Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Staak dit tog nou!
Staak dit tog nou! [boodskap #24854] |
Fri, 23 July 1999 00:00  |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: June 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Aan Andri net dit: jy maak 'n basiese denkfout om te dink dat die "Afrika
mense" in 1999 al moes ontwikkel het "tot op die 1450 vlak van
Westerlinge" - ons praat hier van twee veskillende soorte ontwikkeling.
Waarom sonder jy byvoorbeeld die Afirkane uit? Wat van die Ooste? Wat van
Egipte - ook deel van Afrika - wat 'n ontwikkelingsvlak bereik het wat heel
anders is as dié van die westerlinge - en in sommige opsigte baie "verder"
gevorder het? Die punt is dat jy appels en pere wil vergelyk, en dan die
appels kwalik neem omdat hulle nie pere is nie. Beskawing en ontwikkeling
kan nie gedefinieer word bloot uit die oogpunt van die persoon wat daaroor
wil skryf nie. Ontwikkeling en beskawing loop ver en uiteenlopende paaie en
bereik uiteenlopende eindpunte.
Maar eintlik gaan dit hier vir my om "Gloudina-bashing". Dit bly maar 'n
rare verskynsel dat mense juis diegene aanval wat bewys gelewer het dat
hulle ver bokant die massa uitgestyg het. Maar nie daarom minder aanvaarbaar
nie. "Gloudina-bashing" het die norm geword hier op die NG. Dis die in ding
om te doen. Val haar aan. Wees persoonlik beledigend. Kraak haar af. As sy
iets skryf, verwerp dit net omdat sy dit skryf. Gebruik woorde soos aasvoël,
volstruis-met-die-kop-in-die-sand en so aan.
Wanner laas het iemand "Lord of the Flies" gelees? Van Piggy wat uitgewerp
en fisies aangeval is weens sy intellek en sy beskawingspeil? En dit net
omdat hy beter as die ander kon sien en onderskei waarop dit werklik aan
kom? Dit bly maar 'n feit dat die hoogste bome die wind vang.
Staak dus die kleinlike aanvalle en persoonlike beledigings. Dit bevuil die
aanvaller meer as die een wat aangeval word.
Met beste groete
Henry
|
|
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24885 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Sun, 25 July 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Kwarantyn" writes:
>
>
> "Gloudina-bashing" het die norm geword hier op die NG. Dis die in ding
>> om te doen. Val haar aan. Wees persoonlik beledigend. Kraak haar af.
> As sy
>> iets skryf, verwerp dit net omdat sy dit skryf. Gebruik woorde soos
> aasvoël,
>> volstruis-met-die-kop-in-die-sand en so aan.
>
>
> Dankie, Kwarantyn, vir jou woorde. Moet
> egter nie vir jou bekommer nie. Ek probeer
> die rol van katalis en weerligafleier speel,
> en verwag dus die bliksems en die donder.
> En as dit moet, dan bliksem ek die bliksems
> en die donders.
>
> Gloudina
Ag nee, wat, Kwarantyn,
So lank as wat Gloudina hierdie nuusgroep gebruik as forum vir Boerebashing,
moet sy verwag om in soortgelyke munt terugbetaal te word.
Jy sien, as 'n mens hom uitgee vir 'n toffie, moet hy verwag om gekou te
word.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24941 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Tue, 27 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Afrikaners en Afrikane kan nie vergelyk word nie.
Kyk na die argument van werkgewer en werknemer. En die
potensiaal van mense. Om die goeie kant vergelyk met die
swakste kant van andere is op jouself op te hef en andere
waarvan ons nie hou nie, af te kraak. Maak nie saak wat die
statistiek bewys nie, elke mens het die potensiaal om
statistiek verkeerd te bewys.
In die Apartheid dae, 1974, het het 'n Swart vrou sien
rondry met 'n wit Mercedes Benz. Sy het glo 10 sjebeens
gehad. Dit het vir my as 'n arm Afrikaner gewys dat jy 'n
sukses van jouself kan maak, ongeag die omstandighede.
Hoeveel Afrikaner werkverskaffers is daar in SA? Oud of
nuwe? Ons gaan soek werk by die Jode, Amerikaners, Britte,
ens. Dan wil ons met statistiek bewys hoe dom die
Swartmense is. Al wat ons probeer wegsteek, is dat
Afrikaners nie werkgewers is nie.
'n Grap van Koos van der Merwe. Hy het op die plattelandse
dorpie gaan werk soek. Hy kom glad nie werk kry nie en gaan
munisipaliteit toe. Koos het net std 4 gehad. Die enigste
job wat die munisipaliteit hom kan aanbied, was jamlorrie
drywer. Maar daarvoor was std 5 nodig. Wel, Koos stap
mismoedig weg, en skop 'n blik per ongeluk raak. Hy maak sy
toon seer en vloek die blik. Toe hy weer kyk, sien hy dis
nogal 'n pragtige blik. Hy gaan verkoop die blik en kry 'n
paar sente daarvoor. En so begin Koos scrap optel en
verkoop. Hy koop vir hom 'n fiets, later 'n bakkie. Later
'n lorrie. Later koop Koos toe die scrapyard. Die TV kom en
hou 'n onderhoud met Koos. Vra vir hom toe die vraag - mnr.
Van der Merwe, sou jy nie 'n groter sukses van jou
besigheid gemaak het as jy std 5 gehad het nie. Koos reken
glad nie, dan sou hy nog 'n jamlorrie drywer gewees het.
There are one hundred men who are seeking security to one
able man who is willing to risk his fortune.
J. Paul Getty (1892 - 1976)
International Herald Tribune
|
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24977 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Wed, 28 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem skryf...
Ai - alweer die ou argument. Hoeveel harder, dink jy, moes
sy werk om daardie benz te besit? En hoeveel ander, dink
jy, kon dieselfde benz ry met gelyke kanse.
Bleddie harder. Maar sy het bo uitgekom. Maar dit was nie
al nie. Sy het my laat fokus verander. Van 'n regse
politieke fokus, na menslike potensiaal filosofie. My pad
het my uiteindelik laat sukses bereik. Nou wil ek terugkom
en dit met andere deel.
Fokus op die politiek, en jy sal jouself frustreer tot in
die afgrond in. Fokus op menslike potensiaal, en jy sal 'n
sukses van jou lewe maak. Sy is Swart en het dit reggekry.
Jy is Blank en kan dit ook regkry.
20 jaar gelede het Swartmense geleer, en na ure klasse
geloop. Nou het hulle dit gemaak, en verdien hulle dit.
Die Swartmense het vir ons 'n voorbeeld gestel, deur hulle
nederigheid. Ons kan hulle voorbeeld volg, en bo uitkom...
Het jy al gesien hoeveel besighede is in die townships.
Weet jy wat verdien 'n minibus-taxi maandeliks. Vind uit.
ProPacem skryf...
Daar is altyd uitsonderings, maar om daardie uitsonderings
dan voor te hou as bewys van wat "almal" kan doen is
foutief. Waarom het dit sosiale en politieke ingryping
genoodsaak om die "armblanke-vraagstuk" aan te spreek
indien "almal" met harde werk kan uitstyg en 'n sukses van
hulself kan maak "ongeag die omstandighede".
Jy het 'n punt. Ek stem saam. Dink jy nie dit is
uitsonderlik nie. As daar een is, dan moet daar meer as
een wees. Ons sien te veel die negatiewe raak. Wat ek
probeer bewys, is dat ons ons fokus moet verander.
Bowendien, ons het nie al die menslike potensiaal boeke
gehad het wat ons nou het nie. En dit was na die 2e
wereldoorlog. Deepak Chopra se "7 spiritual laws of
success" werk fantasties. Least effort, love, pure
potentiality. Alles wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig
het, so veel as wat jy NODIG het, is beskikbaar. Maar jy
sal dit nie kry as jy negatief is nie. Dit is die wetenskap
van wonderwerke, waarna ek so lank soek. Staak die
negatiwiteit. Dit vernietig ons net.
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24978 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Wed, 28 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie nuusgroep is so morbied - en die politici moet die
skuld kry daarvoor! En julle wil negatief bly. Die mense
kla oor die media, maar in Mauritius kom ek agter die
media is eintlik teen die Staat sowel as die Publiek. Dit
versprei negatiewe gemors, en julle vreet dit soos soetkoek
op. Julle klink na 'n klomp seemeeue wat gemors wil
opvreet. Lees gerus Jonathan Livingston Seagull, deur
Bach. Ons hoef niks van die Swartmense af weg te neem
nie. Hoekom gebruik ons nie hierdie ng om op te staan en
vlieg nie. Dit is baie maklik. Afrikaners, waar is julle
trots, potensiaal, deugde, geloof in julleself en God?
Julle het lou geword, en is uitgespoeg. Ek wil nie oordeel
nie, maar dit lyk so. Julle morbiedheid getuig daarvan.
Maar Lou, ek bedank jou. Daar sit iets goeds in jou. Jammer
dat dit lou is. As jy as mens andere se self-uitdrukking
kan toelaat sodat hulle wil wees wat hulle wil wees, dan
het jy ook die reg om te wees wat jy wil. Wat kan ek doen
om jou te help. Wat begeer jy? Wat vrees jy? Dit is
makliker as wat jy dink.
Op jou bostaande verbale diaree kan ek maar net vra -
waarom Affirmative Action? Dit is mos op dieselfde premise
gegrond?
|
|
|
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24982 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Wed, 28 July 1999 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem wrote:
>
>> reis...@hotmail.com
>>
>
>> In die Apartheid dae, 1974, het het 'n Swart vrou sien
>> rondry met 'n wit Mercedes Benz. Sy het glo 10 sjebeens
>> gehad. Dit het vir my as 'n arm Afrikaner gewys dat jy Ân
>> sukses van jouself kan maak, ongeag die omstandighede.
>
> Ai - alweer die ou argument. Hoeveel harder, dink jy, moes sy werk om daardie
> benz te besit? En hoeveel ander, dink jy, kon dieselfde benz ry met gelyke
> kanse. Daar is altyd uitsonderings, maar om daardie uitsonderings dan voor te
> hou as bewys van wat "almal" kan doen is foutief. Waarom het dit sosiale en
> politieke ingryping genoodsaak om die "armblanke-vraagstuk" aan te spreek
> indien "almal" met harde werk kan uitstyg en 'n sukses van hulself kan maak
> "ongeag die omstandighede".
Ai die arme ou probeer positief wees maar jy piepie al weer op sy
battery. Goeie werk! Ons soek niks positiefs op die nuusgroep nie. As hy
die feit dat iemand uit swakker omstandighede as sy eie kon vooruit
gaan, kon gebruik om homself te motiveer laat hom!
Op jou bostaande verbale diaree kan ek maar net vra - waarom Affirmative
Action? Dit is mos op dieselfde premise gegrond?
|
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25009 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Thu, 29 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek veronderstel jy is Blank. "Assumption" is die moeder van
alle "stufups". Daar is jy reg.
Die argument gaan hier oor potensiaal, en hoe om die
struikelblokke in jou lewe te oorbrug.
Ons is almal eenders - ek glo alle persone word met 'n
reeks struikel blokke gebore - innerlik en uiterlik - wat
hulle kan oorbrug as hulle na hulle vrese kyk as
rigtingwysers en dit oorkom. Ons almal het die vermoee om
dit te doen, maar vrese hou ons in ons gemak sones. Daarom
is ons paranoies, wat totaal onnodig is. Konfronteer ons
ons vrese, en ons oorwin dit, dan ontwikkel ons meer en
meer self vertroue. En terselfder tyd behaal ons sukses -
persoonlik en as 'n groep.
Vir haar was ras nie 'n struikel blok nie, maar 'n
geleendheid. Ons kyk na ras as 'n struikelblok, maar besef
nie hoe baie ooreenkomste daar is nie - die 16e Desember
argument wat elke jaar gepos word, maar bitter min
beantwoord word. Rekonsiliasie is moontlik. Maar ons
verstaan nie groepe nie.
Dit is nogal interressant om in 'n land te lewe as Blanke
waar die politieke meerderheid van kleur verander het - dit
wys jou die ooreenkomste en verskille tussen mense en
groepe, en hoe ons van mekaar kan leer. Jammer mense kyk
negatief daarna. En konsentreer op 'n "struggle". Die een
se geskiedenis probeer homself herhaal in die ander - beide
'n minderheids groep.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25015 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Thu, 29 July 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> lou lo...@hotmail.dinges.com
> OHOPOHO!!!!
Ek vermoed hierdie is 'n kuberafkorting, maar ek weet nie wat dit beteken nie.
> JY mis die
> strekking van SY plasing
Wel ons verskil hieroor.
> Wat weet jy per slot van rekening van hom.
Ek het slegs gereageer op wat hy geskryf het.
> As
> iemand iets oor swart of liewer nie-wit mense sê (al is dit positief)
> is jy onmiddelik op jou perdjie en split af op 'n tanget.
Nee. Jy beoordeel dit as positief en wil dan voorgee dat dit absolute waarheid
is. Ek het by 'n vorige geleentheid gesê dat ek vooroordeel en stereotipering
probeer aanspreek wanneer ek dit teëkom, ongeag of dit te make het met ras,
etnisiteit, geslag, seksuele oriëntasie, ens. Jou aanklag dat ek slegs reageer
indien swart mense ter sprake is, is 'n blatante onwaarheid. Ek daag jou uit
om my reaksies op hierdie en ander groepe in die argiewe na te gaan as verdere
bewys van die leuen waarmee jy hier smous.
> Daai tjip op
> jou skouer - hoe sien jy verby die dem ding?
Weer eens - jou beoordeling. Myne, nou weer, is verbasing na hoe jy dit regkry
om met blinkers na die wêreld te kyk, maar so wetend uitsprake wil lewer op
dinge buite jou sigsveld.
> Terug na AA en die "armblanke-vraagstuk" - dit het dieselfde doel - om
> een groep bo 'n ander te bevoordeel.
Twak. Jy verstaan klaarblyklik nie die eerste aannames, doele, of werkswyses
van AA nie.
> Verder - waar het 'my argument' iets van tuislande gesê
Jy het nie. Dit was bloot 'n voorbeeld van hoe jou argument ingespan kan word.
|
|
|
|
|
|
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25135 is 'n antwoord op boodskap #24854] |
Mon, 02 August 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> OHOPOHO!!!!
>
> Ek vermoed hierdie is 'n kuberafkorting, maar ek weet nie wat dit beteken nie.
>
>> JY mis die
>> strekking van SY plasing
>
> Wel ons verskil hieroor.
Duidelik verskil hy ook!
>
>> Wat weet jy per slot van rekening van hom.
>
> Ek het slegs gereageer op wat hy geskryf het.
Nee jy het gereageer op jou eie noue gesigspunt.
>
>> As
>> iemand iets oor swart of liewer nie-wit mense sê (al is dit positief)
>> is jy onmiddelik op jou perdjie en split af op 'n tanget.
>
> Nee. Jy beoordeel dit as positief en wil dan voorgee dat dit absolute waarheid
> is. Ek het by 'n vorige geleentheid gesê dat ek vooroordeel en stereotipering
> probeer aanspreek wanneer ek dit teëkom, ongeag of dit te make het met ras,
> etnisiteit, geslag, seksuele oriëntasie, ens. Jou aanklag dat ek slegs reageer
> indien swart mense ter sprake is, is 'n blatante onwaarheid. Ek daag jou uit
> om my reaksies op hierdie en ander groepe in die argiewe na te gaan as verdere
> bewys van die leuen waarmee jy hier smous.
OK ek sal my stelling herfraseer: Gewoonlik as iemand iets oor swart of
liewer nie-wit mense sê (al is dit positief) is jy onmiddelik op jou
perdjie en split af op 'n tanget.
>> Daai tjip op
>> jou skouer - hoe sien jy verby die dem ding?
>
> Weer eens - jou beoordeling. Myne, nou weer, is verbasing na hoe jy dit regkry
> om met blinkers na die wêreld te kyk, maar so wetend uitsprake wil lewer op
> dinge buite jou sigsveld.
Verbasend - hoe gaan dit daar in die VSA?
>
>> Terug na AA en die "armblanke-vraagstuk" - dit het dieselfde doel - om
>> een groep bo 'n ander te bevoordeel.
>
> Twak. Jy verstaan klaarblyklik nie die eerste aannames, doele, of werkswyses
> van AA nie.
Vir 'n persoon wat in die VSA bly jy blykbaar ook nie. Die teorie en die
praktyk verskil partykeer jy weet?? Natuurlik bevoordeel AA een persoon
bo die ander op grond van sy kleur. DIT is die definisie van AA.
>
>> Verder - waar het 'my argument' iets van tuislande gesê
>
> Jy het nie. Dit was bloot 'n voorbeeld van hoe jou argument ingespan kan word.
Met ander woorde jy het gejok??? So jy vat my argument en verander dit
om jou gesigsveld te pas ten spyte daarvan dat dit totaal onwaar is??
Practise what you preach!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:13:24 UTC 2025
|