Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » welgevallig
welgevallig [boodskap #152619] Sa., 22 Augustus 2026 09:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26236
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
welgevallig
Afbreking: wel•ge•val•lig
Samestelling: wel + geval + -ig


Byvoeglike naamwoord: welgevallig
Vergrotende trap: welgevalliger
Oortreffende trap: welgevalligste
Attributief: welgevallige
Partitief: welgevalligs

Betekenis:
• Waarvan iemand hou en wat hom of haar geval; wat iemand se goedkeuring of guns wegdra.

Gebruik:
• Die offer was God welgevallig.
• Die Prediker [Salomo] het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is – woorde van waarheid. [Prediker 12:10]

Sinoniem:
• aangenaam
• aanneemlik
• behaaglik
• bekoorlik
• gewens
• mooi
• plesierig
• verblydend
• welbehaaglik

Antoniem:
• gruwelik
• onwelgevallig

Afgelei:
• welgevalligheid

Vertaling:
Engels: agreeable, pleasing
Nederlands: welgevallig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 23 Augustus 2026 19:11]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: loskopkant
Volgende onderwerp: nesosilikaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 23 21:07:00 UTC 2026