| |
854 resultate gevind |
| 1 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Sa., 28 Augustus 1999 00:00 «»
deur: reisiger
Re: VRIEND deur koos kombuis
…in Tibet, vlug van die Tibetane behalwe
een monnik. Die soldate vind dit snaaks en rapporteer dit
aan hulle offisier. Die offisier klop aan die monnik se
deur, en sê vir hom - Besef jy wie ek is. Met hierdie
swaard kan ek jou deurboor sonder om 'n oog te knik. Die
monnik antwoord - Besef jy met hierdie swaard kan ek myself
deurboor sonder om 'n oog te knik. Die offisier stap daar
weg. Later het die offisier uit die weermag bedank, die
monnik gaan opspoor en die monnik gevra om sy leermeester
te word…
|
| 2 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Vr., 23 April 1999 00:00 «»
deur: ProPacem
Re: Wanneer is 'n mens rassisties?
…na vore kan kom. Die vrou met die skeel oog (wat wit is) staan naby
aan die afgrond, maar die swart vrou (wat 'n skeel oog het) staan langs haar.
>Ek weet nie van jou nie, maar hier is n hele spul van my ex Suidafrikaanse
> vriende (en beslis ook ek) wat vir my sê hulle voel baie na aan en
> gemaklik tussen swartmense in die VSA. Daar is n gedeelde herkoms miskien?
My hart het 'n ekstra sprong gegee by die lees van jou laaste sin - ek was so
verras. Dit spreek tot 'n metafisiese, magiese, …
|
| 3 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Ma., 08 Februarie 1999 00:00 «»
deur: Errol Back-Cunningham
Re: DIE LANDSVERLATERS : DIE VER-REGSE BESKOUIING
… in my en baie ander mede Suid Afrikaners se oogpunt bly jy
|maar `n vlugteling en `n niks werd afrikaner, so skryf maar wat jy
|wil.
"Worthlessness lies in the eye of the beholder"....
|>3. Ek wed jou 'n kakiehemp dat jy nie een van jou "feite" of syfers kan
|>staaf uit betroubare, gerespekteerde bronne.
|OK, ek kry my feite en syfers ook van die Internet af of Politieke
|raadgewers.
Eina!!!! Dan erken hy dit nog!!!!!!!!!! En jy dink jy het die waarheid
beet!!?!?! Gebruik …
|
| 4 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Wo., 05 Augustus 1998 00:00 «»
deur: G.B.
"Uitvaart" deur CAROL CLARK
… Carol Clark
Ek moes my kleinboet vaarwel soen
wyl die wind deur die langriet roer;
die volke swelg aan die oorryp son
en kewers vreet karkoer.
Uil stipkyk uit 'n donker skeur
die wildemalva roer.
Twee slangverklikkers skel verby
janfiskaal in die wilger sloer.
Fluweeltjie fyn is pienk en pers
soos die loot op 'n aartappelmoer;
die tjienkerientjee se oog is swart
is donker en warm en loer.
Tjienkerientjee se oog is swart
is stip en rond en boor.
Uit knipoog in die donkerte:
my aarde kantel oor…
|
| 5 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Wo., 18 Maart 1998 00:00 «»
deur: G.B.
"Trans-Vaal" deur PETRA MULLER
…aangeloop soos 'n gewapende man.
Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter
soek dorstig na sy prooi.
Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.
O Afrika
hoe maklik is die klanke van jou naam nie,
Afrika, en
onuitspreeklik om te sê…
|
| 6 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Vr., 04 April 1997 00:00 «»
deur: Koos[1]
Re: Doodstraf in SA: Ja, Ja, Ja !!
On 4 Apr 1997 12:38:26 GMT, wrote:
Ou Testament se oog vir oog[/color]
> Nuwe Testament se draai die ander wang
> Maar die doodstraf bly bybels.>>
Vele dinge kan natuurlik ui die Bybel geregverdig word.
Se nou maar die man by die ontbyttafel waarvan die goeie dokter vertel
het, het 'n verblindende insig gehad dat God aan hom vra hy moet sy
ouers offer met die geweer?
Nie sy seun op die vuur nie. Sy ouers op die geweer.
|
| 7 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Vr., 04 April 1997 00:00 «»
deur: <ech...
Re: Doodstraf in SA: Ja, Ja, Ja !!
… uit Nieu Zeeland
>
> Ek is n patoloog wat ook uit die NSA padgegee het voor ek te veel
> van die vrugte van die demokrasie (afrika styl) moes vreet.
>
> In ieder geval het ek onlangs die onsmaaklike voorreg gehad om lykskouings
> te moes doen op ses slagoffers van n geestesversteurde .Die ding het
> skielik een oggend besluit om sy pa ma en hulle vriende van die gras
> af te maak by die onbyttafel.Hiervoor het hy n afgesaagde haalgeweer
> gebruik.
>…
|
| 8 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Do., 03 April 1997 00:00 «»
deur: Izak Bouwer
'n Komeet in die laatwinter.
…gesien, een
uur na sononder. Met die kaal oog het dit net soos 'n groot
ster gelyk. Maar met 'n verkyker kon 'n mens duidelik die
stert sien. Mense wat buite Ottawa bly en dus weg van die
stad se ligte, vertel dat die stert met die blote oog duidelik
sigbaar was. Dit laat mens effens snaaks voel om te dink dat
hierdie komeet laas sigbaar op aarde was voor die geboorte
van Christus.
Ons wag nou hier in Oos-Ontario geduldig op die lente.
Ons weet dis al lente na ons suide. Eenkeer het ons …
|
| 9 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Sa., 15 Maart 1997 00:00 «»
deur: Izak Bouwer
"Uitvaart" deur CAROL CLARK
…soen
wyl die wind deur die langriet roer;
die volke swelg aan die oorryp son
en kewers vreet karkoer.
Uil stipkyk uit 'n donker skeur
die wildemalva roer.
Twee slangverklikkers skel verby
janfiskaal in die wilger sloer.
Fluweeltjie fyn is pienk en pers
soos die loot op 'n aartappelmoer;
die tjienkerientjee se oog is swart
is donker en warm en loer.
Tjienkerientjee se oog is swart
is stip en rond en boor.
Uil knipoog in die donkerte:
my aarde kantel oor.
(gepos deur gloudina bouwer…
|
| 10 |
Forum: Onderwys & opvoeding «»
Gepos op: Vr., 07 Februarie 1997 00:00 «»
deur: Leendert van Oostrum[2]
Re: Onderwys
…is egter in wit onderwys
verkondig. Op die oog af verskil Bengu en Verwoerd _slegs_ daarin dat Verwoerd
se uitspraak eksplisiet in die konteks van ras gemaak is, en Bengu s'n in die
konteks van nie-rassigheid. Die beleid as sodanig is egter identies.
> Dis die woorde van Verwoerd, en jy kan sê wat jy wil oor moedertaal
> instruksie ens, maar jy kan nie wegkom van die feit dat Verwoerd se
> onderwysbeleid heeltemaal gefokus was om to verseker dat swart mense
> nooit beter as aarbeiders in Suid …
|
| 11 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Sa., 25 Januarie 1997 00:00 «»
deur: Izak Bouwer
"Trans-vaal" deur PETRA MULLER
…tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter,
soek dorstig na sy prooi.
Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.
O Afrika,
hoe maklik is die klanke van jou naam nie,
Afrika, en
onuitspreeklik om te sê.
(gepos deur gloudina bouwer…
|
| 12 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Vr., 13 Desember 1996 00:00 «»
deur: rana
Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!)
…weg is, weet nie
of besef miskien nie wat nou aangaan nie.. Ek is vier maande gelede
daar weg, en ek se vir julle, die mense is fed-up, moedeloos, *atvol:
dis 'n oog vir 'n oog ... al die pad met die nuwe bewind. Dis nag vir
baie van ons mense.
> Vir eers - genoeg vrae? Antwoorde het ek nie! Het iemand?
en ek het ook nie antwoorde nie.
Ek wonder *of* daar 'n antwoord is.
Of net suiwer *Afrika* ....
Verskoon maar as ek negatief klink.
Dis net moedeloos en hartseer vir wat
aan die gebeur is.
rana…
|
| 13 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Sa., 19 Oktober 1996 00:00 «»
deur: cg
Re: Sex en Sarie Marais
…'n
oud Potchefstromer verkies ek liefs die oog van daardie mooi
Transvaalse stroompie met sy groen wilgerbome. Miskien het andere meer
besonderhede.
> Of 'n mens met Sarie Marais seks kon of nou nog kan
> he^, laat ek oor aan die snipperige mans op die nuusgroep
> om te antwoord.
Enige iets is seker moontlik by die oog van die Mooi Rivier maar dit
sal Sarie ons moet sê.
Colin Garvie
------------------------------------------------------------ -------------------
\:. …
|
| 14 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Wo., 11 September 1996 00:00 «»
deur: Johan van Vollenhoven
Volkspelers gesoek
…d-volkspelers reg oor die hele land, met die oog op die stigting van
'n Bond van Oud Volkspelers, of 'n Vriende van die Beweging,
vereeniging.
Indien u weet van oud-volkspelers, of dalk self op 'n stadium betrokke
was en volkspele gespeel het, maak gerus met my kontak.
Indien u in elk geval sou belangstel om by die Volkspele Beweging aan te
sluit en sodoende ook 'n bietjie van ons eie Afrikanerkultuur te
be-oefen, kan u ook met my skakel.
Indien u 'n huidig wel 'n volkspeler is, laat my ook weet - ek
…
|
| 15 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Wo., 01 Mei 1996 00:00 «»
deur: U21...
Neder-L, elektr. tijdschr. neerlandistiek, no. 9604.c
… betekenisgeving.)
- W.P. Gerritsen.
Van oog tot oor: de Lancelotcompilatie als `voorleesboek'.
Blz. 45-56.
(Lodewijk van Vethem bezat een handschrift van de
Lancelotcompilatie. Daarin heeft een onbekende corrector de door de
kopiisten geschreven tekst bewerkt met het oog op voordracht. Dit
gebeurt door teksttoevoegingen in de marge, wat dit handexemplaar
van een middeleeuwse voordrachtskunstenaar mogelijk tot een uniek
stuk maakt in de Europese letterkunde van de …
|
| 16 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Ma., 15 April 1996 00:00 «»
deur: Frank Snyckers
Vulgaatbalk
…eers die BALK (boom!) uit jou [eie] oog en dan sal jy
sien om die STROOITJIE (riet, takkie, neteligheid) uit jou broer se oog te
verwyder.
Wat vir my ontsaglik interessant is omtrent die Petronius aanhaling (oor
luise en bosluise) is dat die sintaksis van daardie aanhaling redelik
sterk met Matt 7:3 ooreenstem (Ek het ongelukkig net 'n Engelse
Gideonsbybel hier: Why do you look at the speck of sawdust in your
brother's eye and pay no attention to the plank in your own eye?)
Die Latyn ("vides" …
|
| 17 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: Sa., 13 April 1996 00:00 «»
deur: Bernhard Bezemer
Balk
…Reinier, BerHard se styl is om arrogant, hoogdrawend, wysneusig en
> vitterig te wees - moet dit tog nie sensureer nie, dan tas jy sy
> menswees aan :-))
------------------------------------------------------------ --------
Nou, jij kunt er anders zelf ook aardig wat van.
Evenals Reinier trouwens, geef hem maar de ruimte, hoor.
En wat te denken van sommige overdonderende threads waar
Frank mee aan kan komen. (Zie zijn Rushdie thread.
Slechts 'e'en voorbeeld van de vele. En: "O, die
stylpyl…
|
| 18 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Sa., 06 September 2025 19:41 «»
deur: Leksikograaf
voortand
…lling: voor + tand
Selfstandige naamwoord: voortand
Meervoud: voortande
Verkleinwoord: voortandjie
Meervoud van verkleining: voortandjies
Betekenis:
• Een van die middelste agt tande aan die voorkant van die mond.
Gebruik:
• Sy een oog was potblou en twee van sy voortande is ook uitgeslaan.
Sinoniem:
• snytand
Antoniem:
• kiestand
Vertaling:
Engels: foretooth, front tooth
Nederlands: voortand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 19 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 31 Augustus 2025 18:53 «»
deur: Leksikograaf
kornea
kornea
Afbreking: kor•ne•a
Selfstandige naamwoord: kornea
Meervoud: korneas
Betekenis:
• Die voorste deel van die oog wat deursigtig en koepelvormig is.
Gebruik:
• Die kornea bedek die iris en pupil, en help om lig op die retina te fokus.
Sinoniem:
• horingvlies
Vertaling:
Engels: cornea
Nederlands: cornea, hoornvlies
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 20 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Sa., 30 Augustus 2025 09:39 «»
deur: Leksikograaf
liggolf
liggolf
Afbreking: lig•golf
Samestelling: lig + golf
Selfstandige naamwoord: liggolf
Meervoud: liggolwe
Betekenis:
• Sigbare lig wat in 'n spektrum van kleure met die oog waargeneem kan word.
Gebruik:
• Die liggolwe van rooi het die langste golflengte (ongeveer 700 nm) en die van violet het die kortste golflengte (ongeveer 400 nm).
Vertaling:
Engels: light wave
Nederlands: lichtgolf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 21 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: Vr., 08 Augustus 2025 15:38 «»
deur: Maghiel
Vertalings Advies
Ek is op soek na 'n akkurate, digterlike vertaling vir "Will you scatter my ashes from the boulder in Bakoven?"
Op die oog af lyk dit maklik, maar nie een van die volgende opsies voel reg nie:
Sal jy my as van die rots in Bakoven strooi?
Sal jy my as van die rots in Bakoven afstrooi?
Sal jy my as vanaf die rots in Bakoven strooi?
|
| 22 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 27 Julie 2025 08:50 «»
deur: Leksikograaf
vuisgeveg
vuisgeveg
Afbreking: vuis•ge•veg
Samestelling: vuis + geveg
Selfstandige naamwoord: vuisgeveg
Meervoud: vuisgevegte
Betekenis:
• 'n Bakleiery waar mense mekaar met hulle vuiste slaan.
Gebruik:
• Ná die vuisgeveg het hy 'n blou oog en twee gebreekte tande.
Sinoniem:
• boksgeveg
• tweegeveg
Vertaling:
Engels: fistfight
Nederlands: vuistgevecht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 23 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Do., 24 Julie 2025 16:21 «»
deur: Leksikograaf
musikoloog
…
Afbreking: mu•si•ko•loog
Samestelling: musikologie + -oog
Selfstandige naamwoord: musikoloog
Meervoud: musikoloë
Betekenis:
• 'n Persoon wat musiek wetenskaplik bestudeer; musikologie beoefen.
Gebruik:
• Die musikoloog het 'n doktorale proefskrif oor barokmusiek geskryf.
Sinoniem:
• musiekgeleerde
• musiekkenner
• musiekwetenskaplike
Hiponiem:
• etnomusikoloog
Vertaling:
Engels: musicologist
Nederlands: musicoloog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder …
|
| 24 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 13 Julie 2025 17:16 «»
deur: Leksikograaf
doog
doog
Afbreking: doog
Werkwoord: doog
Verlede tyd: het gedoog
Betekenis:
• (verouderd) Om te duld; te verduur; 'n blinde oog draai.
Gebruik:
• Ek sal dit nie doog nie!
Wisselvorm:
• doë
Sinoniem:
• duld
• toelaat
• uitstaan
• verdra
• vergun
Vertaling:
Engels: to permit
Nederlands: dogen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 25 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 30 April 2025 19:02 «»
deur: Leksikograaf
swierbol
…bruik:
• Staal Burger is 'n swierbol met 'n oog vir vinnige motors en mooi meisies.
• 'n Paar swierbolle sing dronkmansliedjies by die kroeg.
Sinoniem:
• blinkmeneer
• blinknerf
• fuiwer
• laventelhaan
• poumannetjie
• pronker
• joller
• losbol
• pierewaaier
• plesierjagter
• pretmaker
Afgelei:
• swierbollewe
Vertaling:
Engels: playboy, pleasure hunter, joller
Nederlands: zwierbol, plezierjager
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 26 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 13 November 2024 14:55 «»
deur: Leksikograaf
mikrobe
mikrobe
Afbreking: mi•kro•be
Selfstandige naamwoord: mikroob, mikrobe
Meervoud: mikrobe, mikrobes
Betekenis:
• 'n Eensellige organisme wat te klein is om met die blote oog te kan sien.
Gebruik:
• Bakterieë, kieme en virusse is mikrobes.
Sinoniem:
• mikroörganisme
• mikro-organisme
Vertaling:
Engels: microbe
Nederlands: microbe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 27 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Ma., 28 Oktober 2024 06:27 «»
deur: Leksikograaf
mikro-organisme
…or•ga•nis•me
Samestelling: mikro + organisme
Selfstandige naamwoord: mikro-organisme
Meervoud: mikro-organismes
Betekenis:
• 'n Organisme wat so klein is dat dit nie met die blote oog gesien kan word nie.
Gebruik:
• 'n Amoeba is 'n eensellige mikro-organisme.
• Virusse en bakterieë is mikro-organismes.
Wisselvorm:
• mikroörganisme
Vertaling:
Engels: microorganism
Nederlands: micro-organisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 28 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 27 Oktober 2024 17:57 «»
deur: Leksikograaf
mikroörganisme
…+ organisme
Selfstandige naamwoord: mikroörganisme
Meervoud: mikroörganismes
Betekenis:
• 'n Organisme wat so klein is dat dit nie met die blote oog gesien kan word nie.
Gebruik:
• 'n Amoeba is 'n eensellige mikroörganisme.
• Virusse en bakterieë is mikroörganismes.
Wisselvorm:
• mikro-organisme
Sinoniem:
• mikrobe
Vertaling:
Engels: microorganism
Nederlands: micro-organisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 29 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Vr., 12 Januarie 2024 15:47 «»
deur: Leksikograaf
towerkuns
…te gebruik.
• 'n Toertjie wat op die oog af onmoontlik lyk (kulkunde).
Gebruik:
• Tog het die towenaars met hulle towerkunste dieselfde gedoen en ook paddas oor Egipte laat kom. [Eksodus 8:7]
• Die nar probeer die kinders met sy towerkunsies te kul.
Wisselvorm:
• toorkuns
Sinoniem:
• goëlery
• goëlkuns
• heksery
• kulkuns
• magie
• toordery
• towerspel
Vertaling:
Engels: wizardry, witchcraft, sorcery, magic
Nederlands: toverkunst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of …
|
| 30 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 03 Januarie 2024 10:32 «»
deur: Leksikograaf
sewegesternte
…aamwoord: sewegesternte
Meervoud: –
Betekenis:
• Die Sewe Susters, 'n groep sterre in die hemelruim (met hoofletter), of figuurlik, sewe talentvolle persone (met kleinletter).
Gebruik:
• Die Sewegesternte kan in die somer in die Suidelike Halfrond met die blote oog gesien word.
Sinoniem:
• Plejades
• Sewe Susters
• Sewester
Vertaling:
Engels: Pleiades, Seven Sister
Nederlands: zevengesternte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 31 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Do., 28 Desember 2023 10:56 «»
deur: Leksikograaf
opties
opties
Afbreking: op•ties
Byvoeglike naamwoord: opties
Attributief: optiese
Betekenis:
• Wat met die oog of visie te make het.
Gebruik:
• 'n Reënboog is 'n optiese verskynsel.
Vertaling:
Engels: optic, optical
Nederlands: optisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 32 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 11 Oktober 2023 19:10 «»
deur: Leksikograaf
wangbeen
…
Meervoud: wangbene
Verkleinwoord: wangbeentjie
Meervoud van verkleining: wangbeentjies
Betekenis:
• Die been aan die voorkant van die skedel onder die oog.
Gebruik:
• Die plasing en vorm van die wangbeen bepaal tot 'n groot mate hoe die gesig lyk.
Sinoniem:
• aangesigbeen
• jukbeen
• os zygomaticum
Afgelei:
• wangbeenboog
Vertaling:
Engels: cheekbone, zygomatic bone
Nederlands: jukbeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 33 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: So., 30 Julie 2023 19:24 «»
deur: Leksikograaf
wakend
…
Betekenis:
• Wat waak (wakker bly, wag hou, oppas).
Gebruik:
• Die polisie doen 'n beroep op die gemeenskap om wakend te wees en enige verdagte persone of aktiwiteite te rapporteer.
• Die moeder hou 'n wakende oog oor haar kinders.
Sinoniem:
• beskermende
• verdedigend
• waaksaam
• wakker
Vertaling:
Engels: wakeful, vigilant
Nederlands: wakend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van waak.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 34 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Do., 13 Julie 2023 18:59 «»
deur: Leksikograaf
sigbaarheid
…
Afbreking: sig•baar•heid
Samestelling: sigbaar + -heid
Selfstandige naamwoord: sigbaarheid
Meervoud: sigbaarhede
Betekenis:
• Die toestand van sigbaar (met die oog waarneembaar) wees.
Gebruik:
• Die nat weerstoestande dra by tot swak sigbaarheid op die paaie.
Sinoniem:
• bemerkbaarheid
• waarneembaarheid
Antoniem:
• onsigbaarheid
Vertaling:
Engels: visibility
Nederlands: zichtbaarheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 35 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 05 Julie 2023 13:30 «»
deur: Leksikograaf
opmerk
…skoen se veter los is.
Spreekwoord:
• Die balk in jou eie oog nie opmerk nie. [Jou eie foute nie raaksien nie.]
Sinoniem:
• bekyk
• bespeur
• bespied
• gadeslaan
• raaksien
• waarneem
• bekendmaak
• noem
• vermeld
• sê
Afgelei:
• opmerkbaar
• opmerker
• opmerking
• opmerklik
• opmerksaam
Vertaling:
Engels: to notice, observe; to remark
Nederlands: opmerken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 36 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Wo., 28 Junie 2023 07:58 «»
deur: Leksikograaf
kalklig
… (figuurlik) Iets wat op die voorgrond is; in die publieke oog, wat die aandag steel.
Gebruik:
• Kalklig is vroeër in teaters vir beligting gebruik.
• Sy steel die kalklig met haar rooi rok.
Sinoniem:
• aandag
• beligting
• blootstelling
• faam
• kollig
• soeklig
Afgelei:
• kalkligapparaat
• kalkligvertoning
• kalkligvoorlesing
Vertaling:
Engels: limelight
Nederlands: kalklicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word…
|
| 37 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Ma., 19 Junie 2023 15:59 «»
deur: Leksikograaf
moniteer
moniteer
Afbreking: mo•ni•teer
Werkwoord: moniteer
Verlede tyd: het gemoniteer
Betekenis:
• Om te kyk dat alles reg loop; 'n oog oor sake hou.
Gebruik:
• Die polisie moniteer die situasie.
Afgelei:
• moniteerder
• moniterend
• monitering
Vertaling:
Engels: to monitor
Nederlands: monitoren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 38 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Vr., 12 Mei 2023 10:04 «»
deur: Leksikograaf
knipogend
'n Knipogende man.
knipogend
Afbreking: knip•o•gend
Samestelling: knipoog + -end
Byvoeglike naamwoord: knipogend
Attributief: knipogende
Betekenis:
• Met 'n knip van die oog.
Gebruik:
• Sy het knipogend gesê: "As daar sneeu op die berg lê, dan brand die vuur in die kaggel."
Vertaling:
Engels: with a wink
Nederlands: knipogend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
| 39 |
Forum: Prosa & poësie «»
Gepos op: Do., 20 Oktober 2022 17:46 «»
deur: Louis Basson
ek het vir jou baie lief
…ek is vir jou
jy bring ‘n vonkel na my oog
as ek sien hoe die liefde uit jou hele wese ontvou
die totale oorgawe waarmee jy bak en brou
die teerheid waarmee jy ‘n stukkende voëltjie teen jou bors vashou
die sagtheid waarmee jy wasgoed oor die wasgoedlyn vou
jy bring ‘n wysie na my oor
as ek hoor hoe die liefde diep vanuit jou binneste opbou
die warmte waarmee jy klein gebeurtenisse onthou
die fermte waarmee jy die gesin omvou
die manier waarmee jy lagspiere ontklou
jy bring ‘n klop na …
|
| 40 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Ma., 10 Oktober 2022 14:16 «»
deur: Leksikograaf
oftalmies
oftalmies
Afbreking: of•tal•mies
Byvoeglike naamwoord: oftalmies
Attributief: oftalmiese
Betekenis:
• Betreffende die oog en oogsiektes.
Gebruik:
• Oogdruppels is 'n oftalmiese oplossing.
Sinoniem:
• oogheelkundig
Verwant:
• oftalmie
• oftalmoloog
• oftalmologie
Vertaling:
Engels: ophthalmic
Nederlands: oftalmisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|