| Broederbond Feit/Fiksie? [boodskap #41727] |
So., 06 Mei 2001 22:50  |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: Maart 2001
|
Senior Lid |
|
|
Weet enige iemand iets van die Broederbond af wat beduidend is? Ek wil meer
oor die Broederbond weet en wat hulle gedoen het of dalk doen.
Is hulle goed/sleg?
Bestaan hulle nog? Ek hoor gerugte oor die Afrikaner Bond, maar is dit
werklik hulle of iets anders?
Dankie
Logika
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Broederbond Feit/Fiksie? [boodskap #41761 is 'n antwoord op boodskap #41760] |
Ma., 07 Mei 2001 11:27   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi wrote:
> On Mon, 7 May 2001 00:50:41 +0200, "Logika"
> wrote:
>
> wil meer
>> oor die Broederbond weet en wat hulle gedoen het of dalk doen.
>
N.P. van Wyk Louw en Dirk Opperman was blykbaar
albei Broederbonders. ( Dit word openlik in biografieë
oor hulle aangedui.) Alhoewel die feit dat hulle baie
goeie digters is, soos 'n paal bokant die water staan,
wonder mens tog hoeveel die paaie vir publikasie
van beide maklik gemaak is deur die feit dat hulle pals
gehad het wat in magsposisies in die uitgewerswêreld
gestaan het. Wonder hoeveel ander minor poets het
dieselfde voorkeur gekry omdat hulle deur Broeder-
bonders gestoot is.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Broederbond Feit/Fiksie? [boodskap #41765 is 'n antwoord op boodskap #41735] |
Ma., 07 Mei 2001 12:14   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wag nog net vir die stem wat wegraak en die vreeslike hoofpyne - dan begin
jy "ernstige" goed te pos soos ek die afgelope paar dae:))
Broederbond - is dit nie nou 'n geheime onwettige organisasie nie?
Ek meen - dit is hoogs diskrimineel.
So, al weet ons, mag ons niks sê nie:)
Annette
Logika wrote in message ...
> Ja, snaaks dat jy vra. Ek het 'n oor en keel infeksiekie en die medisyne
> maak my so moeg soos kan kom, maar ek kan net nie slaap nie. Tipe van "catch
> 22" as jy weet wat ek bedoel.
>
> Groete
> Logika
>
> NS Sit juis hier en suie aan my Andolex pypie. (Medisyne wat die keel
> verdoof)
>
>
> Davie Davis wrote in message
> news:hambft40usjolnq9rgdpnjhd6vlhhm1ijq@4ax.com...
>> Ly jy aan slaaploosheid Logic?
>> DD
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Broederbond Feit/Fiksie? [boodskap #41768 is 'n antwoord op boodskap #41727] |
Ma., 07 Mei 2001 16:28   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi wrote:
> Hennie Serfontein het die eed in Vrye Weekblad gepubliseer wat
> Broeders moes sweer.
> Dit - sover ek kan onthou - het vereis dat getrouheid aan die BB
> gesweer word bo alles.
> Ek was verstom toe ek dit lees. So baie dominees.......
>
Ja, rêrig. Dis hoekom mens later sommer so 'n donkerte op
die gesig van sommige dominees kon sien - soos byvoorbeeld
Ds. Gericke daar in Stellenbosch. Hulle het in hulle harte geweet
dat daar iets skort, maar hulle was te diep in om te begin
protesteer. Dis wanneer die godsdienstige leiers hulle siele
begin verkoop vir 'n pot lensiesop, dat die ware bose onheil
begin. Daar was byvoorbeeld Grieks-Ortodokse priesters
in die USSR toegelaat, gedurende die hele Kommuniste-regime,
maar hulle was maar net lakeie van die staat. Dis vandag dieselfde
in Tibet. Die Sjinese hou 'n soort van token Buddhiste regime in
stand in Tibet, maar dit is mense wat saamwerk met die Sjinese.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Broederbond Feit/Fiksie? [boodskap #41844 is 'n antwoord op boodskap #41770] |
Do., 10 Mei 2001 12:44  |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
|
Senior Lid |
|
|
leer die boek 'n mens ook vloek?
--
----------------------------------------------------
SMILE! it adds to your face value.
----------------------------------------------------
"Johan D. Strydom" skryf in boodskap news:9d6ke1$9sa$1@ctb-nnrp1.saix.net...
: Ek kan die boek wat Ferdi noem, ook ten sterkste aanbeveel -
dit is uiters
: insiggewend.
: Jou naaste biblioteek behoort 'n kopie te hê.
|
|
|
|