| Mongools [boodskap #152573] |
Di., 18 Augustus 2026 11:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Mongools
Afbreking: Mon•gools
Samestelling: Mongool + -s
Selfstandige naamwoord: Mongools
Meervoud: –
Betekenis:
• Die taal wat in Mongolië en gedeeltes van Rusland en China gepraat word.
Gebruik:
• Ons gids kan Mongools praat.
Vertaling:
Engels: Mongolian
Nederlands: Mongools
Byvoeglike naamwoord: Mongools
Attributief: Mongoolse
Betekenis:
• Met betrekking tot die land Mongolië of sy mense, die Mongole.
Gebruik:
• Djengis Khan was die stigter van die Mongoolse Ryk, wat ná sy dood die grootste aaneenlopende ryk in die wêreld se geskiedenis geword het.
Vertaling:
Engels: Mongolian
Nederlands: Mongools
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|