Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die 2 G's, onder andere
| Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27763] |
Sa., 30 Oktober 1999 00:00  |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 1999
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina en Griet ( e.a.)
Soms gee die eenvoudige dinge soveel plesier! Ek loop die
volgende raak:
"Swiftly down the footpath
comes tripping Mabalel
and gaily sounds the song she sings
to the rhythm of her tinkling ankle rings"
Die onbekende outeur het nie sy vertaling voltooi nie! Tog wonder
ek of Marais nie die oorspronklike uit sy moedertaal (Eng.) in Afr.
oorgeklank/vertaal het nie? Gewoonlik het vertalings nie dieselfde
aanklank as die oorspronklike nie, maar lees (luister!!) net na hierdie
vertaling van Jan Celliers se "Dis al" -
THAT'S ALL:
Gold,
blue:
veld,
sky;
and one bird wheeling lonely, high -
that's all.
An exile comes back
from over the sea;
a grave in the grass,
a tear breaking free;
that's all.
(Guy Butler) .. en dan dink ons die nuwe ouens is goed!
B.
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27768 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
So., 31 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> THAT'S ALL:
>
> Gold,
> blue:
> veld,
> sky;
> and one bird wheeling lonely, high -
> that's all.
>
> An exile comes back
> from over the sea;
> a grave in the grass,
> a tear breaking free;
> that's all.
>
> (Guy Butler)
Ek verbaas my dat Guy Butler, wat 'n goeie
aanvoeling vir Afrikaans gehad het, sulke
onnodige en onsuksesvolle vryhede neem in
die vertaling van Dis Al. Reg aan die begin
vertaal hy Dis die blond met net die een
woord Gold. Hy besluit op sy eie dat wat
Celliers met blond bedoel het, beter vertaal
moet word as goud. Hy verander in die proses
n selfstandige naamwoord met 'n lidwoord
daarvoor na die een woord goud, 'n vryheid
wat onvergeeflik is, veral as jy dink dat die
reël die die blond een van die bekendste reëls
in die Afrikaanse letterkunde is.
Nou, daar is verskillende opinies oor wat
Celliers met die frase dis die blond bedoel het.
Persoonlik vertel ek vir myself hy praat van die
witgeblykte najaarsgras van die Hoëveld en van
die manier wat die lig wit op die Hoëveld is. Maar
dis nie al nie. Die b- van blond rym met die b-
van blou. Celliers dui dus reg aan die begin van die
gedig dat alliterasie en assonansie van die uiterste
belang gaan wees in die struktuur van die gedig.
(Die bs vroeër berei ons voor op die sleutelwoord
balling.) Wat my dronkslaan, is hoekom Butler
verkies het om van gold te praat, terwyl die
Engelse woord blonde tot sy beskikking was.
Of hy het nie besef dat die woord blond ook n
goeie Afrikaanse woord is nie, óf hy het gedink
dat sy Engelse lesers nie die woord blonde in
die regte sin sou opneem nie.
Ek wonder ook of die vertaling van die titel
Dis Al met Thats All suksesvol is. Die titel in
Afrikaans beteken vir my Only that.. of Just
That, iets wat Thats All miskyk.
In die tweede strofe gebeur iets interessants in Butler
se vertaling. Hy vertaal n vallende traan met a
tear BREAKING free, iets wat nie in die oorspronklike
is nie. Het Butler met opset hierdie breaking free in-
gesit om aan te dui dat daar die moontlikheid is van
die uitbreek na vryheid na die verslaan en die verdriet?
Net Butler sal weet. Dit is egter ook nog 'n voorbeeld
van die vryhede wat hy met hierdie gedig neem.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27769 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
So., 31 Oktober 1999 00:00   |
PAT
Boodskappe: 141 Geregistreer: April 1999
|
Senior Lid |
|
|
Barrie, ek was bietjie ligsinnig in my vorige bydrae, en ek vra
om verskoning. Myns insiens kan sekere gedigte goed vertaal
word,
maar Mabalel is een van daardie towergedigte wat regtig nie goed
oorkom in Engels nie. Dit klink vreemd op die oor.
En ja, ons raak beslis afgestomp hier in die vreemde. Dis
jammer want aan die een kant moet ons assimileer vir ons kinders
te onthalwe, en om aan te pas, en aan die ander kant klou ons
benoud aan enige strooihalm (soos hierdie nuusgroep) om nie die
konneksie te verloor nie. En in ons poging klink ons dikwels
arrogant en onsensitief. Ek het juis hierdie naweek besluit dat
ek
beslis in Suid-Afrika kom aftree eendag as ons daardie ouderdom
bereik, ek wil tussen my eie mense wees op my oudag.
Vriendelike groete uit n herfsland.
Pat
Barrie wrote in article
...
> Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
> maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
> Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels). Ek
> pes dit, maar miskien word ons kinders op hierdie manier gedwing om te lees
> óf om iets beter te doen as voor die kassie te lê. Dis nodig, maar die
> vermoë tot interpretatiewe lees is 'n veel groter behoefte. Ek staan egter
> stom oor die assosiasies wat jy ervaar n.a.v. "gaily" en "tinkling". Julle
> ouens daar in die vreemde bly in 'n mofkraal. Die bizarheid van julle
> lewensmilieu verwar julle oordeelsvermoë. Mabalel kan tinkle en rinkel en
> kinkel tot sy spierwit is, maar in my oë sal sy bly wat sy is!
>
> Gloudina sê in die volgende draad dat Butler ( vertaler van Dis Al)
> eieregtig (my interprasie!) was deur van die oorspronklike teks af te wyk.
> Dit mag wees, maar Guy Butler was te veel van 'n heer, 'n reuse akedemikus
> en 'n mens, om met opset afbreuk aan die oorspronklike te doen. M.i. het hy
> daarop verbeter. Let net weer op sy woordkeuse. As ons 'n term wil skep kan
> dit omarmde assosiasie wees. Die "gold" koppel tematies met "veld" en net so
> "blue" en "sky". Moontlik sou ons 'n beter vertaling van die titel in my
> ouma se geliefde gesegde vind: "So, that's that."
> Ons laat dit daar.
>
> Goeie môre (of goeienag) of wat dit ook al daar anderkant is.
>
> B.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27771 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
So., 31 Oktober 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> . Julle
> ouens daar in die vreemde bly in 'n mofkraal. Die bizarheid van julle
> lewensmilieu verwar julle oordeelsvermoë.
Nou, Barrie. Kan jy bietjie hieroor uitwei. Veral wat jy bedoel met"bly in 'n
mofkraal" en die "bizarheid van julle lewensmilieu." Al
wat ek opgemerk het, is dat Pat beswaar maak teen die Engelse
vertaling van daardie eerste reels van Mabalel omdat dit vir haar
klink asof dit 'n "gay" is wat praat. Nou ek hou nie van haar
stereotipering van gays nie, maar ek is byna seker dat daar die-
selfde stereotipering van gays in SA op 'n groot skaal aangaan.
Hoe vertaal Pat se amper doodgewone stereotipering van gays
"die vreemde" as 'n mofkraal en as 'n bizarre lewensmilieu?
As jy my vra, is die deursnee Amerikaner en Kanadees eintlik
baie meer konserwatief en platvloers as die deursnee Suid-
Afrikaner, veral die met die wit velle. Ek verbaas my elke keer
aan 'n soort dekadensie wat ek onder veral die wittes in SA
opmerk, waaraan ek ongewoon is hier in Kanada.
Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27772 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
So., 31 Oktober 1999 00:00   |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 1999
|
Volle Lid |
|
|
Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels). Ek
pes dit, maar miskien word ons kinders op hierdie manier gedwing om te lees
óf om iets beter te doen as voor die kassie te lê. Dis nodig, maar die
vermoë tot interpretatiewe lees is 'n veel groter behoefte. Ek staan egter
stom oor die assosiasies wat jy ervaar n.a.v. "gaily" en "tinkling". Julle
ouens daar in die vreemde bly in 'n mofkraal. Die bizarheid van julle
lewensmilieu verwar julle oordeelsvermoë. Mabalel kan tinkle en rinkel en
kinkel tot sy spierwit is, maar in my oë sal sy bly wat sy is!
Gloudina sê in die volgende draad dat Butler ( vertaler van Dis Al)
eieregtig (my interprasie!) was deur van die oorspronklike teks af te wyk.
Dit mag wees, maar Guy Butler was te veel van 'n heer, 'n reuse akedemikus
en 'n mens, om met opset afbreuk aan die oorspronklike te doen. M.i. het hy
daarop verbeter. Let net weer op sy woordkeuse. As ons 'n term wil skep kan
dit omarmde assosiasie wees. Die "gold" koppel tematies met "veld" en net so
"blue" en "sky". Moontlik sou ons 'n beter vertaling van die titel in my
ouma se geliefde gesegde vind: "So, that's that."
Ons laat dit daar.
Goeie môre (of goeienag) of wat dit ook al daar anderkant is.
B.
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27785 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
Ma., 01 November 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Thys de Wet wrote:
Vive la Coc!
Ek voorspel hulle gaan die Wereldbeker wen.
Het hulle nie ook die sokker se wereldbeker gewen nie?
> Hoe lyk die weer daar by jou vanaand? By ons is dit maar so-so!
Thys, dis vandag die eerste dag van November en eintlik behoort daar'n bietjie
sneeu op die grond te wees. Maar dit was die lieflikste dag,
blou en die laaste geel van die blare nog aan die bome. 17 C en dit
gaan nog so aangaan vir 'n rukkie. Daar is honderde en honderde Canada
Geese op die rivier. Sommige arriveer van die noorde, en sommige vlieg
in formasie suidwaarts.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27788 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
Ma., 01 November 1999 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> . Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
> droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
> noem dit die veldskool.
Moenie in jou wye en droewe land (nou weer die songetjie of choice vir diemanne
met die chips op hulle skouers) agter 'n klomp woorde wegkruip nie.
Wat het jy bedoel met daardie woorde oor die Noord-Amerikaanse milieu?
En wanneer ek van die tendens tot dekadensie in die wit geledere in SA praat,
praat ek van die gerokery en gedrinkery en 'n kniebuig voor die troon van
Mammon wat 'n platvloerse Noord-Amerikaner soms dronkslaan. Weet jy
hoe streng hulle hier is oor waar jy kan rook en drink?
En as jy moeilikheid het met die graftes, hoekom doen jy nie wat die Noord-
Amerikaanse Eerste Nasies doen as die mense gholfbane op hulle voorvader-
graftes wil kom maak nie. Hulle protesteer.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27790 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
Ma., 01 November 1999 00:00   |
PAT
Boodskappe: 141 Geregistreer: April 1999
|
Senior Lid |
|
|
Barrie:
Is jy en Reisiger dalk familie?
Barrie wrote in article
...
> Gloudina en Pat ( en diegene wat inluister op die plaaslyn!)
>
> Weer eens ( ek wonder hoekom word meteens dan as een woord gespel?) word die
> retoriek van 'n eensame enkeling aan die groot klok opgehang. Miskien kan
> dit aan die versletenheid van my beeldspraak toegeskryf word. Kyk nou maar
> net na my onnosele woordkeuse van eensame enkeling. Mens praat mos nie van
> 'n dooie lyk of 'n ou bejaarde nie. Dis pleonasmes, het my juffrou vir my
> geleer. Eenvoudige etimologie! (Sy het ook gesê: Etimologie leer jou woorde
> ken. Gebruik jou woordeboek en as jy nie een het nie, gaan sê vir jou dom pa
> (volksopvoeding) om vir jou een te koop. En onthou, dis etimologie, nie
> entimologie nie. Entimologie is 'n studie van insekte. As 'n insek jou steek
> sal die dokter jou met teengif moet in-ent). Geweldig interessant gewees!
> Totdat die ander -logies my pad gekruis het. Vat nou maar "ontologie". In
> my pa se woordeboek is dit net so 'n entjie verder aan as ontmaagd en ontman
> (subjektiese leer). Ontologie beteken volgens genoemde betroubare bron die
> volgende: 1. Leer van algemene eienskappe van dinge. 2. Leer van onderwerpe
> van die menslike denkvermoë. As jy goed is met hierdie logie, sal jy later
> vir ander mense kan sê hy/sy is dekadent, of so iets. Weer terug na pa se
> woordeboek... Soek op / slaan na (Kies die korrekte, klas!) dekadente. (en
> klas, moenie te lank by dek huiwer nie! Al wat dit beteken is dat jou pa sy
> eiendom, bv. deur 'n polis, teen diefstal dek!) En net daar het ek
> agtergekom hoekom ons hondjie se naam Multipleks was. My huidige buurman se
> foksie word Two-stroke genoem. Hy is van 'n ander kultuur en gevolglik
> verstaan ek hom nie goed nie! Terug na die woordeboek. Eers kry jy
> dekadensie: 1. s.nw. (geestelike) agteruitgang, verval, insinking,
> oorverfynd (sien dissidensie -> volgende bladsy: afwyking, veral in
> godsdienssake, andersdenkende. En nou is ons by dekadent (weer terug by die
> vorige bladsy) deka'dent (-e; -er, -ste) b.nw. in verval, oorverfynd,
> sonder innerlike krag.
>
> Gloudina, is dit wat jy bedoel met :"Ek verbaas my elke keer aan 'n soort
> dekadensie wat ek veral onder die wittes in SA opmerk, waaraan ek ongewoon
> is hier in Kanada"? Weet jy, daar is sommige woorde wat nie korrek in
> woordeboeke beskryf word nie. Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
> droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
> noem dit die veldskool. Dis 'n oop skool - oop vir almal, die lewendes en
> die dooies, o.a. Ter illustrasie ( in die definiëreing van die begrip
> liefde; uitgeslote filomé, agapé, ens.): Die afgelope winter skiet ons
> duiwe in 'n sonneblomland in die Vrystaat. Twee duiwe kom oorgevlieg. My
> skoot donshael tref net een, en sy val. En toe... draai haar maatjie om en
> gaan sit by haar op die grond. Dit , ou girl, is liefde! As jy jou bereid
> verklaar om teen die dood in, by joune te bly. En dit het ek by 'n duifie
> geleer! Nodeloos om te sê: ek skiet nie meer duiwe nie.
>
> Maar nog is het einde niet. As dit liefde is, wat is haat? Haat dui immers
> op die afwesigheid/teenpool van liefde. Die kernvraag is: wie haat dan vir
> wie?
> Weer eens ter illustrasie: My ma is verlede jaar oorlede. Sy rus langs my pa
> in Adelaide se begraafplaas. Daar waar my ouma en oupa en oumagrootjie en
> oupagrootjie begrawe lê. En hulle ouers. In ons ou King James is die eerste
> Oos-Kaapse verbintenis aangeteken in 1762. Vir meer as twee eeue rus hulle
> in vrede! Maar nou is die begraafplaas volgens die heel nuutste nuwe
> paradigma
> oop. Mooi, die wêreld juig! Maar watter implikasies het dit vir die
> dekadente spul oorgeblewe wittes alhier? Tradisioneel is die
> Xhosa-gesinshoofde in 'n beeskraal begrawe. Mooi toegerol in 'n beesvel en
> permanent onder die hoewe van sy beeste. Animisties gesproke is daar 'n noue
> verband tussen beeste en die voorvadergeeste. En nou word die dorp se beeste
> in die begraafplaas ingejaag.
> En die bokke. Jy kan nie 'n ruiker op jou geliefde se grafte sit nie of dit
> word bevuil / bokkos (kies een , klas!). Die sakie neem 'n
> dramaties-ironiese wending as jy die reg misken word om net 'n draadafskorti
> ng om jou voorvaders se grafte te span. Ons wil saamwerk! Maar die geduld
> wat so baie kan dra, is aan die opraak! Glo my, daar is niks dissidents aan
> my denke nie! Die meerderheid (dekadente wittes) voel so. En die grootste
> gros van die (dekadente?) geleerde,
> verfynde, swart bevolking. Ongelukkig word ons deur die proletariaat
> regeer.
> Dit is mos die kernbeginsel van die demokrasie - die meerderheid is altyd
> reg.
> Mofbeeste in 'n mofkraal. Dit is so bizar (sonderling, vreemd, grillig,
> volgens pa se woordeboek) dat julle oningeligdes wat knus onder julle
> morele, uitlandse kombersies wegkruip, en dit nie in 'n woordeboek kan
> opspoor nie, dit nie sal of kan verstaan nie.
>
> Hier het jy 'n kort beskrywing van die hoofvakke (liefde en haat) van die
> kursus in veldskoolkunde. Ander vakke sluit in: oorlewing, statsleer.
> Toordokterkunde is nog nie deel van die sillabus nie, maar jy sal eersdaags
> vanuit owerheidsweë toegelaat word om hulle dienste van jou mediese fonds af
> te trek. (Een hoender vir 'n kopseer!) Dit moet nog net deur die
> parlementêre komitee (soviet) goedgekeur word. Intussen hoef jy nie te
> bekommer oor motorbestuurskunde nie. Bestuurslisensies word te koop
> aangebied (goedkoper as jy agter in die ry staan!). Die probleem is dat
> daar nog nie handboeke is nie. Ons lees maar die koerante en gaan skiet
> duiwe met die geld wat ons op begrafnisblomme spaar.
>
> Mag die Mounties tot ons redding kom! The Royal Canadian Mounted Police!
> Hulle moet gou kom, want hier kom bollies!
>
> "And now, class, back to Mabalel and her English composition (disposition?)
>
> B.
>
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27791 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
Ma., 01 November 1999 00:00   |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 1999
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina en Pat ( en diegene wat inluister op die plaaslyn!)
Weer eens ( ek wonder hoekom word meteens dan as een woord gespel?) word die
retoriek van 'n eensame enkeling aan die groot klok opgehang. Miskien kan
dit aan die versletenheid van my beeldspraak toegeskryf word. Kyk nou maar
net na my onnosele woordkeuse van eensame enkeling. Mens praat mos nie van
'n dooie lyk of 'n ou bejaarde nie. Dis pleonasmes, het my juffrou vir my
geleer. Eenvoudige etimologie! (Sy het ook gesê: Etimologie leer jou woorde
ken. Gebruik jou woordeboek en as jy nie een het nie, gaan sê vir jou dom pa
(volksopvoeding) om vir jou een te koop. En onthou, dis etimologie, nie
entimologie nie. Entimologie is 'n studie van insekte. As 'n insek jou steek
sal die dokter jou met teengif moet in-ent). Geweldig interessant gewees!
Totdat die ander -logies my pad gekruis het. Vat nou maar "ontologie". In
my pa se woordeboek is dit net so 'n entjie verder aan as ontmaagd en ontman
(subjektiese leer). Ontologie beteken volgens genoemde betroubare bron die
volgende: 1. Leer van algemene eienskappe van dinge. 2. Leer van onderwerpe
van die menslike denkvermoë. As jy goed is met hierdie logie, sal jy later
vir ander mense kan sê hy/sy is dekadent, of so iets. Weer terug na pa se
woordeboek... Soek op / slaan na (Kies die korrekte, klas!) dekadente. (en
klas, moenie te lank by dek huiwer nie! Al wat dit beteken is dat jou pa sy
eiendom, bv. deur 'n polis, teen diefstal dek!) En net daar het ek
agtergekom hoekom ons hondjie se naam Multipleks was. My huidige buurman se
foksie word Two-stroke genoem. Hy is van 'n ander kultuur en gevolglik
verstaan ek hom nie goed nie! Terug na die woordeboek. Eers kry jy
dekadensie: 1. s.nw. (geestelike) agteruitgang, verval, insinking,
oorverfynd (sien dissidensie -> volgende bladsy: afwyking, veral in
godsdienssake, andersdenkende. En nou is ons by dekadent (weer terug by die
vorige bladsy) deka'dent (-e; -er, -ste) b.nw. in verval, oorverfynd,
sonder innerlike krag.
Gloudina, is dit wat jy bedoel met :"Ek verbaas my elke keer aan 'n soort
dekadensie wat ek veral onder die wittes in SA opmerk, waaraan ek ongewoon
is hier in Kanada"? Weet jy, daar is sommige woorde wat nie korrek in
woordeboeke beskryf word nie. Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
noem dit die veldskool. Dis 'n oop skool - oop vir almal, die lewendes en
die dooies, o.a. Ter illustrasie ( in die definiëreing van die begrip
liefde; uitgeslote filomé, agapé, ens.): Die afgelope winter skiet ons
duiwe in 'n sonneblomland in die Vrystaat. Twee duiwe kom oorgevlieg. My
skoot donshael tref net een, en sy val. En toe... draai haar maatjie om en
gaan sit by haar op die grond. Dit , ou girl, is liefde! As jy jou bereid
verklaar om teen die dood in, by joune te bly. En dit het ek by 'n duifie
geleer! Nodeloos om te sê: ek skiet nie meer duiwe nie.
Maar nog is het einde niet. As dit liefde is, wat is haat? Haat dui immers
op die afwesigheid/teenpool van liefde. Die kernvraag is: wie haat dan vir
wie?
Weer eens ter illustrasie: My ma is verlede jaar oorlede. Sy rus langs my pa
in Adelaide se begraafplaas. Daar waar my ouma en oupa en oumagrootjie en
oupagrootjie begrawe lê. En hulle ouers. In ons ou King James is die eerste
Oos-Kaapse verbintenis aangeteken in 1762. Vir meer as twee eeue rus hulle
in vrede! Maar nou is die begraafplaas volgens die heel nuutste nuwe
paradigma
oop. Mooi, die wêreld juig! Maar watter implikasies het dit vir die
dekadente spul oorgeblewe wittes alhier? Tradisioneel is die
Xhosa-gesinshoofde in 'n beeskraal begrawe. Mooi toegerol in 'n beesvel en
permanent onder die hoewe van sy beeste. Animisties gesproke is daar 'n noue
verband tussen beeste en die voorvadergeeste. En nou word die dorp se beeste
in die begraafplaas ingejaag.
En die bokke. Jy kan nie 'n ruiker op jou geliefde se grafte sit nie of dit
word bevuil / bokkos (kies een , klas!). Die sakie neem 'n
dramaties-ironiese wending as jy die reg misken word om net 'n draadafskorti
ng om jou voorvaders se grafte te span. Ons wil saamwerk! Maar die geduld
wat so baie kan dra, is aan die opraak! Glo my, daar is niks dissidents aan
my denke nie! Die meerderheid (dekadente wittes) voel so. En die grootste
gros van die (dekadente?) geleerde,
verfynde, swart bevolking. Ongelukkig word ons deur die proletariaat
regeer.
Dit is mos die kernbeginsel van die demokrasie - die meerderheid is altyd
reg.
Mofbeeste in 'n mofkraal. Dit is so bizar (sonderling, vreemd, grillig,
volgens pa se woordeboek) dat julle oningeligdes wat knus onder julle
morele, uitlandse kombersies wegkruip, en dit nie in 'n woordeboek kan
opspoor nie, dit nie sal of kan verstaan nie.
Hier het jy 'n kort beskrywing van die hoofvakke (liefde en haat) van die
kursus in veldskoolkunde. Ander vakke sluit in: oorlewing, statsleer.
Toordokterkunde is nog nie deel van die sillabus nie, maar jy sal eersdaags
vanuit owerheidsweë toegelaat word om hulle dienste van jou mediese fonds af
te trek. (Een hoender vir 'n kopseer!) Dit moet nog net deur die
parlementêre komitee (soviet) goedgekeur word. Intussen hoef jy nie te
bekommer oor motorbestuurskunde nie. Bestuurslisensies word te koop
aangebied (goedkoper as jy agter in die ry staan!). Die probleem is dat
daar nog nie handboeke is nie. Ons lees maar die koerante en gaan skiet
duiwe met die geld wat ons op begrafnisblomme spaar.
Mag die Mounties tot ons redding kom! The Royal Canadian Mounted Police!
Hulle moet gou kom, want hier kom bollies!
"And now, class, back to Mabalel and her English composition (disposition?)
B.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27819 is 'n antwoord op boodskap #27763] |
Wo., 03 November 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Barrie wrote:
>
> lou wrote in message ...
>> Barrie wrote:
>>>
>>> Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
>>> maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
>>> Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels).
>>
>> Dieselfde gebeur neestal nie met programme wat in een van die ander Suid
>> Afrikaanse tale soos bv. Zoeloe gemaak is nie. Nou wonder mens maar
>> net??
>
> Lou
> Ek wonder nie meer nie! Ek weet nie of jy binne die lesersgebied van Die
> Volksblad val nie. Op die middelblad (drie kolom stoepie onder aan die
> bladsy)
> bespreek prof. Jaap Steyn van Vrystaat U. net enkele implikasies van die
> moontlike verengelsing van ons regstelsel.
Barrie - probeer
http://news.24.com/afrikaans/die_volksblad/die_volksblad.asp
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 21:27:30 UTC 2026
|