Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hibried
hibried [boodskap #152366] Vr., 31 Julie 2026 19:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25973
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hibried
Afbreking: hi•bried


Selfstandige naamwoord: hibried, hibride
Meervoud: hibriede, hibrides

Betekenis:
• 'n Afstammeling wat uit die kruising van geneties verskillende ouers ontstaan.
• Iets wat uit 'n vermenging of kombinasie van verskillende dinge bestaan.

Gebruik:
• Die muil is 'n hibried van 'n perd en 'n donkie.
• Hierdie motor is 'n hibried met 'n petrol- en 'n elektriese motor.

Wisselvorm:
• hibride

Sinoniem:
• baster
• bymengsel
• kruis
• mengsel

Vertaling:
Engels: hybrid, bastard
Nederlands: hybride


Byvoeglike naamwoord: hibried
Attributief: hibriede

Betekenis:
• Met twee of meer heeltemal verskillende eienskappe.

Gebruik:
• Sy ry 'n hibriede motor.

Vertaling:
Engels: hybrid
Nederlands: hybride

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 31 Julie 2026 19:46]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: voering
Volgende onderwerp: somberheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 01 17:19:36 UTC 2026