| Rekenaar hulp [boodskap #3848] |
Ma., 02 Februarie 2004 20:12  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek sit vandag by die huis, en besluit toe om nou finaal my nuwe
rekenaar/laptop op te stel en al die files van my oue oor te plaas en
so aan. Maar toe doen ek iets wat rerig dom was, en nou soek ek raad.
Ek wou my ou rekenaar se hardeskyf heeltemal formateer en 'n nuwe vars
OS daarop sit. Toe gebruik ek ewe fluks Fdisk om van die partisies
ontlsae te raak, en na 'n gesukkel kon ek selfs met my limited kennis
van Debug van die NTSF partisies onslae raak. En toe, na alles kom ek
agter dat ek nie kan boot vanaf die CD-rom nie. Hoe nou gemaak? Die
CD's wat ek het met XP en selfs die ouer Win2000 moet almal van die CD
af geinstalleer word, en ek moet dus kan boot vanaf die CD. Maar dit
lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
raad?
|
|
|
|
| Re: Rekenaar hulp [boodskap #3849 is 'n antwoord op boodskap #3848] |
Ma., 02 Februarie 2004 21:12   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 02 Feb 2004 15:12:15 -0500, Katryn wrote:
> dit
> lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
> mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
> Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
> Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
> en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
> Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
> raad?
as jy Fdisk en twee partisies skep, en dan, via jou ander rekenaar
op die tweede dryf 'D' die Windows CD's laai, behoort jy op 'D' in
te kan gaan en Windows daarvandaan op 'C' te kan installeer.
Ek kan byvoorbeeld FW2 vir jou stuur. Dit is 'n stokou program wat ek
het (sedert 1990), en wat jy gebruik om met 'n serial kabel via die
printer port's op DOS vanaf een rekenaar na die ander iets
oor te laai.
Soos ek sê, behoort jy dan Windows te kan copy na die ander dryf,
en dit dan daarvandaan te installeer.
Klink dit prakties?
|
|
|
|
| Re: Rekenaar hulp [boodskap #3855 is 'n antwoord op boodskap #3848] |
Ma., 02 Februarie 2004 21:56   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:pbbt10p8dnnc527071j43a6m7s7hdfe4dk@4ax.com...
> Ek sit vandag by die huis, en besluit toe om nou finaal my nuwe
> rekenaar/laptop op te stel en al die files van my oue oor te plaas en
> so aan. Maar toe doen ek iets wat rerig dom was, en nou soek ek raad.
> Ek wou my ou rekenaar se hardeskyf heeltemal formateer en 'n nuwe vars
> OS daarop sit. Toe gebruik ek ewe fluks Fdisk om van die partisies
> ontlsae te raak, en na 'n gesukkel kon ek selfs met my limited kennis
> van Debug van die NTSF partisies onslae raak. En toe, na alles kom ek
> agter dat ek nie kan boot vanaf die CD-rom nie. Hoe nou gemaak? Die
> CD's wat ek het met XP en selfs die ouer Win2000 moet almal van die CD
> af geinstalleer word, en ek moet dus kan boot vanaf die CD. Maar dit
> lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
> mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
> Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
> Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
> en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
> Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
> raad?
Katryn, is daar nerens in die BIOS wat jy die opsie van floppie na CD kan
verander nie?! Dis baie eienaardig en vreeslik irriterend, laat ons weet as
jy raad kry wat help, ingeval dit ons oorkom!
Lorinda
|
|
|
|
|
|
| Re: Rekenaar hulp [boodskap #3858 is 'n antwoord op boodskap #3855] |
Ma., 02 Februarie 2004 22:27   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 2 Feb 2004 21:56:23 -0000, "Lorinda" wrote:
> Katryn, is daar nerens in die BIOS wat jy die opsie van floppie na CD kan
> verander nie?! Dis baie eienaardig en vreeslik irriterend, laat ons weet as
> jy raad kry wat help, ingeval dit ons oorkom!
Daar is, en ek het dit al verander. Ek het almal (first boot, 2nd and
3rd boot) al op boot from CDROM gestel, en al wat dan gebeur is dat
die rekenaar vassit en vir my vra om 'n bootdisk in die drive te sit.
Ek het al verskeie CD's wat bootable is op my ander rekenaars getoets
en hulle boot 100%, so dit is nie die probleem nie.
Dit is 'n AWARD BIOS, en ek het dit nog NOOIT gesien nie. Dit lyk
werklik asof daar 'n Bios limitation iewers ingebou is? Kan dit wees?
O ja, dieselfde CD drive (DVD/CDRW combo) boot wel 100% op 'n ander
rekenaar. Ek het selfs dit probeer. ;-)
So, dis nie die drive nie, en ook nie die CD's nie.
Ai AI!!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Rekenaar hulp [boodskap #3904 is 'n antwoord op boodskap #3871] |
Vr., 06 Februarie 2004 03:17   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 3 Feb 2004 10:17:01 +0200, "Jonas" wrote:
> Katryn - ek is seker mostert na die maal.
Jammer dat ek nou eers antwoord, Jonas. Ek wens daar was meer ure in
'n dag. ;-)
Dankie vir jou raad.
> Maar - jou "setup" is deel van die interne instruksies - bios - en moet jy
> dan so die keuse kry om van die CD af te kan "boet" - is jou probleem nie
> moontlik dat jou Windows XP op CD nie-bootable is nie?
Nee, ek het seker gemaak dat dit werk deur dit op 'n ander rekenaar te
toets. Dit was ook wat ek eers gedink het. Maar die uiteinde van die
saak was dat hierdie spesifieke mobo is bekend daarvoor dat hy nie wil
toelaat om van 'n CD te boot nie. Dit was 'n Gateway rekenaar.
Go figure.
> Gewoonlik skep die verskaffers 'n 2de partisie op die hardeskryf van 'n
> sakrekenaar - mits jy nie die drywers/system-files het nie, moet jy dit
> liefs nie uitvee nie - maar ek verkies om dit te doen a.g. ek wel die
> drywers het.
Sien, ek was dom/haastig en het sommer ge-fdisk. Dit vernietig alles.
En toe spandeer ek nog ekstra ure en swoeg uit 'n geroesde eeue oue
kennis van Debug om die NTFS partisies te delete. Eers na die tyd
sien ek dat daar 'n klein programmetjie beskikbaar is wat dit maklik
kan doen. Oh well....
> Miskien verstaan ek nie die probleem so lekker nie - maar laat aub weet hou
> jy die probleem opgelos het - net in geval ... :-))
Ek het toe maar die hardeskyf op 'n ander rekenaar wat wel kon boot
gaan formateer en toe die OS daarop gesit. Toe moes ek vir Mickysoft
bel die aktiveringskode te kry, nadat ek dit weer terug gesit het, en
die saak is nou reg. En die mense aan wie ek dit gaan skenk, gaan
nooit eens weet van al die bloed en sweet wat dit my gekos het om vir
hulle 'n skoon werkende rekenaar te gee nie. Om nie te praat van julle
tyd om deur al my frustrasies te moes lees nie!!
;-)
|
|
|
|
| Re: Rekenaar hulp [boodskap #3908 is 'n antwoord op boodskap #3904] |
Vr., 06 Februarie 2004 03:44  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Katryn - dki - ek hou van die opsie om dit op 'n ander masjien te
formatteer - jammeer van die MS-hulp wat dan noodsaaklik raak - ek kan nie
daai opsie benut nie want my MS is "uniek" - maar ek sal maar eerdaags XP
koop a.g. dit die eerste OS is wat vir my 'n lonende diens lewer.
|
|
|
|