| Jack the Ripper [boodskap #3817] |
Wo., 28 Januarie 2004 22:42  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn, ons het mos 'n ruk gelede oor Patricia Cornwell se boek gepraat
(Portrait of a killer) waarin sy beweer dat sy die Ripper misterie opgelos
het en dat Walter Sickert die moordenaar was. Ek was vandag in 'n boekwinkel
waar hulle toevallig 'n spesiale uitstalling gehad het van "true crime"
boeke, en daar is 'n enorme getal boeke oor Jack the Ripper. Dis 'n hele
industrie op sy eie. Ek het ook opgemerk daar is selfs 'n tydskrif wat
uitsluitlik oor "wie was die moordenaar" tipe teoriee en "bewyse" gaan. So
in die lig van al daardie teoriee, mites en interpretasies is alle
"oplossings" maar net nog 'n teorie, dit sou heeltemaal onmoontlik wees om
enigsins van 'n "waarheid" in daardie moeras te praat. Selfs al sou iemand
wel die waarheid beetkry, sal dit steeds net deel word van die kakofonie.
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Jack the Ripper [boodskap #3822 is 'n antwoord op boodskap #3820] |
Vr., 30 Januarie 2004 16:57   |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Lorinda - tenspyte van al die kamtige wetenskaplike vooruitgang in die
> wêreld word mense steeds vermaak met suiwer snert. Soos die
> Lochness-monster, spekulasie oor JFK se moord, OVV (UFO's) ens. Kan iemand
> nie nou maar 'n streep trek onder die dinge nie, en dat rasionele mense
> voortgaan met die dinge wat werklik intellektuele fokus nodig het nie?
> Dis soos op TV - daar is deurlopend programme oor slange, piramides,
> krokodille - daar is nog 'n paar dergelike onderwerpe wat, so lyk dit my,
> mense grensloos fassineer.
> Genoeg gebiets vir een dag.
Die wereld sal altyd stories nodig hê, en daardie dinge is maar die
mites en stories van ons tyd. Ook, voel asseblief vry om soveel aan te
gaan as wat jy wil, ek hou van 'n goeie "bitching session" :-))
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Jack the Ripper [boodskap #3833 is 'n antwoord op boodskap #3831] |
So., 01 Februarie 2004 15:40   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On 31 Jan 2004 06:24:29 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>> Ja ja..ek onthou. Ek het nogal gewonder of jy daardie boodskap van my
>> gekry het. ;-)
>
> Baie baie jammer Katryn. Ek was seker dat ek geantwoord het (wys jou
> hoe deurmekaar ek is :-))
LOL! No, you daft colleen/cailin! ;-)))
Geen rede om jammer te wees nie. Jy weet dan hoe sleg ek is wanneer
dit by eposse en antwoorde kom. Ek het maar net gewonder, want ek
sukkel soms om al my epos te kry of selfs stuur. Ek dink die probleem
kan dalk by my setup wees, want as ek nie by die huis is nie, dan
skakel ek gewoonlik deur my tuisrekenaar en 'n VPN wat ons hier
opgestel het. Dis maar net omdat dit goedkoper en gemakliker is
omdat ek dan my selfoon gebruik, maar soms breek die konneksie voor
boodskappe gestuur of ontvang is, en dan weet ek nie wat daarmee
gebeur nie. Sien, dis waarom ek gewonder het of jy daardie boodskap
ontvang het. ;-)
So gepraat van weird dinge - die telefoon lui nou net, en dit is 'n
"collect call" van een of ander correction facility/tronk. Ek skrik
my toe yskoud en dog my dogter in Chicago of iemand wat ek ken was
dalk gevang vir dronk bestuur of iets soortgelyks en sit nou in die
tronk, of iets in daardie lyn. My arme brein het omtrent oortyd
gewerk, en die vreeslikste moordadige gedagtes teenoor my arme
onskuldige dogter, het in my gedagtes opgekom. Preke oor
onverantwoordelike gedrag, en ek dink jy moet daar bly totdat jy tot
ander insigte gekom het, en you name it...Dit alles gebeur in daardie
paar sekondes wat ek moes besluit on die "0"knoppie te druk om die
oproep te aanvaar of "5" om te decline.
Ek meen, dis nou nie juis elke dag wat iemand vanuit n tronk vir ons
bel nie!! ;-))
Ek aanvaar toe maar die oproep, en begin sweet, en voel die histerie
opwel...;-)
Dis toe 'n arme "Johnnie" wat sy ma probeer bel het met sy
enigste/laaste "priviledge", en toe per ongeluk die verkeerde nommer
gebel het. Die arme mens, Ek probeer toe aanbied om sy ma te bel
namens hom, en vra toe wat die boodskap is, en boweal wat haar naam
is, sodat ek darem iets het om mee te werk. Die arme man was toe so
hartseer omdat hy nie met sy ma kon praat nie, dat al wat hy kon
uitkry is dat ek asseblief vir haar moet vra waarom hy niks van haar
hoor nie, en dat sy asseblief moet kom kuier.
Ai....
En toe bel ek die ma met geen naam met 'n seun wat homself Johnnie
noem....dit was omtrent 'n probleem om te probeer verstaan wat sy sê,
maar so tussendeur kon ek agterkom dat sy nie 'n seun het met die naam
van Johnnie nie. Wel, 'n Edward wat toevallig ook in die tronk sit.
Maar sy klink nie baie nugter nie, en ek dink sy weet self nie hoeveel
kinders sy het, of selfs wat hulle name is nie.
Nou is ek sommer depressief...
Dalk moet ek maar vir Johnnie gaan kuier. Hy het so verwese
geklink...
|
|
|
|
| Re: Jack the Ripper [boodskap #3838 is 'n antwoord op boodskap #3833] |
So., 01 Februarie 2004 22:00  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> So gepraat van weird dinge - die telefoon lui nou net, en dit is 'n
> "collect call" van een of ander correction facility/tronk.
Die arme Johnnie! Maar ek het jou vertelling baie geniet. Veral die
deel van wat deur jou gedagtes gegaan het net voordat jy die oproep
aanvaar het..:-)) Dit moes darem 'n groot verligting gewees het dat
dit niks met jou dogter of ander familie te doen gehad het nie. Ek
hoop Johnnie se ma onthou haar kind en gaan kuier.
Lorinda
|
|
|
|