| strydperk [boodskap #153508] |
Ma., 09 November 2026 07:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27079 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
strydperk
Afbreking: stryd•perk
Samestelling: stryd + perk
Selfstandige naamwoord: strydperk
Meervoud: strydperke
Betekenis:
• 'n Afgeperkte gebied vir 'n wedstryd, toernooi, geveg of oorlog.
• (figuurlik) Botsende belange en standpunte wat konflik veroorsaak.
Gebruik:
• Ná die veldslag was die strydperk met lyke besaai.
• Die beleid het in 'n politieke strydperk tussen die partye ontaard.
Sinoniem:
• arena
• gevegsruimte
• gevegsterrein
• oorlogsveld
• slagveld
Hiponiem:
• boksstrydperk
Vertaling:
Engels: battlefield, battleground, arena
Nederlands: strijdperk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|