Forum: Woordeboek
Onderwerp: kompleet
kompleet [boodskap #146490 ]
Do, 19 September 2024 15:46
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kompleet
Afbreking: kom•pleet
Byvoeglike naamwoord: kompleet
Vergrotende trap: kompleter
Oortreffende trap: kompleetste
Attributief: komplete
Partitief: kompleets
Betekenis:
• Volledig of voltallig.
• Presies.
Gebruik:
• Die karavaan is kompleet toegerus met 'n badkamer, dubbelbed en lugreëling.
• Dit lyk kompleet of hy 'n laaistok ingesluk het!
Sinoniem:
• akatalekties
• algeheel
• heeltemal
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongeskonde
• perfek
• presies
• totaal
• volkome
• volledig
• voltallig
• volslae
Antoniem:
• inkompleet
Afgelei:
• kompleetheid
Vertaling:
Engels: complete, completely, thoroughly, utterly; just like
Nederlands: kompleet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wegholsukses
wegholsukses [boodskap #146489 ]
Do, 19 September 2024 09:37
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegholsukses
Afbreking: weg•hol•suk•ses
Samestelling: weghol + sukses
Selfstandige naamwoord: wegholsukses
Meervoud: wegholsuksesse
Betekenis:
• 'n Groot en merkwaardige sukses.
Gebruik:
• Die TV-reeks het bykans kultusstatus bereik met kykertalle wat dit 'n wegholsukses maak.
Verwant:
• wegholtreffer
Vertaling:
Engels: runaway success
Nederlands: weggelopen succes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 19 September 2024 13:22]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: terugblik
terugblik [boodskap #146488 ]
Wo, 18 September 2024 18:10
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugblik
Afbreking: te•rug•blik
Samestelling: terug + blik
Selfstandige naamwoord: terugblik
Meervoud: terugblikke
Verkleinwoord: terugblikkie
Meervoud van verkleining: terugblikkies
Betekenis:
• 'n Blik op die verlede. 'n Oorsig oor vergange sake.
Gebruik:
• Die boek is 'n terugblik op die outeur se jeugjare.
Sinoniem:
• herdenking
• herinnering
• herkenning
• herlewing
• hersiening
• nabetragting
• oorpeinsing
• refleksie
• terugflits
• terugkyk
• terugskouing
Vertaling:
Engels: retrospective view, flashback, stocktaking
Nederlands: terugblik
Werkwoord: blik terug , terugblik
Verlede tyd: het teruggeblik
Betekenis:
• Om terug te kyk.
Gebruik:
• Ons blik terug na die goeie ou dae.
Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugblikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 18:14]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: bloedsweet
bloedsweet [boodskap #146487 ]
Wo, 18 September 2024 17:55
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloedsweet
Afbreking: bloed•sweet
Samestelling: bloed + sweet
Selfstandige naamwoord: bloedsweet
Meervoud: –
Betekenis:
• Baie harde werk.
Gebruik:
• Dit het bloedsweet en vasbyt gekos om die doel te bereik.
Vertaling:
Engels: blood and sweat
Nederlands: bloedzweet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Middeleeus
Middeleeus [boodskap #146486 ]
Wo, 18 September 2024 17:45
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Middeleeus
Afbreking: Mid•del•eeus
Samestelling: Middel + eeus
Byvoeglike naamwoord: Middeleeus
Attributief: Middeleeuse
Betekenis:
• Betreffende die Middeleeue (rofweg die 5de tot die 15de eeu).
Gebruik:
• In die Vroeë Middeleeue was daar min mense wat kon lees of skryf.
Afkorting:
• Me.
Vertaling:
Engels: medieval
Nederlands: middeleeuws
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 17:46]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: toerus
toerus [boodskap #146485 ]
Wo, 18 September 2024 16:08
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toerus
Afbreking: toe•rus
Samestelling: toe + rus
Werkwoord: rus toe , toerus
Verlede tyd: het toegerus
Betekenis:
• Om van benodighede te voorsien.
Gebruik:
• In rolprente is tydbomme toegerus met groot rooi skerms sodat almal presies weet wanneer dit gaan ontplof.
Sinoniem:
• bewapen
• gereedmaak
• inrig
• installeer
• toevoeg
• uitrus
• verskaf
• voorberei
Afgelei:
• toerusting
Vertaling:
Engels: to furnish, equip, fit out
Nederlands: toerusten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitkry
uitkry [boodskap #146484 ]
Wo, 18 September 2024 15:55
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitkry
Afbreking: uit•kry
Samestelling: uit + kry
Werkwoord: kry uit , uitkry
Verlede tyd: het uitgekry
Betekenis:
• Om na die buitekant te bring.
• Om uit te spreek.
• Om te verwyder of uit te wis.
• Om iets of iemand na 'n plek te vat.
• (sport ) Om uit te boul of uit te vang.
Gebruik:
• Hulle kon nie die leeu uit die hok uitkry nie.
• Hy het nie 'n woord uitgekry nie.
• Sy probeer om die vlek uit die tafeldoek te kry .
• Julle moet die hond so spoedig moontlik by 'n veearts uitkry .
• Die bouler kon nie die kolwer uitkry nie.
Sinoniem:
• uitbring
• uithaal
• uitklim
• uitlig
• uitspreek
• uittrek
Vertaling:
Engels: to get out; to spreak out; to remove, get rid of; to get to; to dismiss
Nederlands: uitkrijgen, uitbrengen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 19 September 2024 06:04]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: noodlanding
noodlanding [boodskap #146483 ]
Wo, 18 September 2024 15:24
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noodlanding
Afbreking: nood•lan•ding
Samestelling: nood + landing
Selfstandige naamwoord: noodlanding
Meervoud: noodlandings
Betekenis:
• 'n Onbeplande landing weens 'n noodgeval.
Gebruik:
• Die vliegtuig het 'n suksesvolle noodlanding op 'n teerpad gemaak nadat sy enjin aan die brand geslaan het.
Vertaling:
Engels: emergency landing
Nederlands: noodlanding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: voorteken
voorteken [boodskap #146482 ]
Wo, 18 September 2024 15:18
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorteken
Afbreking: voor•teken
Samestelling: voor + teken
Selfstandige naamwoord: voorteken
Meervoud: voortekens
Betekenis:
• 'n Eerste teken van iets wat kom.
Gebruik:
• In 'n fliek is 'n hoesie is altyd die voorteken van 'n terminale siekte.
Sinoniem:
• aanduiding
• aankondiger
• aanwysing
• bedreiging
• omen
• simptoom
• voorbode
• voorloper
• waarskuwingsteken
Vertaling:
Engels: advance notice, forerunner, omen
Nederlands: voorteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 15:35]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: terminaal
terminaal [boodskap #146481 ]
Wo, 18 September 2024 15:12
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terminaal
Afbreking: ter•mi•naal
Byvoeglike naamwoord: terminaal
Attributief: terminale
Betekenis:
• In die laaste fase of eindstadium voordat die dood intree.
Gebruik:
• Die man is terminaal siek.
Vertaling:
Engels: terminal
Nederlands: terminaal
Selfstandige naamwoord: terminaal
Meervoud: terminale
Verkleinwoord: terminaaltjie
Meervoud van verkleining: terminaaltjies
Betekenis:
• 'n Eindpunt by 'n lughawe of treinstasie.
• Een van die pole van 'n elektriese apparaat.
• (rekenaars ) Program of apparaat vir die vertoon en invoer van data oor 'n afstand.
Gebruik:
• Meld by terminaal A aan.
• Die elektrone vloei van die battery se negatiewe terminaal na die positiewe terminaal .
• Ek gebruik PuTTY as terminaal om na die bediener aan te teken.
Sinoniem:
• eindpunt
• pool
• stasie
Hiponiem:
• domterminaal
• lughaweterminaal
• navraagterminaal
• rekenaarterminaal
Afgelei:
• terminaalgebou
Vertaling:
Engels: terminal
Nederlands: terminaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: tikkend
tikkend [boodskap #146480 ]
Wo, 18 September 2024 14:10
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tikkend
Afbreking: tik•kend
Samestelling: tik + - end
Byvoeglike naamwoord: tikkend
Attributief: tikkende
Betekenis:
• Wat reëlmatig tik (soos 'n horlosie, of 'n persoon op 'n sleutelbord).
Gebruik:
• Suid-Afrika se hoë werkloosheidskoers is 'n tikkende tydbom.
Vertaling:
Engels: ticking; typing
Nederlands: tikkend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van tik.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 14:11]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: tydbom
tydbom [boodskap #146479 ]
Wo, 18 September 2024 14:07
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tydbom
Afbreking: tyd•bom
Samestelling: tyd + bom
Selfstandige naamwoord: tydbom
Meervoud: tydbomme
Verkleinwoord: tydbommetjie
Meervoud van verkleining: tydbommetjies
Betekenis:
• 'n Bom met 'n klok wat gestel word om op 'n bepaalde tyd te ontplof.
• (figuurlik ) 'n Ongeluk wat wag om te gebeur.
Gebruik:
• Die tydbom is enkele sekondes voordat dit sou afgaan onskadelik gestel.
• Die klimaatsveranderinge is 'n tikkende tydbom .
Vertaling:
Engels: time bomb
Nederlands: tijdbom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 19 September 2024 06:00]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: onderling
onderling [boodskap #146478 ]
Di, 17 September 2024 19:47
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderling
Afbreking: on•der•ling
Byvoeglike naamwoord: onderling
Attributief: onderlinge
Betekenis:
• Onder mekaar; tussen die betrokke partye.
Gebruik:
• Julle moet dit maar onderling uitbaklei.
• In 'n ekostelsel is daar 'n gedurige onderlinge wisselwerking tussen organismes.
Sinoniem:
• gesamentlik
• wederkerig
• wedersyds
Vertaling:
Engels: mutual, reciprocal, under each other
Nederlands: onderling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: assosiasie
assosiasie [boodskap #146477 ]
Di, 17 September 2024 19:23
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
assosiasie
Afbreking: as•so•si•a•sie
Samestelling: assosieer + -asie
Selfstandige naamwoord: assosiasie
Meervoud: assosiasies
Betekenis:
• Die verbinding of verwantskap tussen dinge.
• 'n Groep lande, organisasies, persone, ens. wat onderling saam werk.
• 'n Konnotasie; onbewuste verbinding van gedagtes.
Gebruik:
• Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie .
• Die huiseienaars het 'n assosiasie gestig om na hulle belange om te sien.
• Hoekom roep die woord "dieet" so 'n slegte assosiasie by mense op?
Sinoniem:
• aaneensluiting
• samehang
• verbinding
• verbondenheid
• genootskap
• samewerking
• vennootskap
• vereniging
Afgelei:
• automobiel-assosiasie
• woordassosiasie
Vertaling:
Engels: association; association; connotation
Nederlands: associatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 05:58]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: aanname
aanname [boodskap #146476 ]
Di, 17 September 2024 13:13
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanname
Afbreking: aan•na•me
Selfstandige naamwoord: aanname
Meervoud: aannames
Betekenis:
• 'n Veronderstelling; iets wat sonder bewyse aanvaar (aangeneem) word.
• Die handeling van aanneem.
Gebruik:
• Hierdie teorie is gebaseer op die aanname dat mense rasioneel optree.
• Die voorstel sal vir aanname ter tafel gelê word.
Sinoniem:
• aanneming
• aanvaarding
• hipotese
• opvatting
• postulaat
• premis
• teorie
• vermoede
• veronderstelling
Vertaling:
Engels: assumption, premise, hypothesis; acceptance
Nederlands: aanname
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 05:46]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: toerismebedryf
toerismebedryf [boodskap #146475 ]
Ma, 16 September 2024 16:24
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toerismebedryf
Afbreking: toe•ris•me•be•dryf
Samestelling: toerisme + bedryf
Selfstandige naamwoord: toerismebedryf
Meervoud: toerismebedrywe
Betekenis:
• Al die organisasies wat betrokke is by versorging van toeriste en vakansiegangers.
Gebruik:
• Misdaad het 'n negatiewe invloed op die toerismebedryf .
Sinoniem:
• toeristebedryf
Vertaling:
Engels: tourism industry
Nederlands: toeristenindustrie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: natuurwonder
natuurwonder [boodskap #146474 ]
Ma, 16 September 2024 16:16
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
natuurwonder
Afbreking: na•tuur•won•der
Samestelling: natuur + wonder
Selfstandige naamwoord: natuurwonder
Meervoud: natuurwonders
Betekenis:
• 'n Besondere natuurverskynsel.
Gebruik:
• Tafelberg is nie net 'n natuurwonder nie, maar ook die lewensbloed van die plaaslike toerismebedryf.
Vertaling:
Engels: natural wonder
Nederlands: natuurwonder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hipoteek
hipoteek [boodskap #146473 ]
Ma, 16 September 2024 16:10
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hipoteek
Afbreking: hi•po•teek
Selfstandige naamwoord: hipoteek
Meervoud: hipoteke
Betekenis:
• 'n Reg op iemand se eiendom wat as sekuriteit (onderpand) dien en in geval van skade of wanbetaling opgeëis kan word.
Gebruik:
• Die verhuurder het 'n hipoteek oor die roerende eiendom op sy perseel indien agterstallige huurgeld verskuldig is.
Afgelei:
• hipoteekakte
• hipoteekbank
• hipoteeknemer
• hipoteekgewer
Vertaling:
Engels: mortgage
Nederlands: hypotheek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: huislening
huislening [boodskap #146472 ]
Ma, 16 September 2024 14:53
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
huislening
Afbreking: huis•le•ning
Samestelling: huis + lening
Selfstandige naamwoord: huislening
Meervoud: huislenings
Verkleinwoord: huisleninkie
Meervoud van verkleining: huisleninkies
Betekenis:
• 'n Geldelike lening om 'n huis te koop wat oor 'n termyn terugbetaal moet word.
Gebruik:
• As jy maandeliks 'n bykomende bedrag in jou huislening inbetaal kan jy die termyn daarvan verkort en duisende rande aan rente spaar.
Sinoniem:
• huisverband
• verbandlening
Vertaling:
Engels: home loan
Nederlands: huislening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ballade
ballade [boodskap #146471 ]
Ma, 16 September 2024 14:22
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ballade
Afbreking: bal•la•de
Selfstandige naamwoord: ballade
Meervoud: ballades
Verkleinwoord: balladetjie
Meervoud van verkleining: balladetjies
Betekenis:
• 'n Epiese (verhalende) gedig, dikwels met kort, liriese strofes en 'n tragiese einde.
• (musiek ) 'n Lied wat 'n storie vertel.
Gebruik:
• Uys Krige se gedig, Ken jy die see , is 'n ballade .
• Hy sing graag ballades .
Afgelei:
• balladeskrywer
• balladesanger
Vertaling:
Engels: ballad
Nederlands: ballade
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: afkyk
afkyk [boodskap #146470 ]
Ma, 16 September 2024 13:23
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkyk
Afbreking: af•kyk
Samestelling: af + kyk
Werkwoord: kyk af , afkyk
Verlede tyd: het afgekyk
Betekenis:
• Om onder toe te kyk.
• Om op iemand neer te sien.
• Om skelm van iemand anders af te loer.
Gebruik:
• Sy kyk oor die afgrond af .
• Moenie afkyk op ander wat na jou opkyk nie.
• Hy het so goed gedoen omdat hy by sy maatjie afgekyk het.
Sinoniem:
• afloer
• afskryf
• afsien
• koekeloer
• neerkyk
• neersien
• spioeneer
Antoniem:
• opkyk
Afgelei:
• afkyker
• afkykery
Vertaling:
Engels: to look down; to look down on; to crib, spy
Nederlands: afkijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ampswoning
ampswoning [boodskap #146469 ]
Ma, 16 September 2024 11:34
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ampswoning
Afbreking: amps•wo•ning
Samestelling: amp + -s- + woning
Selfstandige naamwoord: ampswoning
Meervoud: ampswonings
Betekenis:
• 'n Huis waarin iemand wat 'n bepaalde funksie beklee mag woon.
Gebruik:
• 'n Kasteel is die ampswoning van 'n koning.
• 'n Pastorie is die ampswoning van 'n predikant.
Vertaling:
Engels: official residence
Nederlands: ambtswoning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ternouernood
ternouernood [boodskap #146468 ]
Ma, 16 September 2024 08:26
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ternouernood
Afbreking: ter•nou•er•nood
Samestelling: ter + nou + -er + nood
Bywoord: ternouernood
Betekenis:
• Ook maar net; amper nie.
Gebruik:
• Donald Trump het die dood ternouernood vrygespring toe 'n koeël verby sy kop gevlieg het.
Sinoniem:
• desnoods
• beswaarlik
• kwalik
• naelskraap
• net-net
• nouliks
• skaars
• skraps
Vertaling:
Engels: hardly, scarcely, barely, narrowly
Nederlands: ternauwernood
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opsy
opsy [boodskap #146467 ]
Ma, 16 September 2024 08:18
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsy
Afbreking: op•sy
Samestelling: op + sy
Bywoord: opsy
Betekenis:
• Ná die sykant, of apart van ander.
Gebruik:
• Jy is in my pad, staan opsy !
Spreekwoord:
• 'n Eiewys hen lê die eier opsy . [Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.]
Sinoniem:
• apart
• eenkant
• sywaarts
• tersyde
Afgelei:
• opsysit
• opsyskuif
• opsystaan
Vertaling:
Engels: aside, aloof, away
Nederlands: opzij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: agtervolging
agtervolging [boodskap #146466 ]
Ma, 16 September 2024 08:00
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agtervolging
Afbreking: ag•ter•vol•ging
Samestelling: agtervolg + -ing
Selfstandige naamwoord: agtervolging
Meervoud: agtervolgings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van agtervolg (om agterna te sit).
Gebruik:
• Die polisie het die verdagte ná 'n kort agtervolging aangekeer en gearresteer.
Sinoniem:
• agternasit
• jaagtog
• hakkejag
• klopjag
• vervolging
Afgelei:
• agtervolgingswaan
• spanagtervolging
Vertaling:
Engels: pursuit, persecution
Nederlands: achtervolging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: meerskuim
meerskuim [boodskap #146465 ]
So, 15 September 2024 19:04
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meerskuim
meerskuim
Afbreking: meer•skuim
Samestelling: meer + skuim
Selfstandige naamwoord: meerskuim
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sagte wit mineraal wat o.a. gebruik word om pype en ander ornamente te maak.
Gebruik:
• Meerskuim word soms op die Swartsee gevind waar dit dryf en soos seeskuim lyk.
Sinoniem:
• sepioliet
Afgelei:
• meerskuimpyp
Vertaling:
Engels: meerschaum
Nederlands: meerschuim
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oorskakel
oorskakel [boodskap #146464 ]
So, 15 September 2024 18:12
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorskakel
Afbreking: oor•ska•kel
Samestelling: oor + skakel
Werkwoord: skakel oor , oorskakel
Verlede tyd: het oorgeskakel
Betekenis:
• Om 'n voertuig na 'n ander rat te skakel.
• Om van die een (vorm, stelsel, metode, ens.) na 'n ander oor te gaan.
Gebruik:
• Teen die afdraande skakel hy die motor oor na 'n hoër rat.
• Sy het van die een TV-stasie na die volgende oorgeskakel .
Sinoniem:
• omskakel
• omsit
Afgelei:
• oorskakelaar
• oorskakeling
Vertaling:
Engels: to switch over, change over, convert
Nederlands: overschakelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inreken
inreken [boodskap #146463 ]
So, 15 September 2024 17:58
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inreken
Afbreking: in•re•ken
Samestelling: in + reken
Werkwoord: reken in , inreken
Verlede tyd: het ingereken
Betekenis:
• Om by iets in te sluit.
Gebruik:
• Die verkoper het ook uitgawes wat hy by die verkoopprys moet inreken .
Sinoniem:
• byreken
• insluit
• intel
• meetel
• saamtel
Vertaling:
Engels: to count in, factor in
Nederlands: inrekenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sportwedstryd
sportwedstryd [boodskap #146462 ]
So, 15 September 2024 17:48
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sportwedstryd
Afbreking: sport•wed•stryd
Samestelling: sport + wedstryd
Selfstandige naamwoord: sportwedstryd
Meervoud: sportwedstryde
Verkleinwoord: sportwedstrydjie
Meervoud van verkleining: sportwedstrydjies
Betekenis:
• 'n Wedstryd om te bepaal wie die beste in 'n bepaalde sportsoort is.
Gebruik:
• Die driekamp is 'n sportwedstryd wat uit drie sportsoorte bestaan, naamlik swem, fietsry en hardloop.
Sinoniem:
• kampioenspan
• toernooi
Vertaling:
Engels: sports match
Nederlands: sportwedstrijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: halfeindronde
halfeindronde [boodskap #146461 ]
So, 15 September 2024 17:40
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halfeindronde
Afbreking: half•eind•ron•de
Samestelling: half + eindronde
Selfstandige naamwoord: halfeindronde
Meervoud: halfeindrondes
Betekenis:
• 'n Sportwedstryd (ná die kwarteindronde) tussen vier persone of spanne om na die eindronde deur te dring.
Gebruik:
• Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindronde gekwalifiseer.
Wisselvorm:
• halfeindrondte (informeel )
Sinoniem:
• halfeindstryd
• halfeindwedstryd
Vertaling:
Engels: semi-final match
Nederlands: halve finale
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitklopfase
uitklopfase [boodskap #146460 ]
So, 15 September 2024 10:17
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitklopfase
Afbreking: uit•klop•fa•se
Samestelling: uitklop + fase
Selfstandige naamwoord: uitklopfase
Meervoud: uitklopfases
Betekenis:
• Fase van 'n kompetisie waar die verloorders uitgeskakel word.
Gebruik:
• Die spanne is in groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het.
Antoniem:
• groepfase
Vertaling:
Engels: knockout phase
Nederlands: knock-outfase
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inlui
inlui [boodskap #146459 ]
So, 15 September 2024 09:08
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inlui
Afbreking: in•lui
Samestelling: in + lui
Werkwoord: lui in , inlui
Verlede tyd: het ingelui
Betekenis:
• Om iets met die lui van klokke te verwelkom.
• (figuurlik ) Om iets nuuts te begin.
Gebruik:
• Die kerkklok lui die nuwe jaar in .
• Die gebeurtenis het 'n bloeiperiode ingelui .
Sinoniem:
• aankondig
• bekendmaak
• bekendstel
• invoer
Afgelei:
• inluiding
• inluier
Vertaling:
Engels: to ring in, herald
Nederlands: inluiden
Nota:
• Moenie "inlui" met "inlei" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: byster
byster [boodskap #146458 ]
So, 15 September 2024 08:36
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byster
Afbreking: by•ster
Byvoeglike naamwoord: byster
Attributief: –
Betekenis:
• Wat van die regte pad/ spoor af beweeg (letterlik of figuurlik).
Gebruik:
• Die man is in 'n motorongeluk oorlede nadat sy motor die pad byster geraak het.
Spreekwoord:
• Hy raak die spoor byster . [Op die verkeerde pad/ verdwaal wees.]
Sinoniem:
• kwyt
• verlore
Afgelei:
• verbyster
Vertaling:
Engels: be off the rails, have lost one's way, be at a loss
Nederlands: bijster
Bywoord: byster
Betekenis:
• (ongewoon ) In 'n hoë mate.
Gebruik:
• Sy is nie byster mooi nie.
Sinoniem:
• baie
• danig
• erg
Vertaling:
Engels: very
Nederlands: bijster
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: konfronterend
konfronterend [boodskap #146457 ]
So, 15 September 2024 08:14
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konfronterend
Afbreking: kon•fron•te•rend
Samestelling: konfronteer + -end
Byvoeglike naamwoord: konfronterend
Attributief: konfronterende
Betekenis:
• Wat 'n mens konfronteer/ uitdaag/ ongemaklik maak.
Gebruik:
• Die video is as kru en konfronterend beskryf.
Vertaling:
Engels: confronting
Nederlands: confronterend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van konfronteer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: grondvlak
grondvlak [boodskap #146456 ]
So, 15 September 2024 08:04
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondvlak
Afbreking: grond•vlak
Samestelling: grond + vlak
Selfstandige naamwoord: grondvlak
Meervoud: grondvlakke
Betekenis:
• Die vlak wat gelyk is met die grond.
• Die onderkant of bodem van iets.
Gebruik:
• Ons winkel is op die winkelsentrum se grondvlak .
• 'n Keël is 'n figuur met 'n plat, sirkelvormige grondvlak wat boontoe al nouer word.
Sinoniem:
• basis
• fondament
• grondhoogte
• grondverdieping
• grondvloer
• onderkant
• ondervlak
• voetstuk
Afgelei:
• grondvlakontwikkeling
Vertaling:
Engels: ground level; base, bottom
Nederlands: grondvlak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ode
ode [boodskap #146455 ]
So, 15 September 2024 07:45
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ode
Afbreking: o•de
Selfstandige naamwoord: ode
Meervoud: odes
Betekenis:
• 'n Gedig of lied waarin iets of iemand vereer en opgehemel (hulle lof besing) word.
Gebruik:
• Koos du Plessis se lied, Herman , is 'n ode aan 'n afgestorwe vriend.
Sinoniem:
• eerbetoon
• lofdig
• loflied
• lofrede
• lofsang
Vertaling:
Engels: ode
Nederlands: ode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: voorland
voorland [boodskap #146454 ]
Sa, 14 September 2024 20:08
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorland
Afbreking: voor•land
Samestelling: voor + land
Selfstandige naamwoord: voorland
Meervoud: voorlande
Betekenis:
• Dit wat vir iemand voorlê.
• (ongewoon ) 'n Stuk land voor 'n ander stuk land.
Gebruik:
• Uiteindelik is die dood ons almal se voorland .
Sinoniem:
• bedoeling
• beskikking
• bestemming
• eindbestemming
• lot
• noodlot
• omstandigheid
• toekoms
Vertaling:
Engels: fate, destiny; foreland, headland
Nederlands: voorland
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: halflyn
halflyn [boodskap #146453 ]
Sa, 14 September 2024 20:02
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halflyn
Afbreking: half•lyn
Samestelling: half + lyn
Selfstandige naamwoord: halflyn
Meervoud: halflyne
Betekenis:
• (sport ) Die lyn oor die middel van die veld (meer korrek, die middellyn).
• (wiskunde ) 'n Lyn wat vanaf 'n punt onbepaald in 'n rigting strek.
Gebruik:
• Die rugbyspeler het 'n skepskop van duskant die halflyn deur die pale gejaag.
• Bepaal of die halflyne kruis.
Sinoniem:
• middellyn
Vertaling:
Engels: center line; half-line
Nederlands: middellijn; halve lijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gelykop
gelykop [boodskap #146452 ]
Sa, 14 September 2024 19:45
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelykop
Afbreking: ge•lyk•op
Samestelling: gelyk + op
Bywoord: gelykop
Betekenis:
• Met dieselfde telling, hoeveelheid, waarde, ens. Sonder voorsprong of agterstand.
Gebruik:
• Teen halftyd was die spanne gelykop .
• Ons het die lekkergoed gelykop verdeel.
Sinoniem:
• dieselfde
• eenders
• ewe
Afgelei:
• gelykopspel
• gelykopstel
• gelykopstryd
• gelykopuitslag
Vertaling:
Engels: equally
Nederlands: gelijkop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: saamspeel
saamspeel [boodskap #146451 ]
Sa, 14 September 2024 19:35
Leksikograaf
Boodskappe: 20211Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamspeel
Afbreking: saam•speel
Samestelling: saam + speel
Werkwoord: speel saam , saamspeel
Verlede tyd: het saamgespeel
Betekenis:
• Om saam met ander aan 'n spel of wedstryd deel te neem.
• Om saam te werk; 'n rol in 'n gebeurtenis speel.
Gebruik:
• Kom speel saam met ons.
• Ons wou see toe gaan, maar die weer het nie saamgespeel nie.
Sinoniem:
• deelneem
• inval
• meedoen
• meespeel
• meewerk
• saamdoen
• saamspan
• saamwerk
Afgelei:
• samespel (s.nw. )
Vertaling:
Engels: to play together, play ball, cooperate
Nederlands: meespelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.