| Pretoria by Pretoria [boodskap #3842] |
Ma., 02 Februarie 2004 12:13  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Terror Lekota sou in wuiwer Afrikaans aangekondig het dat Pretoria sal
Pretoria bly.
10 uit 10 vir Lekota .
Lekota vir president - as julle dink Bush is 'n probleem, dan weet julle nog
nie van Mbeki nie ...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3876 is 'n antwoord op boodskap #3874] |
Di., 03 Februarie 2004 19:52   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:bvoo30$44k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - ek glo dat Clinton nie sy verantwoordelikhede nagekom het nie. M.i
> (let m.i.) was hy te besig om die sg. "nice guy" te wees. Daar is onomwonde
> bewys dat al die tekens van die terroriste reeds gemanifesteer het tydens
> Clinton se bewind - en dat hy dit liefs geignoreer het.
Clinton was nie 'n man wat geaarsel het om in onderonsies op ander werwe
betrokke te raak nie, daar was heelwat daarvan onder sy bewind. Wat dink jy
moes hy gedoen het teen Bin Laden en kie? Laasgenoemde was nie so maklik
nie, en sal voortaan ook nie maklik wees nie. Anders as met sommige vyande
van die verlede het jy hier te doen met 'n "closed shop", net soos met die
IRA. Die Britse inteligensie dienste het baie mense verloor deur hulle te
probeer binnedring, en soos hulle destyds vir Thatcher gesê het, dit was
soos selfmoord; die gemiddelde "life span" van die agent was ongeveer 2
weke. Die rede is eenvoudig omdat dit 'n geslote gemeenskap is wat nie net
vir jou ken nie, hulle ken ook jou ouma en oupa - vreemdelinge staan uit.
Die ouens romdom Bin Laden is vriende vanaf kleintyd, en dit "voetsoldate"
weet was die details van die planne niks. Daar is dieselfde soort gemeenskap
in Griekeland, en dit het hulle 40 jaar geneem om iewers te kom teen die
November 17 terroriste organnisasie, en dit met die CIA wat daardie klein
landjie gefynkam het saam met die Griekse polisie oor die moord op die CIA
chief Richard Welch (in 1975) en al die ander anti-amerikaanse aktiwiteite.
Lorinda
|
|
|
|
| Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3883 is 'n antwoord op boodskap #3876] |
Wo., 04 Februarie 2004 00:23   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 3 Feb 2004 19:52:42 -0000, "Lorinda" wrote:
> Clinton was nie 'n man wat geaarsel het om in onderonsies op ander werwe
> betrokke te raak nie, daar was heelwat daarvan onder sy bewind.
Dankie Lorinda!!
Dit was uitstekend. Ek het begin antwoord, maar toe eerder alles weer
delete. Om die blok gaan stap, en na die bottel rooiwyn geloer.
;))
Jonas, wil jy nie eers bietjie jou feite gaan naslaan voordat jy sulke
naiewe oningeligte stellings maak nie?
Jammer, ek weet dit is nou erg katterig, maar AI mens!!
Clinton het baie foute gemaak tydens sy bewind, maar alles tesame was
nie eens 'n aks teen die gemors wat Bush ons asook die res van die
wereld in geplaas het nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3902 is 'n antwoord op boodskap #3898] |
Do., 05 Februarie 2004 22:30   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:bvtdg8$k7c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - ek het my voorkeur vir die Republikeine ontwikkel in "the good ole
> bad ole days" toe die Demokrate ons (die RSA) 'n "harde tyd" gegee het. En,
> ek moet erken ek het Bush aanvanklik ondersteun - wat sou "Al Bore" gedoen
> het na 911? En, ek steeds dat Bush 'n beter ou was as ou Gore.
>
Ek moet seker maar op hierdie tydstip stilbly. Ek verstaan wat jy sê, maar
die "ons" waarvan jy praat en die "ons" waar ek hoort het nie dieselfe
ondervinding gehad nie.
Ek weet nie hoe jy Bush ooit kon ondersteun het nie, luister jy dan nie na
wat hy sê nie? Waarom trek jy jou die 9/11 ding so persoonlik aan? Dit was
vreeslik vir die mense in daardie geboue ens, maar onder jou huidige
omstandighede in SA, waarom neem jy dit so persoonlik op? Vreeslike dinge
gebeur oral in die wereld. Ek glo glad nie dat Bush, al sou hy 4 jaar in
daardie stoel gesit het, dit sou verhoed het nie.
Maar in elk geval, noudat ons 'n wedersydse ondersteunigsverdrag het (en ek
en jy weet albei dat mens jou "allies" vat waar jy hulle kan kry:-)) maak
dit nie meer saak nie :-)
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3912 is 'n antwoord op boodskap #3911] |
Vr., 06 Februarie 2004 12:15  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Lorinda,
Sonder om die storie uit te rafel - waarom het Putin dan nie daardie
inligting openbaar gemaak nie? Dieselfde geld natuurlik mbt die Franse en
die Duitsers. Ek is onder die indruk dat verhoudinge op sekuriteitsvlak van
so 'n aard is dat Blair oortuig kon word.
Persoonlik glo ek dat daar niemand was wat onomstoorlike inligting beskik
het dat die WMD's nie bestaan het nie.
In Bush se geval dink ek hget hy sy militêre vermoë so ver ontplooi dat 'n
ommekeer op daardie tydstip nie haalbaar was nie. In die VSA se geval, is my
indruk, was die WMD nie so 'n groot "issue" nie.
(Ek stuur vir jou 'n mooi song oor die naweek. Laat weet of jy daarvan hou.)
|
|
|
|
| Re: Pretoria [boodskap #10736 is 'n antwoord op boodskap #3842] |
Do., 11 September 1997 00:00  |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
|
Volle Lid |
|
|
> Haai H-J
>
Hallo Vira ! Lekker om weer van jou te hoor.
> Alles wat jy hier sê is waar, maar verder wil ek net dit sê:
> Ek is lief vir Pretoria, ek dink dis een van die beste plekke om te
> bly (in Gauteng in elk geval), maar ek vind dat dit in Pretoria
> moeiliker is om vriende te maak as op enige ander plek in die wêreld.
>
> Presies waarom dit so is, weet ek nie, maar miskien omdat mense te
> hard probeer om "beskaafd" te wees. Almal is vreeslik PC, sê wat
> hulle dink die regte ding om te sê is, nie wat in hulle harte is nie.
>
Interessant. Miskien omdat ek hier groot geword het, het ek dit nog
nooit opgemerk nie. Ek weet natuurlik nie na watter tipe situasie jy
verwys nie. Kan jy dalk (sonder dat ek nou te veel wil uitvra) vir ons
'n illustrasie gee ?
> Dalk is die rede juis die "civil servant" mentaliteit, (dis ook die
> stad van diplomate, ens), of is Afrikaanse vrouens so grootgemaak?
> (Ek praat veral oor die vroumense). Wanneer mens gesels met hulle,
> moet jy altyd probeer uitmaak wat hulle eintlik wil sê, en tussen die
> reëls probeer lees.
Hmmmm. Nou roer jy iets aan. Ek wonder. Ek dink eintlik nie dat my
mensekennis goed genoeg is om te oordeel nie. Ek sal in elkgeval my
mening gee. Ek dink nie dat die staatsdiensmentaliteit iets daarmee te
doene het nie. Miskien tog. Dit sê vir my baie dat jy dit van Afrikaanse
vrouens sê. Ek het baie engelse vriende (ek is self half
engelssprekend).
> Dit vat baie energie en verbeeldingsvermoë, en
> dan weet jy nog nie of jy reg is nie. Die "dames" is geneig om 'n
> ding op die "regte" manier te doen, wat baie ander is as, byv, Jhb.
> Daar vind ek heers 'n baie oper,informele en kreatiewer gesindheid.
>
Wat ek nou wel aan dink is die volgende: Ek het nog altyd baie meer
welkom gevoel in 'n engelse kerk as in 'n afrikaanse kerk. Ek moet
byvoeg dat ek glo dat jou gevoel van welkom wees ook in 'n mate van
jouself afhang. My meisie is NG, in 'n groot gemeente in die oostelike
voorstede. Ek is 'n presbiteriaan. Ek hou nie daarvan om saam met haar
kerk toe te gaan nie. Dis baie sleg, en is 'n probleem tussen ons, maar
ek kan nie met 'n skoon gewete daar sit nie. Ek kan nie die rede
daarvoor presies weergee nie. Miskien is dit die feit dat besoekers nie
as 'n reël van die kansel verwelkom word nie. Miskien is dit die
grootte, die skaal van alles, want ek is 'n klein gemeente gewoond,
tussen 50 en 100 mense in 'n diens op 'n sondag.
> Dis amper ook asof Pretoria 'n geslote gemeenskap is, waar net
> familie en ou vriende tel. Daar's nie baie plek vir nuwes nie. Veral
> nie as hulle nie "egte Afrikaners" is nie. Miskien kom dit neer op At
> se teorie van "inklusiet/eksklusief" (sorry At, ek kan nie jou
> presiese woorde onthou nie).
Ek dink dit geld dalk meer vir die ouer lede van die gemeenskap,
alhoewel daar jonger mense is wat ook so kan wees. Ek het nou net
besluit dat ek nie eintlik die regte persoon is om hieroor kommentaar te
lewer nie, aangesien ek so tussen die afrikaanse en engelse gemeenskappe
beweeg. Ek sien nie die foute raak nie.
> Groete,
> V.
My opinie.
Sien jou weer
H-J
|
|
|
|