Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: verdedigingslinie
verdedigingslinie [boodskap #151900] Di., 16 Junie 2026 09:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdedigingslinie
Afbreking: ver•de•di•gings•li•nie
Samestelling: verdediging + -s- + linie


Selfstandige naamwoord: verdedigingslinie
Meervoud: verdedigingslinies

Betekenis:
• Die lyn of grens vanwaar die vyand teengestaan en teruggehou word.

Gebruik:
• Die Duitsers het maklik deur die eerste verdedigingslinie gebreek, maar het daarna vinnig vasgeval.

Sinoniem:
• barrikade
• gevegsfront
• gevegslinie
• verdedigingslyn
• verskansing

Vertaling:
Engels: line of defence, defensive line
Nederlands: verdedigingslinie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Wo. Jun. 17 15:17:50 UTC 2026