| Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39314] |
Vr., 16 Februarie 2001 20:08  |
Hans
Boodskappe: 68 Geregistreer: September 1998
|
Volle Lid |
|
|
Jammer, ek het so lank gewag om te antwoord dat ek jou vorige boodskap nie
kan aanhaal nie, die draad hier op my rekenaar het uitgerafel en is
weggegooi. Het gegaan oor die persoon wat jy ken wat sistiese fibrose het en
dalk eersdaags wil trou en dalk ook kinders hê...
Jammer ook vir 'n baie lang antwoord, ek kyk of ek vir reisiger opdraande
kan gee! Dié wat nie in sistiese fibrose of oorerwing belang stel nie hoef
nie verder te lees nie - geen politiek, rassekwessies, motortipes,
beesrasse, ongure taal of pornografie nie...
Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote). Die voorkoms
van draers is betreklik hoog (1 in 25) en dwarsoor die wêreld word 'n
diagnostiese diens (geneties) aangebied om vas te stel of jy wel 'n draer is
of nie. Indien twee persone wat draers is kinders sou hê, is daar 'n
waarskynlikheid van .25 (d.w.s een in elke vier kinders) dat die nageslag
sistiese fibrose sal hê, .50 dat die nageslag een foutiewe geen van een van
die ouers geërf het (d.w.s twee uit elke vier kinders is draers) en .25 dat
daar geen foutiewe kopie van die geen oorgeërf is nie (d.w.s een uit elk
vier kinders is normaal). Indien 'n persoon met sistiese fibriose wel sou
kon kinders hê met 'n nie-draer as ander ouer, sal al hulle kinders draers
wees. Indien die ander ouer 'n draer is sal twee uit elke vier kinders
sistiese fibrose hê terwyl die res draers sal wees. Daar is dus hoegenaamd
nie 'n moontlikheid vir 'n persoon wat self sistiese fibrose onder lede het
om totaal normale nageslag te hê nie - enigste hoop vir soiets is met behulp
van geenterapie wat nog in sy kinderskoene staan.
Boonop is manlike SF-lyers feitlik altyd onvrugbaar. Sewe-en-negentig
persent van manlike SF-lyers ly aan kongenitale bilaterale vas deferens
afwesigheid (d.w.s. die buis wat sperme vanaf die testes na die uretra
vervoer is by geboorte reeds afwesig aan beide kante). Vroulike SF-lyers lei
ook aan verlaagde vrugbaarheid onder meer weens die taaivloeibaarheid van
sekresies. Intelligensie word geensins deur die toestand beïnvloed nie.
Soos jy tereg opmerk het behandeling aansienlik verbeter gedurende die
afgelope 30 jaar. Toestande wat voorheen reeds vroeg tot die dood gelei het
kan nou suksesvol met behandeling beheer word. Indien behandeling verder
verbeter mag dit moontlik wees vir SF-lyers om normale lewens te lei met 'n
normale lewensverwagting. Dan raak die feit dat dit 'n wesenlike genetiese
defek is meer irrelevant, veral indien die vrugbaarheidsprobleme ook oorkom
kan word. Met mediese ingryping is die mens dus net vir 'n paar toestande
wat letaal is voor puberteit onderworpe aan natuurlike seleksie.
Indien twee geïdentifiseerde draers wel kinders wil hê, kan
pre-implantasie-genetiese-diagnose gebruik om in 'n in vitro fertilisasie
omgewing aangetaste sowel as draer-embrios te identifiseer. Slegs embrios
sonder 'n enkele foutiewe kopie van die geen word in utero teruggeplaas en
die nageslag is normaal. Dit word debateer of dit eties is om teen
draerembrios te diskrimineer aangesien daardie individue heeltemaal normaal
deur die lewe kan gaan.
So 'n genetiese defek het sy oorsprong met 'n nuwe mutasie wat in 'n persoon
(voorouer) voorkom as gevolg van 'n fout wat insluip tydens die deelproses
in die vorming van 'n gameet (spermsel of eisel). Na bevrugting het die
spesifieke lokus dus een abnormale en een normale alleel. Indien die mutasie
in 'n kritieke area van die DNA voorkom, is dit meesal letaal en sterf die
fetus reeds baie vroeg tydens ontwikkelling. Indien dit in 'n minder
kritieke area in die genoom voorkom word die individu self nie geaffekteer
nie maar is dan die oorsprong van die genetiese defek en self 'n draer.
Dikwels gaan menige geslagte verby voordat iemand die eerste keer van albei
sy of haar ouers dieselfde gemuteerde DNA ontvang en self die defek wys.
Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
voorkom identies deur afkoms. By SF is dit duidelik dat die meeste van
hierdie mutasies baie lank reeds in die populasie voorkom (hulle is redelik
wyd versprei) en dis ook duidelik dat daar deur die geskiedenis 'n hele paar
keer nuwe mutasies in die spesifieke geen ontstaan het .
Die genetika van die Finne is 'n uitstekende bron van genetiese inligting in
die ontdekking van nuwe siektetoestand. Die isolasie, uitgestrektheid en
onherbergsame omgewing beteken dat dit nie juis tydens vroeëre geslagte vir
mense moontlik was om verder as die volgende dorp 'n lewensmaat te vind nie.
Reeds binne vyf tot tien geslagte kom die dubbelresessiewe toestand dan vir
die eerste keer voor en word die kind gebore met 'n genetiese defek. Die
Finse kerk het baie goeie rekords van geboortes, troues en dood vir baie
geslagte sodat die kans op sukses baie waarskynlik word indien na die
oorsaak of oorsprong van 'n spesifieke genetiese defek in 'n gemeenskaplike
ouer ("founder"), dikwels sover as vyftien of twintig geslagte gesoek word.
Die genetika van die Finse populasie word derhalwe vandag beskou as 'n
nasionale bate en Finne is uiters versigtig om hulle DNA vir navorsers uit
ander lande weg te gee sonder dat die intelektuele eiendom komponent daarin
vervat beskerm word.
Hans
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39319 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Vr., 16 Februarie 2001 22:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote).
Verstaan ek jou reg. Om sistiese fibrose te hê beteken datBEIDE jou ouers
bygedra het daartoe? Dis vir my interessant,
want in die geval waarna ek verwys het, was die vader van
Nederlandse oorsprong en het die gene dus deels oor die
water gekom. Die ma het suikersiekte gehad, en ek dink dis
algemeen in die familie aangeneem dat sy die oorsaak was
van die seun se toestand. Hulle het 'n tweede en derde kind
aangeneem.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39320 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Vr., 16 Februarie 2001 22:56   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
> ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
> die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
> voorkom identies deur afkoms.
Verbasend. Soos alreeds gesê, die ouers van die kind waarna
ek verwys is in twee verskillende vastelande gebore, maar moet
gemeenskaplike voorouers hê wat teruggaan na die oorspronklike
Nederlanders wat na SA gekom het in die laaste eeue. Baie
interessant.
Hans, is dit jou regte naam? Woon jy nie miskien in Belville nie?
As hierdie opmerking vir jou Grieks is, ignoreer dit. Maar jy klink
soos iemand wat ek ken wat in Belville woon.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39343 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Sa., 17 Februarie 2001 20:04   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
My broerskind het SF - maar dit is eers by haar gediagnoseer toe sy sewe
was.
Dit is dus nie almal wat vroeg gediagnoseer word nie.
Annette
Hans wrote in message ...
> Jammer, ek het so lank gewag om te antwoord dat ek jou vorige boodskap nie
> kan aanhaal nie, die draad hier op my rekenaar het uitgerafel en is
> weggegooi. Het gegaan oor die persoon wat jy ken wat sistiese fibrose het en
> dalk eersdaags wil trou en dalk ook kinders hê...
>
> Jammer ook vir 'n baie lang antwoord, ek kyk of ek vir reisiger opdraande
> kan gee! Dié wat nie in sistiese fibrose of oorerwing belang stel nie hoef
> nie verder te lees nie - geen politiek, rassekwessies, motortipes,
> beesrasse, ongure taal of pornografie nie...
>
> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote). Die voorkoms
> van draers is betreklik hoog (1 in 25) en dwarsoor die wêreld word 'n
> diagnostiese diens (geneties) aangebied om vas te stel of jy wel 'n draer is
> of nie. Indien twee persone wat draers is kinders sou hê, is daar 'n
> waarskynlikheid van .25 (d.w.s een in elke vier kinders) dat die nageslag
> sistiese fibrose sal hê, .50 dat die nageslag een foutiewe geen van een van
> die ouers geërf het (d.w.s twee uit elke vier kinders is draers) en .25 dat
> daar geen foutiewe kopie van die geen oorgeërf is nie (d.w.s een uit elk
> vier kinders is normaal). Indien 'n persoon met sistiese fibriose wel sou
> kon kinders hê met 'n nie-draer as ander ouer, sal al hulle kinders draers
> wees. Indien die ander ouer 'n draer is sal twee uit elke vier kinders
> sistiese fibrose hê terwyl die res draers sal wees. Daar is dus hoegenaamd
> nie 'n moontlikheid vir 'n persoon wat self sistiese fibrose onder lede het
> om totaal normale nageslag te hê nie - enigste hoop vir soiets is met behulp
> van geenterapie wat nog in sy kinderskoene staan.
>
> Boonop is manlike SF-lyers feitlik altyd onvrugbaar. Sewe-en-negentig
> persent van manlike SF-lyers ly aan kongenitale bilaterale vas deferens
> afwesigheid (d.w.s. die buis wat sperme vanaf die testes na die uretra
> vervoer is by geboorte reeds afwesig aan beide kante). Vroulike SF-lyers lei
> ook aan verlaagde vrugbaarheid onder meer weens die taaivloeibaarheid van
> sekresies. Intelligensie word geensins deur die toestand beïnvloed nie.
>
> Soos jy tereg opmerk het behandeling aansienlik verbeter gedurende die
> afgelope 30 jaar. Toestande wat voorheen reeds vroeg tot die dood gelei het
> kan nou suksesvol met behandeling beheer word. Indien behandeling verder
> verbeter mag dit moontlik wees vir SF-lyers om normale lewens te lei met 'n
> normale lewensverwagting. Dan raak die feit dat dit 'n wesenlike genetiese
> defek is meer irrelevant, veral indien die vrugbaarheidsprobleme ook oorkom
> kan word. Met mediese ingryping is die mens dus net vir 'n paar toestande
> wat letaal is voor puberteit onderworpe aan natuurlike seleksie.
>
> Indien twee geïdentifiseerde draers wel kinders wil hê, kan
> pre-implantasie-genetiese-diagnose gebruik om in 'n in vitro fertilisasie
> omgewing aangetaste sowel as draer-embrios te identifiseer. Slegs embrios
> sonder 'n enkele foutiewe kopie van die geen word in utero teruggeplaas en
> die nageslag is normaal. Dit word debateer of dit eties is om teen
> draerembrios te diskrimineer aangesien daardie individue heeltemaal normaal
> deur die lewe kan gaan.
>
> So 'n genetiese defek het sy oorsprong met 'n nuwe mutasie wat in 'n persoon
> (voorouer) voorkom as gevolg van 'n fout wat insluip tydens die deelproses
> in die vorming van 'n gameet (spermsel of eisel). Na bevrugting het die
> spesifieke lokus dus een abnormale en een normale alleel. Indien die mutasi e
> in 'n kritieke area van die DNA voorkom, is dit meesal letaal en sterf die
> fetus reeds baie vroeg tydens ontwikkelling. Indien dit in 'n minder
> kritieke area in die genoom voorkom word die individu self nie geaffekteer
> nie maar is dan die oorsprong van die genetiese defek en self 'n draer.
> Dikwels gaan menige geslagte verby voordat iemand die eerste keer van albei
> sy of haar ouers dieselfde gemuteerde DNA ontvang en self die defek wys.
> Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
> ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
> die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
> voorkom identies deur afkoms. By SF is dit duidelik dat die meeste van
> hierdie mutasies baie lank reeds in die populasie voorkom (hulle is redelik
> wyd versprei) en dis ook duidelik dat daar deur die geskiedenis 'n hele paar
> keer nuwe mutasies in die spesifieke geen ontstaan het .
>
> Die genetika van die Finne is 'n uitstekende bron van genetiese inligting in
> die ontdekking van nuwe siektetoestand. Die isolasie, uitgestrektheid en
> onherbergsame omgewing beteken dat dit nie juis tydens vroeëre geslagte vir
> mense moontlik was om verder as die volgende dorp 'n lewensmaat te vind nie.
> Reeds binne vyf tot tien geslagte kom die dubbelresessiewe toestand dan vir
> die eerste keer voor en word die kind gebore met 'n genetiese defek. Die
> Finse kerk het baie goeie rekords van geboortes, troues en dood vir baie
> geslagte sodat die kans op sukses baie waarskynlik word indien na die
> oorsaak of oorsprong van 'n spesifieke genetiese defek in 'n gemeenskaplike
> ouer ("founder"), dikwels sover as vyftien of twintig geslagte gesoek word.
> Die genetika van die Finse populasie word derhalwe vandag beskou as 'n
> nasionale bate en Finne is uiters versigtig om hulle DNA vir navorsers uit
> ander lande weg te gee sonder dat die intelektuele eiendom komponent daarin
> vervat beskerm word.
>
> Hans
>
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39344 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Sa., 17 Februarie 2001 20:07   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja - Hans is reg. Albei ouers moet draers wees van die SF geen wees. Totdat
my broerskind gediagnoseer is, was nie een van die twee families bewus dat
enige lid 'n draer is nie.
Annette
@home.com wrote in message ...
Hans wrote:
> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote).
Verstaan ek jou reg. Om sistiese fibrose te hê beteken datBEIDE jou ouers
bygedra het daartoe? Dis vir my interessant,
want in die geval waarna ek verwys het, was die vader van
Nederlandse oorsprong en het die gene dus deels oor die
water gekom. Die ma het suikersiekte gehad, en ek dink dis
algemeen in die familie aangeneem dat sy die oorsaak was
van die seun se toestand. Hulle het 'n tweede en derde kind
aangeneem.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39409 is 'n antwoord op boodskap #39405] |
Ma., 19 Februarie 2001 02:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> Ten einde laaste is verlaagde IgA vlakke by haar gediagnoseer.
> Ons hoop dat sy die probleem sal ontgroei...
>
>
Wat is IgA vlakke?Wees veral versigtig met kinders in die teen-
woordigheid van sigaretrook. Ons eerste
kind het 'n rook-allergie gehad en ons het
dit nie geweet nie. Snaaks hoe baie dinge
mense eers in retrospek kan verstaan.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39418 is 'n antwoord op boodskap #39405] |
Ma., 19 Februarie 2001 08:29   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In ons geval was dit dat sy fisio-behandeling gekry het vir 'n borsverkoue -
sy is ook op 'n drup geplaas om die infeksie tee te werk. Toe sy nie
genoegsaam op bogenoemde behandelings reageer iem is die sweettoets gedoen.
Haar resultate was positief.
Die gevolg is dat sy elke keer as sy iets eet, eers pille moet neem sodat
die voedingstowwe in die liggaam opgeneem word - vir die res van haar lewe.
Ons is gelukkig - sy moet maandeliks vir 'n besoek na die Kinder-
Rooikruishospitaal gaan - en ons bly nie te ver daarvandaan nie.
Annette
Hans wrote in message ...
>
> Annette wrote in message
> news:96mm7v$ifh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> My broerskind het SF - maar dit is eers by haar gediagnoseer toe sy sewe
>> was.
>> Dit is dus nie almal wat vroeg gediagnoseer word nie.
>> Annette
>
> My dogtertjie is nou 17 maande oud en sukkel met herhaalde lugweginfeksies.
> Sy was reeds 'n hele klomp keer in die hospitaal met bronchitis. Die
> sweettoets was een van die laaste toetse wat gedoen is, maar was gelukkig
> negatief. Ten einde laaste is verlaagde IgA vlakke by haar gediagnoseer.
> Ons hoop dat sy die probleem sal ontgroei...
>
> Hans
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39464 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Ma., 19 Februarie 2001 23:12   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> Ek sê altyd dat as ek gereïnkarneer word wil ek graag Heinz heet. Heinz
> Tseit.
>
>
Ja, regtig. As ek dink hoeveel smart ons ons kind aangedoenhet. En toe my man
ophou rook en dinge begin beter gaan, toe
gaan bly ons in 'n residensiële hotel vir vyf maande voor ons
Kanada toe trek, en toe begin die hoesery weer van vooraf,
en ons is te blind om te weet wat dit veroorsaak.
Dieselfde met my eie allergieë. Ek het 'n halwe leeftyd
gevat om uit te vind wat my ekseem gee (wat ek nou
kontrolleer), wat my later hooikoors en asma laat kry
het en waarvan ek die oorsake nou kan vermy en dus nie
meer hooikoors en asma kry nie. My nuutste allergie-
produseerder : die bindmateriaal in "extended release
tablets." Mens word 'n baie goeie speurder as jy
allergieë het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39476 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Di., 20 Februarie 2001 13:07   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Emmy wrote:
> er kan wel
> een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten
> Ik ken een kind dat
> iedere dag 2 a 3 bananen at en toen ze ermee gestopt was ze nog te eten
> ze niet meer deed hoesten.
> Na een half jaar geen bananen eten deed ze de proef op de som en at
> weer bananen....en ze begon weer te hoesten en dat vooral in de nacht...
> Vooral bananen kunnen dat veroorzaken
>
Ja, een van my susters het gesweer sy word allergies
vir piesangs in haar jongdae. As sy dit eet, voel dit of haar
keel toeswel. Ek weet nie of dit nog so vandag is nie.
Dis ook 'n bekende feit dat die drink van melk en
ander suiwelprodukte die slymvliese affekteer en jou dus
kan laat hoes en maak dat jy jou neus baie moet uitsnuit.
Sommige mense, wat baie sensitief is daarvoor, los die
probleem op deur op te hou met suiwelprodukte en
oor te slaan na soya-melk.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39496 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Wo., 21 Februarie 2001 02:09   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> voorkoms van insulienafhanklike diabetes kan waarskynlik aansienlik
> verlaag word deur baie jong babas eerder soja-gebaseerde formules as
> beesmelkformules te voer (dis nou indien borsmelk nie beskikbaar is nie).
> Navorsing hieroor word in Nieu Seeland gedoen.
Ek kan nou glad nie die argument teen die soja-formules virdie eerste nege
maande onthou nie, maar ek verbeel my
sommige wetenskaplikes het iets te sê gehad oor die soja.
Was dit miskien dat die soja verantwoordelik is vir die
vervaardiging van sekere hormone, wat dan sekere gevolge
het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39571 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Do., 22 Februarie 2001 21:31   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> . Ek weet nie of jy al bokbotter
> gesien het nie - dis spierwit.
Miskien het ek dit in my jeug gesien. Mens kry natuurlikbaie lekker kase wat
van bokmelk gemaak word.
Toe my ouers al baie oud was en my pa nie meer koei
kon melk nie, het hulle oorgegaan daarna om 'n bok te
melk. Ek het altyd gedink dat hulle hulself tekort doen,
en liewers by ander mense koeimelk moes gaan koop.
Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
melk makliker om te verteer as koeimelk?
Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
effekte kan hê. Droom ek net?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39573 is 'n antwoord op boodskap #39314] |
Vr., 23 Februarie 2001 00:11  |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, daar is niks lekkerder as n stuk bokmelkkaas nie!
Saam met n koue glasie droe witwyn en n strokie Provita en n
tros druiwe (wat na iets smaak, nie ons ou smaaklose Thompson'
seedless grapes nie!)
I.v.m. die beleë kaas, (en ek praat hier onder korreksie), ek
het weer gehoor dat "ou" kaas iets het soos n ensiem wat
die maagsappe help om kos beter te verteer. Selfs al
het dit nie, net die smaak is tops!
pop
skryf in boodskap news:3A9585AE.589C7022@home.com...
Hans wrote:
> . Ek weet nie of jy al bokbotter
> gesien het nie - dis spierwit.
Miskien het ek dit in my jeug gesien. Mens kry natuurlikbaie lekker kase
wat
van bokmelk gemaak word.
Toe my ouers al baie oud was en my pa nie meer koei
kon melk nie, het hulle oorgegaan daarna om 'n bok te
melk. Ek het altyd gedink dat hulle hulself tekort doen,
en liewers by ander mense koeimelk moes gaan koop.
Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
melk makliker om te verteer as koeimelk?
Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
effekte kan hê. Droom ek net?
Gloudina
|
|
|
|