Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ligdag
ligdag [boodskap #152251] Sa., 18 Julie 2026 07:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ligdag
Afbreking: lig•dag
Samestelling: lig + dag


Selfstandige naamwoord: ligdag
Meervoud: ligdae
Verkleinwoord: ligdaggie
Meervoud van verkleining: ligdaggies

Betekenis:
• Voeg in die oggend as dit lig word en die dag breek.
• (sterrekunde) Die afstand wat lig in 'n dag trek.

Gebruik:
Ligdag die volgende môre is die manne toe met hulle donkies daar weg. [Genesis 44:3]
• Die ruimtetuig is sowat twee ligdae van die aarde af.

Sinoniem:
• dagbreek
• lumier
• oggend

Vertaling:
Engels: daylight; light-day
Nederlands: daglicht; lichtdag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Christendom
Volgende onderwerp: toermalyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jul. 18 21:57:55 UTC 2026