| "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #27687] |
Di., 26 Oktober 1999 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
BLOMMEKYKERS
George Weideman
juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme
en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombis en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)
julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut
maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die karos -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine 'n egte tonteldoos! dalk
kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat
somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #47443 is 'n antwoord op boodskap #27687] |
Ma., 30 Julie 2001 00:09  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
P.B.S. wrote:
> het julle ook probleme met die nuusgroep?
Die nuusgroep is bietjie stadig. Een van ons het homselfin albei voete
geskiet en weet nou nie of hy moet hink of
pink nie. Die res van ons uiter ons respektiewe sugte
van verligting, hopende dat ons (ten minste vir die voor-
sienbare toekoms) ontslae is van die man met die tien
af tone.
Tant Hessie wat nie van die verminkte
bobbejaan-tien-toon hou nie.
> BLOMMEKYKERS
> George Weideman
>
> juliemaand en die familie skryf
> sal daar blomme wees vanjaar?
> is vooruitsigte goed of sleg?
> nooit vra hoe staan die koring
> het dit al gereën het die skaap kondisie nie
> aljimmers net die blomme
>
> en end Augustus kom die konvooie
> uit die kaap die baai en die transvaal
> kom kombi's en langslapgatkarre
> kom trap gousblom en sporrie snuif
> kom bier en braairib in die hand
> die kameras die zirr en klik
> van kykgat tot by kamieskroon
> (tot selfs ouma nie meer kan lag nie)
>
> julle noordwesters is darem gasvry
> maar hoe leef julle sonder tv?
> 't amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
> maar verdeë of hy sal verstaan
> as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
> sien ons hoe wissel kleur op kleur:
> bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
> en die baldadigste geel varkensknol
> saans die son pure bontkopdoek
> snags die sterre ons eie silwerdoek
> vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
> die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut
>
> maar as die blomme vir hulle te veel word
> of die water darem te brak, dan pak hulle in
> wat die oë sien en die hande kan dra:
> here wat sal pam sê van die "karos" -
> wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
> hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
> imagine 'n egte "tonteldoos"! dalk
> kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
> skuur vir 'n deurstop vat
> en o ja dankievirriewildsbiltong
> dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
> uit hierdie godverlate gat
>
> somtyds voel mens
> jy sien net die bittergousblom
> en gifmelkbos
> somtyds wil mens bid
> kom toemaakmis
> kom trek jou sluier
> kom maak jou kinders se oë toe
> of oostewind
> kom waai jou waai
> kom waai maar
> alles
> moerland toe
|
|
|
|