Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Ensiklopedie
 Onderwerp: Antitese
Re: Antitese [boodskap #150417 is 'n antwoord op boodskap #125232] Vr., 05 Desember 2025 07:21
COSkeen  is tans af-lyn  COSkeen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 2024
Karma: 0
Junior Lid
Wat sou 'n definisie dan van die woord "tese" bevat?
Re: Antitese [boodskap #150419 is 'n antwoord op boodskap #150417] Vr., 05 Desember 2025 11:22
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 544
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Soos ek dit verstaan, is ’n tese (wisselvorm: tesis) ’n stelling of standpunt wat gestel word.
Die woord tese is ’n leenwoord uit Frans, met die betekenis "stelling".
’n Antitese is die teenstelling of ’n teenargument wat dit kontrasteer.
Forum: Woordeboek
 Onderwerp: neutmuskaat
neutmuskaat [boodskap #150411] Vr., 05 Desember 2025 06:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
neutmuskaat
Afbreking: neut•mus•kaat


Selfstandige naamwoord: neutmuskaat
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Aromatiese spesery van die saad (neute) van die neutmuskaatboom (Myristica fragrans en verwante spesies).

Gebruik:
• Die sjef het 'n bietjie neutmuskaat vir ekstra geur by die sop gevoeg.

Hiperoniem:
• spesery

Afgelei:
• neutmuskaatgeur
• neutmuskaatpoeier

Vertaling:
Engels: nutmeg
Nederlands: nootmuskaat

Nota:
• Tegnies verwys muskaatneut na die neute en neutmuskaat na die spesery, hoewel dit soms as sinonieme gebruik word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 05 Desember 2025 06:34]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: mozzarella
mozzarella [boodskap #150412] Vr., 05 Desember 2025 06:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mozzarella
Afbreking: moz•za•rel•la


Selfstandige naamwoord: mozzarella
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Sagte, wit Italiaanse kaas, tradisioneel van waterbuffelmelk, maar deesdae ook van koeimelk gemaak.

Gebruik:
• Die hele pizza is met gesmelte mozzarella bedek.

Hiperoniem:
• kaas

Vertaling:
Engels: mozzarella
Nederlands: mozzarella

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 05 Desember 2025 06:32]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kabeldiefstal
kabeldiefstal [boodskap #150413] Vr., 05 Desember 2025 06:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kabeldiefstal
Afbreking: ka•bel•dief•stal
Samestelling: kabel + diefstal


Selfstandige naamwoord: kabeldiefstal
Meervoud: kabeldiefstalle

Betekenis:
• Die steel van kabels, veral elektriese kragkabels vir die herwinning van die koper.

Gebruik:
Kabeldiefstal het groot ontwrigting veroorsaak en groot dele van die stad sonder elektrisiteit gelaat.

Vertaling:
Engels: cable theft
Nederlands: kabeldiefstal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onontplof
onontplof [boodskap #150414] Vr., 05 Desember 2025 06:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onontplof
Afbreking: on•ont•plof
Samestelling: on- + ontplof


Byvoeglike naamwoord: onontplof
Attributief: onontplofte

Betekenis:
• Wat nog nie ontplof het nie.

Gebruik:
• Die handgranaat was onontplof en is deur die bomeenheid verwyder.
• 'n Onontplofte toestel is in die winkelsentrum gevind.

Sinoniem:
• lewendig

Afgelei:
• onontplofbaar

Vertaling:
Engels: unexploded, undetonated, live
Nederlands: onontploft / niet ontploft

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bomeenheid
bomeenheid [boodskap #150415] Vr., 05 Desember 2025 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bomeenheid
Afbreking: bom•een•heid
Samestelling: bom + eenheid


Selfstandige naamwoord: bomeenheid
Meervoud: bomeenhede

Betekenis:
• Gespesialiseerde groep wat opgelei is om ploftoestelle te hanteer en onskadelik te stel.

Gebruik:
• Die bomeenheid is ontbied nadat 'n verdagte pakkie in die winkel gevind is.

Sinoniem:
• plofstofeenheid

Vertaling:
Engels: bomb squad, explosive ordnance disposal unit
Nederlands: bomopruimingsdienst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: handgranaat
handgranaat [boodskap #150416] Vr., 05 Desember 2025 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
handgranaat
Afbreking: hand•gra•naat
Samestelling: hand + granaat


Selfstandige naamwoord: handgranaat
Meervoud: handgranate

Betekenis:
• 'n Bom wat met die hand gegooi word.

Gebruik:
• Die soldaat het die handgranaat se slagpen uitgetrek en dit na die vyande se loopgraaf geslinger.

Hiponiem:
• eierhandgranaat

Vertaling:
Engels: hand grenade
Nederlands: handgranaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: priemfaktor
priemfaktor [boodskap #150418] Vr., 05 Desember 2025 07:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
priemfaktor
Afbreking: priem•fak•tor
Samestelling: priem + faktor


Selfstandige naamwoord: priemfaktor
Meervoud: priemfaktore

Betekenis:
• 'n Faktor van 'n getal wat 'n priemgetal is.

Gebruik:
• Die priemfaktore van 12 is 2 en 3, want 2 en 3 is priemgetalle en 12 = 22 × 3.

Vertaling:
Engels: prime factor
Nederlands: priemfactor

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tese
tese [boodskap #150420] Vr., 05 Desember 2025 11:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tese
Afbreking: te•se


Selfstandige naamwoord: tese, tesis
Meervoud: teses, tesisse

Betekenis:
• 'n Formele stelling of argument in 'n akademiese of intellektuele konteks.

Gebruik:
• Die tese dat kunsmatige intelligensie 'n eksistensiële risiko vir mense inhou, het ook teenstanders.

Wisselvorm:
• tesis

Antoniem:
• antitese

Hiponiem:
• antitese
• hipotese
• sintese

Vertaling:
Engels: thesis
Nederlands: these

Nota:
• Leenwoord uit Frans met die betekenis "stelling".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: antitese
antitese [boodskap #150421] Vr., 05 Desember 2025 12:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
antitese
Afbreking: an•ti•te•se
Samestelling: anti- + tese


Selfstandige naamwoord: antitese
Meervoud: antiteses

Betekenis:
• 'n Stelling of argument wat direk teenoor 'n ander (die tese) staan.

Gebruik:
• In retoriek versterk antitese die effek deur twee kontraste langs mekaar te plaas, soos "lewe en dood", "lig en donker" of "liefde en haat".

Sinoniem:
• antagonisme
• kontrastelling
• omgekeerde
• opponering
• teenargument
• teenbewys
• teendeel
• teenstelling
• teenstrydigheid
• teëstelling
• weerstrewigheid

Vertaling:
Engels: antithesis, contrast
Nederlands: antithese

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: illustrerend
illustrerend [boodskap #150422] Vr., 05 Desember 2025 12:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
illustrerend
Afbreking: il•lus•tre•rend
Samestelling: illustreer + -end


Byvoeglike naamwoord: illustrerend
Attributief: illustrerende

Betekenis:
• Wat illustreer (illustrasies of voorbeelde gee).

Gebruik:
• Hy het 'n illustrerende metafoor gebruik om die konsep te verduidelik.

Sinoniem:
• illustratief
• toeligtend
• verduidelikend

Antoniem:
• verduisterend

Vertaling:
Engels: illustrating, illustrative
Nederlands: illustrerend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van illustreer.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: innovering
innovering [boodskap #150423] Vr., 05 Desember 2025 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
innovering
Afbreking: in•no•ve•ring
Samestelling: innoveer + -ing


Selfstandige naamwoord: innovering
Meervoud: innoveringe, innoverings

Betekenis:
• Die proses van innoveer (om nuwe idees, produkte, metodes of tegnologieë te ontwikkel of bestaande oplossings te verbeter).

Gebruik:
Innovering vereis kreatiwiteit, eksperimentering en die neem van berekende risiko's.

Sinoniem:
• baanbrekerswerk
• entrepeneurskap
• vernuwing

Vertaling:
Engels: innovation
Nederlands: innovatie, vernieuwing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 05 Desember 2025 13:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: piesangtou
piesangtou [boodskap #150424] Vr., 05 Desember 2025 15:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
piesangtou
Afbreking: pie•sang•tou
Samestelling: piesang + tou


Selfstandige naamwoord: piesangtou
Meervoud: piesangtoue
Verkleinwoord: piesangtoutjie
Meervoud van verkleining: piesangtoutjies

Betekenis:
• Een van die draderige vesels wat langs die lengte van 'n piesang loop.

Gebruik:
• Die piesangtou tussen die skil en vrugvleis vervoer voedingstowwe en water vanaf die stam deur die vrug.

Sinoniem:
• piesangdraad

Vertaling:
Engels: banana thread
Nederlands: bananendraad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ml
ml [boodskap #150425] Vr., 05 Desember 2025 16:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ml
Afbreking: ml


Afkorting: ml

Betekenis:
• Simbool vir milliliter (1 ml is gelyk aan 10−3 of 0,001 liter).

Gebruik:
• Klop 500 ml versiersuiker en 2,5 ml vanieljegeursel by.

Vertaling:
Engels: ml
Nederlands: ml

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gedors
gedors [boodskap #150426] Vr., 05 Desember 2025 16:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedors
Afbreking: ge•dors
Samestelling: ge- + dors


Byvoeglike naamwoord: gedors
Attributief: gedorste

Betekenis:
• Waarvan die sade uitslaan of uittrap is.

Gebruik:
• Die koring is gedors en lê in sakke gereed om opgelaai te word.

Sinoniem:
• uitgeslaan

Antoniem:
• ongedors

Afgelei:
• uitgedors

Vertaling:
Engels: threshed
Nederlands: gedorst


Werkwoord: dors
Verlede tyd: het gedors

Betekenis:
• Verlede tyd van dors (graankorrels uitslaan).

Gebruik:
• Die boer het die koring gedors.

Vertaling:
Engels: threshed
Nederlands: gedorst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: radiodrama
radiodrama [boodskap #150427] Vr., 05 Desember 2025 16:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
radiodrama
Afbreking: ra•di•o•dra•ma
Samestelling: radio + drama


Selfstandige naamwoord: radiodrama
Meervoud: radiodramas
Verkleinwoord: radiodramatjie
Meervoud van verkleining: radiodramatjies

Betekenis:
• 'n Drama, suiwer akoesties, wat geskik is om oor radio uitgesaai te word.

Gebruik:
• Ons luister elke Saterdag na 'n spanningsvolle Afrikaanse radiodrama op die gemeenskapsstasie.

Sinoniem:
• hoorspel
• radiotoneelstuk

Vertaling:
Engels: radio drama, audio drama
Nederlands: radiodrama

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 05 Desember 2025 18:00]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: tooisel
tooisel [boodskap #150428] Vr., 05 Desember 2025 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tooisel
Afbreking: tooi•sel
Samestelling: tooi + -sel


Selfstandige naamwoord: tooisel
Meervoud: tooisels
Verkleinwoord: tooiseltjie
Meervoud van verkleining: tooiseltjies

Betekenis:
• 'n Versiering wat iets mooier laat lyk, maar verder geen doel dien nie.
• 'n Kledingstuk wat mooi versier is.

Gebruik:
• Die kersboom is in oormaat met tooisels versier.

Sinoniem:
• dekorasie
• ornament
• sieraad
• siersel
• verfraaiing
• versiering
• versiersel

Hiponiem:
• haartooisel
• hooftooisel
• kotelettooisel
• optooisel

Vertaling:
Engels: ornament, trimming, finery
Nederlands: tooisel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Vr. Des. 05 19:37:59 UTC 2025