|
|
| Re: Taalvraag. [boodskap #24304 is 'n antwoord op boodskap #24259] |
Di., 29 Junie 1999 00:00   |
Hellin Gervaas
Boodskappe: 191 Geregistreer: Januarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Dankie vir die verduideliking, Leendert. Ja, ek het klassieke Grieks
gestudeer, maar ons het nooit oor die uitspraak gepraat nie - en moderne
Grieks ken ek nie. Jy's reg wat Spaans betref : die v-klank word wat min of
meer soos 'n "b" uitgespreek - bv. vivir (die ww. leef) word amper "bibir"
uitgespreek - dis iets tussen 'n "v" en 'n "b" maar digter by die "b" as jy
sien wat ek bedoel :-)).
Die Franse sê/skryf ook "serbes - la Serbie" met 'n "b" .
Groete.
Hilda.
> Haai Hilda,
> Ek weet nie of dit Englese invloed is nie, maar dit kan verband hou met die
verskuiwing van die "b"-klank in verskeie tale. Die "b" -klank (Beta) in
klassieke Grieks het byvoorbeeld 'n "w"-klank (Vita) geword in demotiese
Grieks.
Mens sien dit ook in die uitspraak van, byvoorbeeld, Pablos, Pavlos, Paulus
in Spaans, (wat miskien die klassieke uitspraak behou het), Demotiese Grieks
(en Russies) en in die meer "moderne" tale.
In elk geval - as ek reg is, impliseer dit dat "Serbië" 'n ouer uitspraak is
as "Serwië".
Gervaas Hellin wrote in message ...
Gloudina skryf :
>Serbiese mense ...
Dit is vir my snaaks dat julle in Afrikaans "Serbies" sê. In Nederlands
is dit : "Servisch" dus sou ek eerder "Servies" of dalk "Serwies" geskryf
het (in Afrikaans). Is dit deur Engels beïnvloed ?
Groete.
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
--
|
|
|
|
|
|
| Re: Taalvraag. [boodskap #24306 is 'n antwoord op boodskap #24259] |
Di., 29 Junie 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Haai Hilda,
Ek weet nie of dit Englese invloed is nie, maar dit kan verband hou met die
verskuiwing van die "b"-klank in verskeie tale. Die "b" -klank (Beta) in
klassieke Grieks het byvoorbeeld 'n "w"-klank (Vita) geword in demotiese
Grieks.
Mens sien dit ook in die uitspraak van, byvoorbeeld, Pablos, Pavlos, Paulus
in Spaans, (wat miskien die klassieke uitspraak behou het), Demotiese Grieks
(en Russies) en in die meer "moderne" tale.
In elk geval - as ek reg is, impliseer dit dat "Serbië" 'n ouer uitspraak is
as "Serwië".
Gervaas Hellin wrote in message ...
Gloudina skryf :
>Serbiese mense ...
Dit is vir my snaaks dat julle in Afrikaans "Serbies" sê. In Nederlands
is dit : "Servisch" dus sou ek eerder "Servies" of dalk "Serwies" geskryf
het (in Afrikaans). Is dit deur Engels beïnvloed ?
Groete.
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taalvraag. [boodskap #24384 is 'n antwoord op boodskap #24259] |
Do., 01 Julie 1999 00:00   |
Marius Grobler
Boodskappe: 12 Geregistreer: Mei 1999
|
Junior Lid |
|
|
Serbies? Dit is gans verkeerd! "Serwies" is die korrekte uitspraak in
Afrikaans, en "Serbies" is nademaal 'n anglisisme. Hiervan is ek oortuig.
Gervaas Hellin wrote in message ...
> Dankie vir die verduideliking, Leendert. Ja, ek het klassieke Grieks
> gestudeer, maar ons het nooit oor die uitspraak gepraat nie - en moderne
> Grieks ken ek nie. Jy's reg wat Spaans betref : die v-klank word wat min of
> meer soos 'n "b" uitgespreek - bv. vivir (die ww. leef) word amper "bibir"
> uitgespreek - dis iets tussen 'n "v" en 'n "b" maar digter by die "b" as jy
> sien wat ek bedoel :-)).
> Die Franse sê/skryf ook "serbes - la Serbie" met 'n "b" .
> Groete.
> Hilda.
>
>> Haai Hilda,
>
>> Ek weet nie of dit Englese invloed is nie, maar dit kan verband hou met
die
> verskuiwing van die "b"-klank in verskeie tale. Die "b" -klank (Beta) in
> klassieke Grieks het byvoorbeeld 'n "w"-klank (Vita) geword in demotiese
> Grieks.
>
> Mens sien dit ook in die uitspraak van, byvoorbeeld, Pablos, Pavlos, Paulus
> in Spaans, (wat miskien die klassieke uitspraak behou het), Demotiese Grieks
> (en Russies) en in die meer "moderne" tale.
>
> In elk geval - as ek reg is, impliseer dit dat "Serbië" 'n ouer uitspraak is
> as "Serwië".
> Gervaas Hellin wrote in message ...
> Gloudina skryf :
>> Serbiese mense ...
>
> Dit is vir my snaaks dat julle in Afrikaans "Serbies" sê. In Nederlands
> is dit : "Servisch" dus sou ek eerder "Servies" of dalk "Serwies" geskryf
> het (in Afrikaans). Is dit deur Engels beïnvloed ?
> Groete.
> Hilda.
>
>
> --
> E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
> Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
> http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
> http://myhuisie.webjump.com en
> http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
>
>
>
> --
>
|
|
|
|
| Re: Taalvraag. [boodskap #24422 is 'n antwoord op boodskap #24259] |
Vr., 02 Julie 1999 00:00  |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: Desember 2002
|
Senior Lid |
|
|
Sover as wat ek kan agterkom gebruik hulle die sirilliese alfabet. (Verwant
aan die grieks, maar nie met al die sterretjies en kruisies nie, maar weer
nog van hulle eie. Sirillies word ook deur die Russe gebruik...)
In sirillies word die 'w' klank as 'n 'B' geskryf. Ons was 7 jaar gelede
vir 3 weke in Bulgarye, en moes die skrif leer lees. Alle openbare tekens
en geskrifte was in sirillies. So moes ons klank: "Pectopaht" in sirillies
is toe 'restorant' 'Apoteka" was meer gangbaar as Apteek ens. So is my van
op die visum aansoek toe in bulgaars as "de Bet" aangedui... You wanna bet!
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Willem-Jan Markerink wrote in message
>>
>> De Serven zelf schrijven het ook met een 'b', dus ik denk eerder dat het
>> Nederlands afwijkt van de meeste andere vertalingen....
>
>
> Gebruik die Serbe die Latynse alfabet, of het hulle nog 'n Grieks-gebaseerde
> een?
>
> In elk geval. Dis heel moontlik om "b" te skryf en "w" te sê. Die moderne
> Grieke doen die kosekwent. Tot so 'n mate dat hulle geen simbool meer vir
> die "b"-klank het nie. Leenwoorde soos "Bar" spel hulle "mpar".
>
|
|
|
|