Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Nommerplaat
Nommerplaat [boodskap #31720] Di, 20 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand dalk vir my sê hoekom 'n motor voor ook 'n nommerplaat moet hê,
maar 'n motorfiets nie. Ek is gister R100 beboet omdat myne afgeval het.

Toe ek vir die verkeersman "op sy motorfiets" vra nou maar waar is joune was
die man redelik sprakeloos.

Groete

Riaan
Re: Nommerplaat [boodskap #31733 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolverine  is tans af-lyn  Wolverine
Boodskappe: 7
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink in Singapoer is die hele pad-infrastruktuur totaal geoutomatiseer.

skryf in boodskap news:394FB7EB.971173AF@home.com...
Willem-Jan Markerink wrote:

> wrote:
>> Kan iemand dalk vir my sê hoekom 'n motor voor ook 'n nommerplaat moet hê,
>> maar 'n motorfiets nie. Ek is gister R100 beboet omdat myne afgeval het.
>
>
> Kleine nummerplaten ('Amerikaantjes') op auto's (voor of achter) zijn in
> NL ook aan strenge regelgeving onderhevig....alleen toegestaan op van
> origine Amerikaanse voertuigen, waar geen ruimte is voor een grote plaat.
>

Nommerplate, van voor, sal meer en meer 'n baie
belangriker rol vervul en sal meer en meer aan reels
onderhewig word na gelang die tolpaaie meer en meer
gemeganiseerd word.OpToronto se Highway 407 neem
'n kamera jou nommerplaat af, niemand stop vir 'n
kaartjie of betaling nie, en jy kry jou aanslag vir hoeveel
jy moet betaal in die pos. (Iets wat my nogal verbaas -
dis so 'n stadige medium vir aanslag en betaal in 'n 21ste
soort van tolpad. Ek dink ek ken egter net helfte van die
storie. Mense wat gereeld die pad ry, kry vir hulle
"responders." Groot voertuie moet responders h^e.
Ek dink daardie responders maak die betaal ook
outomaties - dit kom seker outomaties uit jou
bankrekening uit.)
Toronto spog dat 407 die eerste veroutomatiseerde
tolpad in die wereld is. Ek dink daar is seker meer.
Miskien was hulle maar net eerste. Mens sou verwag
dat die eerstes in Japan sou moes gewees het.

Gloudina
Re: Nommerplaat [boodskap #31734 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pat[2]  is tans af-lyn  Pat[2]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Singapoer is net so groot soos n sakdoek. Dit het die beste transport
sisteem in die wêreld (myns insiens). Taxis is volop en goedkoop, so ook
busse. Geen tolhekke nie (dis te klein) , maar jy betaal n hefty prys om in
te kom. Singapoer is n eiland wat met n brug verbind is aan Maleisie, jare
gelede\
was dit deel van Maleisie, maar toe het n Sjinese faksie opgeraak van
Moslem-beheer, en die minister van gesondheid (ek dink) stig toe af en word
Singapoer toe gevorm. Daar is nie baie liefde tussen die twee "lande" nie.
Singapoer lughawe is myns insiens die beste een in die wêreld, en Zurich is
m.i. van die slegste (dit behoort beter te wees).

Pat

skryf in boodskap news:3950B6DF.3C521E62@home.com...
> Wolverine wrote:
>
>> Ek dink in Singapoer is die hele pad-infrastruktuur totaal geoutomatiseer.
>>
>
> Hoe betaal die toeris wat net een dag daar is en 'n kar
> huur en op die pad ry daar? (Ek vra my af, hoe betaal
> daardie toeris in Toronto? Die huurkar sal mos die
> nommer van die karhuur-maatskappy voorop h^e.)
> As jy sê die hele pad-infrastruktuur in Singapoer is
> totaal geoutomatiseer, beteken dit dat mens oral op
> die paaie in Singapoer tol moet betaal? Gelukkig het
> ons baie min tolpaaie in Kanada. In Ontario is net
> 407 'n tolpad. En dis net een manier om die verkeer
> te vermy deur diagonaal van die suidweste na die
> noordooste van die stad te kom. Daar is alternatiewe
> as jy nie wil betaal nie.
> Die VSA het natuurlik baie tolpaaie, maar hulle werk
> goed, selfs al is meeste van hulle nie geoutomatiseerd
> nie. Ek neem aan hulle sal eendag vir jou toelaat om jou
> kredietkaart erens in te steek en so te betaal. Maar dis
> nie rerig geoutomatiseerd nie. Op 407 stop jy nie. Die
> elektroniese oog merk jou net op en stuur vir jou later die
> rekening, gebaseer op wie die baas van die kar se
> nommer is. (Nou begin ek ook wonder, wat sal gebeur
> as ek ry met 'n kar sonder nommer. Gaan 'n alarm af?)
>
> Gloudina
>
Re: Nommerplaat [boodskap #31735 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kangakid  is tans af-lyn  Kangakid
Boodskappe: 17
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hier in die noord-oostelike state vanaf Maryland, Delaware, New
Jersey en tot in New York, en dele van Pennsylvania is daar 'n
stelsel waar jy maandeliks vooraf 'n bedrag inbetaal
(elektronies, deur jou kredietkaart - as jy wil). Dan kry jy 'n
elektroniese kaart wat in jou motor (aan die voorruit) geplak
word. Dit stuur 'n sein uit wat op 'n kort afstand opgevang word
deur 'n ontvanger in die tolplaza. Die tolgeld word dan
outomaties van jou rekening afgetrek. En as jou vooruitbetaalde
balans 'n sekere vlak bereik, word daar weer outomaties van jou
kredietkaart 'n bedrag afgetrek om die balans reg te stel. Jy
stop nie, en jy kry nie 'n rekening deur die pos nie - niks. En
jou motor hoef nie nommerplate te hê nie - in Pennsylvania het
motors in elk geval net agter 'n nommerplaat, en glad nie voor
nie. Elke tolplaza maak in ieder geval voorsiening vir motoriste
wat nie die stelsel wil gebruik nie. Jy kan oral kontant betaal,
of jou kredietkaart gebruik.Laasgenoemde word net ge-"swipe" en
jy hoef nie daarvoor te teken nie.

Henry in Pennsylvania

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com
Re: Nommerplaat [boodskap #31736 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie van der Watt  is tans af-lyn  Dirkie van der Watt
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hier in SA betaal ons al lankal met jou kredietkaart by die tolhekke

Dirkie

skryf in boodskap news:3950B6DF.3C521E62@home.com...
> Wolverine wrote:
>
>> Ek dink in Singapoer is die hele pad-infrastruktuur totaal geoutomatiseer.
>>
>
> Hoe betaal die toeris wat net een dag daar is en 'n kar
> huur en op die pad ry daar? (Ek vra my af, hoe betaal
> daardie toeris in Toronto? Die huurkar sal mos die
> nommer van die karhuur-maatskappy voorop h^e.)
> As jy sê die hele pad-infrastruktuur in Singapoer is
> totaal geoutomatiseer, beteken dit dat mens oral op
> die paaie in Singapoer tol moet betaal? Gelukkig het
> ons baie min tolpaaie in Kanada. In Ontario is net
> 407 'n tolpad. En dis net een manier om die verkeer
> te vermy deur diagonaal van die suidweste na die
> noordooste van die stad te kom. Daar is alternatiewe
> as jy nie wil betaal nie.
> Die VSA het natuurlik baie tolpaaie, maar hulle werk
> goed, selfs al is meeste van hulle nie geoutomatiseerd
> nie. Ek neem aan hulle sal eendag vir jou toelaat om jou
> kredietkaart erens in te steek en so te betaal. Maar dis
> nie rerig geoutomatiseerd nie. Op 407 stop jy nie. Die
> elektroniese oog merk jou net op en stuur vir jou later die
> rekening, gebaseer op wie die baas van die kar se
> nommer is. (Nou begin ek ook wonder, wat sal gebeur
> as ek ry met 'n kar sonder nommer. Gaan 'n alarm af?)
>
> Gloudina
>
Re: Nommerplaat [boodskap #31737 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kangakid  is tans af-lyn  Kangakid
Boodskappe: 17
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf: "Toronto spog dat 407 die eerste
veroutomatiseerde tolpad in die wereld is."

Interessant. Die E-ZPass stelsel wat ek elders beskryf is reeds
sedert 1993 in gebruik in die noordooste van die VSA. Was 407
reeds vantevore geoutomatiseer?

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com
Re: Nommerplaat [boodskap #31738 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Git  is tans af-lyn  Git
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hmmm?
Re: Nommerplaat [boodskap #31739 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Git  is tans af-lyn  Git
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Wat van highway 66?
Re: Nommerplaat [boodskap #31740 is 'n antwoord op boodskap #31720] Wo, 21 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wolverine wrote:

> Ek dink in Singapoer is die hele pad-infrastruktuur totaal geoutomatiseer.
>

Hoe betaal die toeris wat net een dag daar is en 'n kar
huur en op die pad ry daar? (Ek vra my af, hoe betaal
daardie toeris in Toronto? Die huurkar sal mos die
nommer van die karhuur-maatskappy voorop h^e.)
As jy sê die hele pad-infrastruktuur in Singapoer is
totaal geoutomatiseer, beteken dit dat mens oral op
die paaie in Singapoer tol moet betaal? Gelukkig het
ons baie min tolpaaie in Kanada. In Ontario is net
407 'n tolpad. En dis net een manier om die verkeer
te vermy deur diagonaal van die suidweste na die
noordooste van die stad te kom. Daar is alternatiewe
as jy nie wil betaal nie.
Die VSA het natuurlik baie tolpaaie, maar hulle werk
goed, selfs al is meeste van hulle nie geoutomatiseerd
nie. Ek neem aan hulle sal eendag vir jou toelaat om jou
kredietkaart erens in te steek en so te betaal. Maar dis
nie rerig geoutomatiseerd nie. Op 407 stop jy nie. Die
elektroniese oog merk jou net op en stuur vir jou later die
rekening, gebaseer op wie die baas van die kar se
nommer is. (Nou begin ek ook wonder, wat sal gebeur
as ek ry met 'n kar sonder nommer. Gaan 'n alarm af?)

Gloudina
Re: Nommerplaat [boodskap #31750 is 'n antwoord op boodskap #31720] Do, 22 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dirkie van der Watt wrote:

> Hier in SA betaal ons al lankal met jou kredietkaart by die tolhekke
>

Ja, maar jy moet nog stop en betaal. En hoe weet
hulle vanwaar jy op die tolpad gekom het. Jy moet
seker een of ander koepon neem waarop die tyd
gedruk is. Op 407 neem jy geen koepon, stop jy
nie om te betaal. Jy ry net. My man se hy dink hulle
neem nie net 'n foto van jou nommerplaat nie, maar
ook van jouself. Seker om in die hof te gebruik as
jy nie betaal nie.

Gloudina
Re: Nommerplaat [boodskap #31751 is 'n antwoord op boodskap #31720] Do, 22 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie van der Watt  is tans af-lyn  Dirkie van der Watt
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
skryf in boodskap news:395186FD.4BE55B85@home.com...
> Dirkie van der Watt wrote:
>
>> Hier in SA betaal ons al lankal met jou kredietkaart by die tolhekke
>>
>
> Ja, maar jy moet nog stop en betaal.

Ja jy stop by die plaza en "swipe" jou kaart en ry verder.

> En hoe weet
> hulle vanwaar jy op die tolpad gekom het. Jy moet
> seker een of ander koepon neem waarop die tyd
> gedruk is. Op 407 neem jy geen koepon, stop jy
> nie om te betaal.

Dit maak nie saak waar jy op dei pad gekom het of waar jy weer van dei pad
afgaan nie. Sodra jy by 'n plaza kom betaal jy die standaard fooi. Daar is
gewoonlik die laaste paar km voor die plaza geen afritte.

> Jy ry net. My man se hy dink hulle
> neem nie net 'n foto van jou nommerplaat nie, maar
> ook van jouself. Seker om in die hof te gebruik as
> jy nie betaal nie.
>
> Gloudina
>
Re: Nommerplaat [boodskap #31752 is 'n antwoord op boodskap #31720] Do, 22 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kangakid wrote:

> Gloudina skryf: "Toronto spog dat 407 die eerste
> veroutomatiseerde tolpad in die wereld is."
>
> Interessant. Die E-ZPass stelsel wat ek elders beskryf is reeds
> sedert 1993 in gebruik in die noordooste van die VSA. Was 407
> reeds vantevore geoutomatiseer?
>

Ja, heelwaarskynlik was die eerste dele al voor
daardie tyd daar. Maar ek dink die Torontonians
bedoel 407 is die heel eerste totaal geoutomatiseerde
pad. Daar is geen voorsiening vir iemand wat wil
betaal, soos in die VSA nie. Daar is dus geen tolhekke
nie. Ek neem aan julle moet nog by die tolhekke verby
ry. Ons het nie tolpaaie hier nie. So dit is nuut vir ons.
Gloudina
Re: Nommerplaat [boodskap #31776 is 'n antwoord op boodskap #31720] Sa, 24 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:8ina1p$2au7$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Kan iemand dalk vir my sê hoekom 'n motor voor ook 'n nommerplaat moet hê,
> maar 'n motorfiets nie.

Hmmm....

Jy moet seker ook erens hê om dit vas te maak. Met so 'n ou plaatjie voor
aan jou motorfiets verander jy mos die hele karakter daarvan... dan nie?

-Gideon-
Vorige onderwerp: Toyota
Volgende onderwerp: Re: Knormoer & bendix
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:45:25 MGT 2024