Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat gebeur hier!!
Wat gebeur hier!! [boodskap #5382] |
Tue, 23 January 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoe lewensvatbaar is die forum?
Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
forum geplaas word.
Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
of jy alles sien.
Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
van die groep.
En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
(Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)
|
|
|
|
|
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5432 is 'n antwoord op boodskap #5382] |
Thu, 25 January 1996 00:00   |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
fe...@is.co.za (Koos) schreef:
> Hoe lewensvatbaar is die forum?
> Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
> 90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
> bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
> forum geplaas word.
> Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
> of jy alles sien.>
Dit is 'n volkomen ongegronde beskuldiging, dit IS alle berigte. Jy
kan dit voor jouself kontroleer deur in te skryf op die forum: stuur
'n epos-berig na lists...@unseen.aztec.co.za met as inhoud SUBSCRIBE
afrikaans .
> Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
Deur te lees!!!! Hoe anders?????
> Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
> van die groep.
NEE! Die epos-forum is net 'n andere tegniese manier om dieselfe
informasie te benader. Jou beskuldiging is sonder rede.
> En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
> wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
Omdat dit die moontlikhede bied om die informasie op verskillende
maniere te benader. Daar is 'n DEMOKRATIESE, OFFISIELE stemming oor
hierdie saak gewees. Die meerderheid van die mense het daarvoor
gestem, dat die artikels tussen die nuusgroep en die epos-forum
uitgewissel word.
> Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
Nee. Maar wanneer jou voorstel, loskoppeling van die nuusgroep en die
epos-forum uitgevoerd word, dan word dit de-facto 'n geslote
nuusgroep. Die koppeling is juis bedoel om daarvoor te sorg, dat die
diskussies in die openheid gebeur, sodat iedereen dit kan lees.
Wanneer die AFRIKAANS[xxxx]-berigte verdwyn, sal baie mense die nie
meer lees nie.
Die drempel vir 'n epos-forum is baie hoger dan voor 'n nuusgroep.
Daar is baie mense die nie in staat is nie om in te skryf op 'n
epos-forum, omdat dit te ingewikkeld is. Daar is egter ook mense die
net toegang het tot epos en nie tot nuusgroep nie.
Dit is wel so, dat die koppeling op hierdie moment handmatig is,
daardeur kan het ek die moontlikheid om artikels te filter, MAAR EK
DOEN DIT NIE. Die koppeling moet so snel as moontlik automatisch word,
maar ek het nog nie iemand gevind die dit wil doen nie.
> (Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)
Iedereen die daartoe behoefte voel kan in hierdie nuusgroep (en dus
ook in die epos-forum, die berigte word in twee rigtinge deurgestuur)
pos. Daar is geen enkele geslotenheid: iedereen kan pos, in die taal
die hy/sy wil en met die onderwerpe/meninge die hy/sy het.
Robert.
|
|
|
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5465 is 'n antwoord op boodskap #5382] |
Fri, 26 January 1996 00:00   |
Johan de Villiers
Boodskappe: 67 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koos (fe...@is.co.za) wrote:
: Hoe lewensvatbaar is die forum?
: Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
: 90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
: bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
: forum geplaas word.
: Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
: of jy alles sien.
: Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
: Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
: van die groep.
: En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
: wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
: Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
: (Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)
Jy is darem baie haastig met jou uitlatings. As jy die hele geskiedenis
van die Afrikaanse nuusgroep en poslys ken, sal jy weet waarom daar
boodskappe van die poslys op die nuusgroep verskyn.
Ek was, saam met Marco Van Het Hoog en andere, van die eerstes wat 'n
soc.culture.afrikaans op die been probeer bring het - dit was twee of
drie jaar gelede. Ons aanvanklike poging het vir verskeie redes misluk
(die vernaamste rede was valse stemme wat uitgebring is), maar
terselfdertyd is die Afrikaanse poslys gestig om die leemte te vul.
Ek neem geen krediet hiervoor nie, maar die verantwoordelike persoon
se naam ontgaan my op die oomblik.
Ander mense (hoofsaaklik Robert Wagenaar in Amsterdam) het 'n nuwe
poging vir 'n nuusgroep van stapel gestuur, wat toe geslaag het.
Robert was nog altyd 'n gereelde bydraer tot die poslys, en hy herlei
die boodskappe na die nuusgroep, en andersom, op 'n wyse wat in
oorlegpleging (ja, demokraties!) met die poslyslede besluit is. Ek
verwag dat mense geleidelik na die nuusgroep sal migreer, maar almal
het nie toegang tot Usenet nuusgroepe nie, gevolglik verkies sommiges
nog steeds die poslys.
Ek vergeet wat die presiese metode is om op die poslys in te skryf.
Miskien kan iemand anders die instruksies weer hier plaas.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
|
|
|
|
|
|
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5572 is 'n antwoord op boodskap #5382] |
Wed, 31 January 1996 00:00  |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef
avdm...@miningt1.csir.co.za:
> In article wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar) writes:
>> Dit is 'n volkomen ongegronde beskuldiging, dit IS alle berigte. Jy
>> kan dit voor jouself kontroleer deur in te skryf op die forum: stuur
>> 'n epos-berig na lists...@unseen.aztec.co.za met as inhoud SUBSCRIBE
>> afrikaans .
> Hokaai! Laat my tot ferdi/koos se verdediging kom hier: dit is ooglopend
> vanuit die soms gebroke drade (threads) dat nie ALLE boodskappe vanuit die
> afr e-pos groep "hier" verskyn nie. Ek plaas "hier" in aanhalingstekens, want
> "hier" is 'n funksie van die server waarvandaan die leser sy nuusgroep kry.
> Uit ondervinding weet ek dat nie alle boodskappe verskyn op die server wat my
> bedien nie (op ander groepe ook, nie net scsaa nie). Mens moet maar saamleef
> met die feit dat die Net nie onfeilbaar is nie. Wees net versigtig voor jy
> jou voet in jou mond sit...
Is jy seker dat daar boodskappe ontbreek? Hier (news.xs4all.nl)
ontbreek werkelik geen boodskappe (dit is eenvoudig te kontroller,
deur te kyk na die nummers van die AFRIKAANS[XXXX] artikels. Als die
XXXX nummers nie doorlopend is nie, dan ontbreek daar artikels.
Die feit dat die 'threads' gebroke is, word nie noodsaaklik
veroorsaak deur die feit dat artikels ontbreek:
die Epos-server gee die artikels steeds nuwe nummers in die titel,
waardeur die artikels deur die Nuus-software nie as 'thread'
herken word nie:
v.b.
AFRIKAANS[1010] Diskussie
AFRIKAANS[1011] Re: Diskussie
Afgesien daarvan, is dit natuurlik ook mogelyk, dat sommige artikels
nie goed deur die net gekom het nie, of dat ek 'n vergissing gemaak
het by die doorstuur van die artikels.
Robert.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 07:55:00 UTC 2025
|