Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » êrens hier...
êrens hier... [boodskap #39656] |
Sun, 25 February 2001 17:37  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
het ek vir Ferdi gevra hoe sy kop polities werk...
hom gevra vir watter politieke party hy stem.
En ek kan nie onthou waar nie - so ek weet
nie wat hy geantwoord het nie.
Weet hulle dalk waar?
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39753 is 'n antwoord op boodskap #39711] |
Wed, 28 February 2001 13:25   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 27 Feb 2001 23:45:07 +0200, Davie Davis
wrote:
> Ek het jou 'n lang storie vertel en jou steeds niks gesê nie want
>
> presies fokol het dit met jou te doen vir wie ek stem ou Ferdi
> want
> Daai een van what is good for the goose is good for the
> gander.
Inderdaad. Daarom het ek jou nie gevra vir wie jy stem nie. Ek vra
NIEMAND vir wie hullre gestem het nie. Nie eers my vrou nie. Ek glo
met 'n passie aan die geheimhouding van 'n stem as een van die
absolute basisse van demokrasie.
Dus, "presies fokol" vir my en vir jou inderdaad.
Maar wat ek gevra het, was beginsels.
Met ander woorde wat glo jy is fundamentele dinge wat ons met mekaar
moet doen of respekteer. Mekaar being ALMAL
Wat is die dinge wat jy nie aan andere sal doen nie en wat andere nie
aan jou moet doen nie. En hier bedoel ek sosio-politieke dinge, nie
die redelik voor die handliggende dinge soos doodmaak, water in jou PC
gooi ens nie.
Jy het my nie om my beginsels gevra nie. As jy het, sou ek jou
geantwoord het.
Ek glo in demokrasie. Dus geheime stem vir alle volwassenes wat ewe
veel tel vir almal, gereelde verkiesings en vryheid van assosiasie.
Ek glo in nie rassigheid en om nie op seks te diskrimineer nie.
Dus wil ek nie as "minder" geoordeel word deur 'n Cecil John Rhodes of
'n lord Milner omdat ek Afrikaans praat nie. Ek is gelyk met Rhodes se
nefie, sy moer.
Dus - omdat ek dir vereis - mag ek nie 'n ander minder oordeel omdat
hy of sy Engels of Portugees of Swart of Chinees is nie.
Dis drie beginsels
Dan nog glo ek dat ALLE mense ewe sterk regte het.
Dit, Davie, is my beginsels. Daarmee saam moet ek leef. Vir die goose
en vir die gander.
En dit werk NET as ek dit 1) eweredig toepas en 2) op myself ook
toepas.
Daarom dink ek die volgende - byvoorbeeld - is drolle: Penuell Maduma,
Steve TSwete, Eugene Terre'Blanche, Krokkie, Reenen, Jef Radebe, daai
doos in Natal in die Playhouse raad. Die garra vent in die Natalse
parlement wat so onder sy lip gewaai het.
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39814 is 'n antwoord op boodskap #39809] |
Thu, 01 March 2001 15:01   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 01 Mar 2001 14:19:27 +0200, Davie Davis
wrote:
> Ek glo in demokrasie. Dus geheime stem vir alle volwassenes wat ewe
>> veel tel vir almal, gereelde verkiesings en vryheid van assosiasie.
>> Ek glo in nie rassigheid en om nie op seks te diskrimineer nie.
> En hoe voel jy oor 'reg(?)'stellende aksie wanneer jy wys op jou
> geloof in nie_rassigheid en nie_seksisme?
Regstellende aksie. (RA)
In 1992 op 'n kongres vra 'n Amerikaner aan Barbara Masekela hoekom
hulle met RA gaan begin omdat dit baie ongewild in die VSA is en
inherent rassisties is.
Toe antwoord sy: "Regstellende aksie is baie gebrekkige instrument om
die verlede reg te stel, maar dis al een wat ons het. As jy 'n beter
idee het, kom se ons asseblief."
Apartheid het die samelewing erg verwring en witmense vir lank
bevoordeel en swartmense benadeel.
Dit moet om twee rede aangespreek word. Eerstens omdat 'n samelewing
in SA tot stand moet kom waar werklike en ware gelykheid ten minste
sigbaar moet begin word - anders die ideaal van gelykheid net woorde.
. Tweedens omdat watter party ookal die eerste verkiesing gewen het,
nie lank in mag sou gebly het as alles dieselfde gebly het nie -
staatsdiens steeds wit van bo af, top jobs in army, polisie steeds
wit, Top jobs in private sektor steeds wit. TV stasies steeds
hoofsaaklik wit ens. ens. . Dan sou daar gou-gou oorgegaan gewees het
na 'n party wat aksie beloof het om dit gou enradikaal reg te stel.
Ek reken dus RA is nodig om die erge verwringing van die verlede
sodanig reg te kry dat swartmense eienaarskap van die samelewing kan
begin voel en dat daar actually meer gelyke geleenthede gevestig word.
Dan moet dit eindig want dit is inherent rassisties.
Ek reken die huidige regering maak kak deur nie duidelik aan te dui
dat RA iewers GAAN eindig nie.
Bietjie soos ek met my kinders maak. Sal vir albei se: "Ek help nou
gou eers die ander een want sy het dit meer as jy nodig. Die tweede
een aanvar dit WANT sy weet dat as dinge weer gelyk is, onttrek ek. En
as sy hulp meer nodig het, sal ek haar eerste help..
Anders gestel - soos chemoterapie. Dis gif wat gebruik word om die
liggaam gesonder te maak. Maar kort voor lank moet jy ophou of die
liggaam sterf net gou as wat dit sal sterf sonder chemoterapie.
>> Dan nog glo ek dat ALLE mense ewe sterk regte het.
> Het ongebore babas net sulke sterk regte?
Vraag een. Wanneer is 'n ongebore baba 'n mens? Die reg ("the law")
het oor eeue 'n afsnypunt gemaak wanneer daar lewensvatbaarheid is.
Anders gestel, ek het nog nooit gesien dat 'n vrou wat 'n miskraam
gehad het, 'n begrafnis hou nie, maak nie saak wat haar geloof is nie.
Daar is eenvoudig afsnypunte anders sou die gebruik van 'n kondoom of
maturbasie beskou gewees het as gelyk aan moord. Of menstruasie sou
moord gewees het. Dit is nie die geval nie.
Die lewe is soms kompleks en vol kontradiksies.
In die tweede plek is daar 'n opweeg van regte. Die kind het regte en
die ma het regte. Watter een weeg die swaarste?
Wat sou jy se moet gebeur as daar 'n keuse gemaak moet word tussen 'n
ongebore kind en 'n ma?
Dit gebeur soms werklik. Of die swangerskap gaan voort en die ma sterf
of die ma leef en die ongebore kind sterf.
Voorts het besluite gevolge.
Sou jy se pro lifers het 'n verantwoordelikheid om toe te sien dat die
kinders was ongewens gebore word, 'n aanvaarbare lewe lei?
En hoé vergelyk die ongebore
> baba se regte met dié van 'n misdadiger? Van 'n moordenaar?
Eerstens is daar die ooglopende vraag van wanneer ongebore lewe "mens
" is in die sin van regte wat die samelewing daaraan toeskryf.
Die reg werk met 'n afsnypunt van 'n sekere aantal maande.
- 'n Mens kan natuurlik se dat menseregte net diegene in ONS wereld
betrek, met ander woorde die wat reeds gebore is en as onafhanklike
wesens bestaan. Dan begin die regte wanneer die naelstring gesny word
en die kind op sy eie asemhaal en die hart klop.
Maar ons praat nie nou om gladde antwoorde te gee nie. Ek is bereid om
jou vrae te respekteer en so eerlik as moontlik te antwoord. So ek
werk daarmee dat ongebore kinders in 'n stadium regte begin verwerf.
Maar dit kan net gebeur nadat die eierselle bevrug is (dit los die
kondoom-vraag op) en ook nie pas daarna nie (dit is hoekom vrouens
wat miskrame gehad het, nie formele begrafnisse hou nie).
Dus sou ek se - soos die reg se - dat daar 'n werklike
lewensvatbaarheid moet wees voor regte toegeken word. Selfs dan is dit
uiteraard 'n vae situasie. Hoekom ek so se, is omdat daar NA so 'n
redelike afsnypunt van lewensvatbaarheid, STEEDS soms miskrame kom.
Nou, as daardie ongebore wese dieselfde regte as die misdadigers van
jou vraag het in daardie stadium , dan moet daar mos 'n
polisieondersoek kom na die miskraam/skielike dood ?
En ek kan jou vereker dat selfs in die Ou SA was daar nooit 'n moord
of selfs strafbare manslag ondersoek deur die polisie as kinders
doodgebore was nie.
Dus, ongebore babas op 'n sekere stadium van lewe het dieselfde SOORT
regte as misdadigers, maar omdat hulle nog nie ten volle mense is nie,
is dit nie heeltemal dieselfde soort regte nie. Hulle kan byvoorbeeld
nie - soos volwasse misdadigers kan - kontrakte aangaan nie.
.
Jou vraag lei waarskynlik na die punt van "aanvaar jy aborsie, maar is
jy teen die doodstraf" .
Indien dit jou mikpunt is, my antwoord is: Wanneer 'n ongebore vrug
'n sekere stadium van lewe bereik het, so 'n mate dat 'n mens met 'n
sekere mate van redelikheid kan verwag dat dit 'n normale kind gebore
sal word, dan moet willekeurige aborsie van so 'n ontwikkelde vrug nie
toegelaat word nie (en die doodstraf moet ook nie toegelaat word nie).
Wanneer, in so 'n geval, dit 'n keuse is tussen die lewe van die ma of
die kind, moet die ma die keuse gegee word om haarself te red of haar
kind op te offer.
(Dis nie 'n vreemde keuse nie. Dit word oral in die reg toegelaat. As
ek en jy bergklim en jy kan my hand laat los om jouself te red en dan
val ek in my moer of jy red my maar dan val jy in jou moer, gaan daar
geen moordklag teen jou wees as jy jou eie lewe bo myne kies nie.)
MAAR dan skop 'n verantwoordelikheid van die gemeenskap in. Daardie
kinders HET dan regte en by implikasie moet ons dan na hulle kyk. As
hulle nie ouers het nie of as hulle ouers hulle weggooi, moet die
gemeenskap - wat hulle reg beskerm het toe hulle in hulle moeders se
mae was - na hulle kyk.
As die pro lifers nie bereid is om hulle aan te neem nie, dan moet
belastginggeld obviously gebruik word om ordentlike weeshuise vir
hulle te bou en te bedryf.
Baie basies het jy en ek dieselfde waardes Ferdi - maar wanneer ons
na
> deursigtigheid en detail soos bo genoem kyk, het ons steeds dieselfde
> waardes?
Ek weet nie. Ek het jou gese wat ek dink. Nou is dit seker jou beurt
om dit te vergelyk met wat jy dink.
> Want Ferdi, jou beginsels moet nie net mooi lyk op papier nie maar ook
> in die praktyk.
Inderdaad. Anders gestel: As ek nie wil he 'n drol in die
KwaZulu/Natal- parlement moet sy vingers voor sy neus waai asof hy
iets stinks ruik terwyl hy Zulu "slang" vir witmens se nie, dan moet
ek moeite doen om toe te sien dat ek nooit 'n swartmens in byvoorbeeld
die nuusgroep op dieselfde wyse behandel nie.
Dis iets wat mense soos Krokkie en Reenen klaarblyklik onmoontlik vind
om te verstaan.
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39818 is 'n antwoord op boodskap #39814] |
Thu, 01 March 2001 19:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi wrote:
> wrote:
>
>> En hoe voel jy oor 'reg(?)'stellende aksie wanneer jy wys op jou
>> geloof in nie_rassigheid en nie_seksisme?
>
> Apartheid het die samelewing erg verwring en witmense vir lank
> bevoordeel en swartmense benadeel.
> Dit moet om twee rede aangespreek word. Eerstens omdat 'n samelewing
> in SA tot stand moet kom waar werklike en ware gelykheid ten minste
> sigbaar moet begin word - anders die ideaal van gelykheid net woorde.
>
In die VSA is die African-American bevolking maar net 12% vandie
bevolking en word daar nou nog "regstellende aksie" toegepas.
Inderdaad, Colin Powell, 'n Republikein, het by die laaste Republikeinse
konvensie 'n intense pleidooi gelewer vir die behoud daarvan.
In die geval van Suid-Afrika voel ek dat daar amper nie van
regstellende aksie gepraat moet word nie. Daar moet 'n ander soort
term gegee word aan die poging om die tagtig persent van die
bevolking wat nie wit is nie, hulle regmatige tagtig persent aandeel
aan hul land se aktiwiteit te gee nadat apartheid dit van hulle afgeneem
het vir 'n halfeeu. Dierbaarheid, die wit bevolking in skaars vyf of ses
miljoen. En die nie-blanke bevolking oor die dertig miljoen. Groter as
die gehele bevolking van Kanada. Dit is dus nie regstellende aksie nie,
maar 'n algehele rewolusie om die land terug te laat keer na die
bevolkingsgroep wat eintlik die oormaat van die land se bevolking is.
Gloudina
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39823 is 'n antwoord op boodskap #39814] |
Thu, 01 March 2001 20:38   |
Sakkie[2]
Boodskappe: 36 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ferdi wrote...
> Ek reken dus RA is nodig om die erge verwringing van die verlede
> sodanig reg te kry dat swartmense eienaarskap van die samelewing kan
> begin voel en dat daar actually meer gelyke geleenthede gevestig word.
...en in die proses verwring hulle die samelewing maar net nog verder, want
die land se kapasiteit om meer geleenthede vir almal te skep, word
vernietig. Hulle skiet hulself sodoende in die voet, want op die uiteinde
is daar fokol geleenthede oor vir enige iemand, ongeag wit of swart.
> Dan moet dit eindig want dit is inherent rassisties.
Nou gaan sê dit vir Thabo. In die staatsdepartement waar ek nog tot aan die
einde van verlede jaar gewerk het, is 95% van die bestuur en 90% van die
personeel swart. In die spesifieke afdeling (wat in Durban is) was daar
voor 1990 uit 'n totaal van 12 personeellede, vier blankes (33%), twee
Indiërs (17%), een Kleurling (8%) en vyf swartes (42%). Verlede jaar was
dit soos volg: Uit 'n personeel van 33 was daar twee blankes (6%), geen
Indiërs (0%), een Kleurling (3%) en 30 swartes (91%). Let daarop dat hoewel
die afdeling se personeel sedert 1994 amper verdriedubbel het (ten einde
plek te maak vir die nuwe swart lede), het die afdeling se uitset met
ongeveer 80% afgeneem. Ek kan jou verseker dat hierdie situasie geld
regdeur die staatsdiens en in die meeste gevalle nog erger is, as jy besef
dat die departement waarvoor ek gewerk het, een van die "elite" eenhede is.
Sedert 1994 het produktiwiteit 'n vreemde konsep geword en finansiële en
administratiewe prosedures en beheer bestaan nie meer nie. Toerusting van
duisende Rande raak elke jaar weg. In hierdie einste "elite"
staatsdepartement is hulle egter nog steeds besig om blankes te vervang met
swartes, waarvan 'n groot persentasie funksioneel ongeletterd is.
> Ek reken die huidige regering maak kak deur nie duidelik aan te dui
> dat RA iewers GAAN eindig nie.
Ek het slegte nuus vir jou ou pel. Dit gaan NOOIT eindig nie en die huidige
regering dui nie aan wanneer dit gaan eindig nie omdat daar GEEN planne is
om dit ooit te beindig nie, al word 100% van alle poste in die staat en
privaatsektor uiteindelik gevul deur ANC-gesinde swartes. Want sien, hoe
meer van hierdie outjies reeds in is, hoe meer plekke word daar gereserveer
vir hulle maatjies en familielede. Dit is maar hoe dit gaan in hierdie tipe
situasie, oral in die wêreld. So jy beter wakker skrik...
Dít is juis die probleem wat die meerderheid blankes met RA het. Almal
besef dat dit nodig is om die ongelykhede van die verlede reg te stel, maar
almal wat realisties is besef ook dat sogenaamde "regstellende" aksie nooit
gaan eindig solank as wat daar 'n swart meerderheidsregering aan bewind is
nie. Soos Mbeki reeds laat weet het: diegene sonder mag, durf nie die wat
wel die mag besit, uitdaag nie. Nog 'n Zimbabwe is en bly maar ons voorland
op die langtermyn.
Dis iets wat mense soos jy en @home klaarblyklik onmoontlik vind om te
verstaan.
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39824 is 'n antwoord op boodskap #39814] |
Thu, 01 March 2001 20:38   |
Sakkie[2]
Boodskappe: 36 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ferdi wrote...
> Ek reken dus RA is nodig om die erge verwringing van die verlede
> sodanig reg te kry dat swartmense eienaarskap van die samelewing kan
> begin voel en dat daar actually meer gelyke geleenthede gevestig word.
...en in die proses verwring hulle die samelewing maar net nog verder, want
die land se kapasiteit om meer geleenthede vir almal te skep, word
vernietig. Hulle skiet hulself sodoende in die voet, want op die uiteinde
is daar fokol geleenthede oor vir enige iemand, ongeag wit of swart.
> Dan moet dit eindig want dit is inherent rassisties.
Nou gaan sê dit vir Thabo. In die staatsdepartement waar ek nog tot aan die
einde van verlede jaar gewerk het, is 95% van die bestuur en 90% van die
personeel swart. In die spesifieke afdeling (wat in Durban is) was daar
voor 1990 uit 'n totaal van 12 personeellede, vier blankes (33%), twee
Indiërs (17%), een Kleurling (8%) en vyf swartes (42%). Verlede jaar was
dit soos volg: Uit 'n personeel van 33 was daar twee blankes (6%), geen
Indiërs (0%), een Kleurling (3%) en 30 swartes (91%). Let daarop dat hoewel
die afdeling se personeel sedert 1994 amper verdriedubbel het (ten einde
plek te maak vir die nuwe swart lede), het die afdeling se uitset met
ongeveer 80% afgeneem. Ek kan jou verseker dat hierdie situasie geld
regdeur die staatsdiens en in die meeste gevalle nog erger is, as jy besef
dat die departement waarvoor ek gewerk het, een van die "elite" eenhede is.
Sedert 1994 het produktiwiteit 'n vreemde konsep geword en finansiële en
administratiewe prosedures en beheer bestaan nie meer nie. Toerusting van
duisende Rande raak elke jaar weg. In hierdie einste "elite"
staatsdepartement is hulle egter nog steeds besig om blankes te vervang met
swartes, waarvan 'n groot persentasie funksioneel ongeletterd is.
> Ek reken die huidige regering maak kak deur nie duidelik aan te dui
> dat RA iewers GAAN eindig nie.
Ek het slegte nuus vir jou ou pel. Dit gaan NOOIT eindig nie en die huidige
regering dui nie aan wanneer dit gaan eindig nie omdat daar GEEN planne is
om dit ooit te beindig nie, al word 100% van alle poste in die staat en
privaatsektor uiteindelik gevul deur ANC-gesinde swartes. Want sien, hoe
meer van hierdie outjies reeds in is, hoe meer plekke word daar gereserveer
vir hulle maatjies en familielede. Dit is maar hoe dit gaan in hierdie tipe
situasie, oral in die wêreld. So jy beter wakker skrik...
Dít is juis die probleem wat die meerderheid blankes met RA het. Almal
besef dat dit nodig is om die ongelykhede van die verlede reg te stel, maar
almal wat realisties is besef ook dat sogenaamde "regstellende" aksie nooit
gaan eindig solank as wat daar 'n swart meerderheidsregering aan bewind is
nie. Soos Mbeki reeds laat weet het: diegene sonder mag, durf nie die wat
wel die mag besit, uitdaag nie. Nog 'n Zimbabwe is en bly maar ons voorland
op die langtermyn.
Dis iets wat mense soos jy en @home klaarblyklik onmoontlik vind om te
verstaan.
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39825 is 'n antwoord op boodskap #39823] |
Thu, 01 March 2001 21:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> maar
> almal wat realisties is besef ook dat sogenaamde "regstellende" aksie nooit
> gaan eindig solank as wat daar 'n swart meerderheidsregering aan bewind is
> nie. .
>
So wat is jou oplossing? Om weer apartheid terug te bring
en 'n regering daar te stel wat skaars ses miljoen mense
in 'n bevolking van 40 miljoen verteenwoordig? Word
daaraan gewoond. Jy lewe in 'n land waar meer as tagtig
persent van die mense nie-blank is . As jy nie in so 'n
land wil bly waar meer as tagtig persent van die werkers
nie-blank is, meer as tagtig persent van die politici nie-
blank is ens. ens., emigreer dan. Waarheen weet ek nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39887 is 'n antwoord op boodskap #39809] |
Sat, 03 March 2001 18:04   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 01 Mar 2001 14:19:27 +0200, Davie Davis
wrote:
> On Wed, 28 Feb 2001 13:25:13 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
>
>> Ek glo in demokrasie. Dus geheime stem vir alle volwassenes wat ewe
>> veel tel vir almal, gereelde verkiesings en vryheid van assosiasie.
>> Ek glo in nie rassigheid en om nie op seks te diskrimineer nie.
En hoe voel jy oor 'reg(?)'stellende aksie wanneer jy wys op jou
geloof in nie_rassigheid en nie_seksisme?
>
>> Dan nog glo ek dat ALLE mense ewe sterk regte het.
Het ongebore babas net sulke sterk regte? En hoé vergelyk die ongebore
baba se regte met dié van 'n misdadiger? Van 'n moordenaar?
> ens ens ens
>
> Want Ferdi, jou beginsels moet nie net mooi lyk op papier nie maar ook
> in die praktyk.
>
> DD
>
Ferdi, antwoord diê een al is dit net om jou teenstanders hier te
oorrtuig dat jy nié anc stem nie.
Hier diep in my hart dink ek jy is 'n wit wolf - of miskien neig jy
meer liberaal na Constand Viljoen se kant. Ek sal nie maklik glo dat
jy anc is nie, maar net terwille van dié hier wat wel so dink,
antwoord maar die twee vrae.
Groetnis
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39963 is 'n antwoord op boodskap #39957] |
Tue, 06 March 2001 17:39   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 06 Mar 2001 14:47:20 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
> vir jou Lou
> So by the way, Lou, wat is jou siening?
>
> (Of het jy nog nooit verby die emosie kon dink aan die goed nie?)
>
> en vir jou Davie
> Ek neem aan jy is dus nie 'n ondersteuner van die vrye demokrasie is
> waarvoor mense soos Koos de la Rey geveg het nie?
Davie sê toe:
Ek het net so idee dat Lou my sal ondersteun wanneer ek altwee jou
vrae in een antwoord :
Wanneer jy Ferdi, 'n VRYE demokrasie ondersteun wat jou stelling dat
'n ongebore baba nie 'n mens is nie onderstreep, dà n vriend,
ondersteun ek nie JOU idee van 'n vrye demokrasie nie. ja. Wanneer
vrye demokrasie nie menslike emosie erken nie, hòe vry is dit dà n?
Skuus Lou, dat ek vir jou ook geantwoord het, maar heelwaarskynlik is
dit wat jy ook sou gesê het.
DD
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39975 is 'n antwoord op boodskap #39963] |
Wed, 07 March 2001 07:29   |
lous
Boodskappe: 124 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Davie, dis nou nie presies wat ek sou gesê het nie (heeltemal te
beredenerd na my sin :) ) maar dit is in esensie my standpunt rakende
hierdie aangeleentheid.
Ook Ferdi het ek al my standpunt rakende aborsie gestel op die nuusgroep
en ook hier sit meeste mense daaroor op die draad. Onlangse statistiek
wys dat 145 000 wettige aborsies in SA uit gevoer is (tydperk ontglip
my?)- en soos ek toe vir Gloudina gesê het - volgende keer as jy by 'n
laerskool vol hardlopende jillende kinders verby ry dan dink jy net
daaraan - dit is omtrent 290 skole se kinders wat wettlik in SA vermoor
is. En ja dit is emosioneel.
Maar as jy die emosie wil weggooi dan het ons mos maklike maniere om van
armoede onstlae te raak, en van AIDS/Vigs, van mense met gebreke, mense
met lae IK's, ou mense en ons SA'ers se persoonlike gunsteling -
kriminele. Want sien ons verwyder hulle net uit die samelewing want
hulle sal net probleme vir die mense om hulle veroorsaak, die staat hope
geld kos en net in almal se pad wees. Dit is nou net die klein puntjie
van emosie wat in die pad kom ne?
Rakende die beginsel van lewensvatbaarheid wat in die pad staan. Kom ons
praat dan daaroor - 'n bevrugte eiersel wat geheg is aan die baarmoeder
wand is lewensvatbaar as die vrou in staat is om hom te dra tot volle
termyn. Die wet sê - hy moet buite die baarmoeder kan leef - is dit nou
met of sonder bystand? 'n Fetus van ses maande kan buite die baarmoeder
leef as hy ge-inkubeer word en intensiewe versorging ontvang. Maar as
jy hom op die operasie tafel laat sal hy sterf - hy het dus bystand
nodig. Dit is ook so dat 'n baba wat op sewe maande gebore word 'n beter
kans het as een op agt. Is die baba op sewe dan lewensvatbaar maar die
een op agt nie? Ook het die hof die afsny punt oor die eeue gemaak
wanneer daar lewensvatbaarheid is - jou woorde. Is daar dan klasse van
lewensvatbaarheid - byvoorbeeld 'n baba van ses maande is lewensvatbaar
in die VSA maar nie in SA of Mexiko nie? Skuif die lewensvatbaarheid
punt oor die eeue? Wat sal gebeur wanneer kunsmatige baarmoeders
beskikbaar word - (ja ja ek weet dit is nog SciFi) - sal dit
lewensvatbaarheid laat krimp tot die oomblik van konsepsie?
Jy kan nie die emosie by aborsie uitskakel nie. Soos ek voorheen probeer
sê het - as jy dit by aborsie kan doen hoekom doen jy dit dan ook nie
by mense wat probleme vir die samelewing is nie?
Kan ons byvoorbeeld emosie uitskakel by die doodstraf? Dit is tog ook
aanvaarbaar in terme van die Romeins Hollandse reg maar ons het die
emosie die wet laat "oorheers" in teenstelling met wat jy propageer by
aborsie. En jy kan redelik emosioneel raak oor die doodstraf - dis nou
as ek reg onthou :|
Davie Davis wrote:
>
> On Tue, 06 Mar 2001 14:47:20 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
>>
>>
> vir jou Lou
>> So by the way, Lou, wat is jou siening?
>>
>> (Of het jy nog nooit verby die emosie kon dink aan die goed nie?)
>>
>>
> en vir jou Davie
>> Ek neem aan jy is dus nie 'n ondersteuner van die vrye demokrasie is
>> waarvoor mense soos Koos de la Rey geveg het nie?
>
> Davie sê toe:
> Ek het net so idee dat Lou my sal ondersteun wanneer ek altwee jou
> vrae in een antwoord :
> Wanneer jy Ferdi, 'n VRYE demokrasie ondersteun wat jou stelling dat
> 'n ongebore baba nie 'n mens is nie onderstreep, dà n vriend,
> ondersteun ek nie JOU idee van 'n vrye demokrasie nie. ja. Wanneer
> vrye demokrasie nie menslike emosie erken nie, hòe vry is dit dà n?
>
> Skuus Lou, dat ek vir jou ook geantwoord het, maar heelwaarskynlik is
> dit wat jy ook sou gesê het.
>
> DD
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:39:33 UTC 2025
|