| Reserve Bull [boodskap #45259] |
Wo., 27 Junie 2001 09:34  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Gloudina het immers in 'n swart gebied gewerk.
Of dit 'n reservaat was, sal net Emmy en dalk Big Chief Sitting Bull weet.
Gloudina :
En Chief Wouter Bull. 'n Verskoning is in orde:
Dictionary of South African English:
"Reserve(s)...areas of land set aside for the occupation of
blacks, later redesignated homelands..
.
Quote from Louw & Kendall "South Africa: The Solution 1989
"Finally came the notorious Native Lands Act of 1913 which
demarcated 8% if South Africa's surface areas as "Native
Reserves."
Wouter:
'n Verskoning is maklik, jy het hom.
Ek is in elk geval nie die een wat die meeste feite verkeerd gehad het nie,
nog 'n paar verskonings is dalk ook in orde? Daar het jy dit nou :-)
In Afrikaans het 'n reservaat normaalweg die betekenis van 'n sanctuary,
soos 'n wildreservaat. 'n Paar woordeboeke bevestig dit, geen bied 'n swart
stamgebied as 'n moontlike betekenis nie. Hoe daardie Native Reserves in
Afrikaans genoem is, sal interessant wees om te weet, ek het nooit die woord
reservaat daarvoor gehoor nie. Dit is beslis nie deel van ons spreektaal
nie.
Terloops, die swart werkers in die Kaap praat van die Ciskei of Transkei as
hulle "home country" of bloot "home". Baie gaan nog gereeld oor Kersfees na
die home country. Maar nooit "homeland" nie, ek vermoed dis politiek gelaai.
"Reserve" in hierdie konteks is dus op die heel beste 'n anachronisme. Maar
soos jy sê, 'n verskoning is in orde. As ons nou net kan vasstel wat Emmy se
reservaten in 1964 ingesluit het. En hoekom die syfers so ongeloofwaardig
lyk.
Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse voorvaders
Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910 gestig het, toe plaas hulle
apartheid formeel op die wetboek. (Die NP het eers baie jare later die naam
daarvoor uitgedink.) Die bleddie Hollanders was tog helse en openlike
rassiste, né.
|
|
|
|
| Re: Reserve Bull [boodskap #45279 is 'n antwoord op boodskap #45259] |
Wo., 27 Junie 2001 12:57   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse voorvaders
> Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910 gestig het, toe plaas hulle
> apartheid formeel op die wetboek. (Die NP het eers baie jare later die naam
> daarvoor uitgedink.)
Nee, Wouter, so maklik kom jy nie daarvan weg nie. Na1948 was dit 'n heel ander
ball game. Na 1948 het sosiale
apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Reserve Bull [boodskap #45422 is 'n antwoord op boodskap #45354] |
Vr., 29 Junie 2001 04:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Mens kan regs wees en nog steeds reg wees Ernest:))
Annette
Ernest skryf in boodskap news:3b3bfc78.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina,
> Daar is darem dae wat ek met jou moet saamstem. My stiefoupa het altyd gesê
> "hoe kon die regering 'n wet inbring wat boeresport verbied? Dink die
> regering die kleurlinge het hulleself so gemaak?" En, hy was baie regs. 'n
> Strydom en baie, baie regs. Eintlik verkramp regs.
>
> Ernest
> skryf in boodskap news:3B39D8F7.8BA71F93@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>> Na 1948 het sosiale
>> apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
>> huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
>> vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
>> by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
>> swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
>> anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
>> meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Reserve Bull [boodskap #45479 is 'n antwoord op boodskap #45431] |
Vr., 29 Junie 2001 16:15  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Is dit omdat jy hou kop na die linkerkant toe skeef hou as jy skryf?:)))
Annette
Max skryf in boodskap news:9hha02$jrf$1@azure.nl.gxn.net...
> Ek skryf ook regs, maar maak ook foute...
> _________________________________________
> Annette schreef in berichtnieuws
> 9hh0ge$e1aot$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 'n Mens kan regs wees en nog steeds reg wees Ernest:))
>> Annette
>>
>> Ernest wrote in message
>> news:3b3bfc78.0@news1.mweb.co.za...
>>> Gloudina,
>>> Daar is darem dae wat ek met jou moet saamstem. My stiefoupa het altyd
>> gesê
>>> "hoe kon die regering 'n wet inbring wat boeresport verbied? Dink die
>>> regering die kleurlinge het hulleself so gemaak?" En, hy was baie
regs.
> 'n
>>> Strydom en baie, baie regs. Eintlik verkramp regs.
>>>
>>> Ernest
>>> skryf in boodskap news:3B39D8F7.8BA71F93@home.com...
>>>> Wouter Plaasvark wrote:
>>>> Na 1948 het sosiale
>>>> apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
>>>> huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
>>>> vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
>>>> by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
>>>> swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
>>>> anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
>>>> meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
>>>
>>
>
|
|
|
|