Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gaan dit regtig uitwerk? Ek wonder....
Gaan dit regtig uitwerk? Ek wonder.... [boodskap #25106] So, 01 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi het geskryf:
"En dan is die huislenings nou af na 16%. Dit was iets soos
23% n paar maande gelede. Die spekulasie is dat dit einde
vanjaar 15% gaan wees."

Dit laat my toe so bietjie dink. Verbandkoerse hier in ons
omgewing wissel (volgens die plaaslike koerant) tussen 6,25
en 7,8%. Brandstof (waar ek volmaak - pryse wissel) kos nou
$1,06 per gelling (omtrent R1,70 per liter) - en so kan ek
voortgaan.

Lees nou die dag van 'n internasionaal aanvaarbare metode
om lewensonkoste tussen lande te vergelyk. Jy bereken glo
hoeveel uur moet 'n persoon wat 'n gemiddelde salaris
verdien, werk om 'n item wat in die meeste opsigte
vergelykbaar is, te kan koop. Raai wat is daardie item? 'n
Big Mac! Die redenasie is dat McDonalds gelykvormige
standaarde oor die hele wêreld het waaraan hulle hamburgers
moet voldoen. Wat jy dus in Johannesburg koop moet presies
dieselfde wees as wat jy in New York koop.

Op die oomblik kan jy 'n Big Mac koop vir ongeveer $0,66.
Die statisties gemiddelde salaris hier is $48 000 - volgens
vandag se New York Times. As ons dit aanvaar, dan vedien 'n
gemiddelde Amerikaner $5,48 per uur. Om die redenasie
verder te voer, moet hy dan so ongeveer 8 1/2 minuut werk
om een Big Mac teen $0.66 te kan bekostig.

Ek is nie 'n ekonoom of 'n statistikus nie, en iemand sal
sekerlik my berekenings on twyfel kan trek. My bewerings
ook - maar dis maar wat ek lees.

Nou: as ons dieselfde argument volg, wil iemand dan nie
uitwerk wat 'n Suid-Afrikaner met 'n gemiddelde inkomste
verdien nie, en hoe lank hy moet werk om 'n Big Mac in
Johannesburg te kanbekostig nie?

Dit behoort, op die minste, 'n interessante oefening te
wees.

O ja - en niemand sal meer verheug wees as ek om te hoor
dat dinge in my geliefde vaderland gaan uitwek nie.

Dinge wat egter daarteen werk is die huidige VIGS epidemie.
Natal beleef glo nou negatiewe bevolkingsgroei as gevolg
daarvan, en die myne is glo op pad na 'n ernstige krisis
met hulle arbeidsmag - kyk by
http://news.24.com/osv/pdviewer.asp?
www=http://news.24.com/afrikaans/beeld/beeld.asp

Hieruit net die volgende aanhalings: "'n Skrikwekkende
toekomsprentjie oor die uitwerking wat vigs in die volgende
vyf jaar op die vuisvoos mynbedryf gaan hê, is gister deur
een van die land se top-aktuarisse, me. Janina Slawski
geskilder.

Sowat 45% van die land se mynwerkers is reeds HI-positief
en dit het reeds die produktiwiteit op myne met 15% laat
krimp, het Slawski, 'n senior direkteur van Alexander
Forbes en sameroeper van die Aktuariële Vereniging se
Vigskomitee, gesê.

Myne sal in die volgende vyf jaar sowat 20% meer werkers in
diens moet neem om normale produksievlakke vol te hou en
voorsiening te maak vir werkers in sleutelposte wat skielik
siek word of sterf."

en:

"Die koste van die uitbetalings aan sterfte- en
onbevoegdheidsvoordele kan vyfvoudig tot agtvoudig styg bo
die vlakke voordat vigs toegeslaan het.

"Dit kan dubbel tot vyf keer soveel wees as die huidige
vlakke," het sy gesê.

en:

Die meeste van die sterfgevalle kom voor by mense in die
ouderdomme van tussen 25 en 40 jaar, wat beteken dat die
arbeidsmark ervaring en opleiding verloor.

"Wat in werklikheid gebeur, is dat geskoolde arbeid deur
ongeskoolde arbeid vervang word," het Slawski gesê.

Kom ons hoop dis maar net doempraatjies....

Re: Gaan dit regtig uitwerk? Ek wonder.... [boodskap #25132 is 'n antwoord op boodskap #25106] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn schreef...
>
> Op die oomblik kan jy 'n Big Mac koop vir ongeveer $0,66.
> Die statisties gemiddelde salaris hier is $48 000 - volgens
> vandag se New York Times. As ons dit aanvaar, dan vedien 'n
> gemiddelde Amerikaner $5,48 per uur. Om die redenasie
> verder te voer, moet hy dan so ongeveer 8 1/2 minuut werk
> om een Big Mac teen $0.66 te kan bekostig.

Rekenfoutje. Ik wist dat Amerikanen veel werkten, maar 24 uur per dag? Neem
eens aan dat een Joe Average 49 weken per jaar werkt, 5 dagen per week, 8
uur per dag. 1960 uur. Dan is het uurloon 24,48 dollar. Voor een Big Mac
hoeft ie dan maar 97 seconden te werken.

Ik kom niet zo vaak bij de Mac, naar wat zal een Big Mac kosten? NLG 3.95?
Gemiddeld inkomen zal 50000 gulden zijn, daarvan blijven er zo'n 35000 over
nadat de fiscus z'n deel heeft gehad. Daar werken we gemiddeld wel wat
minder voor, zeg 1820 uur. Dan moet Jan Modaal dus iets meer dan 15 minuten
voor een Big Mac werken. Bijna 10 maal zo lang als Joe Average! Vandaar dat
er zo weinig buiten de deur gegeten wordt in Nederland :)

> Nou: as ons dieselfde argument volg, wil iemand dan nie
> uitwerk wat 'n Suid-Afrikaner met 'n gemiddelde inkomste
> verdien nie, en hoe lank hy moet werk om 'n Big Mac in
> Johannesburg te kanbekostig nie?

Lijkt me ook interessant te weten.

Arthur.
Vorige onderwerp: Staak dit tog nou!
Volgende onderwerp: Re: Met apologie aan ProPacem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:37:33 MGT 2024