Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ertappel
ertappel [boodskap #152696] Do., 27 Augustus 2026 11:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26735
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ertappel
Afbreking: ert•ap•pel
Samestelling: ert + appel


Selfstandige naamwoord: ertappel
Meervoud: ertappels
Verkleinwoord: ertappeltjie
Meervoud van verkleining: ertappeltjies

Betekenis:
• (plantkunde) 'n Kruidagtige plant met 'n knolagtige wortelstelsel, familie Solanaceae.
• (voeding) Die eetbare, styselryke knol van die plant; 'n soort groente wat onder die grond groei.

Gebruik:
• Net die knol van die ertappel word geëet, aangesien die groen dele giftige stowwe bevat.
• Ertappels is 'n stapelvoedsel en 'n goeie bron van askorbiensuur (vitamien C), tiamien (vitamien B1), riboflavien (vitamien B2) en niasien.

Spreekwoord:
• Elke moer wil 'n ertappel wees. [Elkeen dink dy is die beste.]

Wisselvorm:
• aartappel

Hiponiem:
• eetertappel
• saadertappel

Afgelei:
• ertappelbredie
• ertappelmoer
• ertappelpastei
• ertappelroes
• ertappelsiekte
• ertappelskiller
• ertappelskyfie
• kapokertappel

Vertaling:
Engels: potato
Nederlands: aardappel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: resiesperd
Volgende onderwerp: beredeneer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 05 07:06:34 UTC 2026