| kaalsiekte [boodskap #152035] |
So., 28 Junie 2026 18:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25718 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaalsiekte
Afbreking: kaal•siek•te
Samestelling: kaal + siekte
Selfstandige naamwoord: kaalsiekte
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Siekte by lammers waar die wol of hare uitval weens vergiftiging van die ooie se melk wat bitterbossie (Chrysocoma ciliata) gevreet het.
Gebruik:
• Kaalsiekte kom voor by skaap- en boklammers wanneer die moeders tydens die laaste 3–4 weke van dragtigheid groot hoeveelhede bitterbossie vreet.
Afgelei:
• kaalsiektebos
Vertaling:
Engels: bitter bush poisoning
Nederlands: kaalziekte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|