| Ferdi se Voorspelling [boodskap #28641] |
So., 02 Januarie 2000 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
|
Senior Lid |
|
|
Kan julle nog onthou wat Ferdi, ons eie plaaslike "doomsday" profeet, op
6 Junie te sê gehad het?
Ek haal aan:
"Ideaal langs die piramides in Egipte.
Maar dit sal seker interresat wees om te sien of die ligte nog brand
op 1 Jan!
Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
gerekenariseerd is.
So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!
En 'n "shelter" vir die paar dae daarna dat die krag steeds af kan
wees!
Die tydskrif Wired het juis n storie is daaroor. Vertel eintlik aan
die hand van die Kandese "black out" watter chaos dit in die winter in
Noord-Amerika kan wees as die krag ingee - soos baie mense verwag gaan
gebeur op 1 Jan!
Daar word geargumenteer dat daar letterlik miljoene chips in die
elektrisiteits-voorsieningslyne in die VSA is wat krag-lewering
reguleer.
En vreeslik baie van hulle baie oud is en waarskynlik nie die datum
2000 sal kan hanteer nie. Niemand weet eers waar presies sulke chip
geinstalleer is nie.
In talle gevalle bestaan die maatskappye wat hulle gemaak het, nie
eers meer nie.
Dit sal volgens die argument spanning op die kragnet sit - wat gebou
is om bv. eerste die platteland af te sny as daar onderbrekings is.
In Kanada word daar verwag dat hulle krag voor die VSA af sal gaan
omdat hulle krag aan die VSA verkoop en as leweransier die klient
voorop moet stel.
Gloudina, die tydskrif vertel in detail wat in Kanada op die grond
gebeur het begin verlede jaar. Dit word tereg as (as dit alles waar
is) "frozen hell" beskryf.
Geen krag vir dae in ysige toestande, stukkende telefone en later in
Quebec ook water-vorraad wat opraak omdat daar nie krag vir suiwering
is nie.
En natuurlik geen elektroniese betaling nie - net kontant - omdat
ATM's en "swipes" vir kredietkaarte nie werk nie. Jou kar ry ook net
sover as wat daar petrol in die tenk is omdat daar nie krag is om te
pomp by die vulstasies nie.
Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in kontant
gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
Sal dit n effek op die bankstelsel he?
(Koop goud ke^rels! Net in geval...!)
(he,he,he....)"
|
|
|
|
|
|
| Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28653 is 'n antwoord op boodskap #28641] |
Ma., 03 Januarie 2000 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 02 Jan 2000 04:20:08 GMT, Johan wrote:
>[/color]
Johan,
Lees wat ek gepos het. Jy haal dit volledig aan.
Miskien moet jy bietjie beter lees, of hoe?
Dan sal jyb sien dat ek bloot gese het wat Wired geskryf het. Niks
meer nie.
Met ander woorde ek het niks gese nie. Net gese wat andere se.
Net in geval jy nie weet nie, Wired is n Amerikaanse tegnologie
tydskrif. Jy kan hulle op die net kry by www.wired.com of
www.hotwired.com as ek nou reg onthou.
Miskien moet jy soontoe gaan want sien, jou argument is met hulle - en
uiteindelik met die mense in die VSA wat hulle aangehaal het. Nie met
my nie.
Ek het net gese wat hulle argumenteer. Check self hieronder waar jy my
aanhaal.
>
> Ek haal aan:
>
> "Ideaal langs die piramides in Egipte.
>
> Maar dit sal seker interresat wees om te sien of die ligte nog brand
> op 1 Jan!
>
> Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
> elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
> gerekenariseerd is.
>
> So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!
>
> En 'n "shelter" vir die paar dae daarna dat die krag steeds af kan
> wees!
>
> Die tydskrif Wired het juis n storie is daaroor. Vertel eintlik aan
> die hand van die Kandese "black out" watter chaos dit in die winter in
> Noord-Amerika kan wees as die krag ingee - soos baie mense verwag gaan
> gebeur op 1 Jan!
>
> Daar word geargumenteer dat daar letterlik miljoene chips in die
> elektrisiteits-voorsieningslyne in die VSA is wat krag-lewering
> reguleer.
> En vreeslik baie van hulle baie oud is en waarskynlik nie die datum
> 2000 sal kan hanteer nie. Niemand weet eers waar presies sulke chip
> geinstalleer is nie.
> In talle gevalle bestaan die maatskappye wat hulle gemaak het, nie
> eers meer nie.
>
> Dit sal volgens die argument spanning op die kragnet sit - wat gebou
> is om bv. eerste die platteland af te sny as daar onderbrekings is.
> In Kanada word daar verwag dat hulle krag voor die VSA af sal gaan
> omdat hulle krag aan die VSA verkoop en as leweransier die klient
> voorop moet stel.
>
> Gloudina, die tydskrif vertel in detail wat in Kanada op die grond
> gebeur het begin verlede jaar. Dit word tereg as (as dit alles waar
> is) "frozen hell" beskryf.
>
> Geen krag vir dae in ysige toestande, stukkende telefone en later in
> Quebec ook water-vorraad wat opraak omdat daar nie krag vir suiwering
> is nie.
> En natuurlik geen elektroniese betaling nie - net kontant - omdat
> ATM's en "swipes" vir kredietkaarte nie werk nie. Jou kar ry ook net
> sover as wat daar petrol in die tenk is omdat daar nie krag is om te
> pomp by die vulstasies nie.
>
> Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in kontant
> gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
> Sal dit n effek op die bankstelsel he?
>
> (Koop goud ke^rels! Net in geval...!)
>
> (he,he,he....)"
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28665 is 'n antwoord op boodskap #28641] |
Wo., 05 Januarie 2000 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote:
> En om klaarblyklik te dink dat mens met iets
> moet verskil of saamstem en dat jy nie bewus daarvan kan wees sonder
> om "kant te kies" nie.
>
> Soos: Dink jy daar is spanning in terme van kernwapens tussen Indie en
> Pakistan? Is Kashmir n potensiele "flash point"?
>
> Dink jy mens kan daarvan bewus wees en jou selfs daaroor bekommer
> sonder om aan of Indie of Pakistan "se kant te wees"?
>
Ek is bereid om die standpunte wat jy hier stel almal te aanvaar, behalwe vir
die neutraliteit wat jy hier bo kleim. Gaan lees weer jou oorspronklike plasing
in geheel en ek is seker jy sal my moet toegee dat dit baie maklik is om daarin
te lees dat jy nie neutraal is nie.
En waar hoor jy die volgende rumour???!!!
Neewat Ferdi, dis so regte Huisgenooterigge storie. Daar was geen run op die
banke nie, en as kontant tuis gehou is, was die bedrae laag. Amerikaners is te
gewoond om met tjeks te betaal, en oral is tjeks op die 31ste aanvaar, asook op
die 1ste. Al my kollegas (Amerikaans) met wie ek kon praat, het voor die voet
gesê hulle het bietjie gebottelde water en 'n paar kerse gekoop. Hier was baie
kragopwekkers op die rakke en bleikbaar nie 'n groot stormloop daarop nie.
Iemand by ons kerk het blykbaar voor die tyd sowat $3000 spandeer om homself
voor te berei met kragopwekker en kos en water en sy vrou het vertel dat niemand
hom ernstig opneem nie.
Meeste ous se kommentaar was na die tyd: O wel, nou het my flits weer na jare
nuwe batterye.
> Miskien het jy al gehoor van die miljarde dollars wat die Amerikaanse
> reserwe bank voor 1 Jan gedruk en beskikbaar gestel het? Raai hoekom.
Soos ek kon aflei, en volgens my beperkte ervaring, was die hele Y2K episode
nogal baie soos die 94 verkiesing: 'n paar ekstremiste het oorreageer en die
oorgrote meerderheid het weinig gepanic en nog minder gedoen. Hier was 'n
stille gerustheid, tot so mate dat ek self eers teen vyfuur die aand besef het
ek het net $60 in my beursie en toe ek en my vrou daaroor praat, het ons
doodeenvoudig besluit dat as ons iets nodig het, ons met 'n kaart of dan 'n tjek
kan betaal.
|
|
|
|
| Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28667 is 'n antwoord op boodskap #28641] |
Do., 06 Januarie 2000 00:00  |
Beta one
Boodskappe: 12 Geregistreer: Desember 1999
|
Junior Lid |
|
|
Ferdi,
Dis nogal groot geld in enige ou se taal. Ek wil dit miskien net duidelik
maak dat ek nie gese het dat die Y2K probleem 'n figment van iemand se
verbeelding was nie. Ek het dit teen die amperse massa histerie wat die
media ontlok het, en natuurlik ook Hollywood wat so bietjie "ingecash" het
op die tema.
Ek het dit teen die doemprofete wat gese het jou mikrogolf oond sal nie meer
werk nie en vliegtuie sal uit die lug val. Ek het dit teen mense wat die
boodskap verdoesel het dat Y2K net 'n datum is en nie mooi verduidelik het
hoe 'n DATUM jou toebehore sal beiinvloed nie. (van wanneer af hou 'n DATUM
'n vliegtuig in die lug? Ek het altyd gedog dis aerodinamika..)
Indien enige bank (bv.) sou nalaat om Y2K aanpasbaar te word dan sou daar
inderdaad miljoene verlore kon gegaan het. Maar erens het 'n paar ou
gierigaards die gap gesien en lekker geld gemaak op slapende honde wat met
rus gelaat kon word.
Beta.
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:387cc9c1.19946106@news.icon.co.za...
> On Mon, 3 Jan 2000 21:40:43 +0800, "Beta One"
> wrote:
>
> Het jy geweet meer geld is in die afgelope drie, vier jaar wereldwyd
> bestee om Y2K aanpasbaar te word as wat die hele Tweede Wereldoorlog
> gekos het?
>
> >
>> Of miskien moet ek maar net laaste lag met 'n lekker he he he...>>
>
|
|
|
|
| Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28668 is 'n antwoord op boodskap #28641] |
Do., 06 Januarie 2000 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote:
> > Neewat Ferdi, dis so regte Huisgenooterigge storie. Daar was geen run op die
>> banke nie,>>
>
> Lyk my daar was n run op jou verbeelding. Moenie so op loop gaan nie.
> n Run op n bank vereis juis dat daar NIE VOORAF voorsienieng gemaak
> word vir uitermate kontant-onttrekkings nie. n Run is ook wanneer
> almal al hul geld dadelik wil he en die bank dit nie dadelik kan lewer
> nie omdat die geld elders bele is.
>
'n Run op 'n bank betken bloot dat mense hul geld in depositos in
kontant wil omskakel maar probleem is bloot dat die bank nie soveel
likiede bates het om aan die vereistes te voldoen nie, omdat die bankwet
slegs vereis dat 'n bank 'n persentasie van die depositos wat hy neem
beskikbaar sal hê as likiede bates. As almal nou na 'n bank toe gaan en
hul geld aanvra sal die bank nie genoeg geld waarde op sy boeke hê om
aan die versoeke te voldoen nie sonder dat die kontant eers ter sprake
kom.
|
|
|
|