|
|
| Re: Lettergrepe [boodskap #150902 is 'n antwoord op boodskap #150899] |
Di., 03 Maart 2026 06:59  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 554 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Op die eerste oogopslag lyk albei vir my aanvaarbaar en dien beide die doel waarvoor 'n mens woorde in lettergrepe sou opdeel.
Ek kon die volgende in woordeboeke opspoor:
• Kernwoordeboek (F.F. Odendal): a-kwa-ri-um
• HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek: a-kwa-ri-um
Dit is dan seker reg. Ek kan nie aan 'n enkele Afrikaanse woord met 'n "ak"-klank dink nie (behalwe miskien dié met Latynse voorvoegsels soos akwa-). Daarteenoor is die "kwa"-klank volop in woorde soos "kwalik", "kwadreer", "kwaliteit", "kwajong", "kwadrupleeg", "kwadriljoen", ens.
|
|
|
|