Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
3830 resultate gevind
1 Forum: Geloof & kerksake «» Gepos op: Wo., 30 Januarie 2002 01:53 «» deur: bobby's girl
Re: Godsdiens
…wetenskaplike redes vir alles in die lewe soek nie, en as jy wetenskaplike antwoorde sou kon kry, wat sou dan die betekenis wees van die woord geloof? As jy net in dinge glo wat jy kan sien (soos Thomas) wat is dan die doel van jou geloof? Aanvaar dat God jou liefhet, dan Hy jou vergewe vir al die sondes wat ons almal elke dag pleeg en probeer om in Sy voetstappe te volg, in nederigheid en met groot liefde in jou hart. As jy God gaan probeer verstaan, dan soek jy moeilikheid. Want 'n mens se brein is …
2 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 22 Januarie 2002 11:52 «» deur: Wouter Plaasvark
Re: Afrikaanse nuusgroep
Spook Ek dink so, as jy 'n afrikaanse nuusgroep soek waar mense saam stem oor dinge dink ek jy gaan dalkies lank soek. Jy kan altyd alt.languages.afrikaas probeer, maar ek weet nie. Wouter Is daar nie 'n Engelse weergawe van alt.languages.afrikaas nie? Iets soos alt.languages.africheese?
3 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 21 Januarie 2002 20:48 «» deur: Spook
Re: Afrikaanse nuusgroep
Ek dink so, as jy 'n afrikaanse nuusgroep soek waar mense saam stem oor dinge dink ek jy gaan dalkies lank soek. Jy kan altyd alt.languages.afrikaas probeer, maar ek weet nie. Soos Annnette sê hulle fight nie so lekker op die ander. Waar gaan jy nog 'n groep kry waar jy uit gek@k word oor spelfoutjies. Groetnis Spook The Law of Selective Gravity (The Buttered Side Down Law): An object will fall so as to do the most damage.
4 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 17 Januarie 2002 13:08 «» deur: Jonas
Re: Do you are looking for beautiful Husband?
…'n Taljaanse moeslim .... En hy soek 'n nederige vrou - of, sal hy haar seker nederig maak? Waar is ons boeremeisies om die gladde gert op sy plek te sit? "Thys de Wet" skryf in boodskap news:a25sda$1pue$1@news.adamastor.ac.za... Slamse taljaner wat weer vrou soek. Daai anner een wat hy kon kry kon seker nie sy ingels so lekker lees nie... do you are looking for trabbil? Djoe jas somma faaind a whaaif ênd ief joe finds for her sjhie my not look sou ghoot. De mên whantit toe …
5 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 08 Januarie 2002 11:04 «» deur: Voetleuce
Nog ODP-dinge
…Afrikaans/Nuus/ word tans herrangskik, en ek soek nuwe werwe om te lys. Die nuwe kategorieë sien as volg daar uit: Koerante Radio Televisie Tydskrifte e-Koerante e-Tydskrifte Nuusbriewe Persvrystellings Vaktydskrifte As enige iemand werwe het wat dalk in van hierdie kategorieë pas, meld dit seblief by my aan (by bogemelde webadres, kliek op "add url"). Ek is veral op soek na maatskappye en organisasies se interne nuusbriewe, en na vaktydskrifte. Dit moet in Afrikaans of ten minste deels in …
6 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: So., 06 Januarie 2002 14:12 «» deur: Anoniem
Re: South African Culture?
…wat miskien die uitkoms van jou ondersoek kan beinvloed. Ek sou graag meer van jou Openwater Project wou hoor. Daarna sal ek kan oordeel of jy werklik na die waarheid soek, en of jy maar ook een van hierdie joggies is wat 'n opening soek om hulle eie opinies in 'n mens se keel te probeer afdruk. ( Dis nogal eienaardig hoeveel mense daar is wat Engels gebruik om hulle regse of rassistiese opinies op die net rond te strooi. Neem nou maar ons eie geliefde rsaboy Frikkie, wat dink hy is 'n voorvegter vir …
7 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Vr., 04 Januarie 2002 17:03 «» deur: Piet Pompdonkie
Lou beurskennis?
…sy pelle nie. PP Jy's verkeerd Lou, hulle soek ook die uitgaande persoonlikhede. Mense wat in die agterkamer werk is volop, dié wat besigheid kan inbring en bestuursrolle kan speel is skaars en het 'n premie. Hulle kry die beurse. Lou Leierskap - akademiese uitblinkers het gewoonlik op die leerlingraad gedien bloot omdat dit die manier is waarop leerlingrade verkies word. Watter ander leierseienskappe gebruik jy as maatstaf - kaptein van die jukskei span? As jy na iemand se CV kyk steur jy jou nie aan sy…
8 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Wo., 19 Desember 2001 16:09 «» deur: scorse
Re: Kinderverkragting
…anval. So, wat nou gemaak? Jy trek laer. Jy soek 'n omgewing waar jy aanvaar word vir wat jy is, wat nie jou dade veroordeel en van jou 'n gek maak nie. Jy soek na 'n veilge omgewing waar jy jouself kan uitleef en jou liefde kan betoon sonder vrees. Dit is wat die gay gemeenskap aan jou bied. Nou, wat van gay regte? Iets om baie duidelik te verstaan is dat ek as gay persoon nie op spesiale regte aandring nie. Ek wil bloot dieselfde regte hê as enige ander persoon. As heteroseksuele persoon het jy veel …
9 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 22 November 2001 13:46 «» deur: Kekkelbek
Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap:
Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies. Ek weet mens kry 'n suursous resep, maar ek soek 'n souterige ene. Dankie!
10 Forum: Prosa & poësie «» Gepos op: Ma., 19 November 2001 15:23 «» deur: Anoniem
"om die hoek" deur CHARL DURAND
… Charl Durand kan jy om 'n draai kyk vertrek die trein te laat weet jy waarom jy hier is drink jy tot laat in die aand soek jy in spieëls en draaiboeke vergeet jy soms van hierso weet jy wat die antwoorde is eindig als as die bybel sê stop staan jy voor malheid se deur en skree eindig als sonder 'n woord erken jy iemand aan 'n kyk in die oë gaan jy als laat soos dit hoort so watter kleur is jou illusies soek jy onder elke klip in elke kraal kan jy om 'n draai kyk begenadig in die soeke wat jou haal…
11 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 12 November 2001 20:00 «» deur: Piet Pompdonkie
Tinkerbell o Tinkerbell - Piet & Tinker
…ou James > nie meer met daai snaakse bal speel > kan wat op 'n rugby veld gebeur > my maar min skeel > > So pietpompies > sê jy nou vir my > as ek vir jou kom kuier > waar gaan ek jou kry? Tinkerbell o Tinkerbell Wat wil jy vir my vertel? As jy my regtig wil kom sien Soek dan net by 'n plaas of tien Jy sal my sommer gou herken Ek sal jou hart onmiddellik wen Om my te onderskei tussen die klomp Soek jy die een met die grootste pomp... Piet Tinkerdonkie…
12 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Sa., 13 Oktober 2001 04:38 «» deur: Mafuta
Re: VSA & terro's thabo stuur hulp aan vsa
… kry die duidelike gevoel dat jy altyd vir die gehoor speel as jy iets > skryf. > m.a.w. jy dink jou baas of iemand lees jou goed en jy wil "hulle" wys hoe > nie-rassisties jy is? > Dieselfde gevolgtrekking waartoe ek al 'n tydjie gelede gekom het - skerp, ou Seun. Miskien is die iemand woonagtig in Kanada? Terloops, Kosie, moet nou nie ook my identiteit probeer weggee nie, Man! Ek probeer hard om nie skoor te soek met jou nie... soek sterk jou goeie boekies! Ag, pleez Daddy…
13 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Vr., 12 Oktober 2001 07:26 «» deur: T de Wet
Ouma en die kreefduikers
…die twee om nou maar na Ouma te gaan soek. Hulle roep en soek, maar Ouma is net weg. Kyk later agter die bossies of Ouma dalk 'n draai moes loop. Niks. Besluit hulle toe op laas om in die kreefgat te gaan kyk. Duik altwee in, en ja, sowaar daar lê Ouma op die bodem. Nou werk hulle mooi met Ouma en bring haar na bo, maar Ouma is sommer skielik swaar. Maar Ouma is dood. Te veel water en te veel jare. Ouma word nou met sorg na die kant gebring, en daar kom hulle toe agter hoekom hulle so gesukkel het …
14 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 17 September 2001 14:01 «» deur: Anoniem
Re: Kandaar to by kanhier
Oorspronklik gepos deur: @home.com Thys de Wet wrote: > Thys oppie BosJa, Tant Hessie is van Kandahar en van Kandahier. En van Kanada. Tant Hessie "hulle soek my hier, hulle soek my daar."
15 Forum: Genealogie & famieliesake «» Gepos op: Sa., 18 Augustus 2001 20:56 «» deur: loes&patrick
Wie kyk vir my in die SA telefoon gidse asseblief !
…na die vanne LANGMANN & LANGMAN, Van die inskrywings 'n lysie saam te stel en dese na my te pos asseblief. 'n Amerikaanse Mevrou gebore Langman soek haar newe en niggies tans "erens" in Suid Afrika. Die eers bekende immigrant LANGMANN kom in 1859 in Suid Afrika aan, hy kom van Rosenow in Oos Duitsland. Ons soek nou ook na verdere ou familielede in Duitsland. Met groete (EN baie dankies !) van nou tropis Nederland. (baie lekker nou aan die strand !) Patrick e.mail: L...@camerama.demon.nl…
16 Forum: Geloof & kerksake «» Gepos op: Di., 14 Augustus 2001 06:30 «» deur: Lou
Re: Die Kerk se Dilemma (i)
… - net eenvoudig die kerk verlaat en 'n kerk soek waar hy aanklank kan vind soos die opgang van die Charismatiese kerke in SA. Aangaande die propaganda - vir myself sal dit jare wees voor ek die ou spul fariseers kan vertrou - eers was apartheid reg - toe is dit verkeerd. Ons was self te naief en is dit reg dat ons nou die kerk en die ander leiers in die samemlewing bevraagteken. Ons het almal groot geword die afgelope paar jaar. Soek jy nou maar 'n kerk waar jy inpas want dit is duidelik vir jou …
17 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 14 Junie 2001 21:34 «» deur: Mafuta
Re: Paartie!! (Was van de Merwe grondeis)
"Davie Davis" skryf in boodskap news:i87eit8nksul4e0rf6avgop1o29g58852e@4ax.com... > So my afleiding is reg wanneer ek aanneem dat jy nié met 'n boereseun > getroud in nie Bobby? > Is net die 'getryery' wat my pla' > > DD Jy soek, Didi, jy soek...
18 Forum: Kos & resepte «» Gepos op: Wo., 13 Junie 2001 20:34 «» deur: P.B.S.
Bobotie resep
Ek soek 'n bobotie resep wat fantasties is. Het iemand dalk een. asook enige eg SA resepte wat hulle probeer het en besonder lekker gevind het. Verder soek ek ook die hollandse resep vir spekkoek en bitterballe asook 'n lekker Indoniesiese rystafel met Nasi Goereng. Kan iemand my help. PBS
19 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 12 Junie 2001 07:15 «» deur: T de Wet
Re: Wynwenk
… Wôt kôn jy vir my ôônbeveel?" "Soek ie nou 'n droë rooiwyn, of 'n meer volronde een, of een wat nou al so 'n tydjie gelê het?" vra oom Frans "Nee ak weut nie vôn ôl dôôi goed nie. Ak soek net een wôt lekker kôn meng met lemnyd" Tjorts! Laat hy val waar hy wil... Thys oppie Bos waar die jong wyn wat belofte inhou nog ingehou word (in vate natuurlik) "Annette" skryf in boodskap news:9g2tn6$6saln$4@ID-92016.news.dfncis.de... > Hy mag die boekekennis hê…
20 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 28 Mei 2001 19:01 «» deur: Onlinedude
Re: Swart Rassime of net bietjie Kritiek?
…Gloudina, Gaan na die volgende soek enjin: www.google.com tik in: Hei Voetsek Jy sal n hele paar artikels kry oor Zebulon Doen ook n soek met: Zebulon Dread "Max" skryf in boodskap news:9egp8q$vb$5@azure.nl.gxn.net... > Is dit online ook? Waar? Het gesoek, maar kon niks kry nie, nie eers die > burger nie? Wel flashsite van steers!!! > > Hoekom kry mens niks by www.dieburger.co.za nie? Moenie kliek nie!!! > Mens kry niks... > …
21 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 14 Mei 2001 19:37 «» deur: Dries Venter
Re: Iets om oor na te dink.
…of Moslem of Buddhis of wat ook al daarna soek, dan sal jy op die regte plek uitkom..." Die HAT definieer sinkretisme as "Versmelting: poging om verskillende groepe en godsdienstige opvattings met mekaar te versoen". My "alle-godsdienste-is-een" frase was juis om die sinkretisme waarna ek in 'n vorige pos verwys het, skerper te omlyn, want wat hierbo staan, is presies wat jy doen. 3) Jy sê: "Nou gaan na 'n Protestantse predikant wat jy vertrou, en vra virhom om vir jou te …
22 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 08 Mei 2001 18:23 «» deur: Rico
anglo-boereoorlog.
Ek is op soek naar 'n boek oor die anglo-boereoorlog. Ek soek 'n boek wat nie te dik is nie, maar wel die sake goed en duidelik beskrijf. Wie kan my help. Gr. Rico.
23 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 03 April 2001 08:32 «» deur: Voetleuce
Re: Voorblad
…'n plek sien rook waar die persoon nie mag nie. Stone: ... maar as jy iemand soek om op 'n plek te rook waar hy nie mag nie, laat weet my. Leuce: Ietsie om te doen in 'n nierook-area (soos 'n kerk). Haal jou pakkie sigarette uit asof jy wil rook, haal 'n sigaret uit en sit dit in jou mond, en maak dan of jy soek (eers rustig, dan verbouereerd, dan naarstiglik) na jou vuurhoudjies. Hou die reaksie dop. Hulle loeeeeeeeeeeeer so vir jou, maar niemand wil iets sê soos "jy mag nie hier rook nie"…
24 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 22 Februarie 2001 16:41 «» deur: Skunk
Die DVD scene onner in Afrika...
…kan stuur sal ek die res op die Internet soek, maar as een van julle so een in julle sitkamers het, hoor ek graag meer... 3. Ek sou graag 'n paar SA DVD's wou koop. Kan iemand my sê of hulle nou al SA flieks op DVD uitreik. Ek soek onder andere na films soos: Fiela se kind Beautiful People The angel, the bicycle and the Chinaman's finger 4. Watse taal onderskrifte het julle DVD's oor die algemeen? Sou mooi wees as jy uit al 11 amptelike tale kon kies!!! As julle in regio 1 val, saam met Amerika is …
25 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: So., 18 Februarie 2001 23:11 «» deur: poppie
Re: Boesak's Jail Cell Cellphone
… die tronk, of wie hy gebel het. As jy iets soek om te versensasioneel, kom na Amerika en sluit aan by die redaksie van die National Enquirer poniekoerant, hulle soek altyd iemand wat sensasie uitsnuf en tweedehands weergee. Ek hoor ook hulle betaal goed. pop albert skryf in boodskap news:3A903EAA.744FF68D@hotmail.com... > The saga continues. Now it emerges that Boesak phoned Elna 21 times, and > even phoned former Minister of Justice (now demoted to Minister of > Transport) Dullah Omar …
26 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Vr., 16 Februarie 2001 19:39 «» deur: hennerietjie
briefie vir antie gloudiena
…nie. hy sê as hille so aanhou met onder soek na wapens gaan die belegdes hille belegdinge vat en loop. hy sê dis beter lat hille net bo langs soek. my pa sê oom terrakotta het nou 'n helder oomblik beleef wat vatvat aan oom taboe se rinnesaans. het antie op see en en gesien hoe lat die lorries inkom en die mense se hyse plat slaan by aleksandria. glo lat hille nie innie jikskei rivier moet val nie want daars nie geld vir jiek om te keer teen kollera nie. antie tjankie van behysing sê syt dit nie gesien …
27 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 04 Desember 2000 00:00 «» deur: Ernst v Biljon
Re: DDT ens
…ome). Chloor by homself is baie onstabiel en soek altyd 'n maat om mee te verbind. Die verbinding is dan baie stabiel . Dus, die verbinding van tri-chloor is omtrent ontmoontlik om verbreek en daarvoor bly DDT in die form en breek nie af nie. Die binding is ook baie goedkoop (soos Aspro kan dit in tonnemaat inwikkel word want chloor soek sy maat) Dus, dit bou net op en op. Die liggaam verwerp dit ook nie. Daarby is dit water oplosbaar en hoef dit nie tot 'n emulsie gebring te word nie. Nou moet ek besluit…
28 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 28 November 2000 00:00 «» deur: Chr...[1]
Re: Sex en IQ :-)
…Sue, jy soek.........jy soek. (smile) Christo Sue wrote: > In article , aco...@hetnet.nl says... > >> Bij vogels is het zo. >> Het vrouwtje kiest het mannetje die het mooist zingt omdat hij >> intelligenter is >> in het zoeken naar voedsel dus slimmer is. > > Dis waar! > Dit bewys ook dat die vroulike ras BAIE slimmer is as mans! :-)) > >> >> >> >> "Sue" schreef in bericht >> news:MPG.148b137833ca702c98979f@…
29 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 27 November 2000 00:00 «» deur: lou[1]
Re: Adam en Evolusie en blommetjie se "tatta" :-)
…nie so nie maar ek kan vir jou 'n resepie soek op die internet :) en dan kan ons kyk of daar tartare in die sous is ... @home.com wrote: > > lous wrote: > >> Die verskil is Sauce Tartar en Steak Tartare! Die oorsprong van die >> woord tartar is as verwysing na Attila se oorlogs magte. >> > > Lou, die oorsprong van die woord "tartar" in Engels was > volgens jou woordeboek afkomstig van die Persiese > "ttr" of soiets. In Persies het dit …
30 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 26 September 2000 00:00 «» deur: Blommetjie
Re: Gloudina ! Toerisme in Suid-Afrika
… slang - daarby 'n erkende heiden wat liefde soek in buddah ! Die Bybel sê duidelik dat daar net Een weg na God is, en dit is deur Jesus Christus alleen. Die feit dat jy die doodstraf afkraak en "wreed" noem wys eerder dat jy self die een is wat aan satan behoort ! Jy moet vrek !!! Verder is dit vir jou absoluut nutteloos om hier enigsens verder met enige ware Christene te redeneer, omdat daar geen gemeenskaplike fondament of gronde is om oor te redeneer nie. Dit maak nie saak wát jy sé nie, -…
31 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 13 Julie 2000 00:00 «» deur: Ernst v Biljon
Plaas eise - nog 'n voorbeeld.
…'n man in 'n suit wat daar rongery het op soek na sy pa se graf. Gelukkig was dit winter anders sou hy gevrek van die hitte as hy by die airkonditioned 4x4 sou uitklim. Dit word lekker warm daar. Hy het van plaas na plaas gery. Van party is hy afgejaag en ander het hom toegelaat om te soek. Dis mos vriendelik mense daar en, dit is nog 'n einaardige verskynsel om 'n swartman in 'n suit te sien. Vernaam 'n swart suit en bruin hemp met geel taai. Vernaam as die mense daar nie eers met baadjie aan kerk toe …
32 Forum: Geloof & kerksake «» Gepos op: Ma., 05 Junie 2000 00:00 «» deur: Frikkie Potgieter[2]
BAsters
…hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid. Nou wat wil jy nou meer weet. Soos wat God ook gesê het soort by soort, so sê hy dan nou hier baie duidelik dat jy nie MAG uittrou en baster nie. NUM 025:06 En daar het 'n man gekom, een uit die kinders van Israel, en 'n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses…
33 Forum: Geloof & kerksake «» Gepos op: Wo., 10 Mei 2000 00:00 «» deur: Samuel Murray
Re: Gereformeerde Huwelijksformulier (gevra)
PAT skryf in boodskap news:01bfba04$a4a9f320$c999aec7@ms660966.mindspring.com... > Soek jy die Dopper kerk sin Samuel? Wat is die groot verskil > tussen hulle > huweliksformulier en n ander kerk sin, en kan julle nie julle > eie een > opstel nie? Erm, nee ek soek nie die Suid-Afrikaanse Gereformeerde Kerk s'n nie, ek soek die Nederlandse Gereformeerde Kerk s'n. Dis twee totaal verskillende kerke, despite die naamsooreenkoms.
34 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 01 Mei 2000 00:00 «» deur: Saix
Re: Kan iemand dalk onthou
watter soort musiek soek jy? 'n Kolega van my soek 'n liedjie van Danie Niehause "Die wiel draai" maar hy wil nie die hele cd gaan koop net vir een song nie". En die enigste ander moontlikheid is om dit in MP3 formaat moontlik op die net te kry. Alhoewel ek nie glo dit sal so maklik gaan nie.
35 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Di., 25 April 2000 00:00 «» deur: Dries Venter
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina)
…grond te kry waarvandaan ons (hopelik) mekaar beter sou kon verstaan. Jy sê in 'n ander pos op die NG dat mense op hierdie NG geselskap soek. Ek stem saam, want ek soek definitief nie heeltyd om op die ou trant aan te gaan van oor-en-weer skreeuery en beledigings rondslinger nie. As jy wil, sal ek in jou geval 'n uitsondering maak. DAN SAL ONS HEELTYD SO MOET PRAAT. MET BAIE VLOEKWOORDE TUSSENIN. F*K, K*K, P*S EN AL DAAI SOORTE VAN DINGE. Spreek maar net die woord. Groete, Dries Venter…
36 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 30 Maart 2000 00:00 «» deur: reisiger
Toekoms Advies vir: Ru Olie produksie inisiatief vir ons Paradys
…waardeer. Wil hoogstens aanraai om soek metodes te verhoog, d.m.v. sonar tegnieke. Om dieper in die Aardkors na Ru Olie te soek en te boor. Soos daarna verwys word in die profesiee van wyle oom Siener van Rensburg. Een van die Buurstate van ons Paradys is in besit 'n Ru Olie kom. Hierdie inligting is bekend in sekere Regse Kringe. Ook om 'n ontmoeting met OPEC Lande te verhoog. Om 'n versoek te rig, om ons Paradys later as 'n lid van OPEC ontmoetings in te sluit, indien moontlik. Die reisiger skryf…
37 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Wo., 29 Maart 2000 00:00 «» deur: Gary Bartholomew
Re: Zimbabwe en setlaars
…woodeskat wat weke terug gepos is gaan soek maar dis weg; daar was 'n beter woord hiervoor). Ek weet nie hoe op datum hulle nou is nie, maar daar is 'n klomp indiepte studies daar wat 'n goeie idee van die aard en omvang van die probleem gee. Die syfers is skokkend. Lyk vir my daar's op oulaas 'n regte debat hier aan die gang. My "tikbek" is al lam "gepraat" hieroor op soc.culture.zimbabwe, so ek vra om verskoning; ek gaan maar net hier "lurk". Die verwysing is: http://…
38 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Do., 13 Januarie 2000 00:00 «» deur: Johan N Potgieter
Re: Dooie NG
…NG hierdie? Charlie old boy, ek dog Van der Wath is 'n Engelse SuidAfrikaanse van. Ek het nog tot dusver net Engelse Van der Waths teegekom. Nou sit jy nog boonop met 'n Engelse voornaam ook?!? Ek het al probeer op die Afrikaanse Chat kanaal geselskap soek, maar daar lyk my is net tieners wat seks soek. Lyk of die Internet se Chatrooms meesal nou dieselfde rol speel as wat die CB radios destyds gedoen het. Johan Uit 'n Minnesota waar dit op die oomblik sneeu - tog te lekker en al te pragtig…
39 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Vr., 24 Desember 1999 00:00 «» deur: Johan N Potgieter
Groete uit Amerika
… amper die heel dag in die sneeu rondgery op soek na mammie se geskenke. Dit was te lekker vir woorde om weer die gekraak van die sneeu onder die wiele te hoor en so gly-gly hier in ons straat in te draai en te weet jy sal nou met 'n heerlike beker warm sjokolade voor die kaggel kan sit en ontspan! Ons gesin steek vanaand kerse aan in die kerk en die jongste knaap sing ook in die kleintjies se koor. More spandeer ons saam met goeie SA vriende op 'n maaltyd van skaapboud, kalkoen, soetpattats, rys, …
40 Forum: Koeitjies & kalfies «» Gepos op: Ma., 13 Desember 1999 00:00 «» deur: Barrie
Re: Afrika Renaissance relevant?
…stel. Om objektief te wees, moet die ondersoeker homself distansieer van sy ondersoekveld. Hy mag nie subjektief wees nie. Dit is mos immers waaroor dit in die wetenskap gaan - maar nou rym iets nie hier nie!! Is die oog en die teleskoop (of mikroskoop) 'n eenheid? Die een kan tog nie sonder die ander werk nie - moet mekaar as't ware iewers ontmoet. Solank die oog net nie blind is, of die teleskoop sonder lense nie!! Die ondersoeker en sy studieveld vorm dus tog maar 'n kosmiese geheel. Ek weet die …
Bladsye (96): [ «    3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15  16  17  18    »]

Tyd nou: Di. Des. 23 12:37:23 UTC 2025