| "Ontbloot die nag" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #29225] |
Do., 09 Maart 2000 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ontbloot die nag
Marlise Joubert
al sou jy nie antwoord nie
en stil word
soos die slapende meeue
en die vlieënde son wat my soms
aan jou gelaat herinner
ontbloot die nag my haar raaisels
terwyl die see haar voete verplaas
met legendes
al sou vergetelheid jou omring
en harige bome jou verblind
al sou jou vorm sterf
tussen die splinters van mense
ontbloot die nag my haar raaisels
my vingers kry koers soos riviere
en die oorsprong is jy
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|