Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: oe-la-la
oe-la-la [boodskap #145408] Vr, 31 Mei 2024 08:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oe-la-la
Afbreking: oe•la•la


Tussenwerpsel: oe-la-la

Betekenis:
• Uitroep van bewondering, goedkeuring of verbasing.

Gebruik:
Oe-la-la! Kyk hoe mooi is sy aangetrek!

Sinoniem:
• netjies
• piekfyn
• pragtig
• sjoe

Vertaling:
Engels: ooh la la!, wow!
Frans: oh là là
Nederlands: wauw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitvloeiing
uitvloeiing [boodskap #145409] Vr, 31 Mei 2024 08:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvloeiing
Afbreking: uit•vloei•ing
Samestelling: uitvloei + -ing


Selfstandige naamwoord: uitvloeiing
Meervoud: uitvloeiinge, uitvloeiings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van uitvloei; om na die buitekant te vloei.
• (figuurlik) Die handling van uitgaan of verlaat.

Gebruik:
• Die vinnige uitvloeiing van lawa uit die vulkaan veroorsaak lawastrome.
• Die uitvloeiing van kapitaal uit die land uit kan tot 'n ekonomiese krisis lei.

Sinoniem:
• uitgieting
• uitmonding
• uitstoting
• uitstroming

Antoniem:
• invloeiing

Afgelei:
• uitvloeiingsgesteente
• uitvloeisel

Vertaling:
Engels: outflow
Nederlands: uitvloeiing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 01 Junie 2024 07:37]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: uitvloei
uitvloei [boodskap #145410] Vr, 31 Mei 2024 10:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvloei
Afbreking: uit•vloei
Samestelling: uit + vloei


Werkwoord: vloei uit, uitvloei
Verlede tyd: het uitgevloei

Betekenis:
• Om na die buitekant te stroom of te vloei.
• (figuurlik) Om uit te gaan of te verlaat.

Gebruik:
• Die bloed vloei uit wond uit.
• Miljoene rande het uit die land uitgevloei.

Sinoniem:
• uitgaan
• uitstroom
• uitsyfer
• uitsypel
• wegstroom
• wegsypel
• wegvloei

Antoniem:
• invloei

Afgelei:
• uitvloeiing
• uitvloeisel

Vertaling:
Engels: to flow out; to leave
Nederlands: uitvloeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 01 Junie 2024 07:38]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: graniet
graniet [boodskap #145411] Vr, 31 Mei 2024 10:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Graniet
Graniet
graniet
Afbreking: gra•niet


Selfstandige naamwoord: graniet
Meervoud: graniete

Betekenis:
• 'n Harde stollingsgesteente met growwe kolle wat meestal uit kwarts, alkaliveldspaat en plagioklaas bestaan.

Gebruik:
• Graniet is kliphard en het geen interne strukture nie, wat dit 'n gesogte boumateriaal maak.

Spreekwoord:
• Hulle kou op graniet. [Hulle sal niks uitrig nie.]

Afgelei:
• granietagtig
• granietbank
• granietberg
• granietblok
• granietformasie
• granietgang
• granietgebou
• granietgesteente
• granietgrafsteen
• granietgrond
• granietgruis
• granietkleur
• granietkoppie
• granietmonument
• granietrots
• granietsand
• granietsteen
• granietsuil
• skrifgraniet

Vertaling:
Engels: granite
Nederlands: graniet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: weiering
weiering [boodskap #145412] Vr, 31 Mei 2024 17:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weiering
Afbreking: wei•e•ring
Samestelling: weier + -ing


Selfstandige naamwoord: weiering
Meervoud: weieringe, weierings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van weier; om nie aan 'n versoek of opdrag te voldoen nie.
• Die handeling van nie werk of afgaan nie.

Gebruik:
• Die regering se moedswillige en halsstarrige weiering om plaasaanvalle te ondersoek is betreurenswaardig.
• Die soldaat ondersoek die weiering van die kanon.

Sinoniem:
• afwysing
• boikot
• staking
• uitsluiting
• verwerping
• weerhouding
• wegwysing

Hiponiem:
• diensweiering
• enjinweiering
• masjienweiering
• remweiering
• sekeringsweiering
• voedselweiering

Vertaling:
Engels: refusal, denial
Nederlands: weigering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 01 Junie 2024 07:48]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Sa Jun 01 08:01:01 MGT 2024