Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: verlak
verlak [boodskap #150639] So., 11 Januarie 2026 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlak
Afbreking: ver•lak
Samestelling: ver- + lak


Werkwoord: verlak
Verlede tyd: het verlak
Teenwoordige deelwoord: verlakkend, verlakkende
Verlede deelwoord: verlakte

Betekenis:
• Om met 'n laag lak te bedek.

Gebruik:
• Die blikkies waarin ingelegde voedsel bewaar word moet ordentlik aan die binnekant verlak wees.

Sinoniem:
• vernis

Afgelei:
• verlakker
• verlakking

Vertaling:
Engels: to varnish, lacquer
Nederlands: verlakken


Byvoeglike naamwoord: verlak
Attributief: verlakte

Betekenis:
• Wat met lak besmeer is.

Gebruik:
• Die kamer het 'n verlakte houtvloer.

Afgelei:
• goudverlak

Vertaling:
Engels: varnished
Nederlands: verlakt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hoorafstand
hoorafstand [boodskap #150640] So., 11 Januarie 2026 10:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoorafstand
Afbreking: hoor•af•stand
Samestelling: hoor + afstand


Selfstandige naamwoord: hoorafstand
Meervoud: hoorafstande

Betekenis:
• Die afstand wat klein genoeg is sodat 'n geluid nog gehoor kan word.

Gebruik:
• Die snelweg is binne hoorafstand van die huis.

Sinoniem:
• gehoorafstand

Vertaling:
Engels: hearing distance, audible range, earshot
Nederlands: gehoorafstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dansbaan
dansbaan [boodskap #150641] So., 11 Januarie 2026 10:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dansbaan
Afbreking: dans•baan
Samestelling: dans + baan


Selfstandige naamwoord: dansbaan
Meervoud: dansbane
Verkleinwoord: dansbaantjie
Meervoud van verkleining: dansbaantjies

Betekenis:
• 'n Oop ruimte waar mense kan dans.

Gebruik:
• Die leerders het stoele teen die muur geskuif om 'n dansbaan vir die skoolfunksie te maak.

Sinoniem:
• dansvloer

Vertaling:
Engels: dance floor
Nederlands: dansvloer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kontinentaal
kontinentaal [boodskap #150642] So., 11 Januarie 2026 10:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kontinentaal
Afbreking: kon•ti•nen•taal
Samestelling: kontinent + -aal


Byvoeglike naamwoord: kontinentaal
Attributief: kontinentale

Betekenis:
• Wat 'n kontinent betref; tot 'n vasteland behoort.

Gebruik:
• Die stad se klimaat is gematig en kontinentaal.
• 'n Supervulkaan kan verwoesting op 'n kontinentale skaal saai.

Hiponiem:
• interkontinentaal
• transkontinentaal

Sinoniem:
• vastelands

Antoniem:
• maritiem
• oseanies

Vertaling:
Engels: continental
Nederlands: continentaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: snoepwinkel
snoepwinkel [boodskap #150643] So., 11 Januarie 2026 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snoepwinkel
Afbreking: snoep•win•kel
Samestelling: snoep + winkel


Selfstandige naamwoord: snoepwinkel
Meervoud: snoepwinkels
Verkleinwoord: snoepwinkeltjie
Meervoud van verkleining: snoepwinkeltjies

Betekenis:
• 'n Winkel wat snoepgoed (kos, koeldrank en lekkergoed) verkoop.

Gebruik:
• Die kinders koop worsbroodjies by die snoepwinkel.

Sinoniem:
• kafeteria
• snoepie

Vertaling:
Engels: tuck‐shop, dainty-shop
Nederlands: snoepwinkel, snoepzaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tikwerk
tikwerk [boodskap #150644] So., 11 Januarie 2026 11:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tikwerk
Afbreking: tik•werk
Samestelling: tik + werk


Selfstandige naamwoord: tikwerk
Meervoud:

Betekenis:
• Die werk wat gedoen word wanneer teks op 'n tikmasjien, rekenaar of ander toestel ingevoer word.

Gebruik:
• 'n Goeie tikster moet kwaliteit tikwerk kan lewer.

Vertaling:
Engels: typing, typewriting
Nederlands: tikwerk, typwerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rondvlieg
rondvlieg [boodskap #150645] So., 11 Januarie 2026 12:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondvlieg
Afbreking: rond•vlieg
Samestelling: rond + vlieg


Werkwoord: vlieg rond, rondvlieg
Verlede tyd: het rondgevlieg
Teenwoordige deelwoord: rondvliegend, rondvliegende

Betekenis:
• Om oral oor te vlieg.

Gebruik:
• Vlermuise vlieg snags rond.
• Die lugwaardin het al oor die hele wêreld rondgevlieg.

Sinoniem:
• rondfladder
• rondreis

Vertaling:
Engels: to fly about
Nederlands: rondvliegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 11 Januarie 2026 12:03]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: tuinman
tuinman [boodskap #150646] So., 11 Januarie 2026 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tuinman
Afbreking: tuin•man
Samestelling: tuin + man


Selfstandige naamwoord: tuinman
Meervoud: tuinmanne
Verkleinwoord: tuinmannetjie
Meervoud van verkleining: tuinmannetjies

Betekenis:
• 'n Man wat blomme, bome en grasperke versorg en onderhou.

Gebruik:
• Die tuinman sny die gras, trek die bossies uit en snoei die bome.

Sinoniem:
• tuinier
• tuinjong

Verwant:
• tuinwerk

Vertaling:
Engels: gardener
Nederlands: tuinman

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stadstaat
stadstaat [boodskap #150647] So., 11 Januarie 2026 12:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stadstaat
Afbreking: stad•staat
Samestelling: stad + staat


Selfstandige naamwoord: stadstaat
Meervoud: stadstate

Betekenis:
• 'n Onafhanklike stad wat hulle eie regering, wette en administrasie het.

Gebruik:
• Monaco is 'n soewereine stadstaat in Suid-Europa.

Vertaling:
Engels: city-state
Nederlands: stadstaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kaneelsuiker
kaneelsuiker [boodskap #150648] So., 11 Januarie 2026 12:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaneelsuiker
Afbreking: ka•neel•sui•ker
Samestelling: kaneel + suiker


Selfstandige naamwoord: kaneelsuiker
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Mengsel van suiker en gemaalde kaneel wat as geurmiddel gebruik word.

Gebruik:
• Strooi nog 'n bietjie kaneelsuiker oor my pannekoek, asseblief.

Vertaling:
Engels: cinnamon sugar
Nederlands: kaneelsuiker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Ma. Jan. 12 10:50:16 UTC 2026