Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Re: Knormoer & bendix
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38082] Di, 02 Januarie 2001 12:53 na volgende boodskap
Sybrand Burger  is tans af-lyn  Sybrand Burger
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die knormoer is die aansitter ("self starter"). Ek weet nie wat "bendix" in
Afrikaans is nie, maar die volgende van elders op die web verduidelik die
verwantskap.
The bendix is part of a starter. The starter has two main pieces (1) motor (if
you look at the starter assembly it looks like a big cylinder and (2)
electromagnet (which looks like a small cylinder attached to the big
cylinder)+ gear engagement parts and this is called the bendix. When you turn
your key in the ignition you activate the electromagnet which pulls the rod
back. This motion pushes the starter sliding wheel out which engages its teeth
into a big wheel attached to engine. When the starter and motor wheels are
fully engaged, it connects the power to the motor which turns and starts
engine.

@home.com wrote:

> Pete wrote:
>
>> knormoer
>> 'n bendix
>
> Ek weet nie wat een van die woorde beteken nie.Ek dink nie ek het dit ooit
> geweet nie. Kan iemand
> asseblief vir my verduidelik in woorde van een
> sillabe asseblief. Ek ken nie die dele van 'n kar
> goed nie, nie in Engels nie, nie in Afrikaans nie.
>
> Tant Hessie wat darem weet wat
> 'n moer is.
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38083 is 'n antwoord op boodskap #38082] Di, 02 Januarie 2001 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sybrand Burger wrote:

> Die knormoer is die aansitter ("self starter"). Ek weet nie wat "bendix" in
> Afrikaans is nie, maar die volgende van elders op die web verduidelik die
> verwantskap.
> The bendix is part of a starter. The starter has two main pieces (1) motor (if
> you look at the starter assembly it looks like a big cylinder and (2)
> electromagnet (which looks like a small cylinder attached to the big
> cylinder)+ gear engagement parts and this is called the bendix. When you turn
> your key in the ignition you activate the electromagnet which pulls the rod
> back. This motion pushes the starter sliding wheel out which engages its teeth
> into a big wheel attached to engine. When the starter and motor wheels are
> fully engaged, it connects the power to the motor which turns and starts
> engine.

Baie dankie. Watter snaakse woord - "knormoer." Ek wonderof dit van Nederlands af
kom?

Gloudina

>
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38085 is 'n antwoord op boodskap #38082] Di, 02 Januarie 2001 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques  is tans af-lyn  Jacques
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
>
>
>> Die knormoer is die aansitter ("self starter"). Ek weet nie wat "bendix" in
>> Afrikaans is nie,
>
Die BENDIX spring is 'n "koppelveer"
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38086 is 'n antwoord op boodskap #38082] Di, 02 Januarie 2001 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
us...  is tans af-lyn  us...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina: Baie dankie. Watter snaakse woord -
"knormoer." Ek wonder of dit van Nederlands
af kom?

Een of ander taalgees het knormoer in 1936
voorgestel. Dit het egter nooit gebruikstatus
gekry nie en is in geen woordeboek opgeneem
nie, waarskynlik omdat dit te "cute" is. In
die wandel word knormoer egter gebruik vir 'n
skoonma :-)
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38087 is 'n antwoord op boodskap #38082] Di, 02 Januarie 2001 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nee, dit was 'n poging om 'n "beter" (!) naam vir die selfaansitter te kry.
Wat eintlik baie snaaks is, is dat die woord deur die Taalkommissie (dink
ek, iemand wat op die Afr Taalgesprekgroep is, kan dit dalk bevestig)
voorgestel is, in één uitgawe van die woordeboek verskyn het en toe
onmiddelik weer teruggetrek is, êrens in die 30's, omdat die woord as
onvanpas/nie goed genoeg beskou is. Daardie eenkeer se verskyning was
genoeg om aan "knormoer" 'n eienaardige immortaliteit te gee - almal erken
dis 'n blêddie simpel woord ('n aansitter is nie 'n "moer" nie, en "knor"
slegs as die battery pap is!), maar almal onthou terselfdertyd dat dít die
woord vir "starter" is!

Dries

skryf in boodskap news:3A51F42E.9B418758@home.com...
> Sybrand Burger wrote:
>
>> Die knormoer is die aansitter ("self starter"). Ek weet nie wat "bendix" in
>> Afrikaans is nie, maar die volgende van elders op die web verduidelik die

> Baie dankie. Watter snaakse woord - "knormoer." Ek wonderof dit van Nederlands af
> kom?
>
> Gloudina
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38088 is 'n antwoord op boodskap #38082] Di, 02 Januarie 2001 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

us...@127.0.0.1 wrote:

> Gloudina: Baie dankie. Watter snaakse woord -
> "knormoer." Ek wonder of dit van Nederlands
> af kom?
>
> Een of ander taalgees het knormoer in 1936
> voorgestel. Dit het egter nooit gebruikstatus
> gekry nie en is in geen woordeboek opgeneem
> nie, waarskynlik omdat dit te "cute" is. In
> die wandel word knormoer egter gebruik vir 'n
> skoonma :-)

Dankie, Leendert.
Gloudina
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38127 is 'n antwoord op boodskap #38087] Vr, 05 Januarie 2001 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
ja maar as die ou ford in die goeie ou dae nie wou 'start'
nie het jy in jou m.... in geknor totdat die battery flat'
was en jy dan die moer moes stoot totdat dit 'start'.

--
Re: Knormoer & bendix [boodskap #38173 is 'n antwoord op boodskap #38127] Ma, 08 Januarie 2001 09:29 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo daar alle kletsers, geselsers, swetsers en ander...
Hopp julle had almal 'n baie gelukkige feestyd gehad.

Ek het al 'n hele tyd gelede hier iets soortgelyks laat hoor:
Van die taal puris wat vanaf die noorde in Worcester aangery gekom het en by
'n vulstasie intrek om die nodige aanvullings te laat make:

"Jis my Ou-Bie" seg die petroljoggie, "en waa'mie kan ek 'ie Ou-Bie ve'dag
help?"
"Ag man, Vul asseblief vir my die brandstof in die tenk aan, en kyk dan
asseblief onder die enjinkap met die oliepeilstok of die olievlak in die
oliepan nog voldoende is. Gaan dan ook vir my die elektrolietvlak in die
akkumulator na, en kyk sommer ook of daar nog voldoende verkoelmiddel in die
verkoeler is."
"Nei, is ma' reg soe my Ou-Bie"
"O ja, en is hier dalk 'n ten volle gekwalifiseerde meganikus? Ek vermoed
die knormoer is defek"
Nadat ons taalman sy natuurlike draai geloop het, kom hy terug by sy ryding:
"Ou-Bie, ek het die petrol in die tenk ge-'fill-up', onner 'ie bonnet gekyk
en 'ie dipstick of da' nog oli innie sump is. Daa's nog baie batterie-acid
in, en die radiator is nog vol en OK.
Ma' ek die Ou-Bie moet ma' eers 'ie ou-mies so bietjie los, want ek sien sy
slaap tog te lekke'"

So 'n knormoer kan nogal knorrig raak as daar moerig te werk gegaan word!

Thys terug op sy pos oppie 'Bos na 'n kort vakansie

"Tobie" skryf in boodskap news:9357ga$k6j$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> ja maar as die ou ford in die goeie ou dae nie wou 'start'
> nie het jy in jou m.... in geknor totdat die battery flat'
> was en jy dan die moer moes stoot totdat dit 'start'.
Vorige onderwerp: Nommerplaat
Volgende onderwerp: Stilletjies saamgesmelt.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:44:37 MGT 2024