Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: ode
|
ode [boodskap #146455] |
So, 15 September 2024 07:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ode
Afbreking: o•de
Selfstandige naamwoord: ode
Meervoud: odes
Betekenis:
• 'n Gedig of lied waarin iets of iemand vereer en opgehemel (hulle lof besing) word.
Gebruik:
• Koos du Plessis se lied, Herman, is 'n ode aan 'n afgestorwe vriend.
Sinoniem:
• eerbetoon
• lofdig
• loflied
• lofrede
• lofsang
Vertaling:
Engels: ode
Nederlands: ode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 15 September 2024 07:49] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: grondvlak
|
grondvlak [boodskap #146456] |
So, 15 September 2024 08:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grondvlak
Afbreking: grond•vlak
Samestelling: grond + vlak
Selfstandige naamwoord: grondvlak
Meervoud: grondvlakke
Betekenis:
• Die vlak wat gelyk is met die grond.
• Die onderkant of bodem van iets.
Gebruik:
• Ons winkel is op die winkelsentrum se grondvlak.
• 'n Keël is 'n figuur met 'n plat, sirkelvormige grondvlak wat boontoe al nouer word.
Sinoniem:
• basis
• fondament
• grondhoogte
• grondverdieping
• grondvloer
• onderkant
• ondervlak
• voetstuk
Afgelei:
• grondvlakontwikkeling
Vertaling:
Engels: ground level; base, bottom
Nederlands: grondvlak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 06:49] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: konfronterend
|
konfronterend [boodskap #146457] |
So, 15 September 2024 08:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konfronterend
Afbreking: kon•fron•te•rend
Samestelling: konfronteer + -end
Byvoeglike naamwoord: konfronterend
Attributief: konfronterende
Betekenis:
• Wat 'n mens konfronteer/ uitdaag/ ongemaklik maak.
Gebruik:
• Die video is as kru en konfronterend beskryf.
Vertaling:
Engels: confronting
Nederlands: confronterend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van konfronteer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 06:48] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: byster
|
byster [boodskap #146458] |
So, 15 September 2024 08:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
byster
Afbreking: by•ster
Byvoeglike naamwoord: byster
Attributief: –
Betekenis:
• Wat van die regte pad/ spoor af beweeg (letterlik of figuurlik).
Gebruik:
• Die man is in 'n motorongeluk oorlede nadat sy motor die pad byster geraak het.
Spreekwoord:
• Hy raak die spoor byster. [Op die verkeerde pad/ verdwaal wees.]
Sinoniem:
• kwyt
• verlore
Afgelei:
• verbyster
Vertaling:
Engels: be off the rails, have lost one's way, be at a loss
Nederlands: bijster
Bywoord: byster
Betekenis:
• (ongewoon) In 'n hoë mate.
Gebruik:
• Sy is nie byster mooi nie.
Sinoniem:
• baie
• danig
• erg
Vertaling:
Engels: very
Nederlands: bijster
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 15 September 2024 08:45] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: inlui
|
inlui [boodskap #146459] |
So, 15 September 2024 09:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inlui
Afbreking: in•lui
Samestelling: in + lui
Werkwoord: lui in, inlui
Verlede tyd: het ingelui
Betekenis:
• Om iets met die lui van klokke te verwelkom.
• (figuurlik) Om iets nuuts te begin.
Gebruik:
• Die kerkklok lui die nuwe jaar in.
• Die gebeurtenis het 'n bloeiperiode ingelui.
Sinoniem:
• aankondig
• bekendmaak
• bekendstel
• invoer
Afgelei:
• inluiding
• inluier
Vertaling:
Engels: to ring in, herald
Nederlands: inluiden
Nota:
• Moenie "inlui" met "inlei" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: uitklopfase
|
uitklopfase [boodskap #146460] |
So, 15 September 2024 10:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitklopfase
Afbreking: uit•klop•fa•se
Samestelling: uitklop + fase
Selfstandige naamwoord: uitklopfase
Meervoud: uitklopfases
Betekenis:
• Fase van 'n kompetisie waar die verloorders uitgeskakel word.
Gebruik:
• Die spanne is in groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het.
Antoniem:
• groepfase
Vertaling:
Engels: knockout phase
Nederlands: knock-outfase
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 06:52] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: halfeindronde
|
halfeindronde [boodskap #146461] |
So, 15 September 2024 17:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
halfeindronde
Afbreking: half•eind•ron•de
Samestelling: half + eindronde
Selfstandige naamwoord: halfeindronde
Meervoud: halfeindrondes
Betekenis:
• 'n Sportwedstryd (ná die kwarteindronde) tussen vier persone of spanne om na die eindronde deur te dring.
Gebruik:
• Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindronde gekwalifiseer.
Wisselvorm:
• halfeindrondte (informeel)
Sinoniem:
• halfeindstryd
• halfeindwedstryd
Vertaling:
Engels: semi-final match
Nederlands: halve finale
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 06:53] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: sportwedstryd
|
sportwedstryd [boodskap #146462] |
So, 15 September 2024 17:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sportwedstryd
Afbreking: sport•wed•stryd
Samestelling: sport + wedstryd
Selfstandige naamwoord: sportwedstryd
Meervoud: sportwedstryde
Verkleinwoord: sportwedstrydjie
Meervoud van verkleining: sportwedstrydjies
Betekenis:
• 'n Wedstryd om te bepaal wie die beste in 'n bepaalde sportsoort is.
Gebruik:
• Die driekamp is 'n sportwedstryd wat uit drie sportsoorte bestaan, naamlik swem, fietsry en hardloop.
Sinoniem:
• kampioenspan
• toernooi
Vertaling:
Engels: sports match
Nederlands: sportwedstrijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 06:57] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: inreken
|
inreken [boodskap #146463] |
So, 15 September 2024 17:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inreken
Afbreking: in•re•ken
Samestelling: in + reken
Werkwoord: reken in, inreken
Verlede tyd: het ingereken
Betekenis:
• Om by iets in te sluit.
Gebruik:
• Die verkoper het ook uitgawes wat hy by die verkoopprys moet inreken.
Sinoniem:
• byreken
• insluit
• intel
• meetel
• saamtel
Vertaling:
Engels: to count in, factor in
Nederlands: inrekenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: oorskakel
|
oorskakel [boodskap #146464] |
So, 15 September 2024 18:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorskakel
Afbreking: oor•ska•kel
Samestelling: oor + skakel
Werkwoord: skakel oor, oorskakel
Verlede tyd: het oorgeskakel
Betekenis:
• Om 'n voertuig na 'n ander rat te skakel.
• Om van die een (vorm, stelsel, metode, ens.) na 'n ander oor te gaan.
Gebruik:
• Teen die afdraande skakel hy die motor oor na 'n hoër rat.
• Sy het van die een TV-stasie na die volgende oorgeskakel.
Sinoniem:
• omskakel
• omsit
Afgelei:
• oorskakelaar
• oorskakeling
Vertaling:
Engels: to switch over, change over, convert
Nederlands: overschakelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 06:56] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: meerskuim
|
meerskuim [boodskap #146465] |
So, 15 September 2024 19:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20186 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meerskuim
Afbreking: meer•skuim
Samestelling: meer + skuim
Selfstandige naamwoord: meerskuim
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sagte wit mineraal wat o.a. gebruik word om pype en ander ornamente te maak.
Gebruik:
• Meerskuim word soms op die Swartsee gevind waar dit dryf en soos seeskuim lyk.
Sinoniem:
• sepioliet
Afgelei:
• meerskuimpyp
Vertaling:
Engels: meerschaum
Nederlands: meerschuim
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|