| hoogtyd [boodskap #151908] |
Wo., 17 Junie 2026 10:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25523 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoogtyd
Afbreking: hoog•tyd
Samestelling: hoog + tyd
Selfstandige naamwoord: hoogtyd
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Periode van sukses, groei en vooruitgang (beter: hoogty).
• (figuurlik) Iets wat nie langer uitgestel kan word nie.
Gebruik:
• Die toneelkuns het tydens die regentskap van Elizabeth I sy hoogtyd gevier.
• Dis hoogtyd dat die man in die bek geruk word.
Sinoniem:
• bloeitydperk
• hoogtepunt
Vertaling:
Engels: high time; peak period, heyday
Nederlands: hoogtijd, bloeitijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 18 Junie 2026 07:29] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|