| "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #31758] |
Vr., 23 Junie 2000 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
Vir Susan
Ferdi Greyling
Winter het die gras geel gebrand
waar die park lê om ou grafte.
Die aand kom lê koud op die land.
Vergete op die park se kant
lê geslagte in dié grafte.
Winter het die gras geel gebrand.
Jy sê lewe het min sin, want
nie eens name bly op grafte
en aand kom lê koud op die land.
Wel, die verlede moet eers brand
voor daad kan vloei uit gedagte.
Winter het die gras geel gebrand.
En tyd móét alle lewe brand
en verdroog tot klip op grafte.
Die aand kom lê koud op die land.
So, sin lê daarin dat jóú hand
Móét krap en breek aan ou grafte.
Winter het die gras geel gebrand
en aand kom lê koud op die land.
|
|
|
|
| Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #31771 is 'n antwoord op boodskap #31758] |
Sa., 24 Junie 2000 00:00   |
Git
Boodskappe: 29 Geregistreer: Mei 2000
|
Junior Lid |
|
|
Pragtige Werse
....deur Git
*****************
Ooooo,
Winter is vol kuk,
Die gras is groener in die somer,
Die Berge se gat.
Kom pis in die wind,
Laat waai julle ouens,
Die Berge se gat.
Die Ministers minis in die Berge,
Die Osse staan en tjoets in die wind,
Ooo - wat nou, my vriend.
Die land is vol boys,
Hulle will nie werk nie,
Die arme ou boys,
Die luilikke dinge.
Wat sal van ons land bekommer,
Ooo, Oooo, Oooeee!
**********************************
skryf in boodskap news:3953ACB4.1F8D6E27@home.com...
Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
Vir Susan
Ferdi Greyling
Winter het die gras geel gebrand
waar die park lê om ou grafte.
Die aand kom lê koud op die land.
Vergete op die park se kant
lê geslagte in dié grafte.
Winter het die gras geel gebrand.
Jy sê lewe het min sin, want
nie eens name bly op grafte
en aand kom lê koud op die land.
Wel, die verlede moet eers brand
voor daad kan vloei uit gedagte.
Winter het die gras geel gebrand.
En tyd móét alle lewe brand
en verdroog tot klip op grafte.
Die aand kom lê koud op die land.
So, sin lê daarin dat jóú hand
Móét krap en breek aan ou grafte.
Winter het die gras geel gebrand
en aand kom lê koud op die land.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|