Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Watter deel van die VSA ?
| Watter deel van die VSA ? [boodskap #22552] |
Do., 22 April 1999 00:00  |
Saix
Boodskappe: 119 Geregistreer: April 1999
|
Senior Lid |
|
|
Kan die mense wat op die oomblik in die VSA woon en werk, of dalk iemand wat
al in die VSA was dalk vir my sê watter deel van die VSA (wat klimaat ens
aanbetref) is baie "dieselfde" as Pretoria.
Die rede hoekom ek vra is omrede my werk vir my vir 6 maande + VSA toe gaan
stuur en ek het 'n keuse tussen 'n paar plekke.
Dan net nog 'n ander vraag ook......Op grond van hoorsê het ek verstaan dat
dit moeiliker is om in die VSA aan te pas as in Australië.
Indien dit wel so is wat sal die rede daarvoor wees ?
Dankie
Riaan
|
|
|
|
| Re: Watter deel van die VSA ? [boodskap #22553 is 'n antwoord op boodskap #22552] |
Do., 22 April 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 22 Apr 1999 09:33:42 +0200, "Saix" wrote:
|Kan die mense wat op die oomblik in die VSA woon en werk, of dalk iemand wat
|al in die VSA was dalk vir my sê watter deel van die VSA (wat klimaat ens
|aanbetref) is baie "dieselfde" as Pretoria.
|
|Die rede hoekom ek vra is omrede my werk vir my vir 6 maande + VSA toe gaan
|stuur en ek het 'n keuse tussen 'n paar plekke.
Vergeet dit heeltemaal ! As jy op die Net kyk, sal jy wel "relocation Services"
vind wat vir jou die regte plekke in die VSA sal uitwys wat dieselfde klimaat as
Pretoria het. Nee sies man!
Hier het jy nou 'n wonderlike geleentheid om 'n ander deel van die wereld te
sien - ervaar nou sommer ter selfdertyd ander klimaatsomstandighede! Dit sal
mos 'n groot avontuur wees!
Byvoorbeeld, Houston, Texas, so warm met so 'n hoë humiditeit, baie winkels is
ondergronds gelee. Dis nou alle tye van die jaar behalwe middelwinter.
Of kom ervaar regte winter hier in Minnesota waar die gemiddelde maksimum
daaglikse temperatuur so -16°C is - en ons dit hanteer met net somersklere, een
goeie donsbaadjie, handskoene en 'n wolmus. Somers het ons darem tornados vir
bietjie opwinding.
Kom kyk hoe groen groen regtig kan wees - ek hoor Baltimore is besig om nou
vinnig groen te word.
Kom ry langs die Mississippi af in die herfs en kom kyk na herfskleure wat die
Heksriviervallei na 'n swart en wit prentjie wil laat lyk....
|
|Dan net nog 'n ander vraag ook......Op grond van hoorsê het ek verstaan dat
|dit moeiliker is om in die VSA aan te pas as in Australië.
|Indien dit wel so is wat sal die rede daarvoor wees ?
|
|
Ek kan nie Australie en die VSA vergelyk nie - maar ek dink nie jou aanpassing
in 'n land het iets met die land self te doen nie. Eerder het dit alles met jou
eie lewenshouding te doen. As jy positief ingestel is jeens 'n nuwe plek waar
jy gaan bly, gaan jy dit geweldig geniet! As jy negatief is oor die skuif en
die plek, gaan dit vir jou hel wees en sal jy dit nie geniet nie.
Om vir jou te illustreer - ons grootste "aanpassingsprobleem" in die VSA was
seker die feit dat ons nie altyd so lekker verstaan word as ons praat nie. En
my studente sê dit geld net vir die eerste halfuur en daarna kan hulle nie
genoeg kry van ons aksent nie.
As jy bang is vir aanpassing, moenie na Kalifornie of New York toe gaan nie -
almal met wie ek praat sê jy kry daar nie dieselfde vlak van bedagsaamheid as in
die res van Amerika nie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Watter deel van die VSA ? [boodskap #22573 is 'n antwoord op boodskap #22552] |
Vr., 23 April 1999 00:00   |
expa...
Boodskappe: 2 Geregistreer: April 1999
|
Junior Lid |
|
|
Ek het al in 5 state gewoon in die VSA, en het baie besoek. Myns insiens is
North Carolina die beste want a) dis altyd naby genoeg aan die kus, dis naby
Washinton DC en Atlanta, jy het die berge vir ski, en die mense is
fantasties.
Jy sal nooit en nerens Pretoria se lekker weer dupliseer enige plek in die
wereld nie (ek het al in 4 lande gewoon), behalwe miskien Equador.
Myns insiens is dit makliker om aan te pas in Amerika, dis meer divers.
Aussies kan kru en aggressief en commen wees (Am ook, maar daar is meer
soorte om van te kies), en Amerikaners is meer geduldig en aanvaar ander
kulture en rasse beter.
My sienings en for what it's worth.
Expat
n article ,
"Saix" wrote:
> Kan die mense wat op die oomblik in die VSA woon en werk, of dalk iemand wat
> al in die VSA was dalk vir my sê watter deel van die VSA (wat klimaat ens
> a
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Watter deel van die VSA ? [boodskap #22576 is 'n antwoord op boodskap #22552] |
Vr., 23 April 1999 00:00   |
expa...
Boodskappe: 2 Geregistreer: April 1999
|
Junior Lid |
|
|
Ek het al n keer geantwoord, maar my boodskap het nooit deurgekom nie, so ek
hoop nie hierdie is n duplikaat nie.
Ek woon al bykans 20 jaar in die VSA, en het al in 5 state gewoon, en het
ook al in ander lande gewoon.
Ek dink dat North Carolina een van die heel beste state is om in te woon
omdat a) die weer is uitstekend, met vier definitiewe seisoene. b) Jy is
altyd na genoeg aan die kus, maak nie saak waar jy woon nie, c) ditto die
berge. Die mense is vriendelik en redelik kosmopolitaans. Jy is na genoeg
vir n naweek se ry aan beide Atlanta en Washinton DC.
Ek dink nie jy sal enige plek op hierdie aarde Pretoria se goeie weer kan
dupliseer nie (behalwe miskien Equador), maar Califronia se weer is ook baie
goed, maar daar wil ek net kuier, en wil glad nie woon nie.
Soos Gloudina sê, Boston is baie mooi, maar heelwat duur.
Expat
> onnodige uitgawes op 'dons' baatjies en ander warm klere uit te gee nie[/color]
>> - hy is net ses maande daar!
>
> Dit hang natuurlik alles af van watter
> ses maande hy in die VSA gaan deurbring,
> en watter keuse van plekke hy het. As hy
> byvoorbeeld in die volgende maand of twee
> kom, kan ek voorstel dat hy Boston kies
> as hy kan. Want dan is hy naby die wonder-
> likste natuurverskynsel wat ek nog gesien
> het - die verskillende kleure van die
> herfswoude (veral dramaties in die berge
> van New England.) En in die somer is dit
> hopelik koeler in Boston as in Los Angeles
> of in die suidelike VSA. En Boston is net
> 'n maklike paar uur se ry van New York
> ('n moet vir iemand wat die VSA besoek.)
>
> Gloudina
>
>
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Watter deel van die VSA ? [boodskap #22598 is 'n antwoord op boodskap #22552] |
Sa., 24 April 1999 00:00  |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
> e...@dot.com (Johan)
> Hoekom bly julle nie in New York nie? Hou jy meer van Chicago?
My skoonfamilie bly wel in New York. Ons nie omrede ons beide gelukkig is in
die werk wat ons in Chicago doen. Voorts is dit baie duur om in Manhattan te
bly. Addisioneel wou ons so bietjie afstand plaas tussen ons en die
skoonfamilie (anders was hulle elke ander dag by ons aan huis).
> Moenie vir my jammer sê nie - dis jou verlies!
Ek is nie oortuig nie - maar nouja.
> En al
> hierdie dinge wat jy noem is oor die hele breedte van Amerika beskikbaar.
Wil jy vir my sê die "hele breedte van Amerika" bied kwaliteit soos die
Metropolitan Operahuis in New York? Die Art Institute in Chicago? Broadway?
Die Guggenheim? Die San Francisco Mannekoor? Lincoln Center? Die Blues klubs
in Chicago? Greenwich Village eksperimentele teater? Ens., Ens. Ek glo nie -
not by a very long shot ou snaar.
leswin
|
|
|
|
| Re: Watter deel van die VSA ? [boodskap #22599 is 'n antwoord op boodskap #22552] |
Sa., 24 April 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
e...@dot.com (Johan) writes:
New York sal hom heel uitspoeg....
Siedaar, Johan, wat ek my kop op
'n blok kan sit, nog nie in New
York was nie, maar hy het 'n opinie
daaroor, 'n baie definitiewe opinie
daaroor, gevorm deur wat ander
bevooroordeeldes verklaar, en wat
hyself wil glo. Dis op hierdie
manier dat mense rassistiese opinies
ook uitspu. Hulle maak veralgemenings,
gebaseer op hulle vooroordele, en is
dan kwaad as mens die ballon wil prik.
Soos Johan se opinie dat alles in
Minnesota so hunky dory is, en almal
so beleefd. Give me a break.
Gloudina
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Jul. 30 13:55:14 UTC 2026
|