| metamorfose [boodskap #152448] |
Sa., 08 Augustus 2026 07:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
metamorfose
Afbreking: me•ta•mor•fo•se
Samestelling: meta- + morf + -ose
Selfstandige naamwoord: metamorfose
Meervoud: metamorfoses
Betekenis:
• Die verandering van een stadium van ontwikkeling tot die volgende.
• 'n Fundamentele verandering in vorm of struktuur.
Gebruik:
• Die lelike ruspe ondergaan metamorfose en verander in die mooiste skoenlapper.
• Die stad het in enkele dekades 'n indrukwekkende metamorfose ondergaan.
Sinoniem:
• gedaanteverandering
• gedaanteverwisseling
• gedaantewisseling
• vormverandering
Hiponiem:
• streekmetamorfose
Verwant:
• metamorfoseer
Vertaling:
Engels: metamorphosis
Nederlands: metamorfose
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|