Forum: Woordeboek
Onderwerp: hemisfeer
hemisfeer [boodskap #153189 ]
Do., 08 Oktober 2026 17:10
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hemisfeer
Afbreking: he•mi•sfeer
Selfstandige naamwoord: hemisfeer
Meervoud: hemisfere
Betekenis:
• Een van twee helftes waarin 'n bol of sferiese voorwerp deur sy middelpunt verdeel is.
Gebruik:
• Dit is dag op die hemisfeer van die aarde wat na die son gekeer is.
• Die menslike brein bestaan uit twee hemisfere .
Sinoniem:
• halfbol
• halfrond
Hiponiem:
• linkerhemisfeer
• regterhemisfeer
Afgelei:
• hemisferies
Vertaling:
Engels: hemisphere
Nederlands: hemisfeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 17:17]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: regterbrein
regterbrein [boodskap #153188 ]
Do., 08 Oktober 2026 16:13
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
regterbrein
Afbreking: reg•ter•brein
Samestelling: regter(kant) + brein
Selfstandige naamwoord: regterbrein
Meervoud: regterbreine
Betekenis:
• Die hemisfeer van die brein aan die regterkant (die teenoorgestelde kant van die hart).
Gebruik:
• Skaak stimuleer die regterbrein (kreatiewe denke) sowel as die linkerbrein (logiese denke).
Sinoniem:
• regterhemisfeer
Antoniem:
• linkerbrein
Vertaling:
Engels: right brain, right cerebral hemisphere
Nederlands: rechterhersenhelft
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: linkerbrein
linkerbrein [boodskap #153187 ]
Do., 08 Oktober 2026 16:09
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
linkerbrein
Afbreking: lin•ker•brein
Samestelling: linker(kant) + brein
Selfstandige naamwoord: linkerbrein
Meervoud: linkerbreine
Betekenis:
• Die hemisfeer van die brein aan die linkerkant (die kant waar die hart is).
Gebruik:
• Die linkerbrein is hoofsaaklik betrokke by logiese denke, taal en wiskundige verwerking.
Sinoniem:
• linkerhemisfeer
Antoniem:
• regterbrein
Vertaling:
Engels: left brain, left cerebral hemisphere
Nederlands: linkerhersenhelft
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 16:11]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: beheptheid
beheptheid [boodskap #153186 ]
Do., 08 Oktober 2026 15:49
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
beheptheid
Afbreking: be•hept•heid
Samestelling: behep + -t- + -heid
Selfstandige naamwoord: beheptheid
Meervoud: behepthede
Betekenis:
• Die toestand of mate van behep (bevange of gepla) wees.
Gebruik:
• Sy beheptheid met geld het uiteindelik sy huwelik geruïneer.
Sinoniem:
• fiksasie
• manie
• obsessie
Hiponiem:
• selfbeheptheid
Vertaling:
Engels: obsession, preoccupation
Nederlands: obsessie, preoccupatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: doktersbrief
doktersbrief [boodskap #153185 ]
Do., 08 Oktober 2026 15:16
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
doktersbrief
Afbreking: dok•ters•brief
Samestelling: dokter + -s- + brief
Selfstandige naamwoord: doktersbrief
Meervoud: doktersbriewe
Verkleinwoord: doktersbriefie
Meervoud van verkleining: doktersbriefies
Betekenis:
• Skriftelike verklaring deur 'n dokter oor 'n persoon se gesondheid of onvermoë om te werk.
Gebruik:
• Sy moes 'n doktersbrief by haar werk indien om haar afwesigheid te staaf.
Sinoniem:
• mediese sertifikaat
Vertaling:
Engels: doctor's note, medical certificate
Nederlands: doktersbrief, medische verklaring
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kardiovaskulêr
kardiovaskulêr [boodskap #153184 ]
Do., 08 Oktober 2026 12:34
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kardiovaskulêr
Afbreking: kar•di•o•vas•ku•lêr
Samestelling: kardio- + vaskulêr
Byvoeglike naamwoord: kardiovaskulêr
Attributief: kardiovaskulêre
Betekenis:
• Wat betrekking het op die hart en bloedvate.
Gebruik:
• Aërobiese oefeninge help om spierkrag en kardiovaskulêre fiksheid te verbeter.
Sinoniem:
• kardiaal
Vertaling:
Engels: cardiovascular
Nederlands: cardiovasculair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: seeanemoon
seeanemoon [boodskap #153182 ]
Wo., 07 Oktober 2026 17:58
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Seeanemone
seeanemoon
Afbreking: see•a•ne•moon
Samestelling: see + anemoon
Selfstandige naamwoord: seeanemoon
Meervoud: seeanemone
Verkleinwoord: seeanemoontjie
Meervoud van verkleining: seeanemoontjies
Betekenis:
• 'n Ongewerwelde seedier met tentakels en 'n plakvoet waarmee hy homself aan rotse anker, orde Actiniaria .
Gebruik:
• 'n Narvis skuil tussen die seeanemoon se tentakels.
Wisselvorm:
• see-anemoon
Hiperoniem:
• blomdier
Vertaling:
Engels: sea anemone
Nederlands: zeeanemoon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: neteldier
neteldier [boodskap #153181 ]
Wo., 07 Oktober 2026 17:45
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
neteldier
Afbreking: ne•tel•dier
Samestelling: netel + dier
Selfstandige naamwoord: neteldier
Meervoud: neteldiere
Verkleinwoord: neteldiertjie
Meervoud van verkleining: neteldiertjies
Betekenis:
• 'n Ongewerwelde waterdier met giftige netelselle waarmee hy sy prooi verlam, filum Cnidaria .
Gebruik:
• Die bloublasie is 'n neteldier wat by aanraking 'n hewige brandpyn kan veroorsaak.
• Jellievisse en seeanemone is neteldiere .
Sinoniem:
• holtedier
Vertaling:
Engels: cnidarian, coelenterate
Nederlands: neteldier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 09:47]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: deurlatend
deurlatend [boodskap #153180 ]
Wo., 07 Oktober 2026 17:32
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
deurlatend
Afbreking: deur•la•tend
Samestelling: deurlaat + -end
Byvoeglike naamwoord: deurlatend
Attributief: deurlatende
Betekenis:
• Wat iets deurlaat.
Gebruik:
• Glas is deurlatend vir sigbare lig.
• Die sel het 'n deurlatende membraan wat die beweging van stowwe in en uit die sel beheer.
Sinoniem:
• deurdringbaar
• deurlaatbaar
• permeabel
Antoniem:
• ondeurlatend
Hiponiem:
• halfdeurlatend
• ligdeurlatend
• warmtedeurlatend
Afgelei:
• deurlatendheid
Vertaling:
Engels: permeable, transmissive
Nederlands: doorlatend, permeabel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: selmembraan
selmembraan [boodskap #153179 ]
Wo., 07 Oktober 2026 17:21
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
selmembraan
Afbreking: sel•mem•braan
Samestelling: sel + membraan
Selfstandige naamwoord: selmembraan
Meervoud: selmembrane
Betekenis:
• 'n Dun, selektief deurlatende vlies wat lewende selle omring.
Gebruik:
• Die selmembraan beheer watter stowwe die sel binnekom en verlaat.
Sinoniem:
• plasmamembraan
Verwant:
• selwand
Vertaling:
Engels: cell membrane, plasma membrane
Nederlands: celmembraan, plasmamembraan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gedefinieer
gedefinieer [boodskap #153178 ]
Wo., 07 Oktober 2026 16:23
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gedefinieer
Afbreking: ge•de•fi•ni•eer
Samestelling: ge- + definieer
Byvoeglike naamwoord: gedefinieer , gedefinieerd
Attributief: gedefinieerde
Betekenis:
• Wat skerp en duidelik omlyn is.
• Wat duidelik beskryf of verklaar is.
Gebruik:
• Die model se wenkbroue is goed gedefinieer . Die liggaambouer het goed gedefinieerde spiere.
• Die reëls en verantwoordelikhede is tog duidelik gedefinieer .
Sinoniem:
• afgebaken
• bepaal
• omskrewe
• omskryf
Antoniem:
• ongedefinieer
Vertaling:
Engels: defined, well-defined
Nederlands: gedefinieerd
Werkwoord: definieer
Verlede tyd: het gedefinieer
Betekenis:
• Verlede deelwoord van definieer: om 'n definisie te vorm.
Gebruik:
• Max Weber het die staat gedefinieer as 'n politieke instelling wat 'n monopolie het op die wettige gebruik van geweld.
Vertaling:
Engels: defined
Nederlands: gedefinieerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 11:33]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: koes
koes [boodskap #153177 ]
Wo., 07 Oktober 2026 14:53
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
koes
Afbreking: koes
Werkwoord: koes , koets
Verlede tyd: het gekoes , het gekoets
Betekenis:
• Om ontwykend te buk of weg te duik sodat jy nie getref of gesien word nie.
Gebruik:
• Sy koes vir die lae takke wat oor die pad hang.
• Hy het vinnig gekoes toe die bal op hom afpyl.
Wisselvorm:
• koets
Sinoniem:
• ontduik
• platval
• swenk
• vermy
• wegbuk
• wegdeins
• wegduik
• wegskram
• wegspring
Afgelei:
• koes-koes
• koestoeter
Vertaling:
Engels: to duck, dodge
Nederlands: wegduiken, wegdeinzen, ontwijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Oktober 2026 15:43]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: koeskoes
koeskoes [boodskap #153176 ]
Wo., 07 Oktober 2026 14:20
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
koeskoes
Afbreking: koes•koes
Samestelling: koes + koes
Selfstandige naamwoord: koeskoes
Meervoud: koeskoese
Betekenis:
• 'n Gereg van gestoomde griesmeel (grofgemaalde durumkoring), oorspronklik van Noord-Afrika.
• 'n Buideldier met 'n grypstert van Australië en Nieu-Guinee wat hoofsaaklik in bome woon.
Gebruik:
• Die koeskoes is met vleis en groente voorgesit.
• Die koeskoes is ongeveer so groot soos 'n huiskat en is naglewend.
Vertaling:
Engels: couscous; cuscus
Nederlands: couscous; koeskoes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Oktober 2026 15:39]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: koes-koes
koes-koes [boodskap #153175 ]
Wo., 07 Oktober 2026 07:09
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
koes-koes
Afbreking: koes-koes
Samestelling: koes + koes
Bywoord: koes-koes
Betekenis:
• Op 'n koestende wyse. Wat herhaaldelik vir iets koes (koets).
Gebruik:
• Hy het koes-koes by die deur uitgeloer om te kyk of iemand hom sien.
Wisselvorm:
• koets-koets
Vertaling:
Engels: ducking repeatedly
Nederlands: herhaaldelijk bukken, wegduiken
Nota:
• Vir die gereg, sien koeskoes.
• Kan ook as werkwoord gebruik word (koes-koes/het gekoes-koes).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 07:48]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: stuk-stuk
stuk-stuk [boodskap #153174 ]
Wo., 07 Oktober 2026 06:51
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stuk-stuk
Afbreking: stuk-stuk
Samestelling: stuk + stuk
Bywoord: stuk-stuk
Betekenis:
• Een stuk op 'n slag; deel vir deel en nie alles tegelyk nie.
Gebruik:
• Die ossewaens is stuk-stuk oor die Drakensberge gedra.
Sinoniem:
• afsonderlik
• stuksgewys
Antoniem:
• gesamentlik
• tegelyk
Vertaling:
Engels: piece by piece, separately
Nederlands: stuk voor stuk, afzonderlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 07:47]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: belaglikheid
belaglikheid [boodskap #153173 ]
Wo., 07 Oktober 2026 06:37
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
belaglikheid
Afbreking: be•lag•lik•heid
Samestelling: belaglik + -heid
Selfstandige naamwoord: belaglikheid
Meervoud: belaglikhede
Betekenis:
• Iets wat belaglik is, of die toestand of mate waarin iets of iemand belaglik is.
Gebruik:
• Die aanklagte is so absurd, dit grens aan belaglikheid .
• Dit is verstommend hoeveel belaglikhede daagliks op sosiale media gedeel word.
Sinoniem:
• absurditeit
• dwaasheid
• gekheid
• malheid
• onredelikheid
• onsinnigheid
• verspotheid
Antoniem:
• redelikheid
• sinvolheid
Vertaling:
Engels: ridiculousness, absurdity, farcicalness
Nederlands: belachelijkheid, absurditeit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 08 Oktober 2026 07:46]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: reënpadda
reënpadda [boodskap #153172 ]
Di., 06 Oktober 2026 19:24
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Reënpadda.
reënpadda
Afbreking: re•ën•pad•da
Samestelling: reën + padda
Selfstandige naamwoord: reënpadda
Meervoud: reënpaddas
Verkleinwoord: reënpaddatjie
Meervoud van verkleining: reënpaddatjies
Betekenis:
• 'n Dik, ronde padda met kort ledemate en 'n klein, plat snoet, genus Breviceps .
Gebruik:
• Reënpaddas bring die grootste deel van die jaar ondergronds deur en kom ná reënbuie te voorskyn om kos te soek.
Sinoniem:
• blaasop
• donderpadda
• janblom
Hiponiem:
• bosveldreënpadda
• woestynreënpadda
Vertaling:
Engels: rain frog
Nederlands: regenpad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Oktober 2026 05:55]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: platanna
platanna [boodskap #153171 ]
Di., 06 Oktober 2026 19:02
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Platanna.
platanna
Afbreking: plat•an•na
Selfstandige naamwoord: platanna
Meervoud: platannas
Verkleinwoord: platannatjie
Meervoud van verkleining: platannatjies
Betekenis:
• 'n Padda met 'n gladde, plat lyf, gewebde pote en klein ogies, genus Xenopus .
Gebruik:
• Die platanna is hoofsaaklik waterlewend en kom slegs as dit reën land toe.
Spreekwoord:
• Dit reën paddas en platannas . [Dit reën hard.]
Sinoniem:
• kloupadda
• plandoeka (ongewoon )
Vertaling:
Engels: platanna, clawed frog
Nederlands: klauwkikker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Oktober 2026 05:56]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: bulterriër
bulterriër [boodskap #153170 ]
Di., 06 Oktober 2026 14:23
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Bulterriër.
bulterriër
Afbreking: bul•ter•ri•ër
Samestelling: bul(hond) + terriër
Selfstandige naamwoord: bulterriër
Meervoud: bulterriërs
Verkleinwoord: bulterriërtjie
Meervoud van verkleining: bulterriërtjies
Betekenis:
• 'n Honderas met 'n eiervormige kop, klein driehoekige ore en 'n sterk, gespierde liggaam.
Gebruik:
• Die bulterriër is oorspronklik in Engeland ontwikkel deur bulhonde en terriërs met mekaar te kruis.
Sinoniem:
• bulterriërhond
Afgelei:
• bulterriërreun
• bulterriërteef
• vegbulterriër
Vertaling:
Engels: bull terrier
Nederlands: bullterriër
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 14:33]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: suurstofloos
suurstofloos [boodskap #153169 ]
Di., 06 Oktober 2026 14:09
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
suurstofloos
Afbreking: suur•stof•loos
Samestelling: suurstof + -loos
Byvoeglike naamwoord: suurstofloos
Attributief: suurstoflose
Betekenis:
• Wat nie suurstof bevat nie.
Gebruik:
• Die planeet het 'n atmosfeer, maar dit is suurstofloos .
• Sommige bakterieë kan in suurstoflose toestande leef.
Sinoniem:
• suurstofvry
Antoniem:
• suurstofryk
Verwant:
• anaërobies
Vertaling:
Engels: oxygen-free, oxygenless
Nederlands: zuurstofloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: anaërobies
anaërobies [boodskap #153168 ]
Di., 06 Oktober 2026 14:01
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
anaërobies
Afbreking: an•a•ë•ro•bies
Samestelling: an- + aërobies
Byvoeglike naamwoord: anaërobies
Attributief: anaërobiese
Betekenis:
• Wat sonder suurstof kan leef of funksioneer.
Gebruik:
• Sommige bakterieë is anaërobies en kan sonder suurstof leef en groei.
• Tydens anaërobiese respirasie word energie uit glukose vrygestel sonder dat suurstof gebruik word.
Sinoniem:
• asemloos
• suurstofarm
• suurstofloos
Antoniem:
• aërobies
Vertaling:
Engels: anaerobically
Nederlands: anaëroob
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 14:02]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: bestorwe
bestorwe [boodskap #153167 ]
Di., 06 Oktober 2026 13:24
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bestorwe
Afbreking: be•stor•we
Byvoeglike naamwoord: bestorwe
Attributief: bestorwe
Betekenis:
• Wat deur 'n sterfgeval beroof is.
• Wat nie erfgename het nie.
Gebruik:
• Sy is 'n bestorwe weduwee.
• Die eksekuteur probeer die bestorwe boedel beredder.
Antoniem:
• onbestorwe
Vertaling:
Engels: bereaved; deceased
Nederlands: bestorven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 13:30]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: infekterend
infekterend [boodskap #153166 ]
Di., 06 Oktober 2026 13:13
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
infekterend
Afbreking: in•fek•te•rend
Samestelling: infekteer + -end
Byvoeglike naamwoord: infekterend
Attributief: infekterende
Betekenis:
• Wat 'n organisme infekteer; infeksie veroorsaak.
Gebruik:
• Die bakterieë is infekterend en word deur besmette water versprei.
• 'n Biopsie word geneem om die infekterende organisme te identifiseer.
Sinoniem:
• aansteeklik
• besmetlik
Vertaling:
Engels: infective, infectious
Nederlands: infecterend, infectieus, besmettelijk
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord infekteer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: geïnfekteer
geïnfekteer [boodskap #153165 ]
Di., 06 Oktober 2026 13:01
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
geïnfekteer
Afbreking: ge•ïn•fek•teer
Samestelling: ge- + infekteer
Byvoeglike naamwoord: geïnfekteer
Attributief: geïnfekteerde
Betekenis:
• Wat met skadelike of ongewenste organismes besmet is.
Gebruik:
• Die wond is rooi en met bakterieë geïnfekteer .
• Die geïnfekteerde pasiënt is in afsondering geplaas.
Sinoniem:
• besmet
Vertaling:
Engels: infected
Nederlands: geïnfecteerd
Werkwoord: infekteer
Verlede tyd: het geïnfekteer
Betekenis:
• Verlede deelwoord van infekteer: om met 'n mikro-organisme, soos 'n bakterie, virus, swam of parasiet, te besmet.
Gebruik:
• Die virus het die pasiënt se asemhalingstelsel geïnfekteer .
Vertaling:
Engels: infected
Nederlands: geïnfecteerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opneuk
opneuk [boodskap #153164 ]
Di., 06 Oktober 2026 11:45
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
opneuk
Afbreking: op•neuk
Samestelling: op + neuk
Werkwoord: neuk op , opneuk
Verlede tyd: het opgeneuk
Verlede deelwoord: opgeneukte
Betekenis:
• (pejoratief ) Om iemand hard te slaan; te lyf gaan.
• Om iets ernstig te beskadig of te verniel.
Gebruik:
• Hulle neuk mekaar in die bokskryt op .
• Hy het die motor opgeneuk toe hy teen die boom vasgejaag het.
Sinoniem:
• afransel
• bydam
• opdonder
• opdons
• opfoeter
• opfok
• bedonder
• droogmaak
• opduiwel
• verbrou
• verknoei
• verkonkel
• verrinneweer
Afgelei:
• opneuker
Vertaling:
Engels: to beat, give a drubbing; to mess up
Nederlands: aftuigen; vernielen, verknoeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 11:48]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: beantwoording
beantwoording [boodskap #153163 ]
Di., 06 Oktober 2026 10:52
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
beantwoording
Afbreking: be•ant•woor•ding
Samestelling: beantwoord + -ing
Selfstandige naamwoord: beantwoording
Meervoud: beantwoordinge , beantwoordings
Betekenis:
• Die handeling om iets te beantwoord.
Gebruik:
• Hy was bekommerd dat die eerlike beantwoording van hierdie vraag tot probleme sou lei.
Antoniem:
• onbeantwoording
Vertaling:
Engels: answering
Nederlands: beantwoording
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: swaardmaag
swaardmaag [boodskap #153162 ]
Di., 06 Oktober 2026 10:33
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
swaardmaag
Afbreking: swaard•maag
Samestelling: swaard + maag
Selfstandige naamwoord: swaardmaag
Meervoud: swaardmae , swaardmage
Betekenis:
• (ongewoon ) 'n Manlike bloedverwant aan vaderskant.
Gebruik:
• Hulle het ontdek dat hulle swaardmae is omdat hulle in die manlike lyn van dieselfde voorvader afstam.
Sinoniem:
• agnaat
Antoniem:
• spilmaag
Afgelei:
• swaardmaagskap
Vertaling:
Engels: agnate
Nederlands: zwaardmaag, agnaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: afgradeer
afgradeer [boodskap #153161 ]
Di., 06 Oktober 2026 09:49
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
afgradeer
Afbreking: af•gra•deer
Samestelling: af + gradeer
Werkwoord: gradeer af , afgradeer
Verlede tyd: het afgegradeer
Verlede deelwoord: afgegradeerde
Betekenis:
• Om na 'n laer graad of vlak te skuif.
Gebruik:
• Hy gradeer die program na 'n laer weergawe af .
• Sy het haar mediese fonds na 'n goedkoper plan afgegradeer .
Sinoniem:
• degradeer
• terugskuif
• verlaag
Antoniem:
• opgradeer
Afgelei:
• afgradering
Vertaling:
Engels: to downgrade, degrade, demote
Nederlands: degraderen, afwaarderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: mensig
mensig [boodskap #153160 ]
Ma., 05 Oktober 2026 18:15
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
mensig
Afbreking: men•sig
Tussenwerpsel: mensig
Betekenis:
• Uitroep van verbasing of bewondering.
Gebruik:
• Mensig , mense!
• Mensig , wat het hier gebeur?
Sinoniem:
• genade
• goeiste
• hemel
• mapstieks
• sjoe
Afgelei:
• allemensig
Vertaling:
Engels: goodness! gosh! wow!
Nederlands: jeetje! hemeltje! tjonge!
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: reflekterend
reflekterend [boodskap #153159 ]
Ma., 05 Oktober 2026 18:02
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
reflekterend
Afbreking: re•flek•te•rend
Samestelling: reflekteer + -end
Byvoeglike naamwoord: reflekterend
Attributief: reflekterende
Partitief: reflekterends
Betekenis:
• Wat iets reflekteer (terugkaats, of figuurlik, besin en terugdink).
Gebruik:
• Die baadjie is reflekterend en sal jou snags meer sigbaar maak.
• 'n Reflekterende opstel is 'n werk waarin die skrywer sy of haar eie ervarings, gedagtes en gevoelens deel.
Sinoniem:
• terugkaatsend
• weerkaatsend
Antoniem:
• absorberend
Vertaling:
Engels: reflecting, reflective
Nederlands: reflecterend, weerkaatsend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord reflekteer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: weerkaatsend
weerkaatsend [boodskap #153158 ]
Ma., 05 Oktober 2026 15:59
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
weerkaatsend
Afbreking: weer•kaat•send
Samestelling: weerkaats + -end
Byvoeglike naamwoord: weerkaatsend
Attributief: weerkaatsende
Partitief: weerkaatsends
Betekenis:
• Wat lig, klank of ander straling terugkaats.
Gebruik:
• Die fietsryer dra 'n weerkaatsende baadjie om snags duidelik sigbaar te wees.
Sinoniem:
• blink
• glansend
• reflekterend
• terugkaatsend
Antoniem:
• onweerkaatsend
Vertaling:
Engels: reflecting, reflective
Nederlands: weerkaatsend, reflecterend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord weerkaats.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 05 Oktober 2026 16:38]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: miskruier
miskruier [boodskap #153157 ]
Ma., 05 Oktober 2026 15:39
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Miskruier.
miskruier
Afbreking: mis•krui•er
Samestelling: mis + kruier
Selfstandige naamwoord: miskruier
Meervoud: miskruiers
Verkleinwoord: miskruiertjie
Meervoud van verkleining: miskruiertjies
Betekenis:
• 'n Kewer in die familie Scarabaeidae wat die mis van herbivore vreet en sy eiers daarin lê.
Gebruik:
• 'n Miskruier stoot 'n bolletjie mis met sy agterpote rond.
Vertaling:
Engels: dung beetle
Nederlands: mestkever
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rondstoot
rondstoot [boodskap #153156 ]
Ma., 05 Oktober 2026 15:27
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rondstoot
Afbreking: rond•stoot
Samestelling: rond + stoot
Werkwoord: stoot rond , rondstoot
Verlede tyd: het rondgestoot
Betekenis:
• Om na verskillende kante toe te stoot.
Gebruik:
• 'n Miskruier stoot 'n bolletjie mis rond .
• Sy is fisiek aangerand en rondgestoot .
Sinoniem:
• rondskuif
• rondstamp
Vertaling:
Engels: to push around, push about
Nederlands: rondduwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inkopiesak
inkopiesak [boodskap #153155 ]
Ma., 05 Oktober 2026 15:09
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
inkopiesak
Afbreking: in•ko•pie•sak
Samestelling: inkopies + sak
Selfstandige naamwoord: inkopiesak
Meervoud: inkopiesakke
Verkleinwoord: inkopiesakkie
Meervoud van verkleining: inkopiesakkies
Betekenis:
• 'n Sak waarin die goedere wat 'n mens by 'n winkel koop gepak word.
Gebruik:
• Die winkelassistent pak die kruideniersware in 'n inkopiesak .
• Winkels skakel toenemend oor na bioafbreekbare inkopiesakke om die besoedeling wat plastiek veroorsaak te bekamp.
Sinoniem:
• inkoopsak
Vertaling:
Engels: shopping bag
Nederlands: boodschappentas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 06:39]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: kleintoon
kleintoon [boodskap #153154 ]
Ma., 05 Oktober 2026 14:23
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kleintoon
Afbreking: klein•toon
Samestelling: klein + toon
Selfstandige naamwoord: kleintoon
Meervoud: kleintone
Verkleinwoord: kleintoontjie
Meervoud van verkleining: kleintoontjies
Betekenis:
• Die kleinste toon van die voet.
Gebruik:
• Hy het sy kleintoontjie teen die tafel se poot gestamp.
Antoniem:
• groottoon
Vertaling:
Engels: little toe, pinky toe
Nederlands: kleine teen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 06:38]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: kooktyd
kooktyd [boodskap #153153 ]
Ma., 05 Oktober 2026 14:15
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kooktyd
Afbreking: kook•tyd
Samestelling: kook + tyd
Selfstandige naamwoord: kooktyd
Meervoud: kooktye
Betekenis:
• Die tyd wat dit neem om iets te kook totdat dit gaar of gereed is.
Gebruik:
• Die aartappels se kooktyd is ongeveer 20 minute.
Verwant:
• baktyd
Vertaling:
Engels: cooking time
Nederlands: kooktijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 06:37]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: baktyd
baktyd [boodskap #153152 ]
Ma., 05 Oktober 2026 14:13
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
baktyd
Afbreking: bak•tyd
Samestelling: bak + tyd
Selfstandige naamwoord: baktyd
Meervoud: baktye
Betekenis:
• Die tyd wat dit neem om iets te bak totdat dit gaar of gereed is.
Gebruik:
• Die baktyd van die koek is ongeveer 40 minute.
Verwant:
• kooktyd
Vertaling:
Engels: baking time
Nederlands: baktijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 05 Oktober 2026 14:14]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: gelykhoekig
gelykhoekig [boodskap #153151 ]
Ma., 05 Oktober 2026 14:07
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gelykhoekig
Afbreking: ge•lyk•hoe•kig
Samestelling: gelyk + hoek + -ig
Byvoeglike naamwoord: gelykhoekig
Attributief: gelykhoekige
Betekenis:
• Waarvan die hoeke ewe groot is.
Gebruik:
• 'n Gelykhoekige driehoek is 'n driehoek waarvan al die hoeke 60° groot is.
Sinoniem:
• ewehoekig
Afgelei:
• gelykhoekigheid
Vertaling:
Engels: equiangular, isogonic
Nederlands: gelijkhoekig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Oktober 2026 06:36]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: ongeaktiveer
ongeaktiveer [boodskap #153150 ]
So., 04 Oktober 2026 19:25
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ongeaktiveer
Afbreking: on•ge•ak•ti•veer
Samestelling: on- + geaktiveer
Byvoeglike naamwoord: ongeaktiveer , ongeaktiveerd
Attributief: ongeaktiveerde
Betekenis:
• Wat nie geaktiveer of in werking gestel is nie.
Gebruik:
• Tydens die inbraak was die alarmstelsel ongeaktiveerd .
• Die entstof bevat 'n ongeaktiveerde vorm van die griepvirus, wat beteken dat die virus dood is wanneer die entstof toegedien word.
Sinoniem:
• afgeskakel
• gedeaktiveer
• onaktief
Antoniem:
• geaktiveer
Vertaling:
Engels: deactivated, inactive, disabled
Nederlands: gedeactiveerd, inactief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: stroperig
stroperig [boodskap #153149 ]
So., 04 Oktober 2026 17:28
Leksikograaf
Boodskappe: 26773Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stroperig
Afbreking: stro•pe•rig
Samestelling: stroop + -erig
Byvoeglike naamwoord: stroperig
Vergrotende trap: stroperiger
Oortreffende trap: stroperigste
Attributief: stroperige
Partitief: stroperigs
Betekenis:
• Wat die eienskappe van stroop het; taai en stadig vloeiend.
• (figuurlik ) Wat oordrewe sentimenteel of soetsappig is.
Gebruik:
• Heuning se tekstuur is stroperig .
• Hy sing diep liedjies, nie stroperige popmusiek nie.
Sinoniem:
• dikvloeibaar
• klewerig
• taai
• viskeus
Antoniem:
• dun
• waterig
Afgelei:
• stroperigheid
Vertaling:
Engels: syrupy, treacly, viscous; sentimental, sappy, saccharine
Nederlands: stroperig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.