| Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #29510] |
So., 26 Maart 2000 00:00  |
De Waal Venter
Boodskappe: 62 Geregistreer: April 1996
|
Volle Lid |
|
|
Muskiete-jag
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
van jou sal net 'n bloedkol bly
hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery
deur jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure
Mag ek my voorstel eers ons skei
eer jy die doodslag van my kry -
My naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie-
wees ook nie so kieskeurig nie
Jy moet tog éendag sterwe!
Verwekker van malaria
sing maar jou laaste aria -
Mog een minuut vir grasie
al soebat jy nou nog so lang
al sê jy ook: ek is nie bang -
Nooit weer sien jy jou nasie!
Hoe sedig sit hy, o die kring!
Sy kinders kan maar kranse bring
Nou gaan die vabond sterwe ...
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer
My naam is Van deeer Merwe!
(naskrif: Ek had dit ook dat dit "o die kreng" was, maar aldus die
Afrikaanse Verse van DF Malherbe is dit "o die kring")
Thys de Wet op Somerset-Wes waar die 'sedoos' mens die afgelope twee dae mal
gewaai het!
|
|
|
|
| Re: Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #29518 is 'n antwoord op boodskap #29510] |
Ma., 27 Maart 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Muskiete-jag
> Hoe sedig sit hy, o die kring!
> (naskrif: Ek had dit ook dat dit "o die kreng" was, maar aldus die
> Afrikaanse Verse van DF Malherbe is dit "o die kring")
>
Ja Thys, ek verbeel my dit moet "kreng" wees, en ek dink ek
het op 'n stadium die betekenis van "kreng" geken, maar het dit
nou vergeet. Hoekom vra jy nie bietjie rond by die taalmense
nie?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #146021 is 'n antwoord op boodskap #29542] |
Sa., 03 Augustus 2024 08:35  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 553 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Lyk my die lyntjie verander steeds:
Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Hoe sedig sit hy, o die kring!
Hoe sedig sit hy, o die ding!
Afrikaanse mense ken nie die woord "kreng" (in die konteks, as skelwoord) nie.
|
|
|
|