| "verloop" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37888] |
Sa., 16 Desember 2000 20:19  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
verloop
(by die begrafnis van oupa - kleindoornrivier)
CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
eers nou
nou dat daar nog 'n grondhoop is
jy in die sandgrond slaap
tussen die kliphope
'n paar granietstene
nou na die sak van hierdie kis
voel ek die naelverbintenis
is ek ook ingebed
in die geskiedenis
die dae raak blou en geel
herfshelder hang die lug
bokant die ou wingerd
tussen poplierblare
die jong lammers speel rond
sterte onafgekap
langsaan die ringmuur van jou rus
ook ek wil eendag stil
diep in die sandgrond lê
wanneer ek klaar is hier
en weet
ons kindskinders sal nog hier loop
en op 'n klipsteen lees
ons was ook eenmaal hier
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|