| botoon [boodskap #152652] |
Ma., 24 Augustus 2026 18:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26261 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
botoon
Afbreking: bo•toon
Samestelling: bo + toon
Selfstandige naamwoord: botoon
Meervoud: botone
Betekenis:
• (musiek) 'n Toon wat 'n heelgetalveelvoud van die grondtoon is.
• (figuurlik) Die dominante of oorheersende posisie in die vaste uitdrukking "die botoon voer".
Gebruik:
• 'n Botoon met 'n frekwensie twee keer dié van die grondtoon is 'n oktaaf hoër as die grondtoon.
• Ons leef in 'n wêreld waar tegnologie die botoon voer.
Antoniem:
• ondertoon
Vertaling:
Engels: overtone; dominant position
Nederlands: boventoon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|