| Joahn se aapkliersous [boodskap #25210] |
So., 08 Augustus 1999 00:00  |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: Junie 1997
|
Senior Lid |
|
|
Johan, jou sous (met wysigings) was heerlik! Ek het bygevoeg: teelepel Cajun
kruie en 'n paar druppels rissiesous - 'n bottel wat ons gekry het van
kennisse wat in Phoenix, Arizona was, met die welluidende naam "Whooping Ass
Hot Sauce" (skuus - dit staan regtig netso op die bottel.) Verder soos jy
hom beskryf het. Weet egter nie of ek dit ooit weer sal kan herhaal nie,
want daar was baie proe en dan bietjie meer van hierdie, dan van daardie,
tot hy op smaak was.
Weet iemand dalk waar kom die naam "monkeygland" sous vandaan? In Afrikaans
sien ek hulle praat prosaies van "kruierysous". Toe die kinders nog klein
was, het ek hulle geterg en gesê dit word van aapkliere gemaak.
Sterkte vir jou week.
Henry
|
|
|
|
|
|
| Re: Joahn se aapkliersous [boodskap #25745 is 'n antwoord op boodskap #25210] |
Wo., 01 September 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 8 Aug 1999 18:02:18 -0400, "Kwarantyn" wrote:
|Johan, jou sous (met wysigings) was heerlik! Ek het bygevoeg: teelepel Cajun
|kruie en 'n paar druppels rissiesous - 'n bottel wat ons gekry het van
|kennisse wat in Phoenix, Arizona was, met die welluidende naam "Whooping Ass
|Hot Sauce" (skuus - dit staan regtig netso op die bottel.) Verder soos jy
|hom beskryf het. Weet egter nie of ek dit ooit weer sal kan herhaal nie,
|want daar was baie proe en dan bietjie meer van hierdie, dan van daardie,
|tot hy op smaak was.
|
|Weet iemand dalk waar kom die naam "monkeygland" sous vandaan? In Afrikaans
|sien ek hulle praat prosaies van "kruierysous".
Ons het nog nie die oorsprong van die term gekry nie, maar hier is nou 'n lekker
variasie:
By die sous, sommer nog so in die begin stadium, sny jy 'n piesang fyn: ek het
sommer sukke dun skyfies, minder as 'n mm gesny.
Hy kkok heel fyn, maar los 'n buitengewone lekker smaak in die sous
agter!!!!!!!!
|
|
|
|