Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: grondgetal
grondgetal [boodskap #151903] Wo., 17 Junie 2026 08:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondgetal
Afbreking: grond•ge•tal
Samestelling: grond + getal


Selfstandige naamwoord: grondgetal
Meervoud: grondgetalle

Betekenis:
• Die getal waarop 'n getallestelsel gebaseer is.
• Die getal waarop 'n berekening toegepas word.

Gebruik:
• Die grondgetal van die desimale stelsel is 10.
• In die magsverheffing ab, is a die grondgetal en b die eksponent. In die logaritme y=logxa is x die grondgetal, omdat xy=a.

Sinoniem:
• basis
• grondtal

Vertaling:
Engels: base
Nederlands: grondgetal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Wo. Jun. 17 12:22:22 UTC 2026