| Afrikaner kultuur [boodskap #29945] |
Di., 18 April 2000 00:00  |
jgdebeer
Boodskappe: 37 Geregistreer: Januarie 1997
|
Volle Lid |
|
|
Van Radio Pretoria 'n faset van Afrikaner kultuur :
LEKKER OM BOER TE WEES
Dit moet seker 'n vreeslike doring in die vlees van ons volk se vyande wees
dat hulle maar net nie die doringboompie platgery kry nie. Elke keer staan
hy maar weer op en hoe meer littekens die stam bykry, hoe sterker word hy.
Ons praat natuurlik hier van die Boerevolk self. Van 'n eeu gelede toe die
Engelse "the last traces of Africanerism" wou uitwis, tot deur die nuwe Eeu
van Onreg wil die volkie maar net nie verdwyn nie.
Behalwe vir die hardkoppigheid wat gewoonlik met Afrikanerskap gepaard gaan,
is daar nog iets wat die wêreld blykbaar nie verstaan nie; en dit is dat dit
lekker is om 'n Boer te wees!
Dit is lekker om Afrikaans te wees en te praat. Afrikaans is so 'n
wonderlike unieke taal wat op Afrikabodem ontstaan het. Dit is eintlik
onbegryplik dat die hele wêreld nie die taal omarm, aangryp en hulle eie
maak nie, want as 'n mens nou van uitdrukkingsvermoë wil praat, is daar net
niks wat by Afrikaans kan kersvas hou nie. Maar nou ja, agteros kom ook in
die kraal, en miskien moet 'n mens maar net geduldig wees.
Dit is lekker om braaivleis te hou en die wêreld se probleme op te los
rondom 'n hardekoolvuurtjie waarop 'n sappige biefstuk volmaaktheid bereik.
Daar is nie nog 'n hemel soos die Bosveld sterrevertoning op 'n wintersnag
nie, daar is nie nog so 'n taal om dit in te beskryf nie en daar is nie nog
'n mens wat dit so kan waardeer soos 'n diepgewortelde Boer nie.
Dit is lekker om by 'n volkseie atletiekbyeenkoms te wees soos wat die
afgelope Saterdag op Kleinfontein plaasgevind het en te kyk hoe die gesinne
van die volk saam gesonde vermaak geniet. Met die heerlike klanke van
Boeremusiek in die agtergrond het oud en jonk oor die wenstreep geskuifel en
geseil.
Dit is lekker om aan goedgefundeerde volksprotes deel te neem. Op ses April
is daar weer bewys dat die Boere-Afrikaner 'n saak het. Elke woord op die
protesskrif kan met feite gestaaf word, en dit herinner sterk aan die
Kruger-Milner gesprek 'n eeu gelede. Ook daar was elke woord van President
Paul Kruger die waarheid en het sy voorspellings later waar geword.
Dit is lekker om vir die manne van die volk "oom" te kan sê en vir die vroue
"tannie" en dit is net so lekker om deur die kinders ge-oom en ge-tannie te
word. Dit maak van ons 'n familie wat saamgebind word op hierdie bodem. Daar
is min volke waarvan die families se geskiedenis teruggevoer kan word tot by
die ontstaan van die volk. Dit is lekker om sommer met die tweede sin van 'n
gesprek te hoor:
"En van watter Joubert's of Pretoriuse of Barnards is jy nou eintlik?"
Dit is lekker om koeksisters te eet en kerkbazaar te hou.
Dit is lekker om 'n eie identiteit te hê en om nie daaroor skaam te wees
nie, al probeer die "geleerde" mense so hard om dit weg te skryf in die
koerante.
En laat ons nou maar eerlik wees, dit is lekker om so effe dwars te wees en,
soos Radio Pretoria voor die Menseregtekommissie, onbeskaamd in Afrikaans 'n
standpunt in te neem. Al weet 'n mens voor die tyd die wenkbroue gaan lig en
die onbegrip gaan groot wees.
Die lewe moet seker maar baie droog en droewig wees vir iemand wat nie deel
van die Boere-Afrikanervolk is nie.......
--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand
+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #29946 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 18 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Julian de Beer wrote:
>
>
> Die lewe moet seker maar baie droog en droewig wees vir iemand wat nie deel
> van die Boere-Afrikanervolk is nie.......
>
> --
> Julian & Karin de Beer
> 117 Newell Rd RD3
> Tamahere
> Hamilton
> New Zealand
>
Ha, ha, ha. En kyk waar sit Julian
en Karin!
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #29971 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Wo., 19 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Julian de Beer wrote:
> Ek is ten minste nie skaam vir my adres nie en ek het gelukkig ook nie bloed
> op my sleutelbord nie.
Wat van die bloed van Chris Hani en Biko en al die mannewat hulle op Vlakplaas
verbrand het. Dit klink vir my dis
jou geestelike boeties wat die dinge gedoen het.
Die tannie met die reg om te vra.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #30153 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 25 April 2000 00:00  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Nee Gloudina,
As jy wil bloed braak, kry dan tog net jou feite reg:
Chris Hani is voor sy huis op sy oprit vermoor deur mense wat zip met die
regering van die dag te make had: Janus Walusz en Clive Derby-Lewis. En
hulle was KP ondersteuners.
Walusz was nogal 'n immigrant uit Pole.
En Biko was ook g'n naby Vlakplaas nie! Hy's in die Oos-Kaap gemartel tot
die dood toe...
Maar toe was jy mos lank reeds in die land van die "Red Maple"!
Ek veroordeel ook onnodige en veragtelike vergrype soos wat ons geweet het
aan die orde van die dag was, maar hou my net by die feite!
Thys met 'n boontjie oor verkeerde aannames vanuit ander lande!
Sulke aannames "laat my koud." (Woorde van die destydse minister van
'pliesie' Jimmy Kruger na Steve Biko se dood.
@home.com wrote in message ...
> Wat van die bloed van Chris Hani en Biko en al die mannewat hulle op Vlakplaas
> verbrand het. Dit klink vir my dis
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #30154 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 25 April 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 441 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Beide kante was ewe skuldig. Gaan dit ons nou baat om mekaar te herinner wat
verkeerd was.Ek weet net soveel wat hier aangegaan het en ons almal wat in
Suid Afrika GEBLY het. Ek dink ons weet beter war hier gebeur het.
Dit gaan niks baat om op die verlede te hammer nie. Soos die Engelse se "do
not cry over spilled milk"
Ek het nog nie in een van jou skrywes gesien dat jy raad gee nie behalwe
kritiseer.
Wat stel jy voor
Reenen van Niekerk
skryf in boodskap news:39058F5E.273B313B@home.com...
> T de Wet wrote:
>
>> Nee Gloudina,
>> As jy wil bloed braak, kry dan tog net jou feite reg:
>>
>> Chris Hani is voor sy huis op sy oprit vermoor deur mense wat zip met die
>> regering van die dag te make had: Janus Walusz en Clive Derby-Lewis. En
>> hulle was KP ondersteuners.
>> Walusz was nogal 'n immigrant uit Pole.
>>
>> En Biko was ook g'n naby Vlakplaas nie! Hy's in die Oos-Kaap gemartel tot
>> die dood toe...
>
> Gaan terug en lees die thread, Thys. Ek is deur die oubeskuldig dat ek bloed
> op my keyboard het. Toe
> herinner ek hom maar net aan die bloed wat hy op
> sy keyboard het. D.w.s. as ek (in sy oe die regse
> liberaal) die bloed van Zimbabwiese wit setlaars
> op my keyboard het, dan het hy (regse reaksionere)
> sekerlik die bloed van Hani, van Biko en die slag-
> offers op Vlakplaas op syne. En Thys, wees gerus,
> ek weet miskien meer van die vergrype van die
> destydse apartheidsregering as jy, want ek het
> hier in die buiteland gesit en toegang gehad tot
> informasie wat baie van julle binnekant SA
> blykbaar nooit gekry het nie, volgens die ekskuse
> wat mens na die WVK gehoor het dat "hulle
> nie geweet het van die dinge wat aangaan nie."
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #30155 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 25 April 2000 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Beide kante was ewe skuldig. Gaan dit ons nou baat om mekaar te herinner wat
> verkeerd was.Ek weet net soveel wat hier aangegaan het en ons almal wat in
> Suid Afrika GEBLY het. Ek dink ons weet beter war hier gebeur het.
>
> Ek het nog nie in een van jou skrywes gesien dat jy raad gee nie behalwe
> kritiseer.
>
> Wat stel jy voor
>
Ek stel voor, Reenen, dat jy eenkant gaan sit en dinkoor wat in SA aangegaan het
terwyl jy nog 'n polisie-
man was. Jy se jy het beter geweet wat alles in SA
aangaan gedurende byvoorbeeld die tagtigerjare as
ons buite SA. Nou, as jy dan geweet het van alles
wat Wouter Basson gedoen het, en die moordenaars
van Chris Hani, en al die aanvalle op mense in die
buurstate, hoekom het jy nie bedank as polisieman
van so 'n misdadige polisiestaat nie.
Die tannie met die raad dat mense wat in
glashuise woon nie met klippe gooi nie.
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #30156 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 25 April 2000 00:00  |
Inge
Boodskappe: 177 Geregistreer: September 1999
|
Senior Lid |
|
|
. En Thys, wees gerus,
> ek weet miskien meer van die vergrype van die
> destydse apartheidsregering as jy, want ek het
> hier in die buiteland gesit en toegang gehad tot
> informasie wat baie van julle binnekant SA
> blykbaar nooit gekry het nie
Dat klopt......ook in Nederland hebben we meer gehoord en gezien
in kranten in nieuwsprogramma's op televisie en radio als de gemiddelde
Zuid-Afrikaan over de tijden in de Apartheid.
De Apartheid in al zijn wreedheden als een mensonwaardig systeem.........
Groetjes
Emmy
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #30157 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 25 April 2000 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
T de Wet wrote:
> Nee Gloudina,
> As jy wil bloed braak, kry dan tog net jou feite reg:
>
> Chris Hani is voor sy huis op sy oprit vermoor deur mense wat zip met die
> regering van die dag te make had: Janus Walusz en Clive Derby-Lewis. En
> hulle was KP ondersteuners.
> Walusz was nogal 'n immigrant uit Pole.
>
> En Biko was ook g'n naby Vlakplaas nie! Hy's in die Oos-Kaap gemartel tot
> die dood toe...
Gaan terug en lees die thread, Thys. Ek is deur die oubeskuldig dat ek bloed
op my keyboard het. Toe
herinner ek hom maar net aan die bloed wat hy op
sy keyboard het. D.w.s. as ek (in sy oe die regse
liberaal) die bloed van Zimbabwiese wit setlaars
op my keyboard het, dan het hy (regse reaksionere)
sekerlik die bloed van Hani, van Biko en die slag-
offers op Vlakplaas op syne. En Thys, wees gerus,
ek weet miskien meer van die vergrype van die
destydse apartheidsregering as jy, want ek het
hier in die buiteland gesit en toegang gehad tot
informasie wat baie van julle binnekant SA
blykbaar nooit gekry het nie, volgens die ekskuse
wat mens na die WVK gehoor het dat "hulle
nie geweet het van die dinge wat aangaan nie."
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Afrikaner kultuur [boodskap #30158 is 'n antwoord op boodskap #29945] |
Di., 25 April 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 441 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Beide kante was ewe skuldig. Gaan dit ons nou baat om mekaar te herinner wat
verkeerd was.Ek weet net soveel wat hier aangegaan het en ons almal wat in
Suid Afrika GEBLY het. Ek dink ons weet beter war hier gebeur het.
Dit gaan niks baat om op die verlede te hammer nie. Soos die Engelse se "do
not cry over spilled milk"
Ek het nog nie in een van jou skrywes gesien dat jy raad gee nie behalwe
kritiseer.
Wat stel jy voor
Reenen van Niekerk
skryf in boodskap news:39058F5E.273B313B@home.com...
> T de Wet wrote:
>
>> Nee Gloudina,
>> As jy wil bloed braak, kry dan tog net jou feite reg:
>>
>> Chris Hani is voor sy huis op sy oprit vermoor deur mense wat zip met die
>> regering van die dag te make had: Janus Walusz en Clive Derby-Lewis. En
>> hulle was KP ondersteuners.
>> Walusz was nogal 'n immigrant uit Pole.
>>
>> En Biko was ook g'n naby Vlakplaas nie! Hy's in die Oos-Kaap gemartel tot
>> die dood toe...
>
> Gaan terug en lees die thread, Thys. Ek is deur die oubeskuldig dat ek bloed
> op my keyboard het. Toe
> herinner ek hom maar net aan die bloed wat hy op
> sy keyboard het. D.w.s. as ek (in sy oe die regse
> liberaal) die bloed van Zimbabwiese wit setlaars
> op my keyboard het, dan het hy (regse reaksionere)
> sekerlik die bloed van Hani, van Biko en die slag-
> offers op Vlakplaas op syne. En Thys, wees gerus,
> ek weet miskien meer van die vergrype van die
> destydse apartheidsregering as jy, want ek het
> hier in die buiteland gesit en toegang gehad tot
> informasie wat baie van julle binnekant SA
> blykbaar nooit gekry het nie, volgens die ekskuse
> wat mens na die WVK gehoor het dat "hulle
> nie geweet het van die dinge wat aangaan nie."
>
> Gloudina
>
|
|
|
|