| |
3830 resultate gevind |
| 1 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Di., 27 Junie 2023 17:29 «»
deur: Leksikograaf
torring
….
• Om ander te pla en lastig te wees.
Gebruik:
• Om aan dinge wat werk te torring, is moeilikheid soek.
• Moenie aan my torring nie.
Sinoniem:
• karring
• lol
• pla
• peuter
• vroetel
Afgelei:
• aftorring
• lostorring
• ooptorring
• optorring
• vertorring
• uittorring
Vertaling:
Engels: to tamper with; to pester, bother, nag
Nederlands: knoeien met; pesten, lastig vallen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 2 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Sa., 24 Junie 2023 18:50 «»
deur: Leksikograaf
opspoor
…
Werkwoord: spoor op, opspoor
Verlede tyd: het opgespoor
Teenwoordige deelwoord: opsporing
Verlede deelwoord: opgespoorde
Betekenis:
• Om te soek ('n spoor volg) om iets te kry.
Gebruik:
• Die polisie sal wel die misdadiger opspoor.
• Sy het die woord in 'n woordeboek opgespoor.
Afgelei:
• opspoorder
• opsporing
Vertaling:
Engels: to trace, track down, hunt down, locate
Nederlands: opsporen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 3 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Do., 22 Junie 2023 11:07 «»
deur: Leksikograaf
appèlaansoek
appèlaansoek
Afbreking: ap•pèl•aan•soek
Samestelling: appèl + aansoek
Selfstandige naamwoord: appèlaansoek
Meervoud: appèlaansoeke
Betekenis:
• 'n Aansoek om appèl. 'n Versoek om 'n saak te heroorweeg.
Gebruik:
• Die appèlhof het die appèlaansoek met koste van die hand gewys.
Vertaling:
Engels: appeal application
Nederlands: bezwaarschrift indienen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 4 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 18 Junie 2023 20:07 «»
deur: Leksikograaf
snuffel
…iguurlik) Om nuuskierig en ywerig na iets te soek.
Gebruik:
• Die hond snuffel aan die vreemdeling.
• Wat snuffel jy in my kaste?
Sinoniem:
• ruik
• snuif
• deurkyk
• deursoek
• rondkrap
• rondsoek
Afgelei:
• besnuffel
• deursnuffel
• nasnuffel
• omsnuffel
• rondsnuffel
• snuffelaar
• uitsnuffel
Vertaling:
Engels: to smell, sniff; to search, investigate
Nederlands: snuffelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 5 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Do., 15 Junie 2023 13:05 «»
deur: Leksikograaf
besoekster
…
Afbreking: be•soek•ster
Samestelling: besoek + -ster
Selfstandige naamwoord: besoekster
Meervoud: besoeksters
Verkleinwoord: besoekstertjie
Meervoud van verkleining: besoekstertjies
Betekenis:
• 'n Vrou wat besoek aflê; vroulike gas.
Gebruik:
• Die boer vat sy blonde besoekster op die trekker uit om haar die plaas te wys.
Antoniem:
• besoeker (manlik of neutraal)
Vertaling:
Engels: besoekster
Nederlands: bezoekster
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter…
|
| 6 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Vr., 02 Junie 2023 18:20 «»
deur: Leksikograaf
gebak
…gebak.
Vertaling:
Engels: baked
Nederlands: gebakken
Byvoeglike naamwoord: gebak
Attributief: gebakte
Betekenis:
• Wat met droë hitte gaar gemaak is (en nie deur termiese straling nie).
Gebruik:
• Ek soek 'n gebakte eier, asseblief.
Afgelei:
• deurgebak
• drooggebak
• halfgebak
• hardgebak
• saamgebak
• uitgebak
Vertaling:
Engels: baked
Nederlands: gebakt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 7 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 31 Mei 2023 15:18 «»
deur: Leksikograaf
pieperig
…
• Klein of swak.
Gebruik:
• "Wat is jou naam?" vra 'n pieperige stemmetjie agter my.
• Die kind makeer niks, hy is maar net 'n bietjie pieperig.
• Ek soek 'n groot stuk koek, nie so 'n pieperige stukkie nie!
Sinoniem:
• fyn
• kleinserig
• petieterig
• swak
• tenger
• verpiep
Afgelei:
• pieperigheid
Vertaling:
Engels: squeaky; sickly; small, weak
Nederlands: pieperig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 8 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Sa., 13 Mei 2023 13:21 «»
deur: Leksikograaf
skoorsoekerig
…
Afbreking: skoor•soe•ke•rig
Samestelling: skoorsoek + -erig
Byvoeglike naamwoord: skoorsoekerig
Attributief: skoorsoekerige
Betekenis:
• Wat skoor soek.
Gebruik:
• Is ons besig om 'n nuwe generasie van parmantige en skoorsoekerige snuiters groot te maak?
Sinoniem:
• bakleierig
• oorlogsugtig
• strydlustig
• twissiek
• twissoekerig
• uitdagend
• veglustig
Afgelei:
• skoorsoekerigheid
Vertaling:
Engels: combative, quarrelsome
Nederlands: ruziezoekend, strijdlustig, …
|
| 9 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Ma., 08 Mei 2023 09:13 «»
deur: Leksikograaf
attensie
…
Meervoud: attensies
Betekenis:
• Die handeling om iemand se aandag te trek, of iets onder iemand se aandag te bring.
Gebruik:
• Die leeumannetjie soek die wyfie se attensie, maar sy wil niks weet nie.
Sinoniem:
• aandag
• ag
• notisie
• oplettendheid
Vertaling:
Engels: attention, thoughtfulness
Nederlands: attentie
Nota:
• Franse leenwoord, maar gebruik eerder een van die sinonieme.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 10 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Di., 02 Mei 2023 10:38 «»
deur: Leksikograaf
paniekerig
…-erig
Byvoeglike naamwoord: paniekerig
Vergrotende trap: paniekeriger
Oortreffende trap: paniekerigste
Attributief: paniekerige
Partitief: paniekerigs
Betekenis:
• Wat paniek ervaar; met groot angs.
Gebruik:
• Sy skrik en soek paniekerig na haar paniekknoppie.
Sinoniem:
• angstig
• bangerig
• paniekagtig
• paniekbevange
• skrikkerig
Vertaling:
Engels: panicky
Nederlands: paniekerig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 11 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Sa., 11 Maart 2023 10:32 «»
deur: Leksikograaf
gehoorstuk
…kenis:
• Toestel met luidspreker wat in of teen die oor gedruk word.
• Toestel wat 'n mens se gehoor verbeter.
Gebruik:
• Ek is op soek na oorfone met draadlose gehoorstukke.
• Praat bietjie harder, ek het my gehoorstuk by die huis vergeet.
Sinoniem:
• oorstuk
• gehoorapparaat
• gehoortoestel
• hoorapparaat
Vertaling:
Engels: earpiece; hearing aid
Nederlands: oortje; gehoorapparaat, hoortoestel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 12 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 05 Februarie 2023 07:41 «»
deur: Leksikograaf
wegkruipertjie
…ui•per•tjie
Samestelling: wegkruiper + -tjie
Selfstandige naamwoord: wegkruipertjie
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Speletjie waar iemand wegkruip en die ander na hom soek.
• 'n Klein persoon wat wegkruip (met meervoud wegkruipertjies).
Gebruik:
• Die kinders speel wegkruipertjie.
Sinoniem:
• blikaspaai
Hiperoniem:
• kinderspeletjie
Vertaling:
Engels: hide-and-seek
Nederlands: verstoppertje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 13 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Vr., 20 Januarie 2023 20:04 «»
deur: Leksikograaf
delf
…te haal.
Gebruik:
• Die delwer delf vir spoeldiamante.
Spreekwoord:
• Die onderspit delf. [Om te verloor.]
• Om diep te delf. [Omvattend te soek.]
Wisselvorm:
• delwe
Afgelei:
• delferts
• delfgang
• delfgrond
• delfgruis
• delflisensie
• delfplek
• delfskag
• delfstof
• delwer
• delwery
• opdelf
• uitdelf
Vertaling:
Engels: to mine, delve, dig
Nederlands: delven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 14 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Ma., 05 Desember 2022 16:00 «»
deur: Sidharta
Theo Wassenaar - Tweede Sonnet...
Ek soek See Sonnet 2 van Theo Wassenaar. Dit begin met: " Stadig sak 'n glorie volle dag , weg diep in die stille oseaan. Dat die sterre en maan in aanbidding staan ..."
|
| 15 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 27 November 2022 16:52 «»
deur: Leksikograaf
noodlot
… wou hulle motor nie aanskakel nie.
Spreekwoord:
• Moenie die noodlot tart nie. [Moenie vir moeilikheid soek nie.]
• Hy is 'n troetelkind van die noodlot. [Hy is besonder gelukkig.]
Sinoniem:
• bestemming
• lewenslot
• lotsbestemming
• toeval
• voorland
• voorsienigheid
Afgelei:
• noodlotsgebeure
• noodlotsleer
• noodlottig
Vertaling:
Engels: fate, destiny
Nederlands: noodlot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 16 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Wo., 28 September 2022 07:29 «»
deur: Louis Basson
my kleine koringaar
…af te pluk
en met my saam te neem op soek na ons geluk
in my growwe hande was jy so klein en broos
maar jy was nou myne en dis genoeg troos
terwyl die boere met hul monsters die ander are stroop
jy was my kosbaarste besitting en dus het ek gevrees
dat die lelik van die wêreld jou dalk seer kon maak
en daarom wou ek jou te alle koste teen gevare bewaak
met verloop van tyd het jou korrels begin swel
en sodoende kom daar ander lewens op die spel
want ewe skielik was ons 'n ware gesin gewees
…
|
| 17 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Di., 20 September 2022 12:20 «»
deur: Louis Basson
die woordeboek
…ome woreboek te lees
n di regte word wat ksoek te vnd
net om sekr tmak
dat di spelng vni word
di korekte en sou wees
mar net toek elke word korek ko spel
word di werld ine rewlusi gdompl
medi koms vni klyne selfon
warmek tekse n briwe kan stur
na elke famlilid n pel
onglukig isi stur davani vnit
ntendeel dis bai bai dur
darom moetek vn spelng vrget
anrs sali smse
my bai gou los sonr enige krdit
nou wonrek wasi nut vni woreboek
wani selfont my talvryhyt ggee
ekt nou bsef ekt sovl …
|
| 18 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Di., 20 September 2022 11:13 «»
deur: Louis Basson
bleekgesig uit die noorde
…begin trek
hul voel nie meer veilig
hul soek nou 'n ander plek
hul oerwoud was heilig
jou donderpyp kry sy beurt
om diere af te maai
dit laat ons mense verskeurd
soos dit die dood nou saai
daar kom nou nog meer van jou
ons word jou pyp se prooi
jy vat ons dogters as vrou
ons land is nie meer mooi
bleekgesig van die noorde
besef jy wat jy maak
jy weet nie hoeveel moorde
hoeveel wreedheid jy braak
regoor ons dierbaar aarde
wat het verkeerd geloop
niks het meer vir jou waarde
soos jy die …
|
| 19 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: So., 18 September 2022 13:21 «»
deur: Louis Basson
'n duisend dankies, Heer
U het my nog ‘n kans in die beroepslewe gegee
waar ek elke dag die gawes wat U my gegee het
kan gebruik om tot diens van ander mense te wees
mag ek nooit hierdie kans misbruik nie, Heer
mag ek vele ander lei tot u Eer
mag ek vir altyd hierdie kans onthou
mag slegs die mooie uit my ontvou
mag ek my gesin onvoorwaardelik lief kan hê
mag ek al my probleme en sorge aan u Voete lê
mag ek weekliks u Huis besoek
mag ek daagliks rigting in u Boek soek
|
| 20 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Sa., 17 September 2022 14:16 «»
deur: Louis Basson
'n afskeidsgesprek
…harde geluide ophou
het ek na jou kom soek
ek weet nie waar Lakaia nou is nie
maar mamma het vir ons gejok
want dit was mens wat daardie harde geluid gemaak het
daar was baie harde geluide
en baie mure het omgeval
baie honde het ook weggehardloop
wil mens nie meer hond se vriend wees nie
nou is ek alleen sonder my beste vriend
my hok en bed is ook weg
my kosbak en waterbak is stukkend
my speelgoed is alles gebreek
maar ek is nogsteeds baie lief vir jou
en sal hier langs jou lê…
|
| 21 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: So., 11 September 2022 16:15 «»
deur: Louis Basson
die oggendstrand
…en seemeeue en duikertjies opgedaag
op soek na ‘n stewige ontbyt voor die nuwe dag begin
ek het opgestaan en stadigaan net buitekant die watermerk
al langs die see afgestap en na interessante skulpe en stukke spoelhout gesoek
voordat die strand binnekort deur ‘n horde mense en hul honde beset word
wanneer ek terug huiswaarts draai besef ek vir die eerste keer
dat daar slegs een ry mensespore op die sand lê
wat beteken dat ek die heel eerste mens is
wat vandag sy voetspoor op die strand gelaat …
|
| 22 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: So., 11 September 2022 16:12 «»
deur: Louis Basson
die kwikstertjie en ek
…
dis ‘n kwikstertjie wat na iets te ete kom soek
en wil sien watter smullekker ietsie na die oppervlak kom
hy kom stap hier waar my hande die grond omdolwe
en beweeg so flink tussen die kluite deur
dat ek mooi moet oplet om hom nie te beseer
‘n moontlike paar happies het tog sy oog gevang
want na ‘n bondige fluit het sy vroutjie ook kom land
om saam met hom die prooi te geniet
ek was so bang dat ek hulle sou verwilder
dat ek plat op die grond gaan sit het
om elke ratse beweging van …
|
| 23 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Wo., 07 September 2022 07:52 «»
deur: Louis Basson
dankvlug
vir 'n wyle het die reëndruppels 'n ander heenkome gaan soek
en dit het skielik baie stil geraak hier waar ek sit en werk
so stil dat ek nie anders kon as om weg te stap van die digitale boek
om te gaan kyk wat buitekant gebeur
alles was nat en oral het groot poele water gelê
terwyl voëls tevrede en dankbaar reuse sirkels in die lug teken
en soms kom loer wat die nuutgevonde spieëls van hul voorkoms sê
'n dankgebedjie het diep in een van my hart se binnekamers ontstaan
|
| 24 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Di., 06 September 2022 19:47 «»
deur: Leksikograaf
roerdomp
…
Betekenis:
• 'n Skugter voël uit die reierfamilie, Botaurus stellaris.
Gebruik:
• Die roerdomp skuil gewoonlik tussen riete en biesies waar hulle vis en amfibiese diere soek om te vreet.
Sinoniem:
• grootrietreier
Vertaling:
Engels: great bittern
Nederlands: roerdomp
Nota:
• "Roer" is ou Nederlandse woord vir riet en "domp" verwys na die dowwe (dompe) geluid wat die voël maak.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 25 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Sa., 03 September 2022 07:27 «»
deur: Louis Basson
heroldsbaai
…kom vang
elektrisiteit het jy toe nog nie geglo
en water was te koop by die kraan op die hoek
nuwe vriende het jy gereeld gewen
want almal het na jou skoonheid kom soek
maar nou het ons altwee veel ouer geword
jy het reeds lankal gebars uit jou nate
en ek begin sukkel om my broek te omgord
jou heuwels is geskend deur die grondmagnate
op die foto’s wat ek saamdra in my brein
en waardeur ek nog gedurig blaai
is jy steeds nog my strandjie klein
my pragtige, jeugdige heroldsbaai…
|
| 26 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 18 Augustus 2022 15:50 «»
deur: Louis Basson
storms
…halfbevrore mens en dier ‘n droë plekkie soek
om van die allesvernietigende natuurwoede te ontvlug
binne is ‘n ander storm ook besig om homself uit te woed
van die kleinste gedagtetjie tot die grootste droom
moet onverskrokke baklei om nie afgebreek te word
deur ‘n vraagoseaan wat alle positiwiteit uitmekaar wil skeur
om dit dan met negatiwiteit en onsekerheid te vervang
totdat dit die ganse breinstelsel en elke hartkamer oorstroom
van waar dit elke uithoek van die liggaam bereik
en normale …
|
| 27 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 18 Augustus 2022 13:41 «»
deur: Louis Basson
mikrokosmos
…tussen blomme kry
waar hulle stuifmeel soek
vir die maak van die heuningkoek
die arbeidlustige mier
is nie oorspronklik van hier
maar is uiters aanpasbaar
om op enige plek nes te skop en kos te vergaar
die asemrowende vlinder
moet jy nooit verhinder
as jy hom in jou tuin ontmoet
en hy jou met sy kleureprag groet
die peslike vlieg
wat meer sit as vlieg
kan net jou dag versuur
terwyl jy klappe in sy rigting stuur
die nimlike liewenheersbesie
is die welkome spesie
wat dag na dag na …
|
| 28 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Di., 16 Augustus 2022 16:28 «»
deur: Louis Basson
blote genade
… na ‘n week van reën
en ek gebruik dit om besoek by elke plantjie in die tuin af te lê
en die kleur en geur van elke blom op die dataskyf in my brein vas te lê
terwyl ek die nuwe groei van die verskillende vrugtebome bewonder
duiwe, mossies, vinke en spreeus maak beurte om die voëlbad te gebruik
en ander na wurms en goggas en pitjies op die grasperk en stoep stap en soek
dis asof die tonele wat hier afspeel, kom uit die blaaie van ‘n sprokiesboek
en ek as toeskouer vanuit ‘n heel ander era van …
|
| 29 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Di., 16 Augustus 2022 11:41 «»
deur: Leksikograaf
stralerjakker
…ud: stralerjakkers
Verkleinwoord: stralerjakkertjie
Meervoud van verkleining: stralerjakkertjies
Betekenis:
• Iemand wat op soek na plesier van plek tot plek rondvlieg (dikwels met stralers).
Gebruik:
• Sy is 'n stralerjakker van formaat en het al stede soos Londen, Parys en New York besoek.
Afgelei:
• stralerjakkerkoors
Spelfout:
• stralejakker
Vertaling:
Engels: jet setter
Nederlands: jetsetter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 30 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Di., 16 Augustus 2022 11:25 «»
deur: Louis Basson
as ek maar net kon
…
sou ek jou aan die hand kon neem
om saam met my die oorsprong van die liefde te ervaar
maar ek kan nie
as ek kon vlieg
vlieg oor die lengte en breedte van die uitspansel
en by al die melkweë aan kon gaan
om elke sterrestelsel deeglik te bestudeer
op soek na die heel mooiste planeet wat bestaan
met jou veilig op my rug toegewikkel
sou ek jou aan die hand kon neem
om saam met my ‘n nuwe lewe daar te begin
maar ek kan nie
as ek maar net kon
want ek het jou so verskriklik lief…
|
| 31 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Di., 16 Augustus 2022 11:24 «»
deur: Louis Basson
winterkou'
… papier verewig kan word
buite woed ‘n storm
reuse reëndruppels word met veel groter haelstene afgewissel
en deur ‘n allesdeurdringende wind
teen muur en ruit en dakplaat vasgeplak
die stompe in die kaggel
gloei dieprooi van trots
en die honde kyk wie die naaste
aan die hittekring kan lê
dan dwaal my gedagtes na die bergie en die straatkind
wat iewers daar buite na ‘n droë plekkie soek
om hul kartonmatras en koerantpapierkombers
oop te sprei as teenvoeter vir die winterkou…
|
| 32 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 04 Augustus 2022 19:06 «»
deur: Louis Basson
die stortingsterrein
… een
waar mense klouter holderstebolder
op soek na iets om later weg te gooi
dan’s jy ook sinoniem met die lewe
vir die werk- en dakloses wat jy voed
mense wat niks het om na te strewe
weens ‘n stelsel wat nie meer omgee nie
jy bied ook ‘n lewe aan jou bouers
daardie mense wat met masjien en graaf
lewe aan jou geskenk het, jou ouers
wat nou elke dag na jou moet omsien
vir ewig sal jy die weggooiplek bly
die stinkende, smeulende vullishoop
waar mens ander se geheime kry
sou mens …
|
| 33 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 03 Augustus 2022 17:28 «»
deur: Leksikograaf
essensieel
…• Wat noodsaaklik is en nie verontagsaam kan word nie.
• Wat die essensie (die wese of kern) van 'n saak betref.
Gebruik:
• Dit is absoluut essensieel dat jy dadelik mediese hulp soek.
• Water is essensieel net waterstof en suurstof.
Sinoniem:
• nodig
• noodsaaklik
• onmisbaar
• onontbeerlik
• wesentlik
Antoniem:
• nie-essensieel
Vertaling:
Engels: essential
Nederlands: essentieel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 34 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 28 Julie 2022 11:34 «»
deur: Louis Basson
ware demokrasie, ware vryheid
…woordeboek gekeer
sodat die woorde wat ek soek
presies beteken soos in daardie boek
een so 'n woord was "demokrasie" gewees
'n pragtige woord, want daar het ek gelees
dit staan vir vryheid, gelykheid, menslikheid
regverdigheid en nog vele ander "heid"
ek weet nou wat "demokrasie" beteken
maar nou is daar 'n storm in my ontketen
ek verstaan nie die woorde wat end in "heid"
want ek lewe nou in 'n heel ander tyd
toe die boek gedruk is, het "vryheid…
|
| 35 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 28 Julie 2022 11:18 «»
deur: Louis Basson
die mossienes
…boom se mik neer te lê
soms, in jou afwesigheid, kom daar ‘n briesie op
wat so hap-hap aan die werk van jou snawel
en dan val daar soms ‘n stokkie af
maar by jou terugkeer, merk jy die skade dadelik op
en gaan soek daardie stokkie op die grond
elke stokkie word versigtig tussen die ander deur gevleg
om so ‘n stewige stokkiesmuur te vorm
sodat nie wind of reën dit uit die mik sal kry nie
en as jou nessie klaar gebou is
sit jy mossietrots jou snawelwerk van alle kante en aanskou…
|
| 36 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 07 Julie 2022 21:10 «»
deur: Louis Basson
'n koekie seep
…die aarde
boor en grawe die mynwerker op soek na daardie stuk rots
wat die korrekte edelmetaal bevat wat die mynbase verlang
aan die einde van sy uitputtende skof
smag hy na ‘n koekie seep
om die stof en sweet van sy moeë liggaam mee af te was
op die sportveld
dryf die sportman sy liggaam tot die uiterste krag
om die korrekte punte te behaal wat die sportbase verlang
aan die einde van sy uitmergelende spel
smag hy na ‘n koekie seep
om die sweet en pyn van sy moeë liggaam mee af te was…
|
| 37 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Sa., 11 Junie 2022 13:57 «»
deur: Leksikograaf
verblyf
… 'n driegang-aandete in.
• Ons moet verblyf soek voordat die son sak.
Sinoniem:
• akkommodasie
• blyplek
• herberg
• huisvesting
• losies
• onderdak
• tehuis
Hiponiem:
• buiteverblyf
• dagverblyf
• losiesverblyf
• nagverblyf
• oornagverblyf
• selfsorgverblyf
• somerverblyf
• vakansieverblyf
• vrouverblyf
Afgelei:
• verblyfagentskap
• verblyfkoste
• verblyfpermit
• verblyfplek
• verblyfreg
• verblyftoelaag
Vertaling:
Engels: stay, abode; residence
Nederlands: verblijf…
|
| 38 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Ma., 30 Mei 2022 15:16 «»
deur: Leksikograaf
inkruip
…s:
• Om êrens (soos in 'n gat of 'n bed) in te kruip.
• (figuurlik) Om guns te soek of te wen.
Gebruik:
• Ek gaan vanaand vroeg inkruip.
• Die dogtertjie het in ons harte ingekruip.
Sinoniem:
• inklim
• insluip
Antoniem:
• uitkruip
Afgelei:
• inkruiper
• inkruiperig
• inkruiping
• inkruipplek
• inkruiptyd
Vertaling:
Engels: to crawl in, creep in; snuggle
Nederlands: inkruipen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 39 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 13 April 2022 07:26 «»
deur: Leksikograaf
naslaanwerk
…etekenis:
• Die handeling om inligting op te soek.
• Boek, databasis of ander bron waarin inligting opgesoek kan word.
Gebruik:
• Hy gaan biblioteek toe om naslaanwerk vir my taak te doen.
• Sy het talle naslaanwerke vir haar projek geraadpleeg.
Sinoniem:
• navorsing
• naslaanbron
Afgelei:
• naslaanwerker
• spoednaslaanwerk
Vertaling:
Engels: research; reference work
Nederlands: naslagwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 40 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Do., 10 Maart 2022 11:34 «»
deur: Leksikograaf
essensie
…naamwoord: essensie
Meervoud: essensies
Betekenis:
• Dit waaroor iets werklik gaan; wat dit maak wat dit is.
Gebruik:
• Almal soek op 'n stadium van hulle lewens na die essensie van die menslike bestaan.
Sinoniem:
• hoofaspek
• hoofgedagte
• hoofpunt
• hooftrek
• hoofsaak
• kern
• kerngedagte
• wese
Verwant:
• essensieel
Vertaling:
Engels: essence
Nederlands: essentie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|