Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Anti Gloudina beweging
| Anti Gloudina beweging [boodskap #23275] |
Wo., 26 Mei 1999 00:00  |
Charl Marais
Boodskappe: 12 Geregistreer: Maart 1999
|
Junior Lid |
|
|
Mense
almal wat gatvol is vir al die gereelde ou gediggies en moderatorskap van
hierdie simpel
vroumens, blok haar asb. uit. In Outlook Express: Tools|Message
Rules|Blocked Senders List
Add net vir @igs.net daarin.
Sy sal gou alleen raak en ander NG'e soek waar sy haar snert kan voorsit.
Ferdi kan haar sommer join...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Anti Gloudina beweging [boodskap #23828 is 'n antwoord op boodskap #23275] |
Wo., 09 Junie 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Ag toemaar, Gloudina, jy's darem nie altyd 'n feeks nie -
> eerder 'n gevaar!
>>
>> Soos as jy pontifiseer oor dinge waarvan jy nie genoeg weet nie.
>>
>> (En dit sluit enigiets in wat die afgelope halfeeu in SA gebeur het
>
>
> Verskoon my asseblief, maar ek was in SA vir groot
> dele van die afgelope halfeeu. In die ware Suid-
> Afrika, en nie in beskermde wit laertjies nie.
> En volgens wat jy vertel het, was jy groot dele
> van die afgelope halfeeu uit Suid-Afrika uit,
> as matroos op skepe of as werker in marmergroewe
> (amper soos karakters uit Opperman. Miskien was
> ek ook 'n karakter uit Opperman - Kristien.)
Ek verstaan nou nie. Vertel jy hier vir my dat mense wat in Suid-Afrika is,
beter weet wat hier aangaan as mense wat nie hier is nie? Of hoekom
hoegenaamd hierdie argumente te berde bring?
> En mens hoef nie juis in SA te gewees het om te
> weet wat in die WARE Suid-Afrika aan die gang was.
> (Terwyl 'n help klomp ouens in hulle laertjies
> gesit het met blinkers aan.)
Want nou vertel jy weer die teenoorgestelde. En dan suggereer jy verder wat
daar 'n WARE Suid-Afrika is, en 'n ONWARE een?
Nee, wat, ou Gloudina. Hier demonstreer jy maar weereens wat ek hierbo gesê
het - jy is bloot 'n gevaar vir ou eie kredietwaardigheid.
Veral as jy die Engelse woord "blinkers" gebruik waar jy klaarblyklik
"oogklappe" bedoel - jy wat so te velde trek teen Engels op hierdie
nuusgroep!
(Ten minste net so verward soos ons mooi kerktoegaanmaatjie Johan wat sy
neus so optrek vir mense wat eeue voor Luther al deur Die Kerk vervolg is,
en nou nog steeds deur mense soos Johan verguis word.)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Anti Gloudina beweging [boodskap #23877 is 'n antwoord op boodskap #23275] |
Vr., 11 Junie 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> lou writes:
>
>> Leendert - waar was jy al die tyd. Die mense wat nie van SA is weet
>> natuurlik beter as iemand wat hier bly! Dit is tog telkemale bewys in
>> die nuusgroep! Hulle sien tog alles op www.24.com, CNN en BBC en die
>> briewe wat hulle van familie van die huis af kry. Ons arme sotte wat
>> vasbyt hier weet mos niks nie.
>
>
> As mens gaan op wat jy op CNN en BBC
> sien, sal jy wel vir die Lou's en die
> Leenderts en al die snare glo. Dis
> wanneer jy briewe van jou familie uit
> Suid-Afrika kry, dat jy diepte-insig
> kry oor dinge in SA. Want sien, ou
> Leendert pos met sy eie ou agendatjie,
> en ou Lou en al die broers pos met
> hulle ou agendatjies. Maar as jy van
> verskillende familie en vriende 'n
> portret kan kry van die huidige SA,
> dan lyk die prentjie heeltemal anders
> as wat ou Leendert en ou Lou en die ou
> en daardie ou vir jou wil wys maak.
> Word wakker, ons leef in 'n kuberwereld.
En Gloudienkie het nie 'n agendatjie ?
En haar besadigde sustertjie ook nie?
Volgens wat ek al van jou familie gesien het, Gloudina, verberg hulle hulle
agendas net so min as jy. En volgens wat jy self vertel, kruip hulle nou gat
by die nuwe regering net soos hulle by die oue ingekruip was.
Jy's heeltemal reg. Ons leef nou in 'n kuberwêreld. Maar mens bly mens en
veral: slange bly slange, al skryf hulle ook in nuusgroepe.
Selfs in die kuberruimte geld die ou meganisme nog steeds: Jou familie en
vriende voer jou met inligting wat reeds deur hulle persepsies gekleur is.
En jy maak daarvan net wat jy wil deur die bril van jou massiewe
vooroordele. Onthou Angelina?
|
|
|
|
|
|
| Re: Anti Gloudina beweging [boodskap #23879 is 'n antwoord op boodskap #23275] |
Vr., 11 Junie 1999 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Leendert - waar was jy al die tyd. Die mense wat nie van SA is weet
>> natuurlik beter as iemand wat hier bly! Dit is tog telkemale bewys in
>> die nuusgroep! Hulle sien tog alles op www.24.com, CNN en BBC en die
>> briewe wat hulle van familie van die huis af kry. Ons arme sotte wat
>> vasbyt hier weet mos niks nie.
>
> As mens gaan op wat jy op CNN en BBC
> sien, sal jy wel vir die Lou's en die
> Leenderts en al die snare glo. Dis
> wanneer jy briewe van jou familie uit
> Suid-Afrika kry, dat jy diepte-insig
> kry oor dinge in SA. Want sien, ou
> Leendert pos met sy eie ou agendatjie,
> en ou Lou en al die broers pos met
> hulle ou agendatjies. Maar as jy van
> verskillende familie en vriende 'n
> portret kan kry van die huidige SA,
> dan lyk die prentjie heeltemal anders
> as wat ou Leendert en ou Lou en die ou
> en daardie ou vir jou wil wys maak.
> Word wakker, ons leef in 'n kuberwereld.
>
> Gloudina
>
>
O die familie pos nie hulle 'eie ou agendatjies nie'. So lank jy dit bly
glo, Anti Gloudina sal jy maar in daai waas moet voortbestaan. Die groot
ding is ons het almal ons eie filters en glo net dit wat ons pas. Maar
ek kan net dit herhaal wat ek sien, lees , ervaar en van vriende,
kollegas en familie hoor. Wat baie meers is as wat jy 'n Kanada kan
doen.
Maar ek sê steeds dat mense in SA 'n beter insig het as ouens wat in 'n
ander land en agt tydlynne ver weg lewe. Maar dis maar net my siening -
jy sal seker weer beter weet!
|
|
|
|
| Re: Anti Gloudina beweging [boodskap #23880 is 'n antwoord op boodskap #23275] |
Vr., 11 Junie 1999 00:00   |
Saix
Boodskappe: 119 Geregistreer: April 1999
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Jy moet werklik 'n poging aanwend om al tou toutjies bymekaar te trek.
Kom ons begin met die afrikaans. Jy het my telkemale oor die fingers getik
oor my spelling, en 'n aksie geloods teenoor diegene wat engels praat op die
NG. Tog het jy self in engels, nederlands, en 'n paar ander tale wat ek nie
eers weet waar dit vandaan kom nie geskryf.
Jy plaas gedigte op die NG, bv "die dye trek die dye aan" wat uiters
debateerbaar is of dit platvloerse pornografie is en of dit sogenaamde
"kuns" is.
Jy praat jou om elke draai in 'n hoek vas. Dink jy nie dit is tyd om stil te
staan en vir jouself te sê jy is besig om aan te jaag nie. ?
Ek weet waarvan ek praat, jy sien ek het ook in die verlede die NG met 'n
"force" geslaan, iets kwytgeraak en vir 'n ruk lank verdwyn. Maar nie meer
nie. Ek probeer nou "en ek moet bysê dat ek nie weet of ek suksesvol is of
nie" om meer "besadig" te skryf.
Dit wat ek probeer vermag is om my boodskap watookal dit is op so manier uit
te dra dat dit hopelik aanvaar sal word as 'n ONDERWERP, eerder as 'n poging
van my om iemand aan te val. Ek moet erken dat dit nogal moeilik is,
aangesien ek regtig 'n paar ouens hier presies wil vertel wat ek van hulle
dink, ........maar met my nuwe houding dit nie sal doen nie.
"So by the way", ek het jou van my kill file afgehaal vir net een rede. Van
nou af sal jy nie net van jou groot vyand Leendert kritiek ontvang nie, maar
ook van my kant af. Maar ek moek ook bysê dat ek sal probeer om jou so
regverdig as moontlik te behandel.
Vir diegene wat wonder oor my skielike gedrags verandering net die volgende:
My seun wat nou amper een jaar oud is was amper dood as gevolg van 'n
epilepsie aanval waarvoor daar in mediese kringe geen verduideliking voor is
nie. So ek glo elke persoon geniet 'n tweede kans.
Daarmee vra ek verskoning vir elke persoon wat ek al ooit op die NG
onverdienstelik aangeval het.
Maar ek moet bysê, dat van vandag af ek elke persoon, ongeag ras of kleur
sal aanvat op grond van wat hy/sy te sê het waarmee ek nie saamstem
nie......maar ek sal probeer om dit nie persoonlik te maak nie.
Groete
Riaan
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Anti Gloudina beweging [boodskap #23901 is 'n antwoord op boodskap #23275] |
Sa., 12 Junie 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
lou writes:
> O die familie pos nie hulle 'eie ou agendatjies nie'. So lank jy dit bly
> glo, Anti Gloudina sal jy maar in daai waas moet voortbestaan. Die groot
> ding is ons het almal ons eie filters en glo net dit wat ons pas. Maar
> ek kan net dit herhaal wat ek sien, lees , ervaar en van vriende,
> kollegas en familie hoor. Wat baie meers is as wat jy 'n Kanada kan
> doen.
>
> Maar ek sê steeds dat mense in SA 'n beter insig het as ouens wat in 'n
> ander land en agt tydlynne ver weg lewe. Maar dis maar net my siening -
> jy sal seker weer beter weet!
Natuurlik, ou Lou. Dis daarom dat ek die
eerste een is wat vir Johan aanval as hy
hier van Noord-Amerika sit en pontifikeer.
(Terloops, ek is op die oomblik ses uur
verskillend van jou, Johan sewe.)
Maar ek is darem ook nie onder 'n kalkoen
uitgebroei nie, en eet nie vir soetkoek
al die opruiende dinge wat julle opdis
nie. Ek het familie wat doodgelukkig in
SA bly. Dis vir my op die oomblik so
snaaks dat die meeste klaery oor SA kom
van Engelse Natallers, en my familie en
aangetroude familie bly doodgelukkig
daar en dink nie vir een oomblik daaraan
om uit die land te gaan nie. Hulle kom
en gaan soos hulle wil. Wie moet ek nou
glo - die mense wat moord en doodslag
morning noon en night agter elke bos
sien, of die mense wat die drie tenore
voor die Uniegebou gaan kyk in die
donker. (Terloops, noem hulle dit nog
die Uniegebou?)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Anti Gloudina beweging [boodskap #23957 is 'n antwoord op boodskap #23275] |
Ma., 14 Junie 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> O die familie pos nie hulle 'eie ou agendatjies nie'. So lank jy dit bly
>> glo, Anti Gloudina sal jy maar in daai waas moet voortbestaan. Die groot
>> ding is ons het almal ons eie filters en glo net dit wat ons pas. Maar
>> ek kan net dit herhaal wat ek sien, lees , ervaar en van vriende,
>> kollegas en familie hoor. Wat baie meers is as wat jy 'n Kanada kan
>> doen.
>>
>> Maar ek sê steeds dat mense in SA 'n beter insig het as ouens wat in 'n
>> ander land en agt tydlynne ver weg lewe. Maar dis maar net my siening -
>> jy sal seker weer beter weet!
>
> Natuurlik, ou Lou. Dis daarom dat ek die
> eerste een is wat vir Johan aanval as hy
> hier van Noord-Amerika sit en pontifikeer.
Snorfle!!!!!!! :D
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 17:45:17 UTC 2026
|