Gebruik:
• Die artikel se verrassende perspektief het my skoon uit die veld geslaan.

Sinoniem:
• opmerklik
• onverhoeds
• onverwag
• skokkend
• verbasend
• verbluffend

Antoniem:
• doodgewoon

Afgelei
• verrassenderwys

Vertaling:
Engels: surprising, unexpected, startlingly
Nederlands: verrassend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: silinder
silinder [boodskap #145104] Wo, 24 April 2024 09:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Silinder met hoogte h en 'n radius r.
'n Silinder met hoogte h en 'n radius r.
silinder
Afbreking: si•lin•der


Selfstandige naamwoord: silinder
Meervoud: silinders
Verkleinwoord: silindertjie
Meervoud van verkleining: silindertjies

Betekenis:
• 'n Voorwerp met reguit sye en ronde eindpunte van dieselfde grootte.
• Die buis waarin die suiers van 'n motor op en af beweeg.

Gebruik:
• Die volume van 'n silinder met 'n hoogte van 10cm en radius van 1cm is πr2h, of 31,4 cm3.
• Die ekonomie loop nie op al sy silinders nie.

Hiponiem:
• gassilinder
• maatsilinder
• suurstofsilinder

Afgelei:
• silinderas
• silinderblok
• silinderboor
• silinderhorlosie
• silinderinhoud
• silinderkop
• silindermantel
• silindermeul
• silinderpers
• silinderrol
• silindervoering
• silindervormig
• silinderwand

Vertaling:
Engels: cylinder
Nederlands: cilinder

Nota:
• Van Griekse, kylindros wat "roller" beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vermink
vermink [boodskap #145103] Wo, 24 April 2024 09:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vermink
Afbreking: ver•mink


Werkwoord: vermink
Verlede tyd: het vermink

Betekenis:
• Om blywende liggaamlike skade aan te doen.

Gebruik:
• Ná die ontploffing het lyke oral rondgelê, sommige so vermink dat hulle totaal onherkenbaar was.

Sinoniem:
• misvorm
• mutileer
• ontsier
• skend
• verwond

Afgelei:
• verminking

Vertaling:
Engels: to mutilate, maim, cripple
Nederlands: verminken


Byvoeglike naamwoord: vermink
Attributief: verminkte

Betekenis:
• Wat permanent verwond of beskadig is.

Gebruik:
• Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. [Matteus 18:8]

Afgelei:
• verminktheid

Vertaling:
Engels: mutilated
Nederlands: verminkt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kabosjon
kabosjon [boodskap #145102] Wo, 24 April 2024 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kabosjon
Afbreking: ka•bos•jon


Selfstandige naamwoord: kabosjon
Meervoud: kabosjons, kabosjonne

Betekenis:
• 'n Edelsteen wat glad gepoleer en nie in fasette geslyp is nie.

Gebruik:
• Deursigtige edelstene soos diamante word gewoonlik geslyp, terwyl ondeursigtige edelstene soos saffiere in kabosjons verwerk word.

Wisselvorm:
• cabochon

Vertaling:
Engels: cabochon
Nederlands: cabochon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: seksmaat
seksmaat [boodskap #145101] Wo, 24 April 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
seksmaat
Afbreking: seks•maat
Samestelling: seks + maat


Selfstandige naamwoord: seksmaat
Meervoud: seksmaats
Verkleinwoord: seksmaatjie
Meervoud van verkleining: seksmaatjies

Betekenis:
• Persoon waarmee iemand seks het.

Gebruik:
• Dit is sosiaal onaanvaarbaar om meer as een seksmaat te hê.

Sinoniem:
• bedgenoot

Vertaling:
Engels: sex partner, bedfellow, bedmate
Nederlands: bedgenoot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kys
kys [boodskap #145100] Wo, 24 April 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kys
Afbreking: kys


elfstandige naamwoord: kys
Meervoud: kyse

Betekenis:
• (informeel) Jou kêrel of nooi. Persoon waarmee jy in 'n vaste verhouding is.

Gebruik:
• Ek en my kys gaan vanaand fliek.

Sinoniem:
• beminde
• geliefde
• liefie
• liefling
• sleep
• skatjie

Vertaling:
Engels: sweetheart, date
Nederlands: geliefde, liefje, schatje


Werkwoord: kys
Verlede tyd: het gekys

Betekenis:
• Om in 'n vaste verhouding te wees.

Gebruik:
• Sal jy met my kys?

Vertaling:
Engels: to date
Nederlands: uitgaan, daten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: visbak
visbak [boodskap #145099] Wo, 24 April 2024 07:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
visbak
Afbreking: vis•bak
Samestelling: vis + bak


Selfstandige naamwoord: visbak
Meervoud: visbakke
Verkleinwoord: visbakkie
Meervoud van verkleining: visbakkies

Betekenis:
• 'n Bak/tenk met water waarin visse aangehou word.

Gebruik:
• Kan ek 'n visbak met goudvissies vir my verjaarsdag kry?

Sinoniem:
• akwarium
• vistenk

Vertaling:
Engels: fish bowl
Nederlands: vissenkom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vistenk
vistenk [boodskap #145098] Wo, 24 April 2024 07:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vistenk
Afbreking: vis•tenk
Samestelling: vis + tenk


Selfstandige naamwoord: vistenk
Meervoud: vistenks
Verkleinwoord: vistenkie
Meervoud van verkleining: vistenkies

Betekenis:
• 'n Bak/tenk met water waarin visse aangehou word.

Gebruik:
• Die vistenk moet gereeld skoongemaak word.

Sinoniem:
• akwarium
• visbak

Vertaling:
Engels: fish tank
Nederlands: vissentank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: promiskuïteit
promiskuïteit [boodskap #145097] Wo, 24 April 2024 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
promiskuïteit
Afbreking: pro•mis•ku•ï•teit
Samestelling: promisku +- iteit


Selfstandige naamwoord: promiskuïteit
Meervoud:

Betekenis:
• Die gebruik om dikwels en met verskillende mense seks te hê, of om jou seksmaats onoordeelkundig te kies.

Gebruik:
Promiskuïteit is algemeen by baie diersoorte, maar by mense is dit nie sosiaal aanvaarbaar nie.

Sinoniem:
• losbandigheid

Vertaling:
Engels: promiscuity
Nederlands: promiscuïteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bevuil
bevuil [boodskap #145096] Di, 23 April 2024 13:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevuil
Afbreking: be•vuil
Samestelling: be- + vuil


Werkwoord: bevuil
Verlede tyd: het bevuil

Betekenis:
• Om vuil of onrein te maak.

Gebruik:
• Jesua het klere aangehad wat liederlik bevuil was. [Sagaria 3:3]

Spreekwoord:
• Jou eie nes bevuil. [Jou blyplek vuilmaak, of die mense om jou slegmaak.]

Sinoniem:
• bemors
• besmeer
• besmet
• besoedel
• bevlek
• vergiftig
• verontreinig
• vuilmaak

Afgelei:
• bevuiling

Vertaling:
Engels: to dirty, strain, soil, foul
Nederlands: bevuilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deurloop
deurloop [boodskap #145095] Di, 23 April 2024 11:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurloop
Afbreking: deur•loop
Samestelling: deur + loop


Werkwoord: loop deur, deurloop
Verlede tyd: het deurgeloop

Betekenis:
• Om van die een kan na die ander kant te loop.
• (figuurlik) Om dit te ontgeld; straf te verduur.

Gebruik:
• Moenie onder die leer deurloop nie!
• Ons almal het onder haar se vlymskerp tong deurgeloop.

Spreekwoord:
• Onder die kweperlat deurloop. [Pak slae kry.]
• Onder die strop deurloop. [Afgeransel word.]

Sinoniem:
• deurgaan
• deurstap
• deurvloei

Vertaling:
Engels: to walk through, run through; to get thrash
Nederlands: doorlopen


Selfstandige naamwoord: deurloop
Meervoud: deurlope

Betekenis:
• Plek wat 'n mens toelaat om van die een kant na die ander kant te loop.

Gebruik:
• Neem die eerste deurloop tot by die parkade.

Sinoniem:
• arkade
• gang
• kolonnade
• wandelgang

Afgelei:
• onderdeurloop
• deurloopdiens
• deurloopgang
• deurloopplek
• deurloopsnelheid

Vertaling:
Engels: passage
Nederlands: doorloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Asiër
Asiër [boodskap #145094] Di, 23 April 2024 11:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Asiër
Afbreking: A•si•ër
Samestelling: Asië + -er


Selfstandige naamwoord: Asiër
Meervoud: Asiërs
Verkleinwoord: Asiërtjie
Meervoud van verkleining: Asiërtjies

Betekenis:
• 'n Persoon van die kontinent Asië.

Gebruik:
• Ook Asiërs het swaar onder epidemie en gepaardgaande inperkings deurgeloop.

Sinoniem:
• Asiaat
• Oosterling

Verwant:
• Asië
• Asiaties

Vertaling:
Engels: Asian
Nederlands: Aziaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rudimentêr
rudimentêr [boodskap #145093] Di, 23 April 2024 10:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rudimentêr
Afbreking: ru•di•men•têr


Byvoeglike naamwoord: rudimentêr
Attributief: rudimentêre
Partitief: rudimentêrs

Betekenis:
• Wat onderontwikkeld is en slegs in beginsel aanwesig is.
• Wat nog nie volkome ontwikkel is nie.

Gebruik:
• Alle soogdiere het melkkliere, maar dit is rudimentêr is manlike individue.
• Die ondersoek is in 'n rudimentêre fase.

Sinoniem:
• eenvoudig
• elementêr
• fundamenteel
• onderontwikkel
• onontwikkeld
• vestigiaal

Vertaling:
Engels: rudimentary, vestigial
Nederlands: rudimentair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: geholpe
geholpe [boodskap #145092] So, 21 April 2024 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geholpe
Afbreking: ge•hol•pe
Samestelling: ge- + help + -e


Byvoeglike naamwoord: geholpe
Attributief: geholpe

Betekenis:
• Wat reeds gehelp is.

Gebruik:
• Ons was heeldag daar, maar is nog nie geholpe nie.
• Die geholpe kliënt is met 'n tevrede glimlag daar weg.

Sinoniem:
• gehelp

Vertaling:
Engels: helped
Nederlands: geholpen

Nota:
• Voltooide deelwoord van die werkwoord help.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aktivisme
aktivisme [boodskap #145091] So, 21 April 2024 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aktivisme
Afbreking: ak•ti•vis•me
Samestelling: aktief + -isme


Selfstandige naamwoord: aktivisme
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Aksie om 'n verandering te bewerkstellig, soos 'n politieke betoging of 'n staking ter ondersteuning of protes teen 'n kwessie.

Gebruik:
• Pasop dat jou aktivisme jou nie in die tronk laat beland nie.

Sinoniem:
• militantheid
• voorspraak

Hiponiem:
• omgewingsaktivisme

Verwant:
• aktivis
• aktivisties

Vertaling:
Engels: activism
Nederlands: activisme

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verlenging
verlenging [boodskap #145090] So, 21 April 2024 18:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlenging
Afbreking: ver•leng•ing
Samestelling: verleng + -ing


Selfstandige naamwoord: verlenging
Meervoud: verlenginge, verlengings
Verkleinwoord: verlenginkie
Meervoud van verkleining: verlenginkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verleng; om in lengte of tyd langer te maak, of iets wat langer gemaak is.

Gebruik:
• 'n Verlenging van 1 maand tot 3 maande is toegestaan.
• As die bed te kort is, kan jy 'n verlenging bykoop.

Sinoniem:
• elongasie
• uitbreiding
• uitstel
• vergroting
• verruiming

Antoniem:
• verkorting

Afgelei:
• tydsverlenging

Afkorting:
• verl.

Vertaling:
Engels: elongation; extension,
Nederlands: verlenging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: meerstemmig
meerstemmig [boodskap #145089] Sa, 20 April 2024 19:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meerstemmig
Afbreking: meer•stem•mig
Samestelling: meer + stem + -ig


Byvoeglike naamwoord: meerstemmig
Attributief: meerstemmige

Betekenis:
• Vir of met meer as een (sang)stem.

Gebruik:
• Die lied is vir meerstemmige koorsang verwerk.

Sinoniem:
• veelstemmig

Antoniem:
• eenstemmig

Vertaling:
Engels: many-voiced, polyphonous
Nederlands: meerstemmig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verhalend
verhalend [boodskap #145088] Sa, 20 April 2024 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhalend
Afbreking: ver•ha•lend
Samestelling: verhaal + -end


Byvoeglike naamwoord: verhalend
Attributief: verhalende

Betekenis:
• Wat 'n verhaal/ storie vertel.

Gebruik:
• Die bundel bevat 'n reeks verhalende gedigte.

Sinoniem:
• anekdoties
• epies
• vertellend

Afgelei:
• • verhalenderwys

Vertaling:
Engels: narrative, epic
Nederlands: verhalend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: loodsstudie
loodsstudie [boodskap #145087] Sa, 20 April 2024 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loodsstudie
Afbreking: loods•stu•die
Samestelling: loods + studie


Selfstandige naamwoord: loodsstudie
Meervoud: loodsstudies

Betekenis:
• 'n Klein, voorlopige studie om 'n konsep te toets voordat 'n groter studie aangepak word.

Gebruik:
• Die loodsstudie het getoon dat pasiënte wat die medikasie geneem het "beduidend minder" simptome as die kontrolegroep gehad het.

Sinoniem:
• proefstudie

Vertaling:
Engels: pilot study
Nederlands: proefstudie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sopraan
sopraan [boodskap #145086] Sa, 20 April 2024 18:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sopraan
Afbreking: so•praan


Selfstandige naamwoord: sopraan
Meervoud: soprane
Verkleinwoord: sopraantjie
Meervoud van verkleining: sopraantjie

Betekenis:
• Die hoogste sangstem, selfs hoër as alt.
• Iemand (gewoonlik 'n vrou) wat met so 'n hoë/ skel stem sing.

Gebruik:
• Die opvoering is 'n duo vir sopraan en klavier.
• Sy is 'n bekende sopraan.

Hiponiem:
• mezzosopraan
• seunsopraan

Afgelei:
• sopraanblokfluit
• sopraanparty
• sopraansang
• sopraansanger
• sopraansleutel
• sopraansolo
• sopraanstem

Afkorting:
• sopr.

Verwant:
• alt
• bariton
• bas
• tenoor

Vertaling:
Engels: soprano, treble
Nederlands: sopraan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: innooi
innooi [boodskap #145085] Sa, 20 April 2024 18:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
innooi
Afbreking: in•nooi
Samestelling: in + nooi


Werkwoord: nooi in, innooi
Verlede tyd: het ingenooi

Betekenis:
• Om na binne te nooi.

Gebruik:
• Moenie ongeskik wees nie, nooi die mense in.

Sinoniem:
• binnevra
• inroep

Antoniem:
• uitnooi

Vertaling:
Engels: to invite in
Nederlands: binnen nodigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beenmeel
beenmeel [boodskap #145084] Sa, 20 April 2024 17:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beenmeel
Afbreking: been•meel
Samestelling: been + meel


Selfstandige naamwoord: beenmeel
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Poeier van gemaalde bene.

Gebruik:
Beenmeel word onder andere as dieetaanvulling vir vee en as 'n organiese kunsmis vir plante gebruik.

Vertaling:
Engels: bone meal
Nederlands: beendermeel, beenderenmeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kanto
kanto [boodskap #145083] Sa, 20 April 2024 16:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanto
Afbreking: kan•to


Selfstandige naamwoord: kanto
Meervoud: kanto's
Verkleinwoord: kanto'tjie
Meervoud van verkleining: kanto'tjies

Betekenis:
• 'n Afdeling van 'n lang, verhalende gedig.
• Bedaarde sangwyse; koraalgesang.

Gebruik:
• Die gemiddelde kanto in die Goddelike Komedie is 142 reëls, terwyl die kanto's in Os Lusíadas gemiddeld 882 reëls lank is.
• Die koor sing 'n geestelike kanto.

Wisselvorm:
• canto

Verwant:
• Kantiek

Vertaling:
Engels: canto
Nederlands: canto

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [1  2  3    »]


Tyd nou: Do Apr 25 20:50:43 MGT 2024